Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Opvoeding

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Lewenslesse

    “SPREEK DIE AARDE AAN,
    DATDITJOULEER “

    DIE groot Leermeester het Sy toehoorders met die natuur in aanraking gebring, sodat hulle kon luister na die stem wat in alle geskape dinge spreek; en soos hul harte sag en hul verstande ontvanklik geword het, het Hy hulle gehelp om die geestelike lesse te vertolk van die tonele waarop hul oë gerus het. Die gelykenisse waardeur Hy graag lesse van waarheid geleer het, toon hoe toeganklik Sy gees vir die natuurinvloede was en watter behae Hy daarin geskep het om die geestelike lesse uit die omgewing van die daaglikse lewe te versamel.Op 102.1

    Die voëls van die hemel, die lelies van die veld, die saaier en die saad, die herder en die skape - met hierdie dinge het Christus onsterflike waarheid toegelig. Hy het ook uit die gebeurtenisse van die lewe illustrasies geneem, ervaringsfeite wat aan die toehoorders bekend was - die suurdeeg, die verborge skat, die pérel, die visnet, die verlore muntstuk, die verlore seun, die huise op die rots en die sand. In Sy lesse was daar iets om elke verstand te interesseer, iets om tot elke hart te spreek. So is die daaglikse taak, in plaas van blote roetinearbeid te wees, wat van hoër dinge ontbloot is, opgeluister en verhef deur voortdurende aandenkings aan die geestelike en die onsigbare.Op 102.2

    So behoort ons te onderrig. Laat die kinders leer om in die natuur ‘n uitdrukking van die liefde en die wysheid van God te sien; laat die gedagtes aan Hom met voël en blom en boom vervleg wees; laat alles wat sigbaar is, vir hulle vertolkers van die onsienlike word en alle lewensgebeurtenisse ‘n middel tot Goddelike onderrig.Op 102.3

    Namate hulle leer om so in alle geskape dinge en in alle lewensondervindings, die lesse te bestudeer, sien hulle dat dieselfde wette wat die dinge van die natuur en die gebeurtenisse van die lewe regeer, oor ons moet heers; dat dit vir ons welsyn gegee is en dat ons net in gehoorsaamheid daaraan ware geluk en sukses kan vind.Op 103.1

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents