Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Opvoeding

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Lewe Deur die Dood

    Die les van saadsaai leer vrygewigheid. “Wie spaarsaamiik saai, sal ook spaarsaamlik maai;en wie volop saai, sal ook volop maai,“2 Korinthiërs 9:6.Op 109.3

    Die Here sê:“Welgeluksalig is julle wat by alle waters saai.”jesaja 32:20. Om by alle waters te saai, beteken om te gee waar ons hulp ook al nodig is. Dit sal nie armoede bevorder nie.”Hy wat volop saai, sal ook volop maai.” Deur die saad weg te gooi, vermenigvuldig die saaier dit. So vermeerder ons ons seëninge deur te gee. Gods belofte verseker ‘n voldoende hoeveelheid, sodat ons kan voortgaan om te gee.Op 109.4

    En wat nog meer is: namate ons met die seëninge van hierdie lewe mededeelsaam is, sal dankbaarheid in die ontvanger die hart berei om geestelike waarheid te ontvang en ‘n oes tot die ewige lewe word voortgebring.Op 110.1

    Deur die werk van die saad in die grond, stel die Heiland Sy offerande vir ons voor: “As die koringkorrel nie in die grond val en sterf nie,” sê Hy, “bly dit alleen; maar as dit sterf, dra dit veel vrug.” Johannes 12:24. Net deur die offerande van Christus, die Saad, kon vrugte vir die koninkryk van God voortgebring word. Ooreenkomstig die wet van die planteryk, is lewe die gevolg van Sy dood.Op 110.2

    So is dit gesteld met almal wat as werkers saam met Christus vrugte dra: eieliefde, eiebelang moet sterf; die lewe moet in die voor van die wêreld se behoefte gewerp word. Maar die wet van selfopoffering is die wet van selfbehoud. Die landbouer bewaar sy graan deur dit weg te gooi. So is die lewe wat behoue sal bly, die lewe wat vrylik deur diens aan God en die mens gegee word.Op 110.3

    Die saad sterf, om in nuwe lewe uit te spruit. Hierin word ons die les van die opstanding geleer. Van die menslike liggaam wat in die graf neergelê word om te vergaan, het God gesê:“Daar word gesaai in verganklikheid, daar word opgewek in onverganklikheid; daar word gesaai in oneer, daar word opgewek in heerlikheid; daar word gesaai in swakheid, daar word opgewek in krag.” 1 Korinthiërs 15:42,43.Op 110.4

    wanneer ons die eenvoud en sagtheid en tere liefde van die Heiland aanleer, salons dit nie moeilik vind om die harte van die kleintjies aan te raak en hulle die liefde se diens van genesing te leer nie.Op 110.5

    Volmaaktheid bestaan in die geringste sowel as in die grootste van die werke van God. Die hand wat die wêrelde in die ruimte gehang het, is die hand wat die veldblomme fatsoeneer. Ondersoek onder die mikroskoop die kleinste en mees alledaagse bloeisel langs die pad en let op hoe wonderskoon en volkome dit in al sy deeltjies is. So kan ware voortreflikheid in die nederigste lewenslot gevind word; die mees alledaagse take, met liefdevolle getrouheid volbring, is lieflik in Gods oë. Pligsgetroue aandag aan die klein dingetjies salons Sy medewerkers maak en sal vir ons die lofspraak verkry van Hom wat alles sien en weet.Op 110.6

    Wanneer ouers en onderwysers probeer om hierdie lesse te leer, moet die werk prakties gemaak word. Laat die kinders self die grond berei en die saad saai. Soos hulle werk, kan die ouer of onderwyser die tuin van die hart verduidelik, met die goeie of slegte saad wat daar gesaai word en dat soos die tuin vir die natuurlike saad berei moet word, ook die hart vir die saad van die waarheid berei moet word. Wanneer die saad in die grond gesaai word, kan hulle die les van Christus se dood leer; en as die halm opspruit, die waarheid aangaande die opstanding. Namate die plant groei, kan die ooreenkoms tussen die natuurlike en die geestelike saaiery voortgeset word.Op 111.1

    Die jeug moet op ‘n soortgelyke wyse onderrig word. Uit die bewerking van die grond kan lesse voortdurend geleer word. Niemand besluit oor ‘n stuk braakland met die verwagting dat dit onmiddellik ‘n oes gaan oplewer nie. Ywerige, volhardende arbeid moet met die voorbereiding van die grond, die saadsaai en die verbouing van die oes aan die dag gelê word. So moet dit ook met die geestelike saaiing wees. Die tuin van die hart moet bewerk word. Die grond moet deur bekering opgebreek word. Die bose onkruid wat die goeie graan verstik, moet ontwortel word. Soos grond wat eenmaal deur dorings oortrek is, net deur vlytige arbeid herwin kan word, so kan die bose neigings van die hart net deur ernstige inspanning in die Naam en krag van Christus te bowe gekom word.Op 111.2

    Met die bewerking van die grond sal die nadenkende arbeider vind dat skatte waarvan hy min gedroom het, hulle voor hom ontbloot. Niemand kan met landbou of tuinbou slaag sonder om op die betrokke wette ag te slaan nie. Die spesiale behoeftes van elke soort plant moet bestudeer word. Verskillende variëteite het verskillende grond en bewerking nodig en gehoorsaamheid aan die wette wat elkeen beheer, is die voorwaarde vir sukses.Op 111.3

    Die oplettendheid wat met die oorplanting vereis word, sodat selfs nie ‘n wortelhaar gedruk of misplaas word nie, die versorging van die jong plantjies, die snoei en natmaak, beskerming teen nagtelike ryp en die son bedags, die uithou van onkruid, siekte en insekteplae, die oplei en rangskikking, leer nie net belangrike lesse oor karakterontwikkeling nie, maar die werk self is ‘n middel tot ontwikkeling. Deur sorgvuldigheid, geduld, aandag aan besonderhede, wetsgehoorsaamheid aan te kweek, verleen dit ‘n uiters noodsaaklike opleiding. Die voortdurende aanraking met die geheimenis van die lewe en die prag van die natuur, asook die teerheid wat uitgelok word deur vir hierdie mooi voorwerpe van Gods skepping te. sorg, neig daartoe om die verstand wakker te maak en die karakter te verfyn en te verhef; en die lesse wat geleer word, berei die werker voor om suksesvoller met ander verstande te werk.Op 112.1

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents