Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Opvoeding

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Opvoeding en Karakter

    “EN DAAR SAL BESTENDIGHEID VANJOU
    TYE WEES, ‘ n RYKDOM VAN VOLLE VERLOSSING,
    VAN WYSHEID EN KENNIS.”

    WARE opvoeding verontagsaam nie die waarde van wetenskaplike kennis of geleerdheid nie; maar bo informasie takseer dit mag; bo mag, goedheid; bo intellektuele prestasies, karakter. Die wêreld het nie soseer manne van groot intellek as van edele karakter nodig nie. Dit het manne nodig in wie aanleg deur standvastige beginsels beheer word.Op 225.1

    “Die beginsel van die wysheid is: Verwerf wysheid.””Die tong van die wyse getuig van grondige kennis.”Spreuke 4:7; 15:2. Ware opvoeding voorsien hierdie wysheid. Dit leer die beste gebruik nie net van een van ons vermoëns en talente nie, maar van almal. Sodoende dek dit die hele kringloop van verpligting - teenoor onsself, teenoor die wêreld en teenoor God.Op 225.2

    Karakterbou is die belangrikste werk wat ooit aan die mense toevertrou is; en nog nooit vantevore was die naarstige studie daarvan so belangrik soos nou nie. Nog nooit is enige vorige geslag ooit geroep om sulke gewigtige vraagstukke die hoof te bied nie; nooit vantevore het jong manne en jong vroue voor sulke groot gevare gestaan as die wat hulle vandag in die gesig staar nie.Op 225.3

    Wat, in ‘n tyd soos hierdie, is die strekking van die opvoeding wat aangebied word? Op watter motief word die meeste ‘n beroep gedoen? Op selfsug. Veel van die opvoeding wat aangebied word, is ‘n verdraaiing van die naam. In ware opvoeding vind selfsugtige ambisie, die magswellus, die verontagsaming van mense se regte en behoeftes, wat die vloek van ons wêreld is, ‘n teeninvloed. Gods plan vir die lewe het ‘n plek vir elke mens. Elkeen moet sy talente tot die uiterste toe ontwikkel; en getrouheid hierin, of die gawes nou min of baie is, maak ‘n mens geregtig op eer. In Gods plan is daar geen ruimte vir selfsugtige mededinging nie. Die wat hulle met hulself meet en met hulself vergelyk, is onverstandig. 2 Korinthiërs 10:12. Wat ons ook al doen, moet gedoen word “soos uit die krag wat God verleen.” 1 Petrus 4:11. Dit moet”van harte soos vir die Here en nie vir mense nie”gedoen word, “omdat julle weet dat julle van die Here die erfenis as vergelding sal ontvang, want julle dien die Here Christus.” Kolossense 3:23, 24. Kosbaar is die diens wat gelewer en die opvoeding wat verkry word deur hierdie beginsels na te leef. Maar hoe heel anders is baie van die opvoeding wat tans aangebied word! Vanaf die kind se vroegste jare is daar ‘n oproep tot ewenaring en wedywering; dit bevorder selfsug, die wortel van alle kwaad.Op 225.4

    So word stryd om die opperheerskappy geskep; en die”blokstelsel”word aangemoedig, wat in so baie gevalle die gesondheid vernietig en die mens vir bruikbaarheid ongeskik maak. By baie ander lei wedywering tot oneerlikheid; en deur ambisie en ontevredenheid in die hand te werk, verbitter dit die lewe en help dit om die wêreld te vul met daardie rustelose, onstuimige geeste wat ‘n voortdurende bedreiging vir die samelewing is.Op 226.1

    Ook steek die gevaar nie net in metodes nie. Dit is ook in die vakinhoud van die studiete vinde.Op 226.2

    Wat is die werke waarop die gedagtes van die jongmense gelei word om, deur die ontvanklikste lewensjare, te teer? Uit watter fonteine word die jongmense, in die studie van taal en letterkunde, geleer om te drink ? - Uit die putte van die paganisme, uit fonteine wat deur die korrupsies van die antieke heidendom gevoed word. Hulle word gelas om skrywers te bestudeer, van wie daar, sonder teenspraak, verklaar word dat hulle geen ontsag vir sedelike beginsels het nie.Op 226.3

    En van hoeveel moderne outeurs kan dieselfde ook gesê word! By hoeveel is die bekoring en skoonheid van taal net ‘n vermomming vir beginsels wat in hul ware misvorming die leser sou afstoot!Op 227.1

    Benewens dié is daar ‘n magdom fiksieskrywers wat na aangename drome in paleise van gemaksug lok.Teen hierdie skrywers kan die beskuldiging van onsedelikheid miskien nie ingebring word nie; nogtans is hulle werke nie minder met boosheid belaai nie. Dit beroof duisende derduisende van die tyd en energie en selfdissipline wat deur die ernstige probleme van die lewe vereis word.Op 227.2

    In die studie van die wetenskap, soos oor die algemeen behartig word, skuil daar ewe groot gevare. Ewolusie en sy verwante dwalinge word in skole op elke vlak geleer, vanaf die kindertuin tot die kollege. So word die studie van die wetenskap, wat ‘n kennis van God behoort mee te deel, dermate met die spekulasies en teorieë van mense vermeng dat dit tot ongeloof neig.Op 227.3

    Selfs Bybelstudie, soos dit alte dikwels in die skole aangebied word, beroof die wêreld van die kosbare skat van Gods Woord. Die werk van die”hoër kritiek,” met sy disseksie, gissing, rekonstruksie, vernietig geloof in die Bybel as ‘n Goddelike openbaring; dit beroof Gods Woord van die mag om menselewens te beheer, op te hef en te inspireer.Op 227.4

    Soos die jongmense in die wêreld uitgaan om sy verlokkings tot sonde tegemoet te gaan - die drang tot geld. makery, tot vermaak en selfvertroeteling, tot vertoonsug, weelde en spandabelheid, die kullery, bedrog, roof en ondergang - wat is die leerstellings wat daar teengekom word?Op 227.5

    Die spiritisme verklaar dat mense ongevalle halfgode is; dat “elke verstand homself sal oordeel;” dat “ware kennis die mens bokant elke wet plaas;” dat “alle sondes wat gepleeg word, onskuldig is;”dat”wat ookal is, reg is”en dat “God nie veroordeel nie.” Die laagste onder die mense word uitgebeeld as synde in die hemel, waar hulle glo hoog verhewe is. So verklaar dit aan alle mense:“Dit maak nie saak wat u doen nie; lewe soos dit u behaag, die hemel is ti tuiste”Menigtes word op hierdie wyse daartoe gelei om te glo dat begeerte die hoogste wet is, dat losbandigheid vryheid beteken en dat die mens net aan homself hoef rekenskap te gee.Op 228.1

    Met sodanige onderrig wat reg by die aanvang van die lewe gegee word, wanneer impulsiwiteit op sy sterkste is en die behoefte aan selfbeheersing en reinheid die dringendste, waar is die skanse vir die deug? Wat moet die wêreld daarteen vrywaar om ‘n tweede Sodom te word?Op 228.2

    Terselfdertyd probeer anargie om alles wat wet is, weg te vee, nie net die Goddelike nie, maar ook die menslike. Die sentralisering van rykdom en mag; die geweldige konsortiums ter verryking van ‘n paar ten koste van die vele; die samesnoering van die armer klasse ter beskerming van hul belange en aansprake; die gees van onrus, van oproer en bloedvergieting; die wêreldwye verspreiding van dieselfde leerstellings wat tot die Franse Rewolusie gelei het - dit alles neig daartoe om die hele wêreld te betrek by ‘n stryd soortgelyk aart die wat Frankryk in beroering gebring het.Op 228.3

    Sodanig is die invloede wat die hedendaagse jeug tegemoetgaan. Om te midde van sulke omwentelinge staande te bly, moet hulle nou die karakterfondamente lê.Op 228.4

    In elke geslag en in elke land was die ware fondament en die patroon vir karakterbou dieselfde. Die Goddelike wet:“Jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart... en jou naaste soos jouself”(Lukas 10:27), die groot beginsel wat in die lewe en karakter van ons Heiland geopenbaar is, is die enigste veilige fondament en die enigste betroubare gids.Op 228.5

    “Daar sal bestendigheid van jou tye wees, ‘n rykdom van volle verlossing, van wysheid en kennis” (Jesaja 33:6) - daardie wysheid en kennis wat Gods Woord alleen kan toebedeel.Op 229.1

    Dit is vandag net so waar as toe die woorde oor gehoorsaamheid aan Sy gebooie tot Israel gespreek is: “Dit is julle wysheid en julle verstand voor die oë van die volke.” Deuteronomium 4:6.Op 229.2

    Hier is die enigste beveiliging vir indiwiduele integriteit, vir die reinheid van die huis, die welvaart van die samelewing, of die bestendigheid van die volk. Te midde van al die lewe se verwarring en gevare en teenstrydige aansprake is die een veilige en vaste stelreël om te doen wat God sê: “Die getuienis van die Here is gewis,“en “Hy wat hierdie dinge doen, sal nie wankel inewigheid nie.”Psalm 19:8; 15:5. Op 229.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents