Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Opvoeding

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Bron en Doel van Ware Opvoeding

    “KENNIS VAN DIE HEILIGE
    IS VERSTAND;” “SLUIT TOG
    VRIENDSKAP MET HOM.”

    ONS idees oor opvoeding het ‘n te enge en ‘n te laag( by-die-grond se reikwydte. Daar is ‘n gebrek aan breër vergesigte, ‘n hoër doel. Ware opvoeding beteken meer as die aflegging van ‘n sekere studiekursus. Dit beteken meer as ‘n voorbereiding vir die huidige lewe. Dit raak die hele wese en die ganse bestaanstyd wat vir die mens moontlik is. Dit is die harmonieuse ontwikkeling van die liggaamlike, die verstandelike en die geestelike kragte. Dit berei die student voor vir die vreugde van diens in hierdie wêreld en vir die meer verhewe vreugde van omvattender diens in die wêreld wat kom.Op 13.1

    Die bron van so ‘n opvoeding word in die volgende woorde uit die Heilige Skrif aan die lig gebring; wat die aandag op die Oneindige vestig: In Hom is “al die skatte van wysheid en kennis verborge.” Kolossense 2:3. “Hy het raad en verstand.”Job 12:13.Op 13.2

    Die wêreld het al sy groot leermeesters gehad, manne van reuseverstand en omvangryke navorsing, manne wie se uitsprake die denke gestimuleer en ontsaglike gebiede van die kennis ontsluit het; en die manne is as gidse en weldoeners van die menslike geslag vereer; maar daar is Een Wat bo hulle uittroon. Ons kan die lyn van die wêreld se leermeesters so ver terug nagaan as wat die menslike oorkondes strek; maar die Lig het hulle voorafgegaan. Soos die maan en sterre van ons sonnestelsel skyn deur die sonlig te weerkaats, so is die leer van die wêreld se grootste denkers, vir sover dit waarheid is, ‘n afskynsel van die strale uit die Son van Geregtigheid. Elke gedagtevonk, elke flikkering van die intellek, kom uit die Lig van die wêreld.Op 13.3

    Deesdae word daar baie oor die aard en belangrikheid van “hoër opvoeding” gesê. Die waaragtige “hoër opvoeding” is die wat toebedeel word deur Hom by wie”raad en verstand”(Job 12:13) is, uit wie se mond “kennis en verstand”kom. Spreuke 2:6.Op 14.1

    In ‘n kennis van God het alle ware kennis en werklike ontwikkeling hul bron. Waarheen ons ons ook al wend, in die stoflike, die verstandelike of die geestelike ryk; in wat ons ook al betrag, afgesien van die skending deur dieOp 14.2

    sonde, word hierdie kennis geopenbaar. Watter navorsingsrigting ons ook al inslaan, met ‘n opregte doel om die waarheid te vind, word ons in aanraking gebring met die onsigbare, magtige Intelligensie wat in en deur alles werk. Die verstand van die mens word in gemeenskap gestel met die verstand van God, die eindige met die Oneindige. Die uitwerking van sodanige gemeenskap op liggaam en verstand en siel is onberekenbaar.Op 14.3

    In hierdie gemeenskap word die hoogste opvoeding gevind. Dit is Gods eie manier van ontwikkeling.”Sluit tog vriendskap met Hom”(Job 22:21), is Sy boodskap aan die mensdom. Die metode wat in hierdie woorde uiteengesit is, was die metode wat in die opvoeding van ons oervader gevolg is. Toe Adam in die glorie van sy sondelose mensheid in die heilige Eden gestaan het, was dit hoe God hom onderrig het.Op 14.4

    Om te begryp wat opvoedingswerk alles insluit, moet ons sowel die aard van die mens as Gods doel met sy skepping in aanmerking neem. Ons moet ook let op die verandering in die mens se toestand weens die toetrede van ‘n kennis van die kwaad en Gods plan om nog Sy heerlike doel met die opvoeding van die menslike geslag te vervul.Op 14.5

    Toe Adam uit die hand van die Skepper gekom het, het hy, in sy liggaamlike, verstandelike en geestelike natuur, op sy Skepper gelyk. “God het die mens geskape na sy beeld”(Genesis 1:27) en dit was Sy doel dat hoe langer die mens geleef het, hoe vollediger hy hierdie beeltenis sou geopenbaar het - om des te vollediger die heerlikheid van die Skepper te weerkaats. Al sy vermoëns was tot ontwikkeling in staat; die kapasiteit en lewenskrag daarvan moes aanhoudend toeneem. Ontsaglik groot was die speelruimte vir hul beoefening; heerlik die veld wat vir hul navorsing oopgestel is. Die verborgenhede van die sigbare heelal - die “wonders van die Volmaakte in kennis” (Job 37:16) - het die mens se studie uitgenooi. Gemeenskap met sy Maker, van aangesig tot aangesig, van hart tot hart, was sy verhewe voorreg. As hy aan God lojaal gebly het, sou dit alles vir ewig sy voorreg gewees het. Deur eindelose eeue heen sou hy voortdurend nuwe skatte van die kennis bekom het, vars geluksfonteine ontdek het en steeds tot helderder insigte in die wysheid, die mag en die liefde van God gekom het. Al hoe vollediger sou hy die doel met sy skepping vervul het, al hoe vollediger sy Skepper se heerlikheid weerkaats het.Op 15.1

    Maar deur ongehoorsaamheid is dit verbeur. Deur die sonde is die Goddelike beeld geskend en byna uitgewis. Die mens se liggaamskragte is verswak, sy intellektuele kapasiteit verminder, sy geestelike gesig verdof. Hy het aan die dood onderhewig geword. Nogtans is die menslike geslag nie sonder hoop gelaat nie. Deur oneindige liefde en genade is die saligheidsplan ontwerp en ‘n proeflewe toegestaan. Om in die mens die beeld van sy Skepper te herstel, om hom terug te bring na die volmaaktheid waartoe hy geskape is, om die ontwikkeling van liggaam, verstand en siel te bevorder, sodat die Goddelike doel met sy skepping verwesenlik kan word - dit sou die werk van die saligmaking wees. Dit is die doel van die opvoeding, die groot doel van die lewe.Op 15.2

    Liefde, die grondslag van die skepping en verlossing, is die basis van ware opvoeding. Dit word duidelik gestel in die wet wat God as lewensgids gegee het. Dieeerste en groot gebod is:“Jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele krag en uit jou hele verstand.” lukas 10:27. Om Hom, die Oneindige, die Alwetende, uit die hele krag en verstand en hart lief te hê, beteken die hoogste ontwikkeling van elke vermoë. Dit beteken dat die beeld van God in die ganse wese - die liggaam, die verstand, sowel as die siel - herstel moet word.Op 16.1

    Gelyk aan die eerste is die tweede gebod: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” Matthéus 22:39. Die liefdeswet verg die toewyding van liggaam, verstand en siel tot die diens van God en ons medemens. En terwyl dit ons vir andere tot seen laat strek, bring hierdie diens die grootste seën vir onsself mee. Onbaatsugtigheid is die grondslag van alle ware ontwikkeling. Deur onselfsugtige diens ontvang ons die uitnemendste veredeling van elke gawe. Steeds meer en meer word ons die Goddelike natuur ten volle deelagtig. Ons word vir die hemel toegerus, want ons ontvang die hemel in ons harte.Op 16.2

    Omdat God die bron van alle ware kennis is, is dit, soos ons gesien het, die eerste doel van die opvoeding om ons gedagtes op Sy eie openbaring van Homself te vestig. Adam en Eva het deur direkte gemeenskap met God kennis verkry; en hulle het deur Sy werke van Hom geleer. Alle geskape dinge was, in hul oorspronklike volmaaktheid, ‘n uitdrukking van die gedagte van God.Vir Adam en Eva het die natuur gewemel van Goddelike wysheid; maar deur oortreding is die mens daarvan uitgesluit om deur direkte gemeenskap van God te leer en, grotendeels, ook uit Sy werke. Die aarde, deur die sonde geskend en besoedel, gee net ‘n dowwe afskynsel van die Skepper se heerlikheid. Dit is waar dat Sy aanskouingslesse nie uitgewis is nie. Op elke bladsy in die groot boek van Sy geskape werke kan Sy handskrif nog bespeur word. Die natuur spreek nog van Sy Skepper. Nogtans is hierdie openbarings gedeeltelik en onvolmaak. En in ons gevalle toestand, met verswakte vermoëns en beperkte gesig, is ons nie daartoe in staat om dinge reg te vertolk nie. Ons het die voller openbaring nodig wat God in Sy geskrewe Woord van Homself gegee het.Op 16.3

    Die Heilige Skrif is die volmaakte standaard van die waarheid en as sodanig moet die ereplek in die opvoeding daaraan verleen word. Om ‘n opvoeding te ontvang wat sy naam werd is, moet ons ‘n kennis van God, die Skepper en Christus, die Saligmaker, ontvang, soos hulle in die heilige Woord geopenbaar word.Op 17.1

    Elke mens, na die beeld van God geskape, is toebedeel met ‘n mag wat aan die van die Skepper verwant is - indiwidualiteit, die vermoë om te dink en te doen. Die manne in wie hierdie vermoë ontwikkel word, is die manne wat verantwoordelikhede dra, wat leiers in ondernemingsgees is en wat karakter beïnvloed. Dit is die werk van ware opvoeding om hierdie mag te ontwikkel, om jongmense op te lei om denkers te wees en nie bloot weerkaatsers van andere se gedagtes nie. Eerder as om hul studie te beperk tot wat mense gesê of geskryf het, laat studente na die bronne Van die waarheid verwys word, na die grenslose velde wat in die natuur en openbaring vir navorsing blootgelê is. Laat hulle die groot feite van plig en lotsbestemmingbetrag en die verstand sal uitsit” en sterker word. Eerder as opgevoede swakkelinge, kan inrigtings van die geleerdheid mense uitstuur wat sterk is om te dink en te doen, mense wat meesters en nie slawe van omstandighede is nie, mense wat ‘n breedte van verstand, ‘n helderheid van gedagte en die moed van hul oortuigings het.Op 17.2

    So ‘n opvoeding voorsien meer as verstandelike dissipline; dit verskaf meer as liggaamlike opleiding. Dit versterk die karakter, sodat waarheid en trou nie aan selfsugtige begeertes of wêreldse ambisie opgeoffer word nie. Dit verskans die verstand teen boosheid. In plaas dat die een of ander heersende drif ‘n mag word om te vernietig, word elke motief en begeerte met die groot beginsels van regskapenheid gelykvormig gemaak. Namate die volmaaktheid van Sy karakter betrag word, word die verstand hernieu en die siel na die beeld van God herskape.Op 18.1

    Watter opvoeding kan hoër wees as dit? Wat kan sy waarde ewenaar?Op 18.2

    Fyn goud kan daarvoor nie gegee word nie en geen silwer as koopprys daarvan afgeweeg word nie. Die goud van Ohr weeg daar nie teen op nie, ook nie die kosbare onikssteen en saffier nie. Goud en glas kan daarmee nie vergelyk word nie en vir goue voorwerpe ruil ‘n mens dit nie. Korale en kristal kan nie genoem word nie en die besit van wysheid is meer werd as korale.” Job 28:15-18.Op 18.3

    Hoër as wat die mens se hoogste gedagte kan reik, is Gods ideaal vir Sy kinders. Godsvrug - Godgelykheid - is die doel wat bereik moet word. Voor die student gaan daar ‘n pad van oneindige vooruitgang oop. Hy het ‘n doel om te verwesenlik, ‘n standaard om te bereik, wat alles goed en rein en edel insluit. Hy sal in elke vertakking van ware kennis vorder so vinnig en so ver as wat moontlik is. Maar sy pogings sal toegespits word op doelstellinge wat soveel hoër as bloot selfsugtige en tydelike belange is as wat die hemele hoërasdie aardeis.Op 18.4

    Hy wat met die Goddelike voorneme saamwerk om ‘n kennis van God aan die jeug oor te dra en die karakter tot ooreenstemming met Syne te fatsoeneer, doen ‘n verhewe en edel werk. Na gelang hy ‘n begeerte wek om Gods ideaal te verwesenlik, bied hy ‘n opvoeding aan wat so hoog soos die hemel en so breed soos die heelal is; ‘n opvoeding wat nie in hierdie lewe voltooi kan word nie, maar in die hiernamaalse lewe voortgesit sal word; ‘n opvoeding wat vir die suksesvolle student sy paspoort verseker uit die voorbereidingskool van die aarde na die hoër vlak, die skool daarbo. Op 19.1

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents