Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Opvoeding

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Eerlike Handelsake

    “Die Here ken die dae van die opregtes en hulle erfdeel sal tot in ewigheid bly. Hulle sal nie beskaamd staan in die slegte tyd nie en in dae van hongersnood sal hulle versadig word.”Psal11137:18,19.Op 141.3

    “Hy wat opreg wandel en geregtigheid doen en wat met sy hart die waarheid spreek ... al het hy gesweer tot sy skade, hy verander nie;””hy wat... gewin deur afpersinge versmaad, wat sy hande uitskud om geen omkoopgeskenkaan te gryp nie,... en sy oë sluit om wat sleg is, nie te sien nie - hy sal op hoogtes woon,... sy brood word hom gegee, sy water is gewis. Jou oë sal die Koning in sy skoonheid aanskou, dit sal ‘n wyd uitgestrekte land sien,” Psalm 15:2-4; Jesaja 33:15-17.Op 141.4

    God skilder in Sy Woord ‘n prentjie van ‘n vooruitstrewende man - iemand wie se lewe in der waarheid ‘n sukses was, ‘n man wat sowel hemel as aarde met graagte vereer het. Van sy ondervindinge sê Job self:Op 142.1

    “Soos ek was in my herfsdae
    toe die verborgenheid van God oor my tent was;
    toe die Almagtige nog by my was,
    my kinders rondom my....
    Toe ek uitgegaan het na diepoort, op na die stad toe,
    op die markplein my sitplek reggemaak het,
    het die s euns weggekruip as hulle my sien,
    en grysaards het hulle opgerig en bly staan.
    Vorste het hulle woorde ingehou
    en die hand op hulle mond gelê.
    Die stem van edeles is teruggehou....
    “Want het ‘n oor net gehoor, dan prys dit my gelukkig;
    en het ‘n oog net gesien, dan gee dit vir my getuienis,
    Wantek hetdie eUendige gered wat om hulp geroep het,
    en die wees en hom wat geen helper het nie.

    “Die seen van hom wat klaar was om onder te gaan, het op
    My gekom;
    en die hart van die weduwee het ek laat jubel.
    Die geregtigheid was my kleed en ek sy kleed;
    my reg was soos ‘n mantel en ‘n tulband.
    Oë was ek vir die blinde,
    en voete vir die lamme was ek.
    'n Vader was ek virdie behoeftiges;
    en dit; regsaak van hom wat ek nie geken het nie, het ek
    ondersoek.’

    Vie vreemdeling het nie buitekant vernag nie;
    my deure hetek oopgemaak na die pad toe!”
    “Na my het hulle geluister vol verwagting...
    en hulle kon die lig van my gesig nie verdonker nie.
    Het ek die weg na hulle toe gekies, dan sit ek as voorman
    en woon soos ‘n koning onder die skare,
    soos een wat treuriges vertroos.”.
    Op 142.2

    Job 29:4-16; 31;32; 29:21-25.

    “Die seen van die Here - dit maak ryk en moeitevolle arbeid voeg daar niks by nie.”Spreuke 10:22.Op 142.3

    “Rykdom en eer is by my,” verklaar die Wysheid, “duursame goed en geregtigheid.” Spreuke 8:18.Op 143.1

    Die Bybel toon ook die gevolg van ‘n afwyking van gesonde beginsels. in ons handelwyse teenoor God sowel as teenoor mekaar. Aan diegene wat met Sy gawes toevertrou is, maar teenoor Sy aansprake onverskillig staan, sê God:Op 143.2

    “Gee ag op wat julle wedervaar het: julle het baie gesaai, maar min ingebring; julle het geëet, maar nie tot versadiging nie; julle het gedrink, maar nie genoeg gekry nie; julle hetjul geklee, maar niewarmgeword nie;en wie hom vir loon verhuur, verhuur hom om dit in ‘n stukkende beurs te steek.... Julle het uitgesien na baie en kyk, dit het min geword; en julle het dit in die huis gebring, maar Ek het dit weggeblaas.” “In dié tyd het iemand gekom by ‘n koringmied van twintig maat en daar was maar tien; hy het gekom by die parskuip om vyftig emmers te skep en daar was maar twintig.””Waarom?Op 143.3

    spreek die Here van die leërskare. Ter wille van my huis wat in puin lê.””Mag ‘n mensGod beroof? Wantjulle beroof My en julle sê: Waarin het ons U beroof? In die tiendes en die offergawe.””Daarom het die hemel bo julle dié dou ingehou en die aarde het sy opbrings teruggehou. Haggai 1:5-9;2:16; Maleagi 3:8; Haggai 1:10.Op 143.4

    “Daarom, omdat julle die alm man vertrap,... het julle huise van gekapte klippe gebou, maar julle sal nie daarin woon nie; julle het pragtige wingerde geplant, maar julle sal die wyn daarvan nie drink nie.””Die Here sal teen jou stuur die vervloeking, die verwarringen die bedreiging in alles waar jy jou hand aan slaan.””Jou seuns en jou dogters word aan ‘n ander... gegee, terwyl jou oë dit sien en die hele dag na hulle smag sonder dat jy daar iets aan kan doen.”Amos 5:11; Deuteronomium 28:20,32.Op 143.5

    “'n Voël wat eiers uitbroei sonder dat hy dit gelê het, is hy wat rykdom verwerf maar nie eerlik nie; in die helfte van sy dae moet hy dit laat agterbly en in syeinde sal hy'n dwaas wees.”Jeremia 17:11.Op 143.6

    Die rekenings van elke sake onderneming, die besonderhede van elke transaksie word noukeurig nagegaan deur ongesiene ouditeurs, verteenwoordigers van Hom wat nooit met onbillikheid ‘n kompromis aangaan, nooit die euwel oor die hoof sien, nooit die kwaad verontskuldig nie.Op 144.1

    “As jy verdrukking van die arme en berowing van reg en geregtigheid sien ... - verwonder jou nie oor die saak nie, want ‘n hoër een loer op die hoë.” “Daar is geen duisternis en daar is geen diepe donkerheid waarin die werkers van ongeregtigheid hulle kan wegsteek nie.”Prediker5:7;Job 34:22.Op 144.2

    “Hulle stel hul mond teen die hemel en... sê: Hoe sou God dit weet en sou daar kennis by die Allerhoogste wees?””Hierdie dinge het jy gedoen,“sê God, “en sou Ek swyg? Jy dink Ek is net soos jy! Ek gaan jou straf en jou dit ordeiik voor oë stel.” Psalm 73:9-11; 50:21.Op 144.3

    “En ek het my oë weer opgeslaan en gekyk - daar was ‘n vlieënde boekrol.... Dit is die vloek wat uitgaan oor die ganse land; want ooreenkomstig daarmee sal al die diewe hiervandaan weggeruim word en ooreenkomstig daarmee sal al die meinediges hiervandaan weggeruim word. En laat dit uitgaan, spreek die Here van die leëskare en dit sal kom in die huis van die dief en in die huis van hom wat vals sweer by my Naam en dit sal binne - in sy huis vernag en dit verteer saam met sy balke en sy klippe.”Sagaria 5:1-4.Op 144.4

    Teen elke boosdoener spreek Gods wet ‘n vervloeking uit. Hy kan miskien daardie stem verontagsaam, hy kan sy waarskuwing probeer smoor, maar tevergeefs. Dit agtervolg hom. Dit laat van hom hoor. Dit vernietig sy gemoedsrus. As daar nie ag op geslaan word nie, agtervolg dit hom tot by die graf. Dit getuig teen hom in die oordeel. Dit is ‘n onuitbluslike vuur wat uiteindelik siel en liggaam verteer.Op 144.5

    “Want wat sal dit ‘n mens baat as hy die hele wêreld win en aan sy siel skade ly? Of wat sal ‘n mens gee as losprys vir sy siel?” Markus 8:36,37.Op 145.1

    Dit is ‘n vraag wat deur elke ouer, elke onderwyser en elke student - deur elke mens, jonk of oud - oorweeg moet word. Geen sakeonderneming of lewensplan kan gesond of volledig wees wat net die kortejare van hierdie teenswoordige lewe behels en vir die eindelose toekoms geen voorsiening maak nie. Laat die jeug geleer word om met die ewigheid rekening te hou. Laat hulle geleer word om die beginsels te kies en die besittings te soek wat blywend is - om vir hulle ‘n skat bymekaar te maak”in die hemel wat onuitputlik is, waar geen dief by kom of mot verteer nie,“om vir hulle vriende te maak “deur die onregverdige Mammon,” sodat wanneer hulle die lewe verlaat, hulle hul “in die ewige tente” kan ontvang. Lukas 12:33; 16:9.Op 145.2

    Almal wat dit doen, tref die beste moontlike voorbereiding vir die lewe in hierdie wêreld. Geen mens kan ‘n skat in die hemel bymekaarmaak sonder om te bevind dat sy lewe op aarde daardeur verryk en veredel word nie.Op 145.3

    “Die godsaligheid is nuttig vir alles, omdat dit die belofte van die teenwoordige en die toekomende lewe het.” 1 Timótheiis 4:8.Op 145.4

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents