Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Meester se Onsterflike Rede

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First

    “Wanneer jy bid, moet jy nie wees soos die geveinsdes nie.” Mattheüs 6:5.

    Die Fariseërs het vaste ure vir gebed gehad; en wanneer hulle, soos dikwels gebeur het, op die aangewese tyd uithuisig was, het hulle net waar hulle is - in die straat of op die markplein, te midde van die krioelende menigtes - gaan stilstaan en hul formele gebede hardop geresi-teer. Hierdie soort gebede, wat bloot vir selfverheerliking bedoel is, is sterk deur Jesus vero-ordeel. Hy het egter nie gesê dat daar nie openbare gebede moet wees nie, want Hy het self saam met Sy dissipels in die teenwo-ordigheid van die skare gebid. Hy leer egter dat die persoonlike gebed nie openbaar gemaak moet word nie. In ons private omgang met God moet ons gebede geen ander ore bereik as die van die gebedverhorende God nie. Geen nuuskierige oor moet die sielelas van sulke gebede aanhoor nie.MOR 89.1

    “Wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer.” Jy moet 'n plek hê om in die geheim te bid. Jesus het uitgesoekte plekke gehad vir gemeenskap met God, en ons behoort ook te hê. Ons moet ons dikwels na 'n stil plek onttrek, hoe nederig ook al, waar ons alleen met God kan wees.MOR 90.1

    “Bid jou Vader wat in die verborgene is.” In die Naam van Jesus moet ons in die teenwo-ordigheid van God verskyn met die vertroue van 'n kind. Geen mens is as middelaar nodig nie. Deur Jesus kan ons ons harte voor die Here oopmaak soos teenoor Een wat ons ken en liefhet.MOR 90.2

    In die geheime bidplek, waar net die oog van God kan sien, net Sy oor kan hoor, kan ons ons innigste gedagtes en verlangens voor die Vader met Sy oneindige ontferming uitstort, en in die stilte van die siel sal die stem wat nooit versuim om die roepstem van 'n mens in nood te beantwoord nie, tot ons harte spreek.MOR 90.3

    “Die Here [is] vol medelye en ontferming.” Jakobus 5:11. Hy wag met onvermoeide liefde op die belydenis van die afkeriges om hul boetedoening te aanvaar. Hy wag op die geringste teken van dank van ons, soos die moeder op 'n glimlag van erkenning van haar geliefde kind. Hy wil hê ons moet verstaan hoe opreg en teer Sy hart na ons uitgaan. Hy nooi ons om met ons be-proewinge na Sy simpatie te kom, met ons droefheid na Sy liefde, met ons wonde na Sy genesing, met ons swakheid na Sy krag, met ons leegheid na Sy volheid. Niemand wat na Hom gekom het, is nog ooit teleurgestel nie. “Hulle het Hom aangesien en gestraal van vreugde, en hulle aangesig hoef nie rooi van skaamte te word nie.” Psalm 34:6.MOR 91.1

    Wie die Here in die geheim opsoek en Hom vertel van hul be-hoeftes, en om hulp pleit, sal nie tevergeefs pleit nie. “Jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.” As ons Christus ons daaglikse metgesel maak, sal ons voel dat die kragte van 'n ongesiene wêreld ons omring; en deur na Jesus op te sien, sal ons in Sy beeld opgeneem word. Deur aanskouing word ons verander. Die karakter word versag, gelouter en veredel vir die hemelse koninkryk. Die gewisse gevolg van gemeenskap met onse Here sal wees dat vroomheid, reinheid en ywer verhoog Sal word. Ons sal al intelligenter bid. Ons ontvang 'n Goddelike onderwys, en dit lei tot 'n lewe van vlyt en ywer.MOR 91.2

    Die siel wat hom deur daaglikse, ernstige gebed, by God hulp, steun en krag soek, sal 'n edele strewe, duidelike begrippe van waarheid en plig, verhewe motiewe en 'n voortdurende honger en dors na die geregtigheid hê. Deur gedurig in verbinding met die Here te wees, sal ons in staat gestel word om, deur ons omgang met ander, die lig, die vrede, die gelatenheid wat in ons harte is na hulle uit te straal. Die krag wat deur gebed tot God verkry word, laat ons volhard om die gedagte te dissiplineer om bedagsaam en sorgsaam te word, berei 'n mens voor vir jou daaglikse pligte en bewaar die gees om in alle omstandighede vrede te hê.MOR 91.3

    As ons tot God nader, sal Hy ons 'n woord in die mond gee om namens Hom te praat, selfs lof vir Sy Naam. Hy sal ons 'n wysie uit die lied van die engele leer tot danksegging aan onse hemelse Vader. In elke lewensdaad sal die liefde en lig van 'n inwonende Verlosser geopenbaar word. Moeilikhede van buite kan nie deurdring tot die lewe wat deur die geloof in die Seun van God gelei word nie.MOR 92.1