Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Opvoeding

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Herskeppende Mag van Christus

    Van die twaalf dissipels sou vier ‘n leidende rol speel, elk van ‘n bepaalde aard. Om hulle hiervoor te berei, het Christus, wat alles vooruit gesien het, hulle geleer. Jakobus, tot ‘n spoedige swaarddood bestem; Johannes, wat in arbeid en vervolging die langste van die broeders in die Heiland se voetstappe getree het; Petrus, die pionier om deur die versperrings van die eeue Op 86.2

    te breek en die heidense wêreld te onderrig; en Judas, ten opsigte van diens in staat tot voorrang bo sy broeders, maar wat in sy siel oor planne gebroei het, dog min kon droom waartoe dit sou ryp - dié manne was die middelpunt van Christus se grootste sorg en die ontvangers van Sy mees herhaalde en versigtigste onderwysing.Op 86.3

    Petrus, Jakobus en Johannes het elke geleentheid gesoek om in noue aanraking met hul Meester te kom en daar is aan hul verlange voldoen. Van al Twaalf was hulle verhouding tot Hom die hegste. Johannes kon net met ‘n nog intiemer verhouding tevrede wees en dit het hy verkry. Tydens daardie eerste byeenkoms langs die Jordaan, toe Andreas, nadat hy van Jesus gehoor het, haastig weg is om sy broer te gaan roep, het Johannes swygend gesit, versonke in die oorpeinsing van wonderbare onderwerpe. Hy het die Heiland gevolg, altyd ‘n gretige, geboeide toehoorder. Tog was Johannes geen foutelose persoonlikheid nie. Hy was geen saggeaarde dromer nie. Hy en sy broer is die “seuns van die donder” genoem. Markus 3:17. Johannes was hoogmoedig, ambisieus, bakleierig; maar onder dit alles kon die Goddelike Leermeester die ywerige, opregte, liefdevolle hart bemerk. Jesus het sy selfsug betig, sy ambisies teleurgestel, sy geloof beproef. Maar Hy het aan hom geopenbaar dit waarna sy siel verlang het - die heilige sieraad, Sy eie herskeppende liefde. “Ek het u Naam geopenbaar aan die mense wat U My uit die wêreld gegee het”(Johannes 17:6), het Hy aan die Vader gesê.Op 87.1

    Johannes se geaardheid het na liefde, simpatie en kameraadskap verlang. Hy het digby Jesus gekom, aan Sy sy gesit en teen Sy bors geleun. Net soos ‘n blom die son en die dou opneem, so het hy die Goddelike lig en lewe ingedrink. In bewondering en liefde het hy die Heiland betrag, totdat gelykvormigheid aan Christus en gemeenskap met Hom sy een begeerte geword het en in sy karakter is die karakter van sy Meester weerkaats.Op 87.2

    “Kyk,” het hy gesê, “wat ‘n groot liefde die Vader aan ons bewys het, dat ons kinders van God genoem kan word! Om hierdie rede ken die wêreld ons nie, omdat dit Hom nie geken het nie. Geliefdes, nou is ons kinders van God en dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie; maar ons weet dat ons, as Hy verskyn, aan Hom gelyk sal wees, omdat ons Hom sal sien soos Hy is. En elkeen wat hierdie hoop op Hom het, reinig homself soos Hy is.” 1 Johannes 3:1-3. Op 87.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents