Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Opvoeding

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Verborgenhede van die Bybel

    “KAN JY DIE DIEPTES VAN
    GOD PEIL?

    GEEN beperkte verstand kan ten volle die karakter of die werke van die Oneindige begryp nie. Ons kan nie die dieptes van God peil nie. Vir die sterkste en mees ontwikkelde verstande, sowel as vir die swakste en onkundigste, moet daardie heilige Wese in verborgenheid gehul bly. Maar al is”wolke en donkerheid ... rondom Hom; geregtigheid en reg is die grondslag van sy troon.” Psalm 97:2. Ons kan Sy handelwyse teenoor ons in die mate begryp dat ons grenslose genade met oneindige krag verenig sien. Ons kan soveel van Sy voorneme vir ons begryp as wat ons in staat is om te verstaan; verder as dit kan ons nog die almagtige hand, die hart vol liefde vertrou.Op 169.1

    Die Woord van God, soos die karakter van sy Outeur, hou verborgenhede in wat nooit ten volle deur beperkte wesens begryp kan word nie. Maar God het indie Skrif afdoende bewys van hul Goddelike gesag gegee. Sy eie bestaan, Sy karakter, die geloofwaardigheid van Sy Woord, word bevestig deur getuienis wat tot ons rede spreek; dié getuienis is oorvloedig. Dit is waar dat Hy nie die moontlikheid van twyfel uit die weg geruim het nie; geloof moet op bewyse, nie op demonstrasie berus nie; diegene wat wil twyfel, het die geleentheid daarvoor; maar die wat graag die waarheid wil ken, vind ‘n voldoende grondslag vir geloof.Op 169.2

    Ons het geen rede om Gods Woord te betwyfel omdat ons nie die verborgenhede van Sy voorsienigheid kan verstaan nie. In die natuurlike wêreld is ons voortdurend omring deur wonders wat ons begrip te bowe gaan. Moet ons dan verbaas wees om ook in die geestelike wêreld geheimenisse aan te tref wat ons nie kan peil nie? Die moeilikheid lê geheel en al in die swakheid en engheid van die menslike verstand.Op 170.1

    Verre daarvan dat die verborgenhede van die Bybel ‘n argument daarteen is, is dit onder die sterkste bewyse vir die Goddelike ingewing daarvan. As dit geen verslag van God bevat het behalwe wat ons kon verstaan nie; as Sy grootheid en majesteit deur beperkte verstande begryp kon word, dan sou die Bybel nie, soos tans, die onmiskenbare waarmerke van Goddelikheid bevat het nie. Die grootsheid van sy onderwerpe behoort geloof daarin in te boesem as die Woord van God.Op 170.2

    Die Bybel ontvou waarheid met ‘n eenvoud en ‘n aanpassing by die beOp 170.3

    hoeftes en verlangens van die menslike hart wat al die mees ontwikkelde geeste verbaas en bekoor het, terwyl dit ook vir die nederige en onopgeleide persoon die weg tot die lewe duidelik maak. “Wie die weg bewandel - selfs die dwase sal nie dwaal nie.” Jesaja 3S:8. Geen kind hoef hom oor die pad te misgis nie. Geen sidderende soeker hoef in gebreke te bly om in smettelose en heilige lig te wandel nie.Tog durf die waarhede wat die eenvoudigste gestel is( verhewe, verreikende temas aan wat die mag van die menslike begrip oneindig ver te bowe gaanverborgenhede wat Sy heerlikheid verskuil, geheimenisse wat die verstand en navorsing oorweldig - terwyl dit die opregte waarheidsoeker met eerbied en geloof besiel. Hoe meer ons die Bybelondersoek, hoe dieper is ons oortuiging dat dit die Woord van die lewende God is en die menslike rede buig voor die majesteit van Goddelike openbaring.Op 170.4

    God bedoel dat die waarhede van Sy Woord gedurig vir die ernstige soeker sal ontplooi. Hoewel “die verborge dinge... vir die Here onse God” is, is “die geopenbaarde dinge... vir ons en ons kinders.” Deuteronomium 29:29. Die gedagte dat sekere dele van die Bybel nie begryp kan word nie, het tot ‘n verwaarlosing van sommige van sy belangrikste waarhede gelei. Die feit moet benadruk en dikwels herhaal word dat die verborgenhede van die Bybel nie sodanig is omdat God Hom daarop toegelê het om waarheid te verberg nie, maar omdat ons eie swakheid of onkunde ons onbevoeg maak om waarheid te begryp of ons eie te maak. Die beperking lê nie in Sy doel nie, maar in ons kapasiteit. Juis van daardie Skrifgedeeltes wat dikwels as iets onbegrypliks oorgeslaan word, wil God graag hê ons moet soveel snap as wat ons verstande in staat is om in te neem. “Die hele Skrif is deur God ingegee,” sodat ons “vir elke goeie werk volkome toegerus” kan wees. 2 Timótheús 3:16,17.Op 170.5

    Dit is onmoontlik vir enige menslike verstand om selfs een waarheid of belofte van die Bybel uit te put. Die een sien die heerlikheid van een kant af, ‘n ander weer uit ‘n ander hoek; tog merk ons net glanspunte op. Die volle luister lê buite ons gesigskring.Op 171.1

    Namate ons die groot dinge van Gods Woord betrag, kyk ons in ‘n fontein wat voor ons oë wyer en dieper word. Sy breedte en diepte gaan ons kennis te bowe. Terwyl ons staar, verruim die visioen; voor ons uitgestrek, aanskou ons ‘n grenslose, oewerlose see.Op 171.2

    Dié soort studie het lewegewende vermoë. Die verstand en hart kry nuwe krag, ‘n nuwe lewe.Op 171.3

    Hierdie ondervinding is die hoogste bewys van die Bybel se Goddelike outeurskap. Ons ontvang Gods Woord as voedsel vir die siel, deur dieselfde bewyse as wat ons brood as voedsel vir die liggaam aanneem. Brood voldoen aan die behoefte van ons natuur; ons weet uit die ondervinding dat dit bloed en been en brein voortbring. Pas dieselfde toets op die Bybel toe; wanneer sy beginsels inderdaad karakterelemente geword het, wat is die gevolg? watter veranderinge is in die lewe teweeggebring? “Die ou dinge het verbygegaan, kyk; dit het alles nuut geword.”2 Korinthiërs 5:17. Deur die krag daarvan het manne en vroue die kettings van sondige gewoontes verbreek. Hulle het van selfsug afgesien. Die lasteraars het eerbiedig geword, die dronkes nugter, die losbandiges rein. Siele wat die gelykenis van die Satan gedra het, is tot die beeld van God herskep. Dié verandering is self die allergrootste van wonderwerke. ‘n Verandering wat deur die Woord teweeggebring word, is dit een van die Woord se diepste verborgenhede. Ons kan dit nie begryp nie; ons kan net glo, soos die Skrif verklaar: “Dit is Christus onder julle, die hoop van die heerlikheid.” Kolossense 1:27.Op 171.4

    'n Kennis van hierdie verborgenheid voorsien ‘n sleutel tot elke ander een. Dit stel vir die siel die skatte van die heelal oop, die moontlikhede van oneindige ontwikkeling.Op 172.1

    En die ontwikkeling word verwerf deur die voortdurende ontplooiing aan ons van die karakter van Goddie heerlikheid en die geheimenis van die geskrewe woord. As dit vir ons moontlik was om ‘n volle begrip van God en Sy Woord te bekom, sou daar op ons geen verdere blootlegging van waarheid, geen groter kennis, geen verdere ontwikkeling gewag het nie. God sou ophou om oppermagtig te wees en die mens sou sy vooruitgang staak. Goddank dat dit nie so is nie! Aangesien God oneindig is en al die skatte van wysheid in Hom is, kan ons tot in alle ewigheid voortdurend soek, aanhoudend leer en tog nooit die rykdom van Sy wysheid, Sy goedheid of Sy mag uitput nie.Op 172.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents