Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Opvoeding

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Deur Geloof tot Oorwinning

    Die waarheid: soos ‘n mens”in sy siel bereken, so is hy” (Spreuke 23:7), vind ‘n ander illustrasie in Israel se ondervinding. Op die grens van Kanaan het die spioene, terug van hul soektog deur die land, hul verslag gelewer. Die prag en vrugbaarheid van die land is uit die oog verloor vanweë die moeilikhede wat in die pad van sy oorname gestaan het. Die stede hemelhoog ommuur, die reusekrygers, die ysterstrydwaens, het hulle geloof afgeskrik. Die menigte het God buite rekening gelaat en hulle met die ongelowige spioene vereenselwig.”Ons kan nie teen die volk optrek nie, want hulle is sterker as ons.”Numeri 13:31. Hulle woorde is bewaarheid. Hulle was nie in staat om op te trek nie en hulle het hul lewens in die woestyn verslyt.Op 149.1

    Twee van die twaalf wat die land besigtig het, het egter anders geredeneer. “Ons kan dit sekerlik oorweldig”(Numeri 13:30), het hulle aangedring, omdat hulle Gods belofte hoër as die reuse, die ommuurde stede of strydwaens van ystergeag het. Vir hulle is hul woord bewaarheid. Hoewel hulle saam met hul broeders die veertigjarige omswerwing meegemaak het, het Kaleb en Josua die beloofde land binnegegaan. Net so manmoedig as toe hy saam met die menigtes van die Here hul reis uit Egipte begin het, het Kaleb as sy erfdeel die vesting van die reuse aangevra en verkry. In die sterkte van God het hy die Kariaaniete verdryf. Die wingerde en olyfboorde wat sy voete bewandel het, het sy eiendom geword. Hoewel die lafaards en rebelle in die woestyn omgekom het, het die manne van geloof die druiwe van Eskol geëet.Op 149.2

    Geen waarheid word deur die Bybel in ‘n duideliker lig gestel as die gevaar van selfs een afwyking van die lig nie - gevaar vir sowel die oortreder as almal vir wie sy invloed sal bereik. Voorbeeld het ‘n wonderlike mag; en wanneer dit saam met die bose neigings van ons natuur trek, word dit byna onweerstaanbaar.Op 150.1

    Die sterkste vesting van ondeug in ons wêreld is nie die verderflike lewe van die losbandige sondaar, of die ontaarde uitgeworpene nie; dit is daardie lewe wat andersins deugsaam, eerbaar en edel voorkom, maar waarin een sonde gekoester, aan een euwel toegegee word. Vir die siel wat heimlik met die een of ander reuseversoeking worstel, wat op die uiterste randjie van die afgrond weifel, is so ‘n voorbeeld een van die kragtigste verleidings tot sonde. Hy wat verhewe opvattinge van die lewe en waarheid en eer het, maar nietemin moedswillig een voorskrif van Gods heilige wet oortree, het sy edele gawes verdraai om ‘n lokmiddel tot sonde te word. Genie, talent, simpatie, selfs vrygewige en vriendelike dade, kan so die aas van Satan word om siele oor die afgrond van ondergang te lok.Op 150.2

    Dit is waarom God so baie voorbeelde gegee het om die gevolge van selfs een verkeerde daad te toon. Vanaf die droewige verhaal van daardie een sonde wat”die dood indie wêreld ingebring het en al ons wee, met die verlies van Eden,“tot by die verslag van hom wat die Here van die heerlikheid vir dertig silwerstukke verkoop het, wemel die Bybelse biografie van hierdie voorbeelde, wat as waarskuwende bakens opgerig is langs die afdraai paaie wat uit die pad van die lewe lei.Op 150.3

    Dit hou ook ‘n waarskuwing in om te let op die resultate wat gevolg het toe daar net een maal aan menslike swakheid of dwaling toegegee is, die vrugte van geloofs - verlies.Op 150.4

    Deur een mislukking in sy geloof het Elia sy lewenswerk kortgeknip. Swaar was die las wat hy ten behoewe van Israel gedra het; getrou was sy waarskuwings teen die nasionale afgodery; en diep was sy besorgdheid terwyl hy gedurende drie en ‘n half jaar van hongersnood vir die een of ander teken van berou op die uitkyk was en daarvoor gewag het. Alleen het hy op die berg Karmel vir God gestaan. Deur die mag van die geloof is die afgodery omvergewerp en die geseënde reën het van die stortbuie van seëninge getuig wat gewag het om op Israel uitgegiet te word, Toe, in sy vermoeienis en swakheid, het hy voor die dreigemente van Isebel op die vlug geslaan en alleen in die woestyn gebid dat hy mag sterwe. Sy geloof het te kort geskiet. Die werk waarmee hy begin het, sou hy nie voltooi nie. God het hom beveel om iemand anders in sy plek as profeet te salf.Op 151.1

    Maar God het op Sy kneg se hartediens gelet. Elia sou nie moedeloos en eensaam in die woestyn sterf nie. Nie vir hom die afdaling na die graf nie, maar ‘n hemel vaart saam met Gods engele na Sy heerlike teenwoordigheid.Op 151.2

    Hierdie lewensverslae verklaar wat elke mens eendag sal begryp - dat sonde net skande en verlies kan bring; dat ongeloof mislukking beteken; maar dat Gods genade tot in die diepste dieptes reik; dat geloof die boetvaardige siel ophef om in die aanneming van die seuns van God te deel.Op 151.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents