Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Opvoeding

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Saai in Geloof

    Van die byna ontelbare lesse wat deur die verskillende prosesse van wasdom geleer word, word sommige van die kosbaarste in die Heiland se gelykenis van die groeiende saad uitgedruk. Dit hou lesse in vir oud en jonkOp 104.1

    “So is die koninkryk van God, soos wanneer ‘n mens die saad in die grond gooi; en hy gaan slaap en staan op, nag en dag en die saad spruit uit en word groot - hoe, weet hy self nie. Want vanself bring die aarde vrug voort, eers ‘n halm, dan ‘n aar, dan die volle koring in die aar.” Markus 4:26-28.Op 104.2

    Die saad het in homself ‘n ontkiemingsbeginsel, ‘n beginsel wat God self ingeplant het; tog sou die saad, as dit aan homself oorgelaat word, geen mag hê om uit te spruit nie. Die mens het sy rol om te speel om die groei van die graan te bevorder: maar by ‘n sekere Dunt verby kan hy niks verrig nie. Hy moet op die Een vertrou wat die saaien maaiwerk met wonderlike skakels van Sy eie almag verbind het.Op 104.3

    Daar is lewe in die saad, daar is krag in die grond; maar tensy ‘n oneindige vermoë dagen nag beoefen word, sal die saad geen opbrengs lewer nie. Die reën buie moet die dorstige lande verkwik; die son moet hitte verleen; elektrisiteit moet na die begrawe saad gelei word. Die lewe wat die Skepper toebedeel het, kan Hy alleen te voorskyn roep. Elke saad groei, elke plant ontwikkel, deur die mag van God. Op 104.4

    “Die saad is die woord van God.””Soos die aarde sy plante voortbring en soos ‘n tuin sy gewasse laat uitspruit, so sal die Here Here geregtigheid en lof laat uitspruit.” Lukas 8:11; Jesaja 61:11. Soos met die natuurlike, so is dit met die geestelike aansaaiing; die enigste mag wat lewe kan voortbring, is uit God.Op 104.5

    Die werk van die saaier is ‘n geloofsdaad. Die verborgenheid van die saad se ontkieming en groei kan hy nie begryp nie; maar hy het vertroue in die werksaamhede waardeur God die plantegroei laat floreer. Hy gooi die saad weg met die verwagting om dit menigvuldig in ‘n oorvloedige oes bymekaar te maak. So moet ouers en onderwysers arbei en ‘n oes verwag uit die saad wat hulle gesaai het.Op 105.1

    'n Tyd lank kan die saad onopgemerk in die hart lê en geen bewys lewer dat dit wortelgeskiet het nie; maar later, soos die Gees van God Sy asem op die siel laat kom, spruit die verborge saad uit en uiteindelik lewer dit vrugte op. In ons lewenstaak weet ons nooit watter een sal geluk, hierdie of daardie nie. Dié vraag is nie aan ons oorgelaat om te beantwoord nie.”Saai jou saad in die more en laat teen die aand jou hand nie rus nie.” Prediker 11:6. Gods groot verbond verklaar: “Van nou af sal al die dae van die aarde, saaityd en oestyd ... nie ophou nie''Genesis 8:22. Met vertroue op hierdie belofte, bewerk die landbouer die grond en saai. Nie met minder vertroue moet ons, in die geestelike saaiwerk, arbei nie en op Sy versekering staatmaak:“So sal my woord wees wat uit my mond uitgaan: dit sal nie leeg na My terugkeer nie, maar doen wat My behaag en voorspoedig wees in alles waartoe Ek dit stuur.””Hy loop aldeur en ween en dra die saadkoring; hy sal sekerlik kom met gejubel en sy gerwe dra.” Jesaja 55:11; Psalm 126:6.Op 105.2

    Die ontkieming van die saad stel die begin van die geestelike lewe voor en die ontwikkeling van die plant is ‘n sinnebeeld van karakterontwikkeling. Daar kan geen lewe sonder groei wees nie. Die plant moet of groei of doodgaan. Net soos sy wasdom stil en onwaarneembaar maar aanhoudend is, so is dit met karaktergroei. In elke stadium van ons ontwikkeling kan ons lewe volmaak wees; en tog, as Gods doel vir ons verwesenlik word sal daar voortdurende vordering wees.Op 105.3

    Die plant groei deur te ontvang wat God voorsien het om sy lewe te onderhou. So word geestelike groei deur samewerking met Goddelike bemiddelinge teweeggebring. Soos die plant in die grond wortelskiet, so moet ons in Christus gewortel wees. Soos die plant die sonskyn, die dou en die reën opneem, so moet ons die Heilige Gees ontvang. As ons harte op Christus gevestig bly, sal Hy tot ons kom “soos die reën, soos die laat reëns wat die aarde besproei.”As die Son van Geregtigheid sal Hy oor ons opgaan,“en daar sal genesing onder sy vleuels wees.”Ons sal”bloei soos ‘n lelie.”Ons”sal weer koring laat groei; en ... bloei soos die wingerdstok.” Hosea 6:3; Maleagi 4:2; Hosea 14:6,8.Op 106.1

    Die koring ontwikkel, “eers ‘n halm, dan ‘n aar, dan die volle koring in die aar.” Markus 4:28. Die doel van die landbouer met die saai van die saad en kweek van die plant, is om graan voort te bring - brood vir die hongerige en saad vir toekomstige oeste. So sien die Goddelike Landbouer uit na ‘n oes. Hy strewe om Homself in die harte en lewens van Sy volgelinge voort te plant, sodat Hy deur hulle in ander harte en lewens voortgeplant kan word.Op 106.2

    Die geleidelike ontwikkeling van die plant uit die saad is ‘n aanskouingsles in kinderopvoeding. Daar is “eers ‘n halm, dan ‘n aar, dan die volle koring in die aar.” Markus 4:28. Hy wat hierdie gelykenis geleer het, het die piepklein saadjie geskep, die lewenseienskappe daaraan gegee en die wette verorden wat sy groei beheer. En die waarhede wat deur die gelykenis geleer word. het in Sy eie lewe tot werklikheid gekom. Hy, die Majesteit van die hemel, die Koning van heerlikheid. het in Betlehem ‘n baba geword en ‘n tyd lank die hulpelose kindjie onder sy moeder se sorg voorgestel. In Sy kinderdae het Hy soos ‘n kind gepraat en gehandel en Sy ouers geëer deur op nuttige maniere aan hul wense te voldoen. Maar vanaf die eerste daeraad van verstandsontluiking het Hy voortdurend in genade en in ‘n kennis van die waarheid toegeneem.Op 106.3

    Ouers en onderwysers moet hulle daarop toelê om die neigings van die jeug so te ontwikkel dat hulle in elke stadium van hul lewens die skoonheid sal openbaar wat vir daardie tydperk paslik is, deur natuurlik te ontvou soos die plante in dietuin.Op 107.1

    Die kleintjies moet in kinderlike eenvoud opgevoed word. Hulle moet geleer word om tevrede te wees met die klein, behulpsame pliggies en die genietinge en ondervindings wat vir hulle jare natuurlik is. Die kinderjare word in die gelykenis deur die halm voorgestel en die halm het ‘n skoonheid wat kenmerkend eie aan hom is. Kinders moet nie in ‘n vroegrype volwassenheid ingedwing word nie, maar behoort so lank moontlik die varsheid en bekoorlikheid van hul vroeë jare te behou. Hoe kalmeren eenvoudigerdie lewe van die kind - hoe vryer van kunsmatige opwinding en hoe meer in harmonie met die natuur - hoe gunstiger is dit vir liggaamiike en verstandelike sterkte en vir geestelike krag.Op 107.2

    Deur die Heiland se wonderwerk om die vyfduisend te voed, word die werking van Gods mag in die opbrengs van die oes geillustreer. Jesus trek die sluier van die natuurlike wêreld opsy en openbaar die skeppende energie wat gedurig vir ons welsyn beoefen word. Met die vermeerdering van die saad wat in die grond gewerp word, verrig Hy wat die brode vermeerder het( elke dag ‘n wonderwerk. Dit is deur ‘n wonderwerk dat Hy onophoudelik uit die oeslande van die aarde miljoene voed. Op die mense word daar ‘n beroep gedoen om in die versorging van die graan en die voorbereiding van die brood met Hom saam te werk en hieroor verloor hulle die Goddelike bemiddeling uitdie oog. Die werking van Sy krag word aan natuurlike oorsake of aan die tussenkoms van die mens toegeskryf en te dikwels word Sy gawes vir selfsugtige doeleindes misbruik en in ‘n vloek in plaas van ‘n seën omgeskep. God trag om al dié dinge te verander. Hy wil graag hê dat ons afgestompte sintuie lewendig gemaak sal word, om Sy genadige goedgunstigheid te sien, sodat Sy gawes vir ons die seen sal inhou wat Hy beoog het.Op 107.3

    Dit is die woord van God, die meedeling van Sy lewe, wat aan die saad lewe skenk; en aan daardie lewe word ons, wanneer ons die graan eet, deelgenote. Dit is wat God verlang ons moet opmerk; Hy verlang dat ons selfs in die ontvangs van ons daaglikse brood Sy bemiddeling moet erken en in nouer gemeenskap met Hom gebring moet word.Op 108.1

    Volgens die wette van God in die natuur, kom gevolg na oorsaak met onafwisselende sekerheid. Die oes getuig van die saaiwerk. Hier word geen skyn geduld nie. Mense kan miskien hul medemens bedrieg en lof en beloning ontvang vir diens wat hulle nie gelewer het nie. Maar in die natuur kan daar geen bedrog wees nie. Oor die ontroue landbouer spreek die oes ‘n vonnis van veroordeling uit. En in die hoogste sin is dit ook in die geestelike koninkryk waar. Dit is in die skyn, nie in die werklikheid nie, dat die kwaad welslae behaal. Die kind wat stokkiesdraai, die jongmens wat in sy studie traag is, die klerk of vakleerling wat nalaat om die belange van sy werkgewer te behartig, die man wat in enige saak of professie aan sy hoogste verantwoordelikhede ontrou is, kan homself miskien wysmaak dat so lank as wat die onreg bedek bly, hy daarby baat Maar dit is nie die geval nie; hy kul homself. Op 108.2

    Die oes van die lewe is karakter en dit is wat in hierdie lewe sowel as in die toekomstige die lotsbestemming bepaal. Die oes is ‘n voortbrengsel van die saad wat gesaai is. Elke saad lewer vrugte op volgens sy soort. So is dit ook met die karaktertrekke wat ons koester. Selfsug, eieliefde, selfingenomenheid, selfverwenning, plant hulself voort en die einde daarvan is ellende en ondergang. “Hy wat in sy vlees saai, sal uit die vlees verderf maai; maar hy wat in die Gees saai, sal uit die Gees die ewige lewe maai”Galasiërs 6:8. Liefde, meegevoel en vriendelikheid bring geseënde vrugte voort, ‘n oes wat onverganklik is.Op 108.3

    In die oes word die saad vermenigvuldig. ‘n Enkele koringkorrel, deur herhaalde saaisels vermeerder, sou ‘n hele land met goue gerwe oordek. So wydverspreid kan die invloed van ‘n enkele lewe, of selfs ‘n enkele handeling wees.Op 109.1

    Tot watter liefdesdade het die herinnering aan daardie albaste fles wat vir Christus se salwing gebreek is, nie deut die lange eeue aanleiding.gegee nie! Watter ontelbare gawes het daardie bydrae van “twee geldstukkies... dit is ‘n oortjie” (Markus 12:42), deur'n onbekende weduwee, nie vir die Heiland se saak ingebring nie!Op 109.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents