Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Opvoeding

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Studie van die Fisiologie

    “OMDAT EK SO VREESLIK
    WONDERBAARIS ”

    OMDAT die verstand en die sie! deur die liggaam uiting vind, hang sowel verstandelike as geestelike forsheid in ‘n groot mate van liggaamlike krag en werksaamheid af; alles wat liggaamlike gesondheid bevorder, bevorder die ontwikkeling van ‘n sterk verstand en ‘n ewewigtige karakter. Sonder gesondheid kan niemand sy verpligtinge teenoor homself, teenoor sy medemens of teenoor sy Skepper so duidelik verstaan of so volledig nakom nie. Daarom moet die gesondheid net so getrou as die karakter bewaak word. ‘n Kennis van die fisiologie en gesondheidsleer moet die grondslag van alle opvoedkundige pogings wees.Op 195.1

    Hoewel die feite aangaande die fisiologie tans so algemeen begryp word, bestaan daar ‘n verontrustende onverskilligheid omtrent gesondheidsbeginsels. Selfs onder diegene wat van hierdie beginsels kennis dra, is daar min wat dit toepas. Neiging of impuls word net so blindelings gevolg asof die lewe deur blote toeval eerder as deur bepaalde en onveranderlike wette beheer word.Op 195.2

    Die jeug, in die varsheid en krag van die lewe, het min benul van die waarde van hul oorvloedige energie. ‘n Skat kosbaarder as goud, noodsaakliker vir vooruitgang as geleerdheid of rang of rykdom - hoe lig word dit opgeneem! hoe roekeloos verkwis! Hoe menige mens wat sy gesondheid opgeoffer het om rykdom of mag te verwerf, het al byna die doel van sy begeerte bereik, om dan net hulpeloos neer te stort, terwyl ‘n ander, wat ‘n superieure liggaamlike uithouvermoë besit, die verlangde prys weggryp! Hoeveel is, deur ongesonde toestande, die gevolg van die verwaarlosing van gesondheidswette, tot bose praktyke gelei, tot die verlies van elke hoop vir hierdie wêreld en die hiernamaalse! In die studie van die fisiologie, moet leerlinge daartoe gelei word om die waarde van liggaamskrag in te sien en hoe dit op so ‘n manier bewaar en ontwikkel kan word dat dit in die hoogste mate tot sukses. in die groot lewenstryd bydra.Op 195.3

    Kinders moet reeds vroeg, in eenvoudige, maklike lesse, die grondbeginsels van die fisiologie en higiëne geleer word. Die werk moet deur die moeder tuis begin en getrou op skool verder gevoer word. Namate die leerlinge ouer word, moet onderrig in dié verband voortgesit word, totdat hulle bevoeg is om te sorg vir die huis waarin hulle woon. Hulle moet verstaan hoe belangrik dit is om teen siekte te waak deur die krag van elke orgaan te bewaar en ook geleer word hoe om alledaagse siektes en ongelukke te behandel. Elke skool moet onderrig in sowel die fisiologie as die gesondheidsleer gee en, sover moontlik, behoort dit voorsien te word van fasiliteite omdie struktuur, funksie en sorg van die liggaam te illustreer.Op 196.1

    Daar is sake wat gewoonlik nie by die studie van die fisiologie ingesluit word nie, wat in ag geneem moet word - sake van veel groter waarde vir die student as baie tegniese besonderhede wat gewoonlik onder hierdie opskrif geleer word. As die grondbeginsel van alle opvoeding in hierdie rigting, moet die jeug geleer word dat die natuurwette die wette van God is - inderdaad netso Goddelik as die voorskrifte van die Tien Gebooie. Die wette wat ons liggaamlike organisme beheer, het God op elke senuwee, spier en weefsel van die liggaam geskrywe. Elke roekelose of moedswillige skending van hierdie wette is ‘n sonde teen ons Skepper.Op 196.2

    Hoe noodsaaklik is dit dan dat ‘n deeglike kennis van hierdie wette meegedeel word! Die beginsels van die gesondheidsleer met betrekking tot diëet, oefening, die versorging van kinders, die behandeling van die siekes en baie soortgelyke sake, moet veel meer aandag geniet as wat gewoonlik die geval is.Op 197.1

    Die invloed van die verstand op die liggaam, sowel as die van die liggaam op die verstand, moet benadruk word. Die elektriese krag van die brein, wat deur verstandelike aktiwiteit bevorder word, verlewendig die hele sisteem en is dus ‘n hulpmiddel van onskatbare waarde om siekte te weerstaan. Dit moet duidelik gemaak word. Wilskrag en die belangrikheid van selfbeheersing, in sowel die bewaring as die terugwinning van gesondheid, die teneerdrukkende en selfs verwoestende gevolg van woede, ontevredenheid, selfsug of onreinheid en, andersyds, die wonderlike lewegewende krag wat in opgewektheid, onselfsugtigheid en dankbaarheid geleë is, moet ook aangetoon word.Op 197.2

    Daar bestaan ‘n fisiologiese waarheid - waarheid wat vir ons nodig is om in ag te neem - in die Skrifdeel: “‘n Vrolike hart bevorder die genesing.” Spreuke 17:22.Op 197.3

    “Laat jou hart my gebooie bewaar,” sê God, “want dit sal lengte van dae en jare van lewe en vrede vir jou vermeerder.'”'Want hulle is die lewe vir die wat hulle vind en ‘n genesing vir hulle hele liggaam.””Vriendelike woorde” verklaar. die Skrif, is nie net “soet vir die siel” nie, maar “‘n genesing vir die gebeente.”Spreuke 3:1,2; 4:22; 16:24.Op 197.4

    Dit is vir jongmense nodig omdie diep waarheid te verstaan wat die Bybelse verklaring ten grondslag lê, dat by God “die fontein van die lewe” is. Psalm 36:10. Hy is nie net die grondlegger van alles nie, maar Hy is die lewe van elke ding. wat leef. Dit is Sy lewe wat ons ontvang, in die sonlig, in die suiwer, vars lug, in die voedsel wat ons liggame opbou en ons krag in stand hou. Dit is deur Sy lewe dat ons uur na uur, oomblik na oomblik, bestaan. Behalwe waar dit deur sonde verdraai is, neig al Sy gawes tot die lewe, tot gesondheid en vreugde.Op 197.5

    “Alles het Hy mooi gemaak opsy tyd” (Prediker 3:11) en ware skoonheid sal verkry word, nie deur Gods werk te skend nie, maar deur tot harmonie te kom met die wette van Hom wat alle dinge geskape en in hul skoonheid en volmaaktheid behae het.Op 198.1

    Soos die meganisme van die liggaam bestudeer word, moet die aandag gevestig word op sy wonderlike aanpassing van middele by doelstellinge, die harmonieuse werking en afhanklikheid van die verskillende organe. Namate die belangstelling van die student so aangewakker word en hy daartoe gelei word om die belangrikheid van liggaamlike opvoeding in te sien, kan baie deur die onderwyser gedoen word om behoorlike ontwikkeling en goeie gewoontes te verseker.Op 198.2

    Onder die eerste dinge om na te streef, is ‘n korrekte liggaamshouding, vir sowel sit as staan. God het die mens reg gemaak en Hy verlang dat hy nie net die liggaamlike voordeel sal besit nie, maar ook die verstandelike en morele, die grasie en waardigheid en bedaardheid, die moed en selfvertroue, wat ‘n regop houding grootliks geneig is om te bevorder. Laat die onderwyser deur voorbeeld en voorskrif oor die saak onderrig gee.Toon wat ‘n korrekte houding is en dring daarop aan dat dit gehandhaaf word.Op 198.3

    Die volgende in belangrikheid na die korrekte liggaamshouding is asemhaling en spraakopleiding. lemand wat regop sit en staan, is meer geneig om reg asem te haal. Maar die onderwyser moet die leerlinge die belangrikheid van korrekte asemhaling inskerp. Wys daarop hoe die gesonde werking van die asemhalingsorgane, wat die bloedsomloop aanhelp, die hele gestel verlewendig, die eetlus aanwakker, spysvertering bevorder en vaste, soete slaap in die hand werk, om sodoende nie net die liggaam te verfris nie, maar om die verstand te streel en te kalmeer. En terwyl daar na die belangrikheid van diep asemhaling verwys word, moet daar op die praktyk aangedring word. Laat oefeninge gegee word wat dit bevorder en sien toe dat dié gewoonte posvat.Op 198.4

    Spraakonderrig speel ‘n belangrike rol in liggaamlike opvoeding, omdat dit daartoe neig om die longe te vergroot en sterk te maak en soedoende siekte af te weer. Om korrekte leesen spraakvoordrag te verseker, sorg dat die buikspiere tydens asemhaling volle beweegruimte geniet en dat die asemhalingsorgane onbelemmerd is. Laat die inspanning op die buikeerder as op die keelspiere kom. Groot vermoeienis en ernstige siektes van die keel en longe kan sodoende voorkom word. Noukeurige aandag moet daaraan geskenk word om duidelike artikulasie, soetvloeiende, goed gemoduleerde stembuigings te verseker, met ‘n nie oorhaastige voordrag nie. Dit sal nie net die gesondheid bevorder nie, maar ook grootliks tot die bekoring en doeltreffendheid van die student se werk bydra.Op 199.1

    Wanneer hierdie dinge onderrig word, bied dit ‘n gulde geleentheid om te verwys na die dwaasheid en euwel van stywe toeryging en elke ander praktyk wat die lewensbewegings belemmer. ‘n Byna eindelose nasleep van siektes is die gevolg van ongesonde vorme van kleredrag en versigtige onderrig moet oor hierdie aangeleentheid gegee word. Skerp die leerlinge die gevaar daarvan in om toe te laat dat klere swaar van die heupe afhang of enige orgaan van die liggaam saampers. Die drag moet so gerangskik word dat ‘n volle asemhaling kan plaasvind en die arms sonder moeite bo die kop gelig kan word. Die inperking van die longe verhinder nie net hul ontwikkeling nie, maar belemmer ook die prosesse van spysvertering en die bloedsomloop en verswak sodoende die hele liggaam. Alle sodanige gewoontes verminder sowel liggaamlike as verstandelike krag en strem die student se vooruitgang en verhoed dikwels sy sukses. Met die studie van die gesondheidsleer sal die ywerige onderwyser van elke geleeritheid gebruik maak om te toon hoe noodsaaklik sindelikheid in sowel persoonlike gewoon tes as in ‘n mens se hele omgewing is. Die waarde van ‘n daaglikse bad om die gesondheid te bevorder en die werking van die verstand te stimuleer, moet benadruk word. Aandag moet ook aan sonlig en ventilasie, die higiëne van die slaapkamer en die kombuis gegee word. Leer die leerlinge dat ‘n gesonde slaapkamer, ‘n deeglike skoon kombuis en ‘n smaakvol gerangskikte tafel, van gesonde voedsel voorsien, meer sal doen omdie gesinsgeluk en die agting van elke verstandige besoeker te bevorder as enige hoeveelheid duur meubels in die sitkamer. “Die lewe is meer as die voedsel en die liggaam as die klere”(Lukas 12:23), is ‘n les wat vandag geensins minder nodig is as toe dit agtien. honderd jaar gelede deur die Goddelike Leermeester gegee is nie.Op 199.2

    Die student van die fisiologie moet geleer word dat die doel van sy studie nie net is om ‘n kennis van feite en beginsels op te doen nie. Dit alleen sal min voordeel inhou. Hy kan die belangrikheid van ventilasie verstaan, sy kamer kan van suiwer lug voorsien word; maar tensy hy sy longe behoorlik vul, sal hy onder die gevolge van verkeerde asemhaling ly. So kan die behoefte aan sindelikheid verstaan en die nodige geriewe voorsien word; maar alles sal tevergeefs wees tensy dit nuttig aangewend word. Die groot vereiste in die onderrig van hierdie beginsels is om die leerling hul belangrikheid op die hart te druk, sodat hy dit pligsgetrou sal toepas.Op 200.1

    Deur ‘n pragtige en indrukwekkende simbool, toon Gods Woord die waarde wat Hy aan ons fisieke organisme heg en die verantwoordelikheid wat op ons rus om dit in die beste toestand te bewaar:“Of weet julle nie dat julle liggaam ‘n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het en dat julle nie aan julself behoort nie?””As iemand die tempel van God skend, sal God hom skend; want die tempel van God is heilig en dit is julle.” 1 Korinthiërs 6:19; 3:17.Op 200.2

    Laat die leerlinge die gedagte ingeskerp word dat die liggaam ‘n tempel is waarin God graag wil woon, dat dit rein gehou moet word, die verblyfplek van verhewe en edel gedagtes. Namate hulle in die studie van die fisiologie sien dat hulle inderdaad”vreeslik wonderbaar is”(Psalm 139:14), sal hulle met ontsag besiel word. In plaas van Gods handewerk te skend, sal hulle ‘n ambisie koester om alles moontlik van hulself te maak, om daardeur die Skepper se heerlike plan te vervul. So sal hulle naderhand gehoorsaamheid aan die gesondheidswette nie as ‘n saak van opoffering of selfverloëning beskou nie, maar as ‘n onberekenbare voorreg en seen, wat dit inderdaad ook is. Op 201.1

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents