Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Meester se Onsterflike Rede

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First

    “Versoen jou eers met jou broeder.” Mattheüs 5:24.

    Die liefde van God is meer as net 'n ontkenning; dit is 'n posi-tiewe en aktiewe beginsel, 'n lewende fontein wat altyd uitvloei om andere tot seën te wees. As die liefde van Christus in ons woon, sal ons nie net geen haat teenoor ons medemense koester nie, maar sal ons in elke opsig liefde teenoor hulle probeer betoon.MOR 65.1

    Jesus het gesê: “As jy dan jou gawe na die altaar bring en dit jou daar byval dat jou broeder iets teen jou het, laat jou gawe daar voor die altaar bly en gaan versoen jou eers met jou broeder, en kom dan en bring jou gawe.” Die offerande het gespreek van geloof dat die bringer daarvan deur Christus 'n deelgenoot van die genade en liefde van God geword het. Maar om van geloof in God se vergewende liefde te spreek terwyl jy self 'n kwaadwillige gees koester, sou 'n bespotting wees.MOR 65.2

    As iemand wat voorgee dat hy God dien 'n broeder 'n onreg aandoen, gee hy 'n wanvoorstelling van die karakter van God aan daardie broeder, en die wandaad moet bely word, hy moet erken dat dit sonde is, sodat hy een met God kan word. Ons broeder het ons moontlik 'n groter kwaad aangedoen as ons vir hom, maar dit verminder nie ons verantwoordelikheid nie. As ons ons tot God wend en onthou dat iemand iets teen ons het, moet ons die gawe van ons gebed, ons danksegging, of vrywillige offer-gawe eers los en na die broeder gaan met wie ons in onmin ver-keer, en nederig ons eie sonde bely en vra om vergewe te word.MOR 65.3

    As ons ons broeder in enige opsig bedrieg of benadeel het, moet ons vergoed. As ons onwetend valse getuienis gelewer het, as ons sy woorde verdraai het, as ons sy invloed enigsins benadeel het, moet ons na diegene met wie ons oor hom gepraat het, gaan en al daardie skadelike bewerings terugtrek.MOR 65.4

    As broeders hulle geskille ruiterlik en met Christelike liefde wou uitpraat liewer as om dit aan andere te loop en uitlap, hoeveel kwaad sou hulle nie voorkom nie! Hoeveel wortels van bitterheid waardeur baie besoedel word sal nie vernietig word nie, en hoe nou en teder kan die volgelinge van Christus nie in Sy liefde saamgebind word nie!MOR 65.5