Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Groot Stryd

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Hoofstuk 15—Die Bybel en die Franse Rewolusie

    IN die sestiende eeu het die Hervorming, deur aan die volk ‘n ope Bybel aan te bied, getrag om toegang te verkry tot alle lande van Europa. Sommige van die volke het die Bybel met blydskap verwelkom as ‘n boodskapper uit die hemel. In ander lande het dit die pousdom byna geluk om die Bybel te belet; en hulle het die lig van Bybelkennis, met sy verheffende invloed, byna heeltemal uitgesluit. In een land is die lig, hoewel dit daar toegang gevind het, deur die heersende duisternis nie begryp nie. Vir eeue lank het waarheid en dwaalleer gestry om die oorhand. Eindelik het die kwaad geseëvier, en is die waarheid van die hemel uitgewerp. “En dit is die oordeel, dat die lig in die wêreld gekom het, en die mense het die duisternis liewer gehad as die lig.” Joh. 3: 19. Daardie volk moes later die vrugte pluk van die weg wat hy ingeslaan het. Die weerhoudende Gees was onttrek aan ‘n volk wat die genadegawe van God verag het. Die kwaad is toegelaat om tot rypheid te kom, en die hele wêreld het die vrugte gesien van die moedswillige verwerping van die lig.GS 303.1

    Die stryd teen die Bybel, wat vir soveel eeue in Frankryk gevoer is, het sy hoogtepunt in die tonele van die Rewolusie bereik. Die vreeslike losbarsting was slegs die noodwendige gevolg van Rome se onderdrukking van die Skrifte. Daar het ons die treffendste voorbeeld wat die wêreld nog ooit gesien het van die werking van die pouslike beleid—‘n voorbeeld van die gevolge waarheen die leer van die Roomse Kerk vir meer as ‘n duisend jaar gelei het. (Sien Aanhangsel.)GS 304.1

    Die onderdrukking van die Skrifte gedurende die tydperk van die pouslike oorheersing is deur die profete voorspel; en die skrywer van die Openbaring wys ook op die vreeslike gevolge wat sou ontstaan uit die heerskappy van “die mens van die sonde,” veral in Frankryk.GS 304.2

    Die engel van die Here het gesê: “Hulle sal die heilige stad vir twee-en-veertig maande lank vertrap. En Ek sal aan my twee getuie gee dat hulle, met sakke beklee, duisend twee honderd en sestig dae lank sal profeteer . . . en wanneer hulle hulle getuienis voleindig het, sal die dier wrat uit die afgrond opkom, met hulle oorlog maak en hulle oorwin en hulle dood maak; en hulle lyke sal lê op die straat van die groot stad wat geestelik genoem word Sodom en Egipte, waar ook ons Here gekruisig is. . . . Die bewoners van die aarde sal bly en verheug wees oor hulle en sal vir mekaar geskenke stuur, omdat dié twee profete die bewoners van die aarde gepynig het. En na die drie en ‘n halwe dag het ‘n gees van die lewe uit God in hulle ingegaan, en hulle het op hulle voete gaan staan, en ‘n groot vrees het geval op die wat hulle aanskou het.” Openb. 11: 2-11.GS 304.3

    Die tydperke wat hier genoem word — “twee-en-veertig maande,” en “duisend twee honderd en sestig dae”—is dieselfde, en hulle stel albei dieselfde tydperk voor waarin die kerk van Christus deur Rome sou onderdruk word. Die 1260 jaar van die pouslike oorheersing het in 538 n.C. begin en sou dus in die jaar 1798 eindig. In daardie jaar het ‘n Franse leer Rome binnegeval en die Pous gevangegeneem; hy het in ballingskap gesterf. Ofskoon ‘n nuwe Pous kort daarna gekies is, het die pouslike priesterheerskappy sedert daardie tyd nooit weer die mag uitgeoefen wat hulle tevore besit het nie. (Sien Aanhangsel.)GS 304.4

    Die vervolging van die kerk het nie die hele tydperk van 12 60 jaar geduur nie. In barmhartigheid teenoor Sy volk het God die tyd van hulle swaar beproewing verkort. Waar die Heiland die .,groot verdrukking” voorspel het wat die kerk sou tref, het Hy gesê: “En as daardie dae nie verkort was nie, sou geen vlees gered word nie; maar terwille van die uitverkorenes sal daardie dae verkort word.” Matt. 24: 22. Die invloed van die Hervorming het die vervolging laat ophou voor die jaar 1798.GS 305.1

    Aangaande die twee getuies het die profeet verder verklaar: “Hulle is die twee olyfbome en die twee kandelaars wat voor die God van die aarde staan.” Openb. 11:4. “U woord is ‘n lamp vir my voet en ‘n lig vir my pad,” het die psalmis gesê. Ps. 119: 105. Die twee getuies stel die Skrifte van die Ou en Nuwe Testamente voor. Albei is belangrike getuies van die oorsprong en euwigdurendheid van die wet van God. Ook getuig albei van die verlossingsplan. Die sinnebeelde, die offerandes, en die profesieë van die Ou Testament het almal gewys op ‘n Verlosser wat sou kom. Die Evangelies en Sendbriewe van die Nuwe Testament vertel van ‘n Heiland wat gekom het net soos dit voorspel was deur voorafskaduings en profesieë.GS 305.2

    En hulle sal “duisend twee honderd en sestig dae lank profeteer,” met sakke beklee. Gedurende die grootste gedeelte van hierdie tydperk het Gods getuie in ‘n staat van verborgenheid verkeer. Dit pouslike mag het getrag om die woord van waarheid van die volk weg te hou, en het aan hulle valse getuies voorgehou waardeur die leer van die woord weerspreek is. (Sien Aanhangsel.) Toe die Bybel deur geestelike en wêreldse owerhede verbied is; toe sy leer verdraai is, en alle pogings wat deur mense of duiwels kon uitgedink word in die werk gestel is om die harte van die volk daarvan af te wend; toe hulle wat gewaag het om die waarhede te verkondig, verjaag, verraai, gepynig, in gevangenisse opgesluit is, en die marteldood vir hulle geloof moes sterf, of gedwing was om te vlug na spelonke in die berge, en in die gate en grotte van die aarde—toe het die getroue getuies, met sakke beklee, geprofeteer. Nieteenstaande dit alles nie het hulle gedurende die hele tydperk van 1260 jaar hulle getuienis voortgesit. In die donkerste tye was daar getroue manne wat Gods woord liefgehad het en hulle vir Sy eer beywer het. Aan hierdie getroue diensknegte is daar wysheid, mag, en gesag geskenk om Sy waarheid gedurende al die tyd te verkondig.GS 305.3

    “En as iemand hulle wil beskadig, gaan daar vuur uit hulle mond en verslind hulle vyande; en as iemand hulle wil beskadig, moet hy op dieselfde manier doodgemaak word.” Openb. 11: 5. Die mens kan Gods woord nie ongestraf vertrap nie. Die betekenis van hierdie vreeslike vonnis wrord in die laaste hoofstuk van Openbaring verklaar: “Want ek betuig aan elkeen wat die woorde van die profesie van hierdie boek hoor: As iemand by hierdie dinge byvoeg, dan sal God oor hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is. En as iemand iets van die woorde van die boek van hierdie profesie wegneem, dan sal God sy deel wegneem uit die boek van die lewe en die heilige stad en uit die dinge waarvan in hierdie boek geskrywe is.” Openb. 22: 18, 19.GS 306.1

    So lui die waarskuwings wat God gegee het om mense terug te hou om op enige wyse die dinge wat Hy geopenbaar het te verander. Hierdie ernstige veroordelings is van toepassing op almal wat deur hulle invloed mense lei om Gods wet gering te ag. Hulle behoort diegene met vrees en bewing te vervul wat op ligsinnige wyse verklaar dat dit ‘n saak van minder belang is of hulle Gods wet gehoorsaam of nie. Almal wat hulle eie opinies verhef bokant die goddelike openbaring; almal wat meen om die duidelike betekenis van die Skrifte te verander om by hulle eie sienswyses aan te pas, of om gelykvormig aan die wêreld te wees, neem verskriklike verantwoordelikheid op hulleself. Die geskrewe woord, die wet van God, is die maatstaf waardeur die karakter van elke mens gemeet sal word, en dit sal almal veroordeel wat nie aan hierdie onfeilbare toets voldoen nie.GS 306.2

    “En wanneer hulle hulle getuienis voleindig het.” Die tydperk wat hierdie twee getuies sou profeteer, het in 1798 geëindig. Namate hulle die einde van hulle werk wat hulle in die verborgenheid gedoen het genader het, sou daar oorlog op hulle gemaak word deur ‘n mag wat voorgestel is as “die dier wat uit die afgrond opkom.” In baie van die volke van Europa is die magte, wat kerk en staat geregeer het, vir eeue deur Satan beheers deur middel van die pousdom. Maar hier word daar ‘n nuwe openbaring van sataniese mag aan die lig gebring.GS 306.3

    Onder voonwendsel van eerbied vir die Bybel, was dit die beleid van Rome om die Bybel op te sluit in ‘n onbekende taal in dit weg te hou van die volk. Dit is onder sy regering wat die getuies in sakke geklee, geprofeteer het. Maar ‘n ander mag —die dier wat uit die afgrond opkom — sou verskyn om openlik oorlog te maak op die woord van God.GS 307.1

    Die ,.groot stad” op wie se strate die getuies gedood sou word en waar hulle dooie liggame sou lê is “geestelik” genoem “Egipte.” Van al die volke waarvan ons in Bybelse geskiedenis lees, het Egipte op die vermetelste wyse die bestaan van die lewende God ontken, en Sy gebooie weerstaan. Geen monarg het ooit op vermeteler en vrypostiger wyse teen die gesag van die Hemel gerebelleer as die koning van Egipte nie. Toe Moses in die naam van die Here aan hom die boodskap gebring het, het Farao trots geantwoord, “Wie is die Here na wie se stem ek moet luister om Israel te laat trek? Ek ken die Here nie, en ek sal Israel ook nie laat trek nie.” Exod. 5: 2. Dit is ateïsme; en die volk wat deur Egipte voorgestel is, sou op dieselfde wyse die aansprake van die lewende God ontken, en ‘n dergelike gees van ongeloof en uitdaging openbaar. Die “groot stad” word “geestelik” met Sodom vergelyk. Die goddeloosheid van Sodom en die skending van Gods wet is veral geopenbaar in losbandigheid. En hierdie sonde sou die hoofkaraktertrek wees van die volk wat beantwoord aan die beskrywings in hierdie skriftuur vervat.GS 307.2

    Volgens die woorde van die profeet sou daar ‘n bietjie voor die jaar 1798 ‘n mag van sataniese oorsprong en karakter opstaan om oorlog te maak op die Bybel. En in die land waar die getuienis van God twee getuies sou stilgemaak word, sou die atefsme van Farao en die losbandigheid van Sodom gesien word.GS 307.3

    Hierdie profesie is op treffende wyse vervul in die geskiedenis van Frankryk. Gedurende die Rewolusie in 1793, “het die wêreld vir die eerste maal gehoor hoedat ‘n vergadering van manne, onder die invloed van die beskawing gebore en opgevoed en wat hulle die reg toegeëien het om een van die beste Europese volke te regeer, hulle verenigde stem verhef om die plegtigste waarheid wat die siel van ‘n mens ooit kan ontvang, ontken, en eenstemmig hulle geloof aan die diens van die Opperwese afsweer.”— “Life of Napoleon Buonaparte,” deur Sir Walter Scott, Deel 1, hoojstuk 17 (edisie 1854).“Die Franse is die enigste nasie in die wêreld waarvan daar betroubare oorkondes bestaan dat hulle hulle hand in openlike opstand teen die Maker van die heelal verhef het. Baie godslasteraars en baie ongelowiges het bestaan en bestaan nog in Engeland, Duitsland, Spanje, en elders; maar Frankryk neem ‘n enige plek in in die geskiedenis van die wêreld as die een staat, wat deur ‘n dekreet van Sy Wetgew’enderaad geproklameer het dat daar geen God is nie, en waarvan die hele bevolking van die hoofstad, en ook getalle in ander stede, vrouens sowel as mans, van vreugde gedans en gesing het by hulle aanname van die proklamasie.”—“Blackwood’s Magazine,” November 1870.GS 307.4

    Frankryk het ook die karaktertrek geopenbaar wat Sodom veral gekenmerk het. Gedurende die Rewolusie is daar ‘n toestand van sedelike verval en bederf geopenbaar net soos die van die stede van die vlakte wat verwoes is. Die geskiedskrywer stel die ateïsme en losbandigheid van Frankryk voor net soos dit in die profesie beskrvf is: “Nou verbind met die wette w7at op die godsdiens betrekking gehad het, was die wet wat die huweliksband — die heiligste verbintenis wat mense kan aangaan, en die duursaamheid waarvan op die kragtigste wyse bygedra het tot die instandhouding van die samelewing — so verlaag het, dat dit in ‘n burgerlike kontrak van ‘n verbygaande aard verander is wat deur twee persone aangegaan en na willekeur verbreek kon word. ... As duiwels hulle beywer het om ‘n plan uit te dink om alles wat agtenswaardig, lieflik, en standhoudend is in die huislike lewe op die doeltreffendste wyse te vernietig, en wat hulle terselfdertyd die versekering sou gee dat die kwaad wat hulle voornemens was om te stig voortgesit sou word van een geslag na die ander, sou hulle geen beter plan kon uitdink het as die verlaging van die huwelikstaat nie. . . . Sophie Arnoult, ‘n toneelspeelster, beroemd vir haar geestige gesegdes, het die republikeinse huwelik as ‘n ,sakrament van hoerery’ beskryf.”— Scott, Deel I, hoojstuk 17.GS 308.1

    “Waar ons Here gekruisig is.” Hierdie besonderheid van die profesie is ook in Frankryk vervul. In geen land is die gees van vyandskap teen Christus op treffender wyse geopenbaar nie. In geen land het die waarheid bitterder en wreder teenstand ondervind nie. In die vervolging waarmee Frankryk die belyers van die evangelie vervolg het, het hy Christus gekruisig in die persoon van Sy dissipels.GS 309.1

    Eeu na eeu is die bloed van die heiliges gestort. Terwyl die Waldense in die berge van Piedmont hulle lewens opgeoffer het “vir die woord van God en vir die getuienis van Jesus Christus,” het hulle broeders, die Albigense van Frankryk, op dieselfde wyse vir die waarheid getuig. In die dae van die Hervorming is die aanhangers van die waarheid onder die vreeslikste marteling om die lewe gebring. Konings en edelliede, hooggebore vroue en tere maagde, die trots en die adel van die volk, het hulle verlustig in die aanskouing van die smarte van die martelare van Jesus. Die moedige Hugenote, strydende vir die regte wat die menslike hart as heiligste beskou, het hulle bloed in menige bittere stryd gestort. Die Protestante is voëlvry verklaar en daar was ‘n prys op hulle hoof gesit en hulle is as wilde diere gejag.GS 309.2

    Die “kerk in die woestyn”— die weinige nakomelinge van die ou Christene, wat in die agtiende eeu in Frankryk oorgebly het en wat hulle in die berge van die suide skuil gehou het — het nog vasgeklem aan die geloof van hulle vaders. Wanneer hulle dit gewaag het om gedurende die nag teen die berghellings of op die eensame heide saam te kom, is hulle deur soldate agtervolg en gevangegeneem om lewenslank as slawe op die galeie te dien. Die reinstes, die beskaafdstes, en die mees ontwikkeldes van die Franse volk is in die grootste foltering tussen rowers en moordenaars vasgeketting.(Sien Wylie, boek XXII, hoojstuk 6.)Ander, wat op genadiger wyse behandel is, is koelbloedig doodgeskiet terwyl hulle ongewapen en hulpeloos in die bed of op hulle knieë was. Honderde grysaards, weerlose vroue, en onskuldige kinders het dood op die grond bly lê op die plekke waar hulle saamgekom het. Langs die berghellings of in die bos waar hulle gewoonlik saamgekom het, was dit niks ongewoonds om “elke vier tree dooie liggame op die gras te sien lê, of lyke wat aan bome hang nie.” Hulle land, wat deur die swaard, die byl, en die brandstapel verwoes is, “is in ‘n groot, aaklige wildernis omgeskep.” “Hierdie gruweldade is gepleeg ... nie in die Middeleeue nie, maar in die skitterende tydperk van Lodewyk XIV. Die wetenskap is destyds beoefen, die lettere het opgebloei, die godgeleerdes van die hof en die hoofstad was bestudeerde en welsprekende manne, wat die skyn gegee het dat hulle die deugde van sagmoedigheid en mensliewendheid besit het.”—Idem, lioofstuk 7.GS 309.3

    Maar die swartste in die swarte lys van misdade, die verskriklikste van al die duiwelse dade van daardie vreeslike eeue, was die Bloedbad van St. Bartholomeus. Die wêreld herinner hom nog aan die afskuwelike tonele van die laagste en wreedste van alle slagtings. Die koning van Frankryk, op aandrang van die Roomse priesters en prelate, het sy toestemming tot hierdie gruwelike daad gegee. ‘n Klok wat in die middernagtelike stilte gelui is, was die teken vir die slagting. Duisende Protestante, wat in die vertroue op die gegewe erewoord van hulle koning rustig in hulle wonings geslaap het, is sonder ‘n woord van waarskuwing na buite gesleep en koelbloedig vermoor.GS 311.1

    Net soos Christus die onsigbare leier van Sy volk was uit die Egiptiese slawerny, so was Satan ook die onsigbare leier van sy mense in hierdie afskuwelike werk om die martelare te vermoor. Vir sewe dae lank het die bloedbad in Parys aangehou — die eerste drie met ontsettende wreedheid. En dit was nie net tot die stad Parys beperk nie, want op spesiale bevel van die koning is die moord ook voortgesit in al die provinsies en dorpe waar daar Protestante gewoon het. Nog ouderdom nog geslag is ontsien nie. Nog die onskuldige baba nog die grys hoof is gespaar nie. Edelman en boer, oud en jonk, moeder en kind is saam neergevel. Vir ‘n hele twee maande het die slagting in Frankryk aangehou. Sewentigduisend van die fleur van die volk het omgekom.GS 311.2

    “Toe die tyding van die slagting Rome bereik het, het die vreugde van geestelikes geen perke geken nie. Die kardinaal van Lotaringe het die boodskapper met ‘n duisend krone beloon; die kanonne van die kasteel van St. Angelo het ‘n vreugdesaluut afgevuur; die klokke in elke toring het gelui; vreugdevure het die nag in dag verander; en Gregorius XIII, van sy kardinale en ander waardigheidsbekleërs vergesel, het in ‘n groot optog na die kerk van die heilige Lodewyk gegaan, waar die kardinaal van Lotaringe ‘nTe Deumgesing het. . . . Daar is ‘n medalje geslaan ter gedagtenis aan die bloedbad, en in die Vatikaan is daar nog drie freskos (skilderye) deur Vasari te sien, wat die aanval op die admiraal, die koning met sy raadgewers planne makende, en die bloedbad self voorstel. Gregorius het aan Karel die Goue Roos gestuur; en vier maande na die bloedbad . . . het hy met stille genoeë gesit en luister na die preek van ‘n Franse priester, . . . wat melding gemaak het van ,die dag so vol geluk en vreugde, toe die heilige vader die tyding ontvang het, en in ‘n statige optog sy dank aan God en die heilige Lodewyk gaan betuig het.’”—White, Henry, “The Massacre oj St. Bartholomew,” hoojstuk 14, para. 34 (ed. 1871).GS 311.3

    Hierdie selfde meestergees wat die mense op St. Bartholemeusnag aangevuur het was ook die leier in die tonele van die Rewolusie. Jesus is as ‘n bedrieër beskuldig, en die wagwoord van die Franse ongelowiges was, “Weg met die Ellendeling,“—hulle het natuurlik Christus bedoel. Hemeltergende godslastering en gruwelike goddeloosheid het saamgegaan, en die laagste onder die mense, die ellendigste monsters van wreedheid en sonde, is die hoogste verhef. Deur dit alles is die hoogste eer aan Satan bewys; terwyl Christus, in Sy karaktertrekke van waarheid, reinheid, en onselfsugtigheid gekruisig is.GS 312.1

    “Die dier wat uit die afgrond opkom, sal met hulle oorlog maak en hulle oorwin en hulle dood maak.” Die godloënende mag wat Frankryk tydens die Rewolusie en die Skrikbewind beheers het, het so ‘n stryd gevoer teen God en Sy heilige woord soos die wêreld nog nooit gesien het nie. Die aanbidding van God is deur die Nasionale Vergadering afgeskaf. Bybels is versamel en in die openbaar verbrand met alle moontlike blyke van veragting. Die wet van God is onder die voete vertree. Die instellings van die Bybel is opsy gesit. Die weeklikse rusdag is afgeskaf en in die plek daarvan is elke tiende dag aan uitspatting en godslastering gewy. Die Doop en die Avondmaal is verbied. En plakkate wat op sigbare plekke in die kerkhowe aangeplak is, het verklaar dat die dood ‘n ewige slaap was.GS 312.2

    Hulle het gesê dat die vrees van God so min die beginsel van wysheid was dat mens dit veeleer die beginsel van dwaasheid kan noem. Alle godsdienstige eredienste is verbied, behalwe die van die vryheid en van die land. “Aan die konstitusionele biskop van Parys is die vernaamste rol gegee in die skaamteloosste en skandelikste klugspel wat daar nog ooit voor ‘n nasionale gehoor opgevoer is. . . . Hy is in voile prosessie voortgelei om aan die Konvensie te verklaar dat die godsdiens wat hy soveel jare verkondig het, in alle opsigte die werk van priesterbedrog was, sonder fondament in die geskiedenis of gewyde waarheid. In plegtige en indrukwekkende woorde het hy die bestaan van die godheid, aan wie se diens hy gewy was, ontken, en hy het homself vir die toekoms oorgegee aan die diens van vryheid, gelykheid, deug en sedelikheid. Daarna het hy sy episkopale versiersels op die tafel gelê, en ‘n broederlike omhelsing ontvang van die president van die Konvensie. Verskeie ander afvallige priesters het die voorbeeld van hierdie prelaat gevolg.”-—Scott, Deel I, hoojstuk 17.GS 313.1

    “Die bewoners van die aarde sal bly en verheug wees oor hulle en sal vir mekaar geskenke stuur, omdat die twee profete die bewoners van die aarde gepynig het.” Die ongelowige Frankryk het die bestraffende stem van God twee getuies tot swye gebring. Die woord van waarheid het dood gelê op die strate, en hulle, wat die bande en verordeninge van Gods wet gehaat het, het gejuig. Ja, die mense het die Koning van die hemel openlik uitgedaag. Soos die sondaars vanouds het hulle uitgeroep: “Hoe sou God dit weet, en sou daar kennis by die Allerhoogste wees?” Ps. 73: 11.GS 313.2

    Met byna ongelooflike godslasterlike stoutmoedigheid het een van die priesters van die nuwe orde gesê: “God, as Jy bestaan, wreek Jou beledigde naam. Ek daag Jou uit! Jy bly stil: Jy durf Jou donder nie laat losbars nie! Wie sal hierna in Jou bestaan glo?”—“Lacretelle’s History,” Deel XI, bl. 309: in “Allison’s History oj Europe,” Deel I, hoojstuk 10.Wat ‘n weerklank is dit nie van Farao se vraag: “Wie is die Here na Wie se stem ek moet luister?” “Ek ken die Here nie.”GS 313.3

    “Die dwaas sê in sy hart: Daar is geen God nie.” Ps. 14: 1. En van hulle wat die waarheid verdraai verklaar die Here: “Hulle dwaasheid sal vir almal duidelik wees.” 2 Tim. 3: 9. Xadat Frankryk die diens van die lewende God, “die Hoë en Verhewene wat in die ewigheid woon,” afgesweer het, het dit nie lank geduur voordat hulle tot ‘n verlagende afgodediens verval het nie, deur die Godin van Rede te aanbid in die persoon van ‘n sedelose vrou. En dit nogal in die verteenwoordigende vergadering van die volk. en deur sy hoogste burgelike en wetgewende owerhede! Die geskiedskrywer sê: “Een van die seremonies van hierdie kranksinnige tyd is ongeëwenaard wat dwaasheid verbind met goddeloosheid, betref. Die deure van die Konvensie is oopgemaak vir ‘n troep musikante wat gevolg is deur die lede van die stadsraad, wat in ‘n plegtige optog binnestap het onder die gesing van ‘n lofsang ter ere van vryheid, onderwyl hulle die voorwerp van hulle toekomstige verering, naamlik ‘n gesluierde vrou, wat hulle die Godin van Rede genoem het, begelei het. Nadat sy binnekant die balie gebring is, is sy met groot plegtigheid ontsluier en sy is ‘n plek aan die regterhand van die President aangewys, waar sy algemeen herken is as ‘n danseres uit die opera. . . . Aan hierdie persoon, as die geskikste verteenwoordiger van die Rede wat hulle aanbid het, het die Nasionale Konvensie van Frankryk openbare hulde gebring.GS 315.1

    “Hierdie goddelose en belaglike poppespel het ‘n sekere mode geskep; en die wyding van die Godin van die Rede is deur die hele volk hernuwe en nageboots op die plekke waar die inwoners graag wou toon dat hulle aan die Rewolusie tot sy hoogste toppunt wou meedoen.”— Scott, Deel I, hoofstuk 17.GS 315.2

    Die redenaar wat die erediens van die Rede ingelei het, het die volgende toespraak gelewer: “Wetgewers! Fanatisme het plek gemaak vir rede. Sy leepoë kon die glans van die lig nie langer verdra nie. Vandag is daar ‘n ontsaglike skare vergader onder die gotiese gewelwe, wat vir die eerste maal die stem van die waarheid laat weergalm het. Daar het die Franse die enigste ware erediens ingestel, naamlik die van Vryheid en van Rede. Daar het ons wense uitgespreek vir die welvaart van die wapens van die Republiek. Daar het ons vaarwel gesê aan die lewenlose afgode, vir die Rede, daardie lewenskragtige beeld, die meesterstuk van die natuur.”—Thiers, M.A., “History oj the French Revolution,” Deel II, bls. 370, 371.GS 315.3

    Toe die godin in die Konvensie gebring is, het die redenaar haar aan die hand geneem en terwyl hy hom tot die vergadering gewend het, het hy gesê: “Sterwelinge, hou op om te beef vir die magtelose donders van ‘n God wat deur u vrees geskep is. Erken van nou af geen God behalwe die Rede nie. Ek bied julle sy edelste en reinste beeld aan; as julle afgode moet hê, offer dan alleen aan een soos hierdie. . . . Val neer voor die deurlugtige Senaat van Vryheid, o Sluier van Rede! . . .GS 316.1

    “Nadat die godin deur die president omhels is, is sy op ‘n pragtige rytuig geplaas, en gevolg deur ‘n ontsaglike skare is sy na die domkerk van Notre Dame gevoer, om die plek van die Godheid in te neem. Daarna is sy op ‘n hoë altaar geplaas en het sy die aanbidding van almal wat teenwoordig was ontvang.” —Alison, Deel 1, hoojstuk 10.GS 316.2

    Kort daarna het daar ‘n openbare verbranding van Bybels plaasgevind. By ‘n sekere geleentheid het die “Volkgenootskap van die Museum” die saal van die stadsraad binnegestap en uitgeroep: “Vive la Raison!” (Lewe die Rede). Terwyl hy dit uitgeroep het, het hy aan ‘n stok vasgemaak, die verbrande oorblyfsels van verskeie boeke omhoog gehou, waaronder Katolieke gebedeboeke, misboeke, en die Ou en Nuwe Testamente wat, soos die president gesê het, “in ‘n groot vuur geboet het vir al die onsin wat hulle die menslike geslag laat bedryf het.”— “Journal of Paris,” 1793, No. 318. Aanhangsel in Bouchez-Roux se versameling van “Parliamentary History,” Deel XXX, bis. 200, 201.GS 316.3

    Dit was die pousdom wrat die werk begin het wat nou deur ateïsme voltooi is. Die staatkunde wat deur Rome gevolg is, het hierdie toestande, sosiaal, staatkundig, en godsdienstig, laat ontstaan wat Frankryk tot sy ondergang gedryf het. Skrywers oor die gruweldade van die Rewolusie, sê dat hierdie verregaande gruwels aan die troon en die kerk moet toegeskryf word. (Sien Aanhangsel.) Maar as ons regverdig wil wees, moet die kerk al die skuld kry. Die pousdom het die verstand van die konings vergiftig teen die Hervorming, as synde ‘n vyand van die troon, ‘n element van tweedrag, wat skadelik sou wees vir die vrede en eenheid van die volk. Dit was die slimheid van Rome, wat langs hierdie weg die gruwelikste wreedheid en afskuwelikste verdrukking deur die troon bewerkstellig het.GS 316.4

    Die gees van vryheid en die Bybel gaan saam. Orals waar die evangelie nog ooit aangeneem is, het die volk ontwaak. Hulle het die boeie afgeskud wat hulle die slawe van onkunde, sonde, en bygeloof gemaak het. Hulle het begin handel en dink soos mense. Die vorste het dit gesien en hulle het gebeef vir die verdere bestaan van hulle alleenheerskappy.GS 317.1

    Rome het nie nagelaat om hulle ywersugtige gees aan te blaas nie. In die jaar 1525 het die Pous aan die ryksbestuurder van Frankryk gesê: “Hierdie manie, “Protestantisme” sal nie alleen die godsdiens in verwarring bring en tot niet maak nie, maar ook alle heerskappy, die hele adel, alle wette, range, en stande.”— Felice, G. de, “History of the Protestants oj France,” boek I, hoojstuk 2, para. 8.‘n Paar jaar later het ‘n pouslike gesant die koning as volg gewaarsku: “Meneer, laat u nie mislei nie. Die Protestante sal alle burgelike, sowel as alle godsdienstige orde omkeer. . . . Die troon staan in die selfde gevaar as die altaar. . . . Die invoering van ‘n nuwe godsdiens beteken noodsaaklikerwyse ook ‘n nuwe regering.”— D’Aubigne, “History oj the Reformation in the Time oj Calvin” boek II, hoofstuk 36.‘n Godgeleerde het hom op die vooroordeel van die volk beroep deur te verklaar dat die Protestantse leer “Die mense verlei tot nuwighede en dwaasheid; die koning ontroof van die liefde van sy onderdane en sowel die kerk as die staat verwoes.” Op hierdie wyse het dit Rome geluk om Frankryk teen die hervorming te stel. “Dit was om die troon staande te hou, die adel te beveilig, en die wette te handhaaf, dat die swaard van vervolging vir die eerste keer in Frankryk ontbloot is.”— Wylie, boek XIII, lioofstuk 4.GS 317.2

    Min het die heersers van die land die gevolge voorsien wat hierdie noodlottige politiek as gevolg sou hê. Die leer van die Bybel sou in die verstand en die hart van die volke die beginsels van regverdigheid, matigheid, waarheid, geregtigheid en weldadigheid ingeplant het wat die hoeksteen van voorspoed in ‘n nasie vorm. “Geregtigheid verhoog ‘n volk,” daardeur “word die troon bevestig.” Spreuke 14: 34; 16: 12. “Die werking van geregtigheid sal vrede wees, en die voortbringsel van die geregtigheid berus in veiligheid tot in ewigheid.” Jes. 32: 17. Hy wat die goddelike wet gehoorsaam, sal inderwaarheid ook die wette van sy land eerbiedig en gehoorsaam. Hy wat God vrees, sal die koning eer in die uitoefening van alle regverdige en regmatige gesag. Maar die ongelukkige Frankryk het die gebruik van die Bybel verbied, en die aanhangers van die leer daarvan verban. Manne van beginsel en opregtheid, manne van goeie verstand en sedelike moed, wat gedurf het om vir hulle oortuigings uit te kom, en geloof gehad het om vir die waarheid te ly, moes vir eeue as slawe op die galeie swoeg, op die brandstapel sterf, of hulle het in die kerkers omgekom. Duisende en duisende het veiligheid gevind in vlug; en dit het aangehou vir twee honderd en vyftig jaar na die begin van die Hervorming.GS 317.3

    “Gedurende daardie lang tydperk was daar byna geen geslag van Franse, wat nie daarvan getuie was dat die aanhangers van die evangelie moes vlug voor die kranksinnige woede van die vervolger, en hulle het die wetenskap, die skone kunste, die industrieë, en die ordelikheid waarin hulle in die reel uitgeblink het met hulle meegeneem om die land waar hulle skuiling gevind het daarmee te verryk. En namate hulle ander lande met die goeie gawes bedeel het is hulle eie land verarm. As alles wat toe verdryf is in Frankryk kon gehou gewees het; as die industriële bedrewenheid van die bannelinge die grond gedurende daardie drie honderd jaar kon bewerk het; as hulle aanleg vir die kuns gedurende daardie drie honderd jaar aan die verbetering van hulle eie fabriekswese kon bestee gewees het; as hulle skeppende genie en vindingryke krag gedurende die drie honderd jaar aan die verryking van hulle literatuur en die ontwikkeling van hulle wetenskap kon bestee gewees het; as die vergaderings deur hulle wysheid kon gelei gewees het, hulle moed Frankryk se oorloë kon gevoer het, hulle regverdigheid van oordeel sy wette kon gemaak het, en as die godsdiens van die Bybel die verstand van die volk kon versterk het om hulle wette te bestuur, wat ‘n heerlikheid sou Frankryk vandag omring het! Wat ‘n groot, voorspoedige, en gelukkige land —‘n voorbeeld vir die volkere — sou dit gewees het!GS 318.1

    “Maar blinde en onverbiddelike dwepery het van sy bodem elke leraar van die deug, elke kampvegter vir die orde, elk welmenende verdediger van die troon verdryf; aan die manne wat hulle land ‘n ,naam en roem’ op die aarde sou kon gemaak het, is gesê: Kies wat julle wil hê, die brandstapel of verbanning. Eindelik is die ondergang van die staat voltooi; daar was geen gewete meer om wreed te vervolg nie; geen godsdiens meer om na die brandstapel te sleep nie; geen vaderlandsliefde meer om verbrand te word nie.”—Wylie, boek XIII, hoojstuk 20.En die Rewolusie, met al sy verskrikkinge was die noodlottige gevolg.GS 319.1

    “Met die vlug van die Hugenote het daar algemene agteruitgang in Frankryk gekom. Bloeiende fabriekstede het begin kwyn; vrugbare distrikte het weer in hulle natuurlike woestheid verval; verstandelike stompheid en sedelike verval het gevolg op ‘n tydperk van ongekende vooruitgang. Parys het ‘n groot armehuis geword, en die aantal behoeftiges wat by die uitbreek van die Rewolusie van die koning ondersteuning ontvang het, word op tweehonderd duisend geskat. Alleen die Jesuïete was voorspoedig in die kwynende land, en hulle het met verskriklike tirannie kerke en skole, gevangenisse en galeie beheers.”GS 319.2

    Die evangelie sou aan Frankryk die oplossing gegee het van die politieke en sosiale vraagstukke wat die bekwaamheid van sy geestelikes, van sy koning en van sy wetgewers nie kon oplos nie, en wat die volk eindelik in regeringloosheid en ellende gedompel het. Maar onder die heerskappy van Rome het die volk die geseënde lesse van die Heiland oor selfopoffering en onselfsugtige liefde verloor. Hulle is weggelei van die beoefening van selfverloëning vir die welsyn van ander. Die rykes is nie gestraf vir hulle onderdrukking van die armes nie, en die armes het geen vooruitsig gehad vir verlossing van slawerny en ontaarding nie. Die selfsug van die gegoedes en magtiges is meer en meer geopenbaar en het swaarder geword. Eeu na eeu het die hebsug en sedeloosheid van die edelman voldoening gevind in geweldadige afpersing van die boer. Die rykes het die armes veronreg, en die armes het die rykes gehaat.GS 319.3

    In baie van die provinsies het die grond aan edelmanne behoort, en die werkende klasse was slegs huurders; hulle was afhanklik van die genade van hulle here, en hulle was gedwonge om hulle te onderwerp aan die sware eise. Die las van die ondersteuning van kerk en staat moes gedra word deur die middelen laerklasse, wat swaar belas is deur die burgerlike en geestelike owerhede. “Die welbehae van die edelmanne is as die hoogste wet geag; die boere en die landbewoners kon maar verhonger sonder dat hulle verdrukkers daarop aggeslaan het. ... By dit alles moes die volk uitsluitlik die belange van hulle heer in ag neem. Die lewe van die landbouers was ‘n lewe van onophoudelike geswoeg en ellende sonder verligting; hulle klagte, as hulle ooit durf kla, is met onbeskaamde veragtig van die hand gewys. In die geregshowe is die woord van die edelman altyd geneem teen die van die landbouer; dit was algemeen bekend dat die regters geskenke aangeneem het; en ten gevolge van hierdie stelsel van algemene bederf, het die kleinste gril van die aristokrasie die krag van die wet geniet. Van die belastings wat deur die wêreldlike owerhede aan die eenkant, en die geestelikes aan die anderkant van die boerestand afgepers is, het die helfte nie in die koninklike of episkopaalse skatkis gekom nie; die res is verkwis in sedelose selfbevrediging. En die manne wat op hierdie wyse hulle medeonderdane verarm het, was self vry van belasting; en hulle het volgens die wet of die landsgebruik reg op alle staatsbetrekkings gehad. Die bevoorregte klasse het sowat honderd en vyftig duisend getel, en om hulle te bevredig is daar miljoene veroordeel tot ‘n hopelose en ontaarde bestaan.” (Sien Aanhangsel.)GS 319.4

    Die koninklike hof was aan weelde en sedeloosheid oorgegee. Daar was weinig vertroue tussen die volk en die heersers. In alles wat die regering gedoen het, het hulle kwaaie bedoelings en selfsug gesien. Vir sowat ‘n halwe eeu voor die Rewolusie het Lodewyk XV op die troon gesit, en selfs in daardie goddelose tye is hy beskou as ‘n luie, ligsinnige, en sinnelike vors. Met ‘n ontaarde en wrede aristokrasie en die verarmde en onkundige laer klasse, met die staat in finansiële verknorsing en die volk in wanhoop, was daar geen siener nodig om die vreeslike opstand wat gedreig het om los te bars, te voorsien nie. Die koning was gewoond om die waarskuwings van sy raadgewers te beantwoord met die woorde: “Trag om sake aan die gang te hou solank as ek leef, na my dood kan daar maar gebeur wat wil.” Dit was tevergeefs om op die noodsaaklikheid van ‘n hervorming aan te dring. Hy het die kwaad wel gesien, maar het nog die moed nog die krag gehad om dit teë te gaan. Die lot wat Frankryk gewag het, was maar te duidelik in sy onverskillige en selfsugtige antwoord geskilder —“Xa my die sondvloed!”GS 320.1

    Deur op die naywer van die koning en heersende klasse te werk, het Rome hulle daartoe gebring om die volk in slawerny te hou, wel wetende, dat die staat op hierdie manier sou verswak word om beide heersers en die volk aan hom diensbaar te maak. Met skerpsinnige staatsbeleid het Rome ingesien, dat as jy die mense tot slawe wil maak, jy die boeie om hulle siele moes slaan; en dat die sekerste weg om hulle te verhinder om hulle van die slawerny te bevry, is om hulle ongeskik te maak vir die vryheid. Duisendmaal erger as die liggaamlike lyding wat as gevolg van hierdie staatkunde ontstaan het, was die sedelike ontaarding. Yan die Bybel beroof, en oorgegee aan die leringe van dwepery en selfsug, was die volk in onwetenheid en bygeloof gehul en in die sonde versink sodat hulle geheelenal ongeskik was om hulle self te regeer.GS 321.1

    Maar die uitwerking van dit alles was baie verskillend van wat Rome bedoel het. Pleks dat hy die menigte in blinde gehoorsaamheid aan sy leerstellings gehou het, was die uitkoms van sy werk dat hulle ongelowiges en opstandelinge geword het. Hulle het Romanisme verag as priesterbedrog. In die geestelikheid het hulle die oorsaak gesien wat tot hulle verdrukking bygedra het. Die enigste god wat hulle geken het was die god van Rome; sy leer was die enigste godsdiens. Hulle het die hebsug en wreedheid as die wettige vrug van die Bybel beskou, en hulle wou daarmee niks te doen gehad het nie.GS 321.2

    Rome het die karakter van God in ‘n verkeerde lig gestel, en Sy eise verdraai; en nou het die mense die Bybel verwerp, asook Hom wat die Bybel gegee het. Hy het ‘n blinde geloof geëis in sy leerstellings onder die voorgegewe sanksie van die Skrifte. Toe die terugslag gekom het, het Voltaire en sy rasgenote Gods woord geheelenal verwerp, en hulle het die gif van ongeloof orals versprei. Rome het die volk onder sy hiel vertrap, en nou het die volksmenigte, ontaard en onbeskaamd die tirannie afskuddende, alle dwang afgewerp. Woedend oor die skreeuende bedrog waaraan hulle solank eer betoon het, het hulle waarheid en leuen tesame verwerp. En losbandigheid voor vryheid aansiende, het die slavve van die sonde hulle verlustig in hulle vermeende vryheid.GS 321.3

    By die aanvang van die Rewolusie is daar met toestemming van die koning aan die volk ‘n verteenwoordiging toegestaan wat groter was as die van die edelliede en geestelikes tesame. Op hierdie manier het hulle die grootste mag in hande gekry; maar hulle was nie gereed om dit met matigheid en wysheid te gebruik nie. Begerig om die onreg te herstel wat hulle gely het, het hulle besluit om die herbouing van die samelewing self te onderneem. ‘n Verwoede volksmenigte, met harte vervul met lankgekoesterde herinnerings aan onreg, het besluit om die toestand van ellende wat ondraaglik geword het, te verander, en hulle te wreek op diegene wat hulle beskou het as die oorsaak van hulle lyding. Die verdruktes het die les wat hulle onder tirannie geleer het, in beoefening gebring, en hulle het die verdrukkers geword van diegene wat hulle verdruk het.GS 322.1

    Die ongelukkige Frankryk het wat hulle gesaai het in bloed ingeoes. Vreeslik was die gevolge van hulle onderwerping aan die oorheersende mag van Rome. Waar Frankryk onder die invloed van Romanisme, aan die begin van die Hervorming, sy eerste brandstapel opgerig het, daar het die Rewolusie sy eerste guillotine geplaas. Op presies dieselfde plek waar die eerste Protestantse martelare in die sestiende eeu vir hulle geloof verbrand is, daar het die eerste slagoffers van die guillotine in die agtiende eeu geval. Deur die verwerping van die evangelie wat genesing aan die land sou gebring het, het Frankryk die deur van ongeloof en ondergang oopgemaak. Waar die beteuelende mag van Gods wet veronagsaam is, daar het die mense bevind dat menslike wette nie in staat was om die magtige vloed van menslike hartstogte te bedwing nie, en die volk is tot opstand en regeringloosheid gedryf. Die oorlog teen die Bybel het ‘n tydperk geskep wat in die wêreldgeskiedenis bekend staan as “Die Skrikbewind.” Vrede en geluk is uit die wonings en harte van die mense verban. Niemand was veilig nie. Die een wat vandag geseëvier het, is more verdink en veroordeel. Geweld en begeerlikheid het onbetwis die septer geswaai.GS 322.2

    Koning, geestelikes, en edelliede was verplig om hulle te onder werp aan die wreedhede van ‘n opgewonde volk wat tot raserny gedryf is. Deur die teregstelling van die koning is hulle wraaksug aangevuur; en diegene wat sy doodvonnis uitgespreek het, het hom spoedig na die skavot gevolg. Daar is besluit tot ‘n algemene slagting van almal wat verdink is dat hulle vyandiggesind was teen die Rewolusie. Die gevangenisse was propvol, en eentyd het hulle meer as tweehonderdduisend gevangenes bevat. Die stede van die ryk was vol afgryslike tonele. Die een party onder die opstandelinge het hulle teenoor die ander party gestel, en Frankryk het die groot strydperk geword van die strydende menigte, wat heen en weer geslinger is deur die woede van hulle hartstogte. “In Parys het die een volksoploop op die ander ge-volg, en die burgers is in partye verdeel wat, soos dit geskyn het, besiel was met ‘n gees tot wedersydse uitroeiing.” En om die algemene ellende nog verder te verhoog, was die volk in ‘n langdurige en verwoestende oorlog gewikkel met die groot Europese magte. “Die land was so goed as bankrot, die leërbendes het agterstallige gasie geëis, die Parysenaars het honger gely, die provinsies is deur struikrowers verwoes, en die beskawing het weens regeringloosheid en losbandigheid byna tenondergegaan.”GS 324.1

    Die lesse van wreedheid en marteling waarin Rome hulle so ywerig onderwys het, het die volk maar te goed geleer. Eindelik het die dag van wedervergelding aangebreek. Nou was dit nie die volgelinge van Jesus wat in die kerkers gestop en na die brandstapels gesleep is nie. Hulle was lank reeds dood of in ballingskap. Nou het wrede Rome die mag gevoel van diegene wat hulle opgelei het om hulle te verheug in dade van bloedvergieting. “Die voorbeeld van vervolging wat die geestelikes van Frankryk soveel eeue lank gestel het, het nou met buitengewone krag op hulle self teruggewerk. Die skavotte was rooi van die bloed van priesters. Die galeie en gevangenisse wat een tyd tot oorlopens toe vol was van Hugenote, was nou met hulle vervolgers gevul. Aan die bank vasgeketting en aan die roeirieme swoegende, moes die Katolieke geestelikes al die ellende verduur wat die kerk so vryelik uitgedeel het aan die sagmoedige ketters.” (Sien Aanhangsel.)GS 324.2

    “Toe het die dae aangebreek waarin die gruwelikste van alle wette deur die gruwelikste van alle regbanke toegepas is; toe geen man sy bure kon groet of sy gebed kon doen . . . sonder gevaar van ‘n misdaad te begaan wat miskien sy dood sou kos nie; toe daar spioene in elke hoekie op die loer gelê het; toe die guillotine elke more lank en swaar moes werk; toe die gevangenisse net so vol was soos die ruim van ‘n slaweskip; toe die geute skuimende bloed na die Seine afgevoer het . . . terwyl die daelikse karvragte slagoffers deur die strate van Parys na die plek van hulle teregstelling gebring is, het die pro-konsuls, wat deur die hoofkomitee na hulle departemente gestuur is, hulle oorgegee aan buitensporige wreedhede, wat selfs in die hoofstad onbekend was. Die mes van die dodelike masjien het te stadig op en neer beweeg vir hulle slagtingswerk. Lang rye gevangenes is met kruit en lood afgemaai. Daar is gate gemaak in die bodems van bote waarin mense opgehoop was. Lyons is in ‘n woesteny omgeskep. Op Arras is selfs die wrede genade van ‘n spoedige dood aan die gevangenes ontsê. Langs die Loire van Saumur tot by die see het groot swerms kraaie en valke op die naakte lyke geteer wat in afskuwelike omhelsings omstrengel gelê het. Geen genade is verleen aan ouderdom of geslag nie. Die aantal jong seuns en meisies van sewentien jaar wat deur die verfoeilike regering om die lewe gebring is, kon by die honderde getel word. Suigelinge, van die bors geruk, is van die een spies na die ander gegooi langs die rye van die Jakobyne (soldate).” (Sien Aanhangsel.) In die kort tydperk van tien jaar is daar miljoene om die lewe gebring.GS 325.1

    Dit was alles soos Satan dit wou gehad het. Dit was wat hy vir eeuelank na uitgesien het en voor gewerk het. Sy staatkunde is bedrog van begin tot einde, en sy een doel is om ongeluk en ellende op die mense te bring en om Gods handewerk onkenbaar te maak en te besoedel ten einde die goddelike doeleindes van barmhartigheid en liefde te verydel, om op die wyse droefheid in die hemel te veroorsaak. Dan verblind hy deur sy bedrieglike kunsgrepe die verstand van die mense, en hy bring hulle daartoe om God te blameer vir sy werk, asof al die ellende die gevolg is van die planne van die Skepper. Net so ook, wanneer diegene wat deur sy wrede mag verlaag en verdierlik is hulle vryheid herwin, spoor hy hulle aan tot buitensporighede en gruweldade. En hierdie prent van onbeteuelde wellus word dan deur tiranne en verdrukkers voorgehou as voorbeeld van die gevolge van vryheid.GS 326.1

    Wanneer dwaling in die een vorm ontmasker is, hul Satan hom slegs in ‘n ander vermomming, en dan ontvang die menigtes dit net so gretig as die eerste. Toe die volk bemerk dat Romanisme ‘n bedrog was, en Satan sien dat hy hulle nie deur daardie middel kon bring om Gods wet te oortree nie, het hy hulle beweeg om alle godsdiens as bedrog, en die Bybel as ‘n fabel te beskou; en nadat hulle al Gods voorskrifte verwerp het, het hulle hulle oorgegee aan onbeteuelde ongeregtigheid.GS 326.2

    Die noodlottige dwaling wat soveel ellende oor die inwoners van Frankryk gebring het, was die ontkenning van hierdie een groot waarheid, naamlik dat ware vryheid in die voorskrifte van Gods wet geleë is. “Ag, as jy maar na My gebooie geluister het, dan sou jou vrede gewees het soos ‘n rivier en jou geregtigheid soos die golwe van die see.” “Geen vrede, sê die Here, vir die goddelose nie!” “Maar die wat na my luister, sal veilig woon en gerus wees teen die skrik vir die onheil.” Jes. 48: 18, 22; Spreuke 1: 33.GS 326.3

    Godloënaars, ongelowiges en afvalliges verset hulle en bring beskuldigings in teen Gods wet; maar die gevolge van hulle invloed bewys dat die welsyn van die mens geleë is in sy gehoorsaamheid aan die goddelike voorskrifte. Wie hierdie les nie in die Heilige Skrif wil leer nie moet dit in die geskiedenis van die volkere sien.GS 326.4

    Toe Satan deur middel van die Roomse Kerk gewerk het om die mense van hulle gehoorsaamheid af te trek, was sy werktuig bedek, en sy werk so vermom, wat die ontaarding en ellende wat dit as gevolg gehad het, nie as die vrugte van oortreding geblyk het nie. En sy mag is in so ‘n mate teengewerk deur die gees van God, dat sy planne nie tot voile rypheid kon kom nie. Die volk het die gevolg nie met die oorsaak verbind nie, en hulle het die bron van hulle ellende nie ontdek nie. Maar in die Rewolusie is Gods wet openlik tot niet gemaak deur die Nasionale Raad. En in die Skrikbewind wat daarop gevolg het was die uitwerking en oorsaak vir almal sigbaar.GS 327.1

    Toe Frankryk openlik God verwerp en die Bybel opsy gesit het, het die goddelose mense en die geeste van duisternis gejuig oor die bereiking van hulle doel waarop hulle solank gehoop het —‘n koninkryk vry van die bande van Gods wet. Omdat die oordeel oor ‘n verkeerde daad nie gou voltrek word nie “daarom is die hart van die mensekinders in hulle vol om kvvaad te doen.” Pred. 8: 11. Maar die oortreding van ‘n goeie en regverdige wet moet onvermydelik ellende en verwoesting as gevolg hê. Ofskoon die goddeloosheid van hierdie mense nie dadelik vergeld is nie, het dit nogtans hulle gewisse ondergang veroorsaak. Eeue van afval en misdaad het toorn opgegaar vir die dag van vergelding; en toe hulle ongeregtigheid vol was, het die veragters van Gods wet te laat geleer dat dit ‘n vreeslike iets is om die goddelike geduld uit te put. Die weerhoudende Gees van God wat die wrede mag van Satan beteuel het, was grotendeels ingetrek, en hy wie se enigste vreugde die ellende van die mense is, is toegelaat om sy wil ten uitvoer te bring. Aan hulle wat die diens van rebellie verkies het, is dit oorgelaat om die vrugte te pluk, totdat die land met gruwels vervul was te vreeslik om te beskryf. Uit verwoeste provinsies en vernielde stede is daar ‘n verskriklike kreet gehoor—‘n kreet van bittere sielsangs. Frankryk is soos deur ‘n aardbewing geskud. Godsdiens, wet, maatskaplike orde, die huisgesin, die staat, en die kerk — alles is omvergewerp deur die goddelose hand wat hom teen Gods wet verhef het. Dis inderwaarheid soos die Prediker sê: “Die goddelose val deur sy goddeloosheid.” “Aangesien ‘n sondaar honderdmaal kwaad doen en hy lank lewe — alhoewel ek weet dat dit goed sal gaan met die wat God vrees, wat vrees voor Sy aangesig, en dit nie goed sal gaan met die goddelose,” nie. Pred. 8: 12, 13. “Omdat hulle die kennis gehaat en die vrees van die Here nie verkies het nie . . . daarom sal hulle eet van die vrug van hulle wandel en versadig word van hulle planne.” Spreuke 1: 29, 31.GS 327.2

    Gods getroue getuie, gedood deur die godslasterlike mag “wat uit die afgrond opkom,” sou nie lank stil wees nie. “En na die drie en ‘n halwe dag het ‘n gees van die lewe uit God in hulle ingegaan, en hulle het op hulle voete gaan staan en ‘n groot vrees het geval op die wat hulle aanskou het.” Openb. 11: 11. In 1793 is daar dekrete uitgevaardig deur die Franse Vergadering wat die Christelike godsdiens afgeskaf en die Bybel verbied het. Drie en ‘n half jaar later het dieselfde liggaam ‘n resolusie aanvaar wat die dekrete herroep het en dus die Skrifte weer toegelaat het. Die wêreld het verstom gestaan oor die omvang van die kwaad wat daar gevolg het op die verwerping van die Heilige Oorkondes, en die mense het die noodsaaklikheid van geloof in God en Sy woord erken as die fondament van deug en sedelikheid. Die Here sê: “Wie het jy gesmaad en gelaster? En teen wie het jy die stem verhef en jou oë hoogmoedig opgehef? Teen die Heilige van Israel!” “Daarom, kyk, Ek laat hulle hierdie keer voel, voel My hand en My mag; en hulle sal weet dat My Naam HERE is.” Jes. 37: 23; Jer. 16: 21.GS 328.1

    Aangaande die twee getuies verklaar die profeet verder: “En hulle het ‘n groot stem uit die hemel vir hulle hoor sê: Kom op hierheen! En hulle het opgevaar na die hemel in die wolk, en hulle vyande het hulle aanskou.” Openb. 11: 12. Sedert die tyd dat Frankryk oorlog gemaak het teen Gods twee getuies, is hulle vereer soos nooit tevore nie. In 1804 is die Britse en Buitelandse Bybelgenootskap opgerig. Dit is gevolg deur gelyksoortige genootskappe met talryke vertakkings op die vasteland van Europa. In 1816 is die Amerikaanse Bybelgenootskap gestig. Toe die Britse Genootskap gestig is, is die Bybel in vyftien tale gedruk en versprei. Sedert daardie tyd is hy in meer as 800 tale en dialekte vertaal.GS 328.2

    Gedurende die vyftig jaar wat die jaar 1792 voorafgegaan het, is daar min aandag geskenk aan die buitelandse sending. Daar is geen nuwe genootskappe gestig nie en daar was maar ‘n paar kerke wat enige pogings in die werk gestel het om die Christendom in heidense lande te versprei. Maar teen die einde van die agtiende eeu het daar ‘n groot verandering gekom. Die mense was ontevrede met die gevolge van Rasionalisme, en hulle het die noodsaaklikheid van goddelike openbaring en proefondervindelike godsdiens besef. Van daardie tyd af het die buitelandse sendingwerk ‘n ongekende stoot vorentoe gekry. (Sien Aanhangsel.)GS 329.1

    Die verbeteringe in die drukkuns het die verspreiding van die Bybel baie aangehelp. Die verbeterde kommunikasiemiddels tussen verskillende lande het die ou hinderpale van vooroordeel en nasionale afsondering uit die weg geruim, en die verlies van wêreldlike mag deur die Pous van Rome het die weg voor die woord van God gebaan. Vir ‘n aantal jare is die Bybel sonder enige hindernis in die strate van Rome verkoop, en vandag word die Bybel na al die bewoonde dele van die aarde gebring.GS 329.2

    Die godloënaar Voltaire het eenmaal op grootpraterige wyse gesê: “Ek is al moeg daarvan om te hoor dat die Christelike godsdiens deur twaalf manne gestig is. Ek sal bewys dat daar maar een man nodig is om dit tot niet te maak.” Byna ‘n eeu en ‘n half het sedert daardie tyd verloop. Miljoene het deelgeneem aan die oorlog teen die Bybel. Maar verre daarvandaan dat dit vernietig is, is daar, waar daar in Voltaire se tyd ‘n honderd was, nou tienduisend, ja honderdduisend eksemplare van die boek van God. Een van die vroeër hervormers het gesê, sprekende van die Christelike Kerk: “Die Bybel is ‘n aambeeld waarop baie hamers reeds verslyt is.” Die Here sê: “Elke wapen wat teen jou gesmee word, sal niks uitrig nie; en elke tong wat teen jou opstaan in die gereg sal jy weerlê.” Jes. 54: 17.GS 329.3

    “Die woord van onse God hou stand in ewigheid.” “Al Sy bevele is betroubaar. Vasgestel is hulle vir altyd, vir ewig.” Jes. 40: 8; Ps. 111: 7, 8. Alles wat op die gesag van mense gebou word, word tot niet gemaak; maar wat gegrond is op die rots van Gods onveranderlike Woord, sal in ewigheid bestaan.GS 329.4

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents