Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Opvoeding

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Elisa, Getrou in die Klein Dingetjies

    Die jongelingsjare van die profeet Elisa is in die stilte van ‘n landelike lewe deurgebring, onderrig deur God, die natuur en die dissipline van nuttige arbeid. In ‘n tyd van bykans algemene afvalligheid, was sy vader se huisgesin onder diegene wat nie die knie voor Baal gebuig het nie. Hulle tuiste was ‘n plek waar God vereer is en waar pligsgetrouheid die reël van die daaglikse lewe was.Op 58.2

    Elisa, die seun van ‘n ryk boer, het die werk onderneem wat voor - die - hand - liggend was. Hoewel hy die bekwaamhede van ‘n leier onder die mense besit het, het hy ‘n opleiding in die alledaagse pligte van die lewe ontvang. Om verstandig te kan leiding gee, moes hy leer om gehoorsaam te wees. Deur getrouheid in die klein dingetjies is hy vir gewigtiger verantwoordelikhede voorberei.Op 58.3

    Saam met ‘n sagmoedige en tere gees, het Elisa ook energie en standvastigheid besit. Hy het die liefde en vrees van God gekoester en uit die nederige roetine van daaglikse arbeid het hy ‘n sterk doelgerigtheid en edel karakter verwerf, terwyl hy in Goddelike genade en kennis gegroei het onderwyl hy met sy vader in die huislike pligte saamgewerk het, het hy geleer om met God saam te werk.Op 58.4

    Die profetiese roeping het tot Elisa gekom terwyl hy saam met sy vader se diensknegte die landerye geploeg het. Toe Elia onder Goddelike leiding na ‘n opvolger gesoek en sy mantel om die jongman se skouers gewerp het, het Elisa die oproep herken en gehoorsaam. Hy het “Elia gevolg en hom gedien.” 1 Konings 19:21. Aanvanklik is daar geen groot werk van hom vereis nie; sy dissipline het nog steeds uit alledaagse pligte bestaan. Van hom word daar gesê dat hy water op die hande van Elia, sy meester, gegiet het. As die profeet se persoonlike bediende, het hy nog steeds getoon dat hy in die klein dingetjies getrou is, terwyl hy hom met ‘n daagliks sterker wordende doelgerigtheid gewy het aan die sending waartoe God hom aangestel het.Op 58.5

    Toe hy die eerste keer geroep is, is sy vasberadenheid beproef. Met die omdraaislag om Elia te volg, is hy deur die profeet beveel om huis toe te gaan. Hy moes die koste bereken - self besluit om die beroep aan te neem of van die hand te wys. Maar Elisa het die waarde van sy geleentheid besef. Hy sou vir geen aardse voordeel die moontlikheid om Gods boodskapper te word deur sy vingers laat glip, of die voorreg van samesyn met Sy dienskneg opoffer nie.Op 59.1

    Met verloop van tyd, toe Elia vir verheerliking voorbereid was, was ook Elisa gereed om sy opvolger te word. En weer is sy geloof en vasberadenheid op die proef gestel. Terwyl hy Elia, met die wete dat die verandering spoedig moet kom, in die rondgang van sy werk vergesel het, is hy op elke plek deur die profeet gevra om om te draai. “Bly tog hier,” het Elia gesê, “want die Here stuur my na Bet-el”Maar in sy vroeë arbeid aan die ploegstert het Elisa geleer om nie swak of mismoedig te word nie; en noudat hy ter vervulling van ‘n andersoortige plig sy hand aan die ploeg geslaan het, kon hy nie van sy plan afgebring word nie. So dikwels as wat die uitnodiging gegee is om om te draai, was syantwoord: “So waar as die Here leef en u siel leef, ek sal u nie verlaat nie!”2 Konings 2:2.Op 59.2

    “En hulle twee het gegaan.... Terwyl hulle twee by die Jordaan staan ... neem Elia sy mantel en rol dit op en slaan op die water; en dit is na weerskante verdeel, sodat hulle twee op droë grond deurgegaan het. En nadat hulle deur was, sê Elia vir Elisa: Begeer wat ek vir jou moet doen, voordat ek van jou af weggeneem word.Op 59.3

    En Elisa antwoord: Laat dan tog ‘n dubbele deel van u gees op my kom. En hy sê: Jy het ‘n harde saak begeer. As jy my sien wanneer ek van jou af weggeneem word, laat dit dan so met jou wees. Maar so nie, dan sal dit nie wees nie. En terwyl hulle aldeur loop en spreek, kom daar meteens ‘n wa van vuur met perde van vuur wat skeiding tussen hulle twee maak; en Elia het in die storm na die hemel opgevaar.Op 60.1

    “En Elisa het dit gesien en geroep: My vader, my vader, wa van Israel en sy ruiters! En toe hy hom nie meer sien nie, het hy sy klere gegryp en dit in twee stukke geskeur. Daarna tel hy die mantel van Elia op wat van hom afgeval het en hy draai om en gaan op die wal. van die Jordaan staan; en hy neem die mantel van Elia wat van hom afgeval het en slaan op die water en sê: Waar is die Here, die God van Elia, ja, Hy? En toe hy op die water slaan, is dit na weerskante verdeel en Elisa het deurgegaan. En die profete - seuns wat in Jerigo was, het dit op ‘n afstand gesien en gesê: Die gees van Elia rus opOp 60.2

    Elisa! En hulle het hom tegemoetgekom en voor hom na die aarde gebuig. 2 Konings 2:6-15.Op 60.3

    Voortaan het Elisa in Elia se plek gestaan. En hy wat in die minste getrou was, het bewys dat hy ook baie getrou kon wees.Op 60.4

    Elia, die man van krag, was Gods instrument vir die omverwerping van reusagtige euwels. Afgodery, wat, met die steun van Agab en die heidense Isebel, die volk verlei het, is uitgewerp. Baal se profete is gedood. Die ganse volk Israel is diep ontroer en baie was aan die terugkeer na die aanbidding van God. As opvolger vir Elia is iemand benodig wat Israel deur sorgsame, geduldige onderrig langs veilige weë kon lei. Vir hierdie werk het Elia se vroeë opleiding onder Gods bestuur hom voorberei.Op 60.5

    Die les geld vir almal. Geeneen kan weet wat Gods doel met Sy dissipline dalk is nie; maar almal kan daarvan seker wees dat getrouheid in die klein dingetjies die bewys van geskiktheid vir groter verantwoordelikhede is. Elke lewensdaad is ‘n karakteropenbaring; en net hy wat in klein pliggies daarvan bewys lewer dat hy “‘n werker [is] wat hom nie hoef te skaam nie” (2 Timotheiis 2:15), sal deur God met gewigtiger verantwoordelikhede vereer word.Op 61.1

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents