Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Opvoeding

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Geskiedenis en die Profesie

    “ WIE HET DIT VAN OUDS AF LAAT
    HOOR?.. IS DIIT NIE EK:, DIE HERE,
    NIE? EN BUITEN MY IS DAAR GEEN
    ANDER GOD NIE ”

    DIE Bybel is die oudste en die omvattendste geskiedenis wat die mens besit. Dit het vars uit die fontein van ewige waarheid voortgeborrel, en deur die eeue heen het ‘n Goddelike hand sy reinheid bewaar. Dit verlig die verre verlede, waar menslike navorsing vergeefs probeer om in te dring. In Gods Woord alleen aanskou ons die mag wat die fondamente van die aarde gelê en die hemele uitgestrek het. Net hier vind ons ‘n gesaghebbende verslag van die oorsprong van volke. Net hier word ‘n geskiedenis van ons geslag aangegee, onbevlek deur menslike trots of vooroordeel.Op 173.1

    In die annale van die menslike geskiedenis verskyn die groei van volke, die opkoms en ondergang van ryke asof dit van die wil en vaardigheid van die mens afhanklik is. Die vorming van gebeurtenisse lyk of dit, in ‘n groot mate, deur sy mag( ambisie of grille bepaal word. Maar in die Woord van God word die gordyn opsy getrek en ons aanskou, agter, bo en deur die ganse spel en teenspel van menslike belange en magen drifte die bemiddelinge van die Algenadige, wat stilweg, geduldig, die raadsbesluite van Sy eie wil uitwerk.Op 173.2

    Die Bybel openbaar die ware filosofie van die geskiedenis. In daardie woorde van ongeëwenaarde skoonheid en teerheid wat deur die apostelPáulus tot die wysgere van Athene gespreek is, word Gods doel met die skepping en die verspreiding van rasse en nasies uiteengesit. “Hy het uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon, terwyl Hy vooraf bepaalde tye en die grense van hulle woonplek vasgestel het, sodat hulle die Here kon soek, of hulle Hom miskien kon aanraak en vind.” Handelinge 1 7:26, 27. God verklaar dat wie ook al wil, tot “die band van die verbond”kan toetree. Esegiël 20:37. Met die skepping was dit Sy doel dat die aarde bewoon moet word deur wesens wie se bestaan hulself en andere tot seën en hulle Skepper tot eer, sou strek. Almal wat wil, kan hulle met hierdie doel vereenselwig. Van hulle word daar gesê:“Die volk wat Ek vir My geformeer het, hulle sal my lof verkondig.”Jesaja 43:21.Op 173.3

    God het in Sy wet die beginsels geopenbaar wat alle ware voorspoed van nasies en indiwidue te grondslag lê. “Dit is julle wysheid en julle verstand,”Op 174.1

    het Moses aan die Israeliete aangaande die wet van God verklaar. “Want dit is geen vergeefse woord virjulle nie, maar dit isjulle lewe.”Deuteronomium 4:6; 32:47. Die seëninge wat so aan Israel verseker is, is op dieselfde voorwaardes en in dieselfde mate vir elke nasie en elke persoon onder die ganse hemel verseker.Op 174.2

    Die mag wat deur elke regeerder op aarde beoefen word, is deur die hemel toebedeel; en van sy gebruik van hierdie mag wat so aan hom verleen is, hang sy sukses af. Aan elkeen is die woord van die Goddelike Bode: “Ek omgord jou, hoewel jy My nie geken het nie.” Jesaja 45:5. En vir elkeen is die woorde wat tot Nebukadnesar van ouds gespreek is, ‘n lewensles: “Breek met u sondes deur geregtigheid en met u ongeregtighede deur genade te bewys aan die ellendiges as daar verlenging van u rus moet wees.”Daniël 4:27.Op 174.3

    Om hierdie dinge te begryp - om die woorde te verstaan: “Geregtigheid verhoog ‘n volk,” dat “deur geregtigheid ... die troon bevestig” word en die koning”deur liefde... sy troon”stut (Spreuke 14:34; 16:12; 20:28); om hierdie beginsels se werking te bespeur in die magsopenbaring van Hom van wie daar gesê word:“Hy sit konings af en stel konings aan”(Daniel 2:21) - dit is om die filosofie van die geskiedenis te begryp.Op 175.1

    Net in die Woord van God word dit duidelik uiteengesit. Hier word daar getoon dat die krag van nasies, soos van indiwidue, nie te vinde is in die geleenthede of fasiliteite wat hulle skynbaar onoorwinlik maak nie; dit word nie aangetref in die grootheid waarop hulle hul beroem nie. Dit word gemeet aan die getrouheid waarmee hulle Gods doei verwesenlik.Op 175.2

    ’n lllustrasie van hierdie waarheid word in die geskiedenis van antieke Babilon gevind. Aan Nebukadnesar, die koning, is die ware doel van nasionale regering voorgestel in die sinnebeeld van ‘n groot boom, waarvan die “hoogte... tot aan die hemel gereik [het], sodat hy tot aan die einde van die hele aarde sigbaar was. Sy blare was mooi en sy vrugte baie en aan hom was vir alles voedsel; onder hom het die diere van die veld skaduwee gesoek en in sy takke het die voëls van die hemel gewoon.”Daniel 4:11,12. Hierdie voorstelling toon die aard van ‘n regering wat Gods doel volbring - ‘n regering wat die volk beskerm en ophou.Op 175.3

    God het Babilon verhef, sodat dit hierdie doel kan verwesenlik. Voorspoed het die volk te beurt geval, totdat dit ‘n hoogtepunt van rykdom en mag bereik het wat nooit sedertdien geëwenaar is nie - paslik in die Skrif voorgestel deur die geínspireerde simbool, ‘n “hoof van goud.” Daniel 2:38.Op 175.4

    Maar die koning het nagelaat om die mag te erken wat hom verhef het.Op 175.5

    Nebukadnesar het in die hoogmoed van sy hart gesêr: “Is dit nie die groot Babel wat ek opgebou het tot ‘n koninklike verblyf, deur die sterkte van my vermoë en tot verheerliking van my majesteit nie?” Daniel 4:30.Op 175.6

    In plaas van ‘n beskerrner van mense te wees, het Babilon ‘n verwaande en wrede onderdrukker geword. Die woorde van Inspirasie wat die wreedheid en hebsug van heersers in Israel uitbeeld, openbaar die geheim van Babilon Se val en van die val van menige ander koninkryk sedert die wêreld begin het: “Julle eet die vet en beklee julle met die wol; julle slag die vettes, maar die skape laat julle nie wei nie; julle versterk die swakkes nie en maak die siekes nie gesond nie en die wat gewond is, verbind julle nie en wat weggedryf is, bring julle nie terug nie en wat verlore is, soek julle nie; maar met strengheid heers julle oor hulle en met hardheid.” Esegiël 34:3,4.Op 176.1

    Tot die heerser van Babilon het die vonnis van die Goddelike Bode gekom: O Koning, “jou word aangesêdie koningskap word jou ontneem.” Daniël 4:31.Op 176.2

    “Kom af en sit in die stof, jonkvrou, dogter van Babel!
    Sit op die grond sonder troon....
    Sit doodstil,
    en gaan in die duisternis, dogter van die Chaldeërs!
    wantjy sal nie langer genoem word gebiedster van die koninkryke nie.”
    Op 176.3

    Jesaja47:l-5.

    'Jy wat by die groot waters woon, wat skatryk is,
    jou einde het gekom, die maat waarop jy afgesny word'.’
    “So sal dan Babel, die sieraad van die koninkryke,
    die trotse pronkstuk van die Chaldeërs,
    wees soos toe God Sodom en Gomorra omgekeer het.”
    Op 176.4

    “En Ek sal dit ‘n besitting maak van krimpvarkies en tot waterplasse; en Ek sal dit wegvee met die besem van verdelging, spreek die Here van die leërskare”Jeremia 51:13; Jesaja 13:19; 14:23.Op 176.5

    Elke volk wat op die toneel van aksie gekom het, is toegelaat om sy plek op die aarde in teneem, sodat gesien kon word of dit die doel van die “bode, naamlik ‘n heilige”sou vervul. Die profesie het die opkoms en ondergang van die wêreld se groot ryke geskets - Babilonië, Mede - Persië, Griekeland en Rome. Met elkeen van hulle, soos met die nasies van minder mag, het die geskiedenis hom herhaal. Elkeen het sy proeftyd gehad, elkeen het misluk, sy heerlikheid het verdof, sy mag het gewyk en sy plek is deur ‘n ander ingeneem.Op 176.6

    Hoewel die nasies Gods beginsels verwerp en deur dié verwerping hul eie ondergang teweeggebring het, was dit nogtans duidelik dat die Goddelike, oppermagtige voorneme deur al hul bewegings werk.Op 177.1

    Hierdie les word geleer in ‘n wonderbare simboliese voorstelling wat tydens sy ballingskap in die land van die Chaldeërs aan die profeet Esegiël gegee is. Die gesig is gegee in ‘ntyd toe Esegiël swaar belas was met bedroewende herinneringe en kwellende voorgevoelens. Die land van sy vaders was woes. Jerusalem was ontvolk. Die profeet self was ‘n vreemdeling in ‘n land waar ambisie en wreedheid hoogty gevier het. Soos hy van alle kante tirannie en onreg aanskou het, was sy siel ontsteld en hy het dag en nag getreur. Maar die simbole wat aan hom voorgestel is, het aan hom ‘n mag hoër as die van aardse heersers geopenbaar.Op 177.2

    Aan die oewers van die Kebarrivier het Esegiël ‘n stormwind gesien wat skynbaar uit die noorde kom, “‘n groot wolk met onophoudelike vuur; en ‘n glans was rondom die wolk en daaruit, uit die vuur, het iets soos blinkende metaal geskitter.” ‘n Aantal wiele, wat mekaar deurkruis het, is deur vier lewende wesens beweeg. Hoog bokant dit alles was “iets wat soos saffiersteen gelyk het; in die gestalte van ‘n troon; en op die troongestalte ‘n gestalte wat soos ‘n mens gelyk het.””En daar is aan die gerubs gesien die vorm van ‘n mens se hand onder hulle vlerke.'‘ Esegiël 1:4,26; 10:8. Die wiele het so ‘n ingewikkelde rangskikking gehad dat dit by die eerste oogopslag gelyk het asof hulle verward is; maar hulle het in volmaakte harmonie beweeg. Hemelse wesens, onderskraag en gerig deur die hand onder die gerubs se vlerke, het hierdie wiele aangedryf; bokant hulle, op die troon van saffier, was die Ewige; en rondom die troon ‘n reënboog, die sinnebeeld van Goddelike genade.Op 177.3

    Soos die wielagtige ingewikkeldhede onder beheer van die hand benede die gerubs se vlerke was, so is die ingewikkelde spel van menslike gebeurtenisse onder Goddelike beheer.Te midde van die stryd en oproer van volkere, rig Hy wat bokant die gerubs sit, nog steeds die sake van die wêreld.Op 178.1

    Die geskiedenis van nasies wat een na die ander hul aangewese tyd en plek in beslag geneem en onbewus getuig het van die waarheid waarvan hulle self nie die betekenis geken het nie, spreek tot ons. Aan elke nasie en aan elke enkeling het God vandag ‘n plek in Sy groot plan toegewys. Vandag word mense en nasies gemeet met die skietlood in die hand van Hom wat geen fout begaan nie. Almal beslis hul lotsbestemming deur hul eie keuse en God laat alles so geskied dat Sy doelstellinge verwesenlik word.Op 178.2

    Die geskiedenis wat die groot EKIS in Sy Woord uiteengesit het( deur skakel na skakel in die profetiese ketting aanmekaar te smee, van die ewige verlede tot die ewige toekoms, vertel ons waar ons vandag in die optog van die eeue is en wat in die komende tyd verwag kan word. Alles wat die profesie voorspel het tot op hede sou gebeur, is in die oorkondes van die geskiedenis neergeskryf en ons kan daarvan seker wees dat alles wat nog moet kom, op sy tyd vervui sal word.Op 178.3

    Die finale omverwerping van alle aardse heerskappye word duidelik in die Woord van waarheid voorspel. In die profesie wat uitgespreek is toe die vonnis van God oor die laaste koning van Israel gevel is, word die boodskap oorgedra:Op 179.1

    “So sê die Here Here: Die tulband moet weg en die kroon moet af!... Na bo met wat nederig is! Na onder met wat hoog is! Puinhoop, puinhoop, puinhoop sal Ek dit maak. Ook dit sal nie bly nie - totdat Hy kom wat daarop reg het en aan Hom sal Ek dit gee.” Esegiël 21:26,27.Op 179.2

    Die kroon wat van Israel verwyder is, het agtereenvolgens op die koninkryke van Babilonië, Medo-Persië, Griekeland en Rome oorgegaan. God sê:“Ook dit sal nie bly nie - totdat Hy kom wat daarop reg het en aan Hom sal Ek dit gee.”Op 179.3

    Daardie tyd is op hande. Vandag verklaar die tekens van die tye dat ons op die drumpel van groot en plegtige ge beure staan. Alles in ons wêreld is in beroering. Voor ons oë word die Heiland se profesie vervul oor die gebeurtenisse wat Sy koms sal voorafgaan: “En julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë.... Die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander; en daar sal hongersnode wees en pessiektes en aardbewings op verskillende plekke.”Matthéus 24:6,7.Op 179.4

    Die huidige is ‘n tyd van geweldige belang vir almal wat lewe. Heersers en staatsmanne, mense wat posisies van verantwoordelikheid en gesag beklee, denkende manne en vroue uit alle klasse, vestig hul aandag op die gebeurtenisse wat om ons plaasvind. Hulle hou die gespanne, rustelose verhoudinge dop wat onder die nasies bestaan. Hulle let op die intensiteit wat van elke aardse element besit neem en hulle erken dat iets groots en beslissends op die punt staan om plaas te vind - dat die wêreld op die randjie van ‘n ontsettende krisis verkeer.Op 179.5

    Engele hou tans die winde van stryd in toom, sodat dit nie sal waai alvorens die aarde aangaande sy komende oordeel gewaarsku is nie; maar ‘n storm steek op, gereed om oor die aarde te breek; en sodra God Sy engele sal beveel om die winde los te laat, sal daar so ‘n toneel van stryd wees soos geen pen kan uitbeeld nie.Op 180.1

    Die Bybel en die Bybel alleen, gee ‘n korrekte beeld van hierdie dinge. Hier word die groot laaste tonele in die geskiedenis van ons wêreld geopenbaar, gebeurtenisse wat reeds vooruit hul skaduwees werp en die klank van hul nadering laat die aarde beef en mense se harte beswyk van vrees.Op 180.2

    “Kyk, die Here maak die aarde leeg en verwoes dit en Hy keer sy oppervlakte om en verstrooi sy bewoners.... Want die aarde is ontheilig onder sy bewoners; want hulle het die wette oortree, die insetting geskend, die ewige verbond verbreek. Daarom verteer die vloek die aarde en moet sy bewoners boet.... Weg is die vreugde van die tamboeryne, die gedruis van die uitgelate mense hou op, weg is die vreugde van die siter!” Jesaja 24:1-8.Op 180.3

    “Ag, die dag! Want naby is die dag van die Here en hy kom soos ‘n verwoesting van die Almagtige.... Die graankorrels het weggekrimp onder hulle kluite, die voorraadkamers is verwoes, die graanbakke afgebreek, want die koring het verdor. Hoe sug die vee! Die troppe beeste is onrustig, want daar is geen weiveld vir hulle nie; ook die troppe kleinvee moet boet.””Die wingerdstok het verdor en die vyeboom het verwelk; die granaat, ook die palm en die appelboom, al die bome van die land het verdor; want beskaamd is die vreugde, weg Vandie mensekinders af.”Joël 1:15-18,12.Op 180.4

    “Ek moet bewe van angs! o Mure van my hart!...Op 180.5

    Ek kan nie swyg nie; want jy, my siel, het basuingeluid gehoor, oorlogsgeskreeu! Verwoesting op verwoesting word uitgeroep, want die hele land is verwoes.”Op 180.6

    “Ek het na die aarde gekyk en dit was woes en leeg; ook na die hemel en sy lig was daar nie. Ek het na die berge gekyk en hulle het gebewe en al die heuwels het geskud. Ek het gekyk en daar was geen mens nie en al die voëls van die hemel het weggevlieg. Ek het gekyk en die land van tuine was ‘n woestyn en al systede was afgebreek.”Jeremia 4:19,20,23-26.Op 181.1

    “Wee, want die dag is groot, sonder weerga! En dit is ‘n tyd van benoudheid vir Jakob; maar hy sal daaruit verlos word.” Jeremia 30:7.Op 181.2

    “Kom, my volk, gaan in jou binnekamers en sluit jou deur agter jou toe, verberg jou vir ‘n klein oomblik, totdat die grimmigheid verbygaan.” Jesaja 26:20.Op 181.3

    “Want U, Here, is my toevlug.
    Die Allerhoogste het jy jou beskutting gemaak.
    Geen onheil sal jou tref
    en geen plaag naby jou tent kom nie.”
    Op 181.4

    Psalm 91:9,10.

    Op 181.5

    “Die God van die gode, die Here, spreek
    en roep die aarde, van die opgang van die son aftot sy ondergang toe.
    Uit Sion, die volkomenheid van skoonheid, verskyn God in ligglans.
    Onse God kom en kan nie swyg nie.

    “Hy roep na die hemel daarbo,
    en na die aarde, om sy volk te oordeel....
    En - die hemele verkondig sy geregtigheid,
    want God staan gereed om te oordeel!
    Op 181.6

    ”Psalm 50:1 -6.

    “o Dogter van Sion,... daar sal die Here jou verlos uit die hand van jou vyande. En nou is daar baie nasies teen jou versamel wat sê: Laat haar ontheilig word en laat ons oë met welgevalle neersien op Sion. Maar hulle ken nie die gedagtes van die Here nie en verstaan nie sy besluit nie.”Op 181.7

    “Omdat hulle jou noem: Die verjaagde. Dit is Sion, sê hulle, niemand vra na haar nie.””Want Ek sal genesing vir jou tot stand laat kom en jou van jou wonde gesond maak, spreek die Here.””Ek verander die lot van die tente van Jakoben sal My oorsy woningsontferm”Miga 4:10-12; Jeremia 30:17,18.Op 182.1

    “En hulle sal in die dag sê: Kyk, dit is onse God
    op wie ons gewag het, dat Hy ons kan verlos;
    dit is die Here op wie ons gewag het:
    laat ons jutg en bly wees oor sy hulp.”
    Op 182.2

    “Hy sal die dood vir ewig vernietig,... en Hy sal die smaad van sy volk van die hele aarde af wegneem; want die Here het dit gespreek.”Jesaja 25:9,8.Op 182.3

    “Aanskou Sion, die stad van ons feestelike samekoms! Jou oë sal Jerusalem sien as veilige woonplek, as tent wat nie wegtrek nie.... Want die Here is ons Regter, die Here is ons Aanvoerder, die Here is ons koning.” Jesaja 33:20-22.Op 182.4

    “Aan die armes sal Hy in geregtigheid reg doen en die sagmoediges van die land met billikheid oordeel.”Jesaja 11:4.Op 182.5

    Dan sal die doel van God vervul word; die beginsels van Sy koninkryk sal deur almal onder die son gehuldig word.Op 182.6

    “Van geweld sal in jou land nie meer gehoor word nie —
    van geen verwoesting of verbreking in jou grondgebied nie;
    maar jy sal jou mure Heil noem
    en jou poorte Lof.”

    “Deur geregtigheid sal jy bevestig word;
    wees ver van verdrukking, want jy hoef nie bevrees te wees nie;”
    en ver van verskrikking, want dit sal nie byjou kom nie,”
    Op 182.7

    Jesaja 60:18; 54:14.

    Die profete aan wie hierdie groot tonele geopenbaar is, wou graag hul betekenis snap. Hulle het “ondersoek en nagevors en hulle het nagespeur op watter of hoedanige tyd die Gees van Christus wat in hulle was, gewys het.... Aan hulle is geopenbaar dat hulle nie vir hulleself nie, maar vir ons dié dinge bedien het wat julle nou aangekondig is... -dinge waarin die engele begerig is om in te sien.” 1 Petrus 1:10-12.Op 183.1

    Vir ons wat op die uiterste randjie van hul vervulling staan, hoe gewigtig, van watter lewende belang is hierdie af tekeninge van die komende dinge nie - gebeurtenisse waarvoor, sedert ons oerouers hulle voetstappe uit Eden gewend het, Gods kinders gewaak en gewag, verlangen gebid het!Op 183.2

    In hierdie tyd, voor die laaste groot krisis, soos net voor die wêreld se eerste verwoesting, is mense behep met sinlike sake en genot. Verdiep in die sigbare en die tydelike, het hulle die onsienlike en die ewige uit die oog verloor. Vir die dinge wat saam met die gebruik vergaan, offer hulle onverganklike rykdom op. Dit is nodig dat hul gedagtes verhef, hul siening van die lewe verbreed word. Hulle moet uit die traagheid van die wêreldse droomlewe gewek word.Op 183.3

    Uit die opkoms en ondergang van nasies soos dit op die bladsye van die Heilige Skrif duidelik gemaak word, moet hulle leer hoe waardeloos bloot uiterlike en wêreldse eer is. Babilon, met al sy magen heerlikheid, waarvan ons wêreld die gelyke sedertdien nooit aanskou het nie - mag en luister wat vir die mense van daardie tyd so stabiel en blywend gelyk het - hoe volkome het dit nie verdwyn nie!”Soos ‘n blom van die gras”het dit tot niet gegaan. So vergaan alles wat nie God as sy fondament het nie. Net wat met Sy voorneme saamhang en Sy karakter uitdruk, kan bly bestaan. Sy beginsels is die enigste standhoudende dinge wat ons wêreld ken.Op 183.4

    Dit is hierdie groot waarhede wat oud en jonk nodig het om te leer. Ons het ‘n behoefte daaraan om die uitwerking van Gods voorneme in die geskiedenis van volke en in die openbaring van komende dinge te bestudeer, dat ons sienlike en onsienlike dinge na hul werklike waarde kan skat; dat ons kan leer wat die ware doel van die lewe is; dat ons, omdat ons die tydelike in die lig van die ewige beskou, dit vir sy egste en edelste gebruik kan aanwend. Sodoende kan ons, deur hier die beginsels van Sy koninkryk te leer en onderdane en burgers daarvan te word, by Sy koms gereed wees om dit saam met Hom in besit te neem.Op 184.1

    Die dag is op hande. Vir die lesse wat geleer, die werk wat gedoen, die karakterherskepping wat bewerk moet word, is die oorblywende tyd maar alte kort.Op 184.2

    “Kyk, die huis van Israel sê: Die gesig wat hy sien, is vir baie dae en hy profeteer van tye wat ver is. Daarom, sê vir hulle: So spreek die Here Here: Geeneen van my woorde sal meer uitgestel word nie; wat Ek as woord spreek, dit sal gebeur, spreek die Here Here.”Esegiël 12:27,28. Op 184.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents