Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Meester se Onsterflike Rede

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    “As jou oog dan reg is, sal jou hele liggaam verlig wees.” Mattheüs 6:22.

    Doelgerigtheid, heelhartige toewyding aan God, is die voorwaarde wat Christus vereis. As u opreg en onwankelbaar daarna streef om die waarheid te verstaan en te gehoorsaam, al kos dit ook wat, sal u Goddelike lig ontvang. Ware vroomheid begin wanneer alle toegewings aan die sonde gestaak word. Dan sal die taal van die hart dié van die apostel Paulus wees: “Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus.” “Ek ag ook alles skade om die uitne-mendheid van die kennis van Christus Jesus, my Here, ter wille van wie ek alles prysgegee het en as drek beskou, om Christus as wins te verkry.” Filippense 3:14, 8.MOR 97.2

    Maar waar die oog deur eieliefde verblind word, is daar net duisternis. “As jou oog verkeerd is, sal jou hele liggaam donker wees.” Dit was hierdie verskriklike donkerheid wat die Jode in hardnekkige ongeloof gewikkel het, sodat hulle nie die karakter en die sending van Hom kon verstaan wat hulle van hulle sondes kom red het nie.MOR 97.3

    Toegewing aan versoeking begin wanneer to egelaat word dat die gemoed wankel en ons nie meer standvastig in God glo nie. As ons nie kies om ons ten volle aan God te onderwerp nie, is ons in die duisternis. As ons enigiets te rughou, laat ons 'n deur oop waardeur die Satan kan inkom om ons te verlei. Hy weet dat as hy ons uitsig kan belemmer sodat ons God nie met die geloofsoog kan sien nie, daar geen beskerming teen die sonde sal wees nie.MOR 99.1

    Die oorheersing van 'n sondige begeerte wys hoe die siel mislei word.MOR 99.2

    Elke toegewing aan die begeerte versterk die siel se afkeer van God. As ons die Satan se pad volg, word ons deur die skaduwees van die sonde omsluier, en elke stap lei na dieper duisternis en toenemende blindheid van die hart.MOR 100.1

    Dieselfde wet geld vir sowel die geestelike as die natuurlike wêreld. Hy wat in die donkerte woon, verloor naderhand die vermoë om te sien. Hy word ingekerker deur 'n duisternis wat donkerder as die middernag is, en die helderste middagson kan vir hom geen lig bring nie. Hy “wandel in die duisternis en weet nie waarheen hy gaan nie, omdat die duisternis sy oë verblind het” (1 Johannes 2:11). Deur voortdurend sonde te koester en die roepstem van die hemelse liefde te veronagsaam, verloor die sondaar alle liefde vir die goeie, die verlange na God, en selfs die vermoë om die hemelse lig te ontvang. Die uitnodiging van genade bly steeds vol liefde, die lig skyn nog net so helder soos toe dit eers op sy siel geskyn het, maar die stem val op dowe ore, die lig op blinde oë.MOR 101.1

    God laat geen siel finaal aan sy lot oor solank daar nog hoop op sy redding is nie. Die mens verlaat God, maar God nie die mens nie. Onse hemelse Vader volg ons met uitnodigings en waarskuwings en versekeringe van Sy barmhartigheid totdat verdere geleenthede en voorregte nutteloos sou wees. Die verant-woordelikheid berus by die sondaar. Deur vandag die Gees van God te weerstaan, baan hy die weg vir nuwe weerstand wanneer die lig met groter krag na hom kom. So gaan hy van die een weerstand tot die volgende, totdat die lig nie meer indruk op hom maak nie en hy glad nie meer op die Gees van God reageer nie. Dan het selfs “die lig in jou” donkerheid geword. Selfs die waarheid wat ons ken, is dan so verwronge dat dit die blindheid van die siel vererger.MOR 101.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents