Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Opvoeding

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Wetenskap en die Bybel

    “WIE WEET NIE DEUR AL HIERDIE
    DINGE DAT DIE HAND VAN
    DIE HERE DIT GEMAAK HET NIE?”

    AANGESIEN die boek van die natuur en die openbaringsboek die stempel van dieselfde meesterbrein dra( kan dit nie anders as om in harmonie met mekaar te spreek nie. Deur verskillende metodes en in verskillende tale, getuig dit van dieselfde groot waarhede. Die wetenskap ontdek voortdurend nuwe wondere; maar uit sy navorsing lewer dit niks op wat, reg verstaan, met die Goddelike openbaring in stryd is nie. Die boek van die natuur en die geskrewe Woord werp lig op mekaar. Hulle maak ons met God bekend deur ons iets te leer van die wette waardeur Hy werk.Op 128.1

    Gevolgtrekkinge wat verkeerdelik gemaak word uit feite wat indie natuur waargeneem is, het nietemin tot ‘n sogenaamde konflik tussen die wetenskap en die openbaring aanleiding gegee; en in die poging om harmonie te herstel, is Skrifvertolkingsaangeneem wat Gods Woord ondermyn en die krag daarvan vernietig. Daar is gemeen dat die geologie die letterlike uitleg van die Mosaïese skeppingsverslag weerspreek. Miljoene jare; so word daar beweer, was nodig vir die ewolusie van die aarde uit die baaierd; en om die Bybel by hierdie sogenaamde openbaring van die we”tenskap aan te pas, word daar veronderstel dat die skeppingsdae ontsaglike lang, onbepaalde tydperke was, wat duisende of selfs miljoene jare beslaan het.Op 128.2

    So ‘n gevolgtrekking is heeltema! onvanpas. Die Bybelse rekord is in harmonie met homself en met die onderwysing van die natuur. Van die eerste dag wat vir die skeppingswerk aangewend is, staan die verslag opgeteken: “En dit was aand en dit was more, die eerste dag.”Genesis 1:5. En dieselfde word wesentlik van elk van die eerste ses dae in die skeppingsweek gesê. Elkeen van hierdie periodes, verklaar die Ingewing, was ‘n dag wat uit ‘n aand en ‘n more bestaan het, net soos elke ander dag sedert daardie tyd. Insake die skeppingswerk self, lui die Goddelike getuienis:“Hy het gespreek en dit was; Hy het gebied en dit staan,” Psalm 33:9. Hoe lank sou die tyd wees wat vir die ewolusie van die aarde uit die baaierd vereis word, by Hom wat op dié wyse ontelbare wêrelde tot stand kon roep? Moet ons, om van Sy werke verslag te gee, Sy Woord geweld aandoen?Op 129.1

    Dit is waar dat oorblyfsels wat in die aarde gevind is, getuig van die bestaan van veel groter mense, diere en plante as enige wat tans bekend is. Hierdie dinge word beskou as ‘n bewys vir die bestaan van plant - en dierelewe voor die tyd van die Mosaïese verslag. Maar van hierdie dinge voorsien die Bybelse geskiedenis ‘n genoegsame verduideliking. Voor die sondvloed was die ontwikkeling van plante - en dierelewe oneindig voortrefliker as wat sedertdien bekend is.Tydens die sondvloed is die oppervlakte van die aarde opgebreek, aansienlike veranderings het plaasgevind en toe die aardkors weer gevorm het, is baie bewyse bewaar van die lewe wat voorheen bestaan het. Die ontsaglike woude, wat tydens die sondvloed onder die aarde begrawe is en sedertdien in steenkool verander het, vorm die omvangryke steenkoolvelde en lewer die voorrade olie wat vandag bydra tot ons gemak en gerief. Hierdie dinge is, namate hulle aan die lig gebring word, soveel getuies wat stom van die waarheid van Gods Woord getuig.Op 129.2

    Verwant aan die teorie oor die ewolusie van die aarde is dié wat die ewolusie van die mens, die kroon van die skepping, aan ‘n stygende lyn van kieme, molluske en viervoetige diere toeskryf.Op 130.1

    As die mens se geleenthede vir navorsing in ag geneem word; hoe kortstondig sy lewe is; hoe begrens sy arbeidsveld; hoe ingeperk sy uitsig; hoe dikwels en hoe groot die foute in sy afleidings, veral met betrekking tot die gebeure wat glo die Bybelse geskiedenis sou voorafgegaan het; hoe dikwels die gewaande gevolgtrekkings van die wetenskap hersien of opsy gegooi word; hoe geredelik die veronderstelde tydperk van die aarde se ontwikkeling van tyd tot tyd met miljoene jare verleng of verkort word; en hoe die teorieë wat deur verskillende wetenskaplikes geopper word, teen mekaar indruis - sal ons, met die oog op al hierdie dinge, ter wille van die voorreg om ons herkoms uit kieme, molluske en ape af te lei, toestem om daardie verklaring van die Heilige Skrif, so groots in sy eenvoud, opsy te skuif:“God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape”? Genesis 1:27. Sal ons daardie stamregister verwerp - trotser as enige wat in die howe van konings soos ‘n skat bewaar word - “die Seun van Adam, die seun van God”? Lukas 3:38.Op 130.2

    Reg verstaan, is sowel die openbaringe van die wetenskap as die ondervinding van die lewe in harmonie met die getuienis van die Skrif oor die onophoudelike werking van God in die natuur.Op 130.3

    In die lied wat deur Nehemia opgeteken is, het die Leviete gesing:“U is alleen die Here, U het die hemel, die hoogste hemel en al sy leërskare, gemaak, die aarde en alles wat daarop is, die see en alles wat daarin is en U hou dit alles in die lewe.”Nehemia 9:6.Op 130.4

    Wat hierdie aarde betref, verklaar die Skrif dat die skeppingswerk voltooi is. “Sy werke [is] van die grondlegging van die wêreld af volbring.” Hebreërs 4:3. Maar die mag van God word nog beoefen om die voorwerpe van Sy skepping in stand te hou.Op 130.5

    Dit is nie omdat die meganisme wat eenmaal aan die gang gesit is, deur sy eie inherente energie voortstu dat die pols klop en asemteug op asemteug volg nie. Elke asemhaling, elke polsslag van die hart, is ‘n bewys van die sorg van Hom in wie ons lewe en beweeg en is. Vanaf die kleinste insek tot die mens, is elke lewende wese daagliks van Sy voorsienigheid afhanklik,Op 131.1

    “Hulle almal wag op U....
    U gee dit aan hulle, hulle tel dit op;
    U maak u hand oop, hulle word versadig met die goeie.
    U verberg u aangesig, hulle word verskrik ;
    U neem hulle asem weg, hulle sterwe
    en keer terug tot hul stof.
    U stuur U Gees uit, hulle word geskape ;
    en U maak die gelaat van die aarde nuut.”
    Op 131.2

    Psalm 104:27-30.

    “Voor Hom wat die noorde uitspan oor die chaos,
    wat die aarde ophang oor ‘n niks;
    wat die waters saambind in sy wolke
    sonder dat die wolkgevaarte daaronder skeur....
    Hy het ‘n kring afgetrek oor die watervlakte
    tot waar lig in duisternis eindig.
    “Die pilare van die hemel wankel
    en staan verstom weens sy dreiging.
    Deur sy krag bring Hy die see in beroering....
    Deur sy asem word die hemel helder;
    sy hand het die vinnige slang deurboor.
    Kyk, dit is maar die uitlopers van sy wee,
    en wat ‘n fluisterwoord hoor ons maar van Hom!
    Wie sou dan die donder van sy magtige dade verstaan?”
    Op 131.3

    Job 26:7-10; 26:11-14.

    “Sy weg is in warrelwind en in storm,
    en wolke is die stof van sy voete.”
    Op 131.4

    Nahum 1:3.

    Die geweldige mag wat deur die ganse natuur werk en alle dinge in stand hou, is nie, soos sommige wetenskaplikes beweer, bloot ‘n allesdeurdringende beginsel, ‘n aandry -wende energie nie.Op 131.5

    God is Gees; tog is Hy ‘n persoonlike wese, want die mens is na Sy beeld geskape. As persoonlike wese het God Hom in Sy Seun geopenbaar. Jesus, die afskynsel van die Vader se heerlikheid, “en die afdruksel van sy wese” (Hebreërs 1: 3 ), is op die aarde in gedaante gevind as ‘n mens. As persoonlike Heiland het Hy na die wêreld gekom. As persoonlike Heiland het Hy in die hoogte opgevaar. As persoonlike Heiland tree Hy in die hemelse howe as Middelaar op. Namens ons, voor die troon van God, dien “Een ... soos die Seun van ‘n mens.” Daniël 7:13.Op 132.1

    Die apostel Paulus skryf deur die Heilige Gees en verklaar aangaande Christus: “Alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape. En Hy is voor alle dinge en in Hom hou alle dinge stand.”Kolossense 1:16,17. Die hand wat die wêrelde deur die ruimte dra, die hand wat alles dwarsdeur die heelal van God in ordelike rangskikking en onvermoeide aktiwiteit aan die gang hou, is die hand wat vir ons aan die kruis gespyker is.Op 132.2

    Die grootheid van God is vir ons onbegryplik. “Die troon van die Here is in die hemel”(Psalm 11:4); tog is Hy deur Sy Gees orals teenwoordig. Hy het ‘n intieme kennis van en ‘n persoonlike belang by al die werke van Sy hand.Op 132.3

    “Wie is soos die Here onse God, wat hoog woon,
    wat laag neersien, in die hemel en op die aarde?”

    “Waarsou ek heengaan van u Gees
    en waarheen vlug van u aangesig?
    Klim ek op na die hemel, U is daar;
    en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar!
    Op 132.4

    (KykookJob 26:6)

    “Neem ek die vleuels van die dageraad,
    gaan ek by die uiteinde van die see woon,
    ook daar sou u hand my lei
    en u regterhand my vashou.”
    Op 132.5

    Psalms 1 13:5,6; 139:7-10.

    “U ken my sit en my opstaan; U verstaan van ver my gedagte.
    U deurvors my gaan enmylê,
    en U is met al my weë goed bekend.... U sluit my in van agter en van voor,
    en U lê u hand op my.
    Om dit te begryp, is te wonderbaar vir my,
    te hoog: ek kan daar nie by nie.”
    Op 133.1

    Psalm 139:2 - 6.

    Dit was die Maker van alle dinge wat die wonderlike aanpassing van middel by doel, van voorsiening by behoefte verordineer het. Dit was Hy wat in die stoflike wêreld bepaal het dat daar in elke ingeplante behoefte voorsien moet word. Dit is Hy wat die menslike siel geskep het, met sy vermoë om te ken en lief te hê. En Hy is nie in Sy wese sodanig dat Hy die vereistes van die siel onversadig sal laat nie. Geen ontasbare beginsel, geen onpersoonlike essensie of bloot abstrakte begrip kan die behoeftes en verlangens van mense in hierdie lewe van worsteling met die sonde en droefheid en pyn bevredig nie. Dit is nie voldoende om aan wet en mag te glo, aan dinge wat geen medelye het en nooit die hulpgeroep verhoor nie. Ons het ‘n behoefte daaraan om te weet van ‘n almagtige arm wat ons sal onderskraag, van ‘n oneindige Vreemd wat vir ons jammer is. Ons het ‘n behoefte daaraan om ‘n hand te gryp wat warm is, om te vertrou op ‘n hart vol teerheid. Dit is juis so dat God Hom in Sy Woord geopenbaar het.Op 133.2

    Hy wat met sy studie die diepste in die verborgenhede van die natuur indring, sal sy eie onkunde en swakheid die deeglikste insien. Hy sal besef dat daar dieptes en hoogtes is wat hy nie kan bereik, geheime wat hy nie kan binnedring nie, uitgestrekte gebiede van waarheid wat onbetree voor hom lê. Hy sal bereid wees om saam met Newton te verklaar:“Dit kom vir my voor asof ek soos ‘n kind op die seestrand was wat klippies en skulpe optel, terwyl die groot oseaan van waarheid onontdek voor my uitgestrek het.”Op 133.3

    Die diepsinnigste studente van die wetenskap word genoop om die werking van ‘n oneindige mag in die natuur te erken. Maar sonder hulp vir die mens se denke, kan die onderwysing van die natuur nie anders as teenstrydig en teleurstellend wees nie. Net in die lig van die openbaring kan dit reg gelees word.”Deurdie geloof verstaan ons.”Hebreërs 11:3.Op 134.1

    “Indie begin ... God.”Genesis 1:1. Hier alleen kan die verstand met sygretige vrae, wat vlug soos ‘n duif na die ark, tot rus kom. Omhoog, benede, anderkant woon Oneindige Liefde, wat elke ding uitwerk om “alle welgevalle aan wat goed is,“te bereik. 2Thessalonicense 1:11.Op 134.2

    “Sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid.” Romeine 1:20. Maar die getuienis daarvan kan net met die hulp van die Goddelike Leermeester verstaan word. “Want wie van die mense weet wat in ‘n mens is, behalwe die gees van die mens wat in hom is? So weet ook niemand wat in God is nie, behalwe die Gees van God.” 1 Korinthiërs 2:11.Op 134.3

    “Wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei.”Johannes 16:13. Net met die hulp van daardie Gees wat in die begin “gesweef [het] op die waters,” van daardie Woord deur wie “alle dinge ... ontstaan” het, van daardie “waaragtige lig wat elke mens verlig,” kan die getuienis van die wetenskap reg vertolk word. Net deur hulle leiding kan sy diepste waarhede bespeur word.Op 134.4

    Net onder die leiding van die Alwetende sal ons, in die studie van Sy werke, in staat gestel word om Sy gedagtes agter Hom aan te dink.Op 134.5

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents