Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Opvoeding

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Om die Dissipline van die Lewe die Hoof te Bied

    Na die dissipline van huis en skool, moet almal die strawwe dissipline van die lewe tegemoetgaan. Hoe om dit verstandig die hoof te bied, is ‘n les wat aan elke kind en elke jongmens baie duidelik gemaak moet word. Dit is waar dat God ons liefhet, dat Hy vir ons geluk werk en dat, as die mense altyd aan Sy wet gehoorsaam was, ons nooit lyding sou geken het nie; en dit is nie minder waar nie dat daar, as gevolg van sonde, in hierdie wêreld lyding, moeilikheid en laste tot elke lewe kom. Ons kan die kinders en die jeug ‘n lewenslange weldaad bewys deur hulle te leer hoe om hierdie moeilikhede en laste dapper te verduur. Hoewel ons aan hulle medelyde moet betoon, laat dit nooit van so ‘n aard wees dat dit selfbejammering in die hand werk nie. Wat hulle nodig het, is dit wat stimuleer en versterk eerder as om swak te maak.Op 295.1

    Hulle moet geleer word dat hierdie wêreld nie n paradeterrein is nie, maar ‘n slagveld. Almal word geroep om soos goeie krygsmanne hardheid te verduur. Hulle moet manhaftig en sterk wees. Laat hulle geleer word dat die ware toets vir die karakter gevind word in die gewilligheid om laste te dra, om die harde plek in te neem, om die werk te verrig wat gedoen moet word, al sou dit geen aardse erkenning of beloning meebring nie.Op 295.2

    Die regte manier om beproewing die hoof te bied, is nie deur dit te probeer ontwyk nie, maar om dit te transformeer. Dit is op alle dissipline van toepassing, die vroeëre sowel as die latere. Die verwaarlosing van die kind se vroegste opvoeding en die gevolglike versterking van foutiewe neigings, maak die opleiding van sy latere lewe moeiliker en dit veroorsaak dat dissipline te dikwels ‘n pynlike proses is. Vir die laer natuur moet dit pynlik wees, omdat dit in lynregte teenspraak met die natuurlike begeertes en neigings is; maar die pyn kan in ‘n hoër vreugde uit die oog verloor word.Op 295.3

    Laat die kind en jongmens geleer word dat elke vergissing, elke fout, elke moeilikheid wat oorwin word, ‘n vastrapplek tot beter en hoër dinge word. Dit is deur sulke ondervindings dat almal wat nog ooit die lewe die moeite werd gemaak het, welslae behaal het.Op 296.1

    “The heights by great men reached and kept
    Were not attained by sudden flight,
    But they, while their compaaions slept,
    Were toiling upward in the night.

    “We rise by things that are under our feet;
    By what we have mastered ofgood or gain;
    By the pride deposed and the passion slain,
    And the vanquished ills that we hourly meet.

    “All common things, each day’s events,
    That with the hour begin and end,
    Our pleasures and our discontents,
    Are rounds by which we may ascend:
    Op 296.2

    Ons moet nie ‘let op die sigbare dinge nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die on sigbare ewig.”2 Korinthiërs 4:18. Die ruil wat ons aangaan deur selfsugtige verlangens en neigings te ontsê, is ‘n verruiling van die waardelose en verganklike vir die kosbare en blywende. Dit is geen opoffering nie, maar eindelose wins.Op 296.3

    “lets beters” is die wagwoord van opvoeding, die wet van alle ware lewe. Wat Christus ons ook al vra om van afstand te doen, Hy bied in die plek daarvan iets beters aan. Dikwels koester die jeug doelstellings, belange en vorme van plesier wat miskien nie verkeerd lyk nie, maar wat nie aan die hoogste voortreflikheid beantwoord nie. Hulle keer die lewe van sy edelste doelstellings af. Willekeurige maatreëls of direkte veroordeling kan dalk tevergeefs wees om hierdie jongmense te laat afsien van wat vir hulle kosbaar is. Laat hulle aandag op iets beters as vertoon, ambisie of selfvertroeteling gevestig word. Bring hulle in aanraking met ‘negter skoonheid, met meer verhewe beginsels en edeler lewens. Laat hulle Hom aanskou wat “geheel en al die lieflikheid self” is. Wanneer die oë eers op Hom gevestig is, vind die lewe sy middelpunt. Die geesdrif, die edelmoedige toewyding, die hartstogtelike ywer van die jeug vind hier hul ware doel. Plig word ‘n vreugde, opoffering ‘n plesier. Om Christus te vereer, om soos Hy te word, om vir Hom te werk, is die lewe se hoogste ambisie en sy grootste vreug.Op 296.4

    “Want die liefde van Christus dring ons.”2 Korinthiërs 5:14.Op 297.1

    _______________

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents