Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Opvoeding

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    God in die Natuur

    “SY MAJESTEIT BEDEK DIE
    HEMEL en DIE AARDE IS VOL
    VAN SY LOF “

    Op alle geskape dinge word die stempel van die Goddelike gesien. Die natuur getuig van God. Die ontvanklike verstand, wat met die wonder en verborgenheid van die heelal in aanraking gebring word, kan nie anders as om die werking van ‘n oneindige mag te erken nie. Nie deur sy eie inherente energie bring die aarde sy oorvloed voort en hou dit sy beweging om die son jaar na jaar vol nie. ‘n Onsigbare hand rig die planete in hul kringloop deur die hemele. ‘n Geheimsinnige lewe deurtrek die ganse natuur - ‘n lewe wat die tallose wêrelde dwarsdeur die onmeetlikheid in stand hou, wat in die insekkrieseltjie lewe soos dit in die somerbriesie dryf, wat die wiekslag aan die swael in sy vlug verleen en die jong rawe voed as hul roep, wat die botsel laat bloei en die bloeisel tot vrug laat kom.Op 99.1

    Dieselfde mag wat die natuur in stand hou, werk ook in die mens. Dieselfde groot wette wat ster en atoom bestuur, heers oor die menslike lewe. Die wette wat die hartklop rig om die vloei van die lewenstroom na die liggaam te reguleer, is die wette van die magtige Intelligensie wat regsbevoegdheid oor die siel besit. Uit Hom vloei alle lewe voort. Net in harmonie met Hom kan die ware arbeidsveld daarvan gevind word. Vir al die dinge van Sy skepping is die voorwaarde dieselfde - ‘n lewe wat onderhou word deur die lewe van God te ontvang, ‘n lewe wát in harmonie met die Skepper se wil gevoer word. Om Sy wet fisiek, verstandelik of moreel te oortree, beteken om jouself buite harmonie met die heelal te stel, om onenigheid, anargie en ondergang in te bring.Op 99.2

    Vir hom wat leer om so sy onderwysing te vertolk, word die ganse natuur opgehelder; die wêreld is ‘n lesboek, die lewe ‘n skool. Die eenheid van die mens met die natuur en met God, die universele heerskappy van wetmatigheid, die gevolge van oortreding, kan nie anders as om die verstand te beïndruk en die karakter te vorm nie.Op 100.1

    Hierdie is lesse wat ons kinders nodig het om te leer. Vir die klein kindjie, wat nog nie in staat is om van die gedrukte blad te leer of by die roetine van die klaskamer ingeskakel te word nie, bied die natuur'n onuitputlike bron van lering en lus. Die hart wat nog nie deur aanraking met boosheid verhard is nie, herken gou dieTeenwoordigheid wat alle geskape dinge deurtrek. Die oor wat tot nóg toe nie deur die wêreld se tuinoer verdoof is nie, luister aandagtig na die Stem wat deur die mededelinge van die natuur spreek. En vir die wat al ouer geword het en voortdurend sy stille herinneringe aan die geestelike en die ewige benodig, sal die natuur se lesse geensins minder ‘n bron van lus en lering wees nie. Soos die Edenbewoners uit die bladsye van die natuur geleer het, soos Moses Gods handskrif op die Arabiese vlaktes en berge gewaar het en soos die kind jesus op die rantjies van Nasaret, so kan vandag se kinders van Hom leer. Die onsienlike word deur die sienlike toegelig. Op alles op aarde, vanaf die hoogste boom in die bos tot die korsmos wat aan die rots kleef, vanaf die grenslose oseaan tot die nietigste skulpie op die seëstrand, kan hulle die beeld en opskrif van God aanskou.Op 100.2

    Laat die kindjie, sover moontlik, vanaf sy jongste jare geplaas word waar hierdie wonderlike lesboek voor hom sal ooplê. Laat hom die heerlike tonele aanskou wat deur die Groot Kunsmeester op die beweeglike hemeldoek geskilder is, laat hom vertroud raak met die wonders van aarde en see, laat hom die ontluikende geheimenisse van die seisoensveranderinge betrag en, uit al Sy werke, van die Skepper leer.Op 100.3

    Op geen ander manier kan die fondament van ‘n waaragtige opvoeding so vas en seker gelê word nie. En tog sal selfs die kind, soos hy met die natuur in aanraking kom, rede vir verwarring vind, Hy kan nie anders as om die werking van teenmagte te bespeur nie. Dit is hier waar die natuur ‘n vertolker nodig het. Wanneer hulle die kwaad aanskou wat selfs in die natuurlike wêreld geopenbaar word, moet almal dieselfde droewige les leer”'n Vyandige mens het dit gedoen.” Matthéus 13:28.Op 101.1

    Net in die lig wat van Golgota af straal, kan die natuur se onderwysing reg gelees word. Laat daar, deur die verhaal van Betlehem en die kruis, getoon word hoe die goeie die kwade moet oorwin en hoe elke seën wat ons te beurt val, ‘n verlossingsgawe is.Op 101.2

    In wilde roos en doringstruik, in distel en onkruid, word die boosheid voorgestel: wat skend en skaad. In sangvoël en ontluikende bloeisel, in reën en sonskyn, in somerbries en sagte dou, in tienduisend natuurdinge vanaf die eikeboom in die woud tot die viooltjie wat aan sy wortel uitbot, word die liefde wat herstel, gesien. En die natuur spreek nogsteeds tot ons van Gods goedheid.Op 101.3

    Ek weet watter gedagtes Ek aangaande julle. koester, spreek die Here, gedagtes van vrede en nie van onheil nie.”Jeremia 29:11. Dit is die boodskap wat, in die lig van die kruis, op die hele gelaat van die natuur gelees kan word. Die hemele vertel Sy eer en die aarde is vol van Sy rykdom. Op 101.4

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents