Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Opvoeding

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Mag van Sang

    Die geskiedenis van die Bybel se liedere is vol aanduidings van die gebruike en voordele van musiek en sang. Musiek word dikwels verdraai om bose oogmerke te bereik en sodoende word dit een van die aanloklikste middele tot versoeking. Maar, reg aangewend, is dit ‘n kosbare gawe van God( bedoel om die gedagtes op hoë en edel onderwerpe te vestig, om die siel te inspireer en te verhef.Op 167.4

    Soos die kinders van Israel, onderwyl hulle deur die woestyn gereis het, hul pad met musiek en gewyde liedere opgevrolik het, beveel God Sy kinders vandag om hul pelgrimslewe te verbly. Daar is min doeltreffender middele om Sy woorde in die geheue vas te heg as om dit in sang te herhaal. En sulke sang het ‘n wonderlike mag. Dit het die mag om ruwe en onontwikkelde geaardhede tot bedaring te bring; die mag om gedagtes te wek en medelye wakker te maak, om eendragtige optrede te bevorder en die bedruktheid en voorgevoelens te verban wat die moed breek en inspanning verswak.Op 167.5

    Dit is een van die doeltreffendste maniere om die hart met geestelike waarheid te beïndruk. Hoe dikwels roep die herinnering in die benoude en byna wanhopige siel die een of ander woord van God op - die lank vergete refrein van ‘n lied uit die kinderjare - en versoekings verloor hulle krag, die lewe kry ‘n nuwe betekenis en ‘n nuwe doel en moed en vreugde word aan ander siele oorgedra!Op 168.1

    Die waarde van sang as ‘n middel tot opvoeding moet nooit uit die oog verloor word nie. Laat daar in die huis gesing word, liedere wat soet en rein is en daar sal minder woorde van afkeuring en meer van opgewektheid en hoop en vreugde wees. Laat daar op skool gesing word en die leerlinge sal nader aan God, aan hul onderwysers en aan mekaar getrek word.Op 168.2

    As deel van godsdiens is sang net soveel ‘n daad van aanbidding as wat gebed is. Menige lied is inderdaad ‘n gebed. As die kind geleer word om dit te besef, sal hy meer nadink oor die betekenis van die woorde wat hy sing en vir hulle mag ontvankliker wees.Op 168.3

    Soos ons Heiland ons na die drumpel van die Oneindige lei, oorweldig deur die heerlikheid van God, kan ons begrip die onderwerpe van lof en danksegging verneem van die hemelse koor wat rondom die troon is; en soos die eggo van die engele se lied in ons aardse wonings wakker gemaak word, sal harte nader aan die hemelse sangers getrek word. Gemeenskap met die hemel besin op aarde. Ons leer reeds hier die grondtoon van sy lof. Op 168.4

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents