Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Opvoeding

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Bybelbiografieë

    “WAT DEUfí DIE GELOOF KONINKRYKE
    OORWELDIG HET, GEREGTIGHEID UITGEOEFEN,
    BELOFTES VERKRY... KRAG
    UITSWAKHEID ONTVANG HET,”

    AS ‘n opvoeder is daar geen deel van die Bybel wat van groter waarde as sy biografieë is nie. Hierdie lewensbeskrywings verskil van alle ander in dié opsig dat hulle absoluut lewensgetrou is; dit is onmoontlik vir enige beperkte verstand om, in alle dinge, die werking van ‘n ander een reg te vertolk. Niemand behalwe Hy wat die hart lees, wat die geheime bronne van motief en handeling bespeur, kan met absolute waarheid die karakter skets of ‘n getroue beeld van ‘n menslike lewe gee nie. Net in Gods Woord word sodanige weergawe gevind.Op 146.1

    Die Bybel leer geen waarheid duideliker as dat wat ons doen, die gevolg is van wat ons is nie. In ‘n groot mate is die ondervindings van die lewe die vrug van ons eie denke en dade.Op 146.2

    ” ‘n Vervloeking sonder oorsaak: dit kom nie uit nie.”Spreuke 26:2.Op 146.3

    “Sê van die regverdige dat dit met hom goed sal gaan.... Wee die goddelose! Met hom gaan dit sleg; want wat sy hande gewerk het, sal hom aangedoen word.”Jesaja 3:10,11.Op 146.4

    “Hoor, aarde! Kyk, Ek bring onheil oor hierdie volk, die vrug van hulle planne.”Jeremia 6:19.Op 146.5

    Verskriklik is hierdie waarheid en dit behoort deeglik ingeprent te word. Elke daad reageer op die dader. Daar bestaan geen mens wat nie in die euwels wat in sy lewe ‘n vloek is, die vrug van sy eie aansaaiing kan herken nie. Maar selfs dan is ons nie sonder hoop nie.Op 146.6

    Om die eersgeboortereg, wat reeds deur Gods belofte syne was, in die hande te kry, het Jakob hom aan bedrog skuldig gemaak en hy het die oes van sy broer se haat gemaai. Gedurende twintig jaar van ballingskap is hy self veronreg en beroof en is uiteindelik gedwing om na veiligheid te vlug; en hy het ‘n tweede oes gemaai, toe die sondes van sy eie karakter in sy seuns sigbaar uitgespruit het - ‘n alte ware prentjie van die vergeldings in die menslike lewe.Op 147.1

    Maar God sê: “Want Ek sal nie vir ewig twis en nie vir altyd toornig wees nie, want die gees sou voor my aangesig versmag en die siele wat Ek self gemaak het. Ek was toornig vanweë die ongeregtigheid van hulle hebsug en het hulle geslaan terwyl Ek My toornig verberg het; ewenwel het hulle afkerig voortgegaan op hulk eie weg. Ek het hulle weë gesien en Ek sal hulle genees; en Ek sal hulle lei en aan hulle weer vertroosting skenk, naamlik aan hulle treuriges.... Vrede,vrede vir die wat ver en die wat naby is, sê die Here; en Ek sal hulle genees/'Jesaja 57:16-19.Op 147.2

    Jakob is nie in sy nood oorweldig nie. Hy het berou gehad en het probeer om die kwaad teenoor sy broer goed te maak. En toe hy vanweë die woede van Esau met die dood bedreig is, het hy hulp by God gesoek. “Ja, hy het met die Engel geworstel en die oorhand gekry, hy het geween en Hom gesmeek.””En hy het hom daar geseën.” Hosea 12:5; Genesis 32:29. In die mag van Sy sterkte het hy wat vergewe is, opgestaan, nie meer die onderkruiper nie, maar ‘n prins met God. Hy is nie net van sy veronregte broer verlos nie, maar ook van homself. Die bose mag in sy eie natuur is verbreek, sy karakter herskape.Op 147.3

    By aandskemering was daar lig. Toe Jakob sy lewensgeskiedenis in oënskou neem, het hy die ouderskragende mag van God erken - “die God wat my as Herder my lewe lank gelei het tot vandag toe, die Engel wat my uit elke teëspoed verlos het.”Genesis 48:15,16.Op 147.4

    Dieselfde ondervinding is indie geskiedenis van Jakob se seuns herhaal - sonde wat vergelding tot gevolg gehad het en berou wat die vrug van die geregtigheid tot die lewe dra.Op 148.1

    God skaf nie Sy wette af nie. Hy werk nie in stryd daarmee nie. Hy kanselleer nie die werk van die sonde nie. Maar Hy herskep. Deur Sy genade bewerk die vloek ‘n seen.Op 148.2

    Onder die seuns van Jakob was Levi een van die wreedaardigstes en wraaksugtigstes, een van die twee met die grootste skuld aan die verraderlike moord van die Sigemiete. Levi se karaktertrekke, wat in sy afstammelinge weerspieël is, het vir hulle Gods dekreet op die hals gehaal: “Ek sal hulle verdeel in Jakob en hulle verstrooi in Israel/'Genesis 49:7. Maar berou het hervorming bewerkstellig; en deur hul getrouheid aan God, te midde van die ander stamme se afvalligheid, is die vloek in die hoogste eerbewys omskep.Op 148.3

    “Die Here [het] die stam van Levi afgesonder om die verbondsark van die Here te dra, om voor die aangesig van die Here in sy diens te staan en in sy Naam te seën.””My verbond met hom was die lewe en die vrede; en Ek het dié aan hom gegee tot vrees; en hy het My gevrees en vir my Naam gebewe. ... In vrede en opregtheid het hy met My gewandel en baie mense het hy van ongeregtigheid teruggebring” Deuteronomium 10:8; Maleagi 2:5,6.Op 148.4

    As die aangewese bedienaars van die heiligdom het die Leviete geen grond as erfdeel ontvang nie; hulle het saam in stede gewoon wat vir hulle gebruik afgesonder is en hul onderhoud ontvang uit die tiendes en offergawes wat aan die diens van God toegewy is. Hulle was die leermeesters van die volk, gaste by al hul feeste en orals vereer as diensknegte en verteenwoordigers van God. Aan die hele nasie is die bevel gegee: “Neem jou in ag dat jy die Leviet nie aan sy lot oorlaat so lank as jy in jou land lewe nie.””Daarom het Levi geen deel of erfenis saam met sy broers file; die Here is sy erfdeel.” Deuteronomium 12:19; 10:9.Op 148.5

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents