Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Opvoeding

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Wet \/an Diens

    Alle dinge in die hemel en op aarde verklaar dat die groot lewenswet ‘n wet van diens is. Die ewige Vader dien die lewe van elke lewende wese. Christus het na die aarde toe gekom “soos een wat dien.” Lukas 22:27. Die engele is “dienende geeste wat vir diens uitgestuur word ter wille van die wat die saligheid sal beërwe.” Hebreërs 1:14. Dieselfde wet van diens is op alle dinge in die natuur geskrywe. Die voëls van die hemel, die diere van die veld, die bome van die woud, die blare, die gras en die blomme, die son in die hemel en die vonkelende sterre - alles dien. Meer en oseaan, rivier en waterfontein - elkeen ontvang om te gee.Op 103.2

    Soos elke ding in die natuur die lewe van die wêreld dien, verseker dit sy eie. “Gee en aan julle sal gegee word” (Lukas 6:38), is die les wat nie met minder sekerheid in die natuur as op die bladsye van die Heilige Skrif geskrywe is nie.Op 103.3

    Soos die heuwelhange en die vlaktes ‘n kanaal vir die bergstroom oopstel om die see te bereik, word wat hulle gee, honderdvoudig terugbetaal. Die stroom wat ‘n lied sing op sy weg, laat sy gawe van prag en vrugbaarheid agter. Deur die veld, dor en bruin weens die somerhitte, streep ‘n lyn van groenigheid die rivierloop aan; elke statige boom, elke botsel, elke bloeisel, ‘n getuie van die beloning wat Gods genade bepaal vir almal wat sy kanale tot die wêreld wordOp 103.4

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents