Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Opvoeding

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Ander Aanskouingslesse

    “ WIE WYS IS, LAAT HY OP HIERDIE
    DINGE AG GEE en LAAT HULLE LET
    OP DIE GOEDERTIERENHEDE VAN
    DIEHERE ” “

    GODS genesende krag vloei dwarsdeur die ganse natuur. As ‘n boom ‘n kaphou kry, as ‘n mens gewond word of'n been breek, begin die natuur dadelik om die besering te herstel. Selfs voordat die behoefte bestaan; is die werksaamhede gereed; en sodra ‘n deel ‘n wond opdoen, word alle kragte vir die herstelwerk ingespan. So is dit ook in die geestelike wêreld. Voordat sonde die behoefte geskep het, het God die geneesmiddel voorsien. Elke siel wat aan versoeking toegee, word deur die teenstander gewond en seergemaak; maar waar die sonde ook al is, daar is die Heiland. Dit is Christus se taak”om die wat verbryseld van hart is, te genees; om aan gevangenes vrylating te verkondig... om die wat gebroke is, in vryheid weg te - stuur.”Lukas 4:18,19.Op 113.1

    In hierdie werk moet ons saamwerk. As iemand ewenwel deur een of ander misdaad oorval word, moet julle ... so een reghelp.”Galasiërs 6:1. Die woord wat hier met”reghelp”vertaal is, beteken om weer in lit te plaas, soos ‘n ontwrigte been. Hoeveel suggereer die beeld nie! Hy wat ‘n fout begaan of in sonde beland, word met alles om hom heen uit lit gestel. Hy besef miskien sy fout en is dalk vol berou; maar hy kan homself nie herwin nie. Hy is verward en verbysterd, is verslaan en hulpeloos. Hy moet herwin, genees, hervestig word.”Julle wat geestelik is, [moet] so een reghelp.” Net die liefde wat uit die hart van Christus vloei, kan genees. Net hy in wie daardie liefde vloei, soos die sap in die boom of die bloed in die liggaam, kan die verwonde siel herstel.Op 113.2

    Die liefde se werking het wonderbare krag, want dit is Goddelik. Die”sagte antwoord” wat die “grimmigheid” afkeer, die liefde wat “lankmoedig en vriendelik” is, die liefde wat'”n menigte sondes bedek”(Spreuke 15:1; 1 Korinthiërs 13:4; 1 Petrus 4:8) - met watter krag vir genesing sou ons lewens nie toebedeel wees as ons die les sou leer nie! Hoe sou die lewe nie herskep en die aarde die ewebeeld en ‘n voorsmaak van die hemel word nie!Op 114.1

    Hierdie kosbare lesse kan so eenvoudig geleer word dat dit, selfs deur klein kindertjies, verstaan kan word. Die hart van die kind is teer en baie ontvanklik en wanneer ons, die oueres, “soos die kindertjies” word (Matthéús 18:3), wanneer ons die eenvoud en sagtheid en tere liefde van die Heiland aanleer, sal ons dit nie moeilik vind om die harte van die kleintjies aan te raak en hulle die liefde se diens van genesing te leer nie.Op 114.2

    Volmaaktheid bestaan in die geringste sowel as in die grootste van die werke van God. Die hand wat die wêrelde in die ruimte gehang het, is die hand wat die veldblomme fatsoeneer. Ondersoek onder die mikroskoop die kleinste en mees alledaagse bloeisel langs die pad en let op hoe wonderskoon en volkome dit in al sy deeltjies is. So kan ware voortreflikheid in die nederigste lewenslot gevind word; die mees alledaagse take, met liefdevolle getrouheid volbring, is lieflik in Gods oë. Pligsgetroue aandag aan die klein dingetjies sal ons Sy medewerkers maak en sal vir ons die lofspraak verkry van Hom wat alles sien en weet.Op 114.3

    Die reënboog wat met sy brug van lig deur die hemel welf, is ‘n teken van “die ewige verbond tussen God en al die lewende wesens.”Genesis 9:16. En die reënboog wat die troon in die hemel omhul, is ook ‘n teken aan Gods kinders van Sy vredeverbond.Op 115.1

    Soos die boog in die wolk uit die samesmelting van sonskyn en stortbui ontstaan, so verteenwoordig die boog oor Gods troon die samesmelting van Sy genade en Sy geregtigheid. Aan die sondige, maar boetvaardige siel sê God: Lewe;”Ek het ‘n losprys gevind.”Job 33:24.Op 115.2

    “Soos Ek gesweer het dat die waters van Noag nie meer oor die aarde sou gaan nie, so het Ek gesweer dat Ek nie op jou toornig sal wees of jou sal dreig nie. Want berge mag wyk en heuwels wankel, maar my goedertierenheid sal van jou nie wyk en my vredeverbond nie wankel nie, sê die Here, jou Ontfermer.”Jesaja 54:9,10.Op 115.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents