Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Opvoeding

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Samewerking

    'WANT ONS IS MEKAAR SE LEDE.”

    IN karakterbou is daar geen ander invloede wat soveel tel as die invloed van die huis nie. Die onderwyser se werk moet die ouers s'n aanvul, maar mag nie die plek daarvan inneem nie. In alles wat die welvaart van die kind raak, moet dit die ouers en die onderwysers se strewe wees om saam te werk.Op 283.1

    Die taak van samewerking moet by die vader en die moeder self begin, in die huislike lewe. In die opvoeding van hul kinders het hulle ‘n gesamentlike verantwoordelikheid en dit moet hulle voortdurende strewe wees om saam op te tree. Laat hulle hul aan God oorgee en van Hom hulp soek om mekaar te onderskraag. Laat hulle hul kinders leer om aan God getrou te wees, getrou aan beginsel en gevolglik getrou aan hulself en aan almal wat met hulle verband hou. Met so ‘n opleiding sal kinders nie, wanneer hulle skool toe gestuur word, ‘n bron van rusversteuring of besorgdheid wees nie. Hulle sal ‘n steunpilaar wees vir hulle onderwysers en ‘n voorbeeld en bemoediging vir hulle medeleerlinge.Op 283.2

    Ouers wat hierdie opvoeding verskaf, is nie diegene wat geneig sal wees om die onderwyser te kritiseer nie. Hulle voel dat sowel die belange van hul kinders as regverdigheid teenoor die skool vereis dat hulle, sover moontlik, die een wat hulle verantwoordelikheid deel, moet onderskraag en eer.Op 283.3

    Baie ouers skiet hier kort. Deur hul haastige, ongegronde kritiek word die invloed van die getroue, selfopofferende onderwyser dikwels so te sê vernietig. Baie ouers wie se kinders deur verwenning bederf is, laat aan die onderwyser die onaangename taak oor om hulle nalatigheid reg te sien; en dan maak hulle deur hul eie optrede sy taak byna hopeloos. Hulle kritiek en vitterigheid in verband met die skoolbestuur werk weerspannigheid by die kinders in die hand en sterk hulle in verkeerde gewoontes.Op 284.1

    As kritiek of ‘n voorstel oor die onderwyser se werk nodig word, moet dit aan hom persoonlik gerig word. As dit sonder uitwerking is, laat die saak verwys word na diegene wat vir die bestuur van die skool verantwoordelik is. Niks moet gesê of gedoen word om die kinders se agting te verswak vir die persoon van wie hul welsyn in so ‘n groot mate afhang nie.Op 284.2

    Die ouers se intieme kennis van sowel die karakter van die kinders as hulle besondere liggaamskenmerke en gebreke sal, as dit aan die onderwyser meegedeel word, hom tot hulp strek. Dit moet betreur word dat soveel dit nie besef nie. Deur baie ouers word min belangstelling getoon of om hulle van die onderwyser se kwalifikasies te vergewis of om met hom in sy taak saam te werk.Op 284.3

    Omdat ouers hulle so selde op hoogte van die onderwyser stel, is dit des te belangriker dat die onderwyser met die ouers moet probeer kennis maak. Hy moet sy leerlinge se tuistes besoek en ‘n kennis opdoen van die invloede en omgewing te midde waarvan hulle woon. Deur per soonlik met hul huise en lewens in aanraking te kom, kan hy die bande versterk wat hom aan sy leerlinge bind en leer hoe om met groter welslae hul verskillende geaardhede en temperamente te hanteer.Op 284.4

    Namate hy ‘n belangstelling in die huislike opvoeding toon, deel die onderwyser ‘n dubbele voordeel mee. Baie ouers, verdiep in hul werk en sorge, verloor hul geleenthede uit die oog om die lewens van hul kinders ten goede te bei’nvloed. Die onderwyser kan veel doen om hierdie ouers tot hul moontlikhede en voorregte te laat ontwaak. Hy sal andere vind vir wie die besef van hul verantwoordelikheid ‘n groot las is, so gretig is hulle dat hul kinders goeie en nuttige manne en vroue sal word. Dikwels kan die onderwyser hierdie ouers help om hulle las te dra en deur met mekaar te beraadslaag, sal sowel onderwyser as ouers bemoedig en versterk word.Op 284.5

    In die huislike opvoeding van die jeug is die beginsel van samewerking van onskatbare waarde. Vanaf hul vroegste jare moet kinders daartoe gebring word om te voel dat hulle ‘n deel van die huisfirma is. Selfs die kleintjies moet opgelei word om aan die daaglikse werk deel te hê en hulle moet voel dat hulle hulp nodig is en waardeer word. Die groter kinders moet hul ouers se assistente wees en hulle planne sowel as hulle verantwoordelikhede en laste deel. Laat vaders en moeders die tyd neem om hul kinders te leer, laat hulle toon dat hulle hul hulp op prys stel, dat hulle graag in hul vertroue geneem wil word en hul geselskap geniet en die kinders sal nie traag wees om te reageer nie. Nie net die ouers se las sal verlig word en die kinders ‘n praktiese opleiding van onskatbare waarde ontvang nie, maar daar sal ‘n verstewiging van die huislike bande en selfs ‘n verdieping van die karakterfondamente wees.Op 285.1

    Samewerking moet die gesindheid van die klaskamer wees, die wet van sy lewe. Die onderwyser wat sy leerlinge se samewerking verkry, bekom ‘n hulpmiddel van onskatbare waarde om die orde te handhaaf. Deur diens in die klaskamer sal menige seun wie se rusteloosheid tot wanorde en insubordinasie lei, ‘n veiligheidsklep vir sy oortollige energie vind. Laat die ouer kinders die jongeres help, die sterkes die swakkes; en, waar moontlik, laat elkeen gevra word om iets te doen waarin hy uitmunt. Dit sal selfrespek aanmoedig en ‘n verlange om nuttig te wees.Op 285.2

    Dit sou die jeug, asook ouers en onderwysers, tot nut strek om die les van samewerking te bestudeer soos dit in die Skrif geleer word. Onder die baie uitbeeldinge daarvan let op die bou van die tabernakel - daardie aanskouingsles van karakterbou - waarin die hele volk hul verenig het,“elkeen wie se hart hom opgewek en elkeen wie se gees hom aangedryf het.” Exodus 35: 21. Lees hoe die muur van Jerusalem deur die teruggekeerde gevangenes herbou is, te midde van armoede, moeilikheid en gevaar en hoe die taak met sukses volbring is, want “die volk was met hulle hart in die werk.” Nehemia 4:6. Let op die rol wat in die Heiland se wonderwerk met die voeding van die menigte deur die dissipels gespeel is. Die voedsel het in die hande van Christus vermeerder, maar die dissipels het die brode ontvang en aan die wagtende menigte gegee.Op 286.1

    “Ons is mekaar se lede” “Namate elkeen ‘n genadegawe ontvang het, moet julle mekaar daarmee dien soos goeie bedienaars van die veelvuldige genade van God.” Efesiërs 4:25; 1 Petrus 4:10.Op 286.2

    Met vrug sou die woorde van die afgodbouers van ouds, met ‘n waardiger doel, deur vandag se karakterbouers as slagspreuk oorgeneem kon word: “Die een het die ander gehelp en aan sy metgesel gesê: Wees sterk!” Jesaja 41:6.Op 286.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents