Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Meester se Onsterflike Rede

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First

    “Elkeen wat vir sy broeder sonder rede kwaad is, [moet] verantwoording... doen voor die gereg.”Mattheüs 5:22.

    Deur Moses het die Here gesê: “Jy mag jou broer nie haat nie.... Jy mag nie wraakgierig of haatdraend teenoor die kinders van jou volk wees nie, maar jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” Levitikus19:17, 18. Die waarhede wat Christus verkondig het, was dieselfde as dié wat die profete verkondig het, maar deur die hardheid van die hart en die liefde vir die sonde het hulle verduister geraak.MOR 62.4

    Die Heiland het aan Sy toehoorders getoon dal hulle, terwyl hulle ander as oortreders veroordeel, self net so skuldig was; want hulle het kwaadwilligheid en haat gekoester.MOR 64.1

    Aan die oorkantste meeroewer het die land Basan gestrek -'n eensame streek met ruie klowe en bebosde heuwels wat lank reeds die skuilplek van misdadigers was. Berigte van roof en moorde wat daar gepleeg is, was nog vars in die geheue van die volk, en hierdie boosdoeners is deur baie kras veroordeel. Maar hulle was self hartstogtelik en strydlustig; hulle het die bitterste haat teenoor hul Romeinse onderdrukkers gekoester en het hulle die reg toegeëien om alle ander volke te haat en te verag - selfs hul eie volksgenote wat nie in alle opsigte aan hulle idees voldoen het nie. In hierdie opsig het hulle die wet oortree wat lui: “Jy mag nie doodslaan nie.”MOR 64.2

    Die gees van haat en wraaksug het sy oorsprong by die Satan, en dit het hom daartoe beweeg om die Seun van God dood te maak. Wie ook al kwaadwilligheid of onvriendelikheid koester, koester dieselfde gees, en sy vrugte lei na die dood. In die wraakgierige gedagte lê die bose daad opgesluit, soos die plant in die saad. “Elkeen wat sy broeder haat, is 'n moordenaar; en julle weet dat geen moordenaar die ewige lewe as iets blywends in hom het nie.” 1 Johannes 3:15.MOR 64.3

    As ons in 'n botsing met die vyande van Christus beland, moet ons niks in 'n gees van vergelding sê, of wat selfs die skyn van veroordeling of lastering wek nie. Hy wat as die mondstuk van God staan, moet geen woorde gebruik wat selfs die Majesteit van die hemele nie sal gebruik in sy stryd teen die Satan nie. Ons moet dit aan God oorlaat om te oordeel of te veroordeel.MOR 64.4