Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Groot Stryd

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Hoofstuk 24—Die Allerheiligste Plek

    DIE onderwerp van die heiligdom was die sleutel wat die geheim van die teleurstelling van 1844 ontsluit het. Dit het ‘n hele stelsel van waarheid geopenbaar, samehangend en eenstemmig, wat gewys het dat Gods hand die groot Adventbeweging gelei het, en dit het teenwoordige pligte geopenbaar namate dit die posisie en werk van Sy volk aan die lig gebring het. Net soos die dissipels van Jesus, na hulle vreeslike nag van angs en teleurstelling, bly was toe hulle hulle Here weer gesien het, het diegene hulle ook nou verbly wat in geloof uitgesien het na Sy “tweede koms. Hulle het verwag dat Hy in heerlikheid sou kom om Sy diensknegte te beloon. Toe hulle hoop teleurgestel is, het hulle Jesus uit die oog verloor, en soos Maria by die graf het hulle uitgeroep, “Hulle het die Here . . . weggeneem, en ons weet nie waar hulle Hom neergelê het nie.” Maar nou het hulle Hom in die Allerheiligste plek weer gesien as hulle medelydende Hoëpriester, wat eerlank as hulle Koning sal verskyn om hulle te verlos. Lig uit die heiligdom het die verlede verlig, en ook die hede en die toekoms. Hulle het geweet dat God hulle deur Sy onfeilbare voorsienigheid gelei het. Hoewel hulle, soos die eerste dissipels, die boodskap wat hulle verkondig het nie verstaan het nie, was dit nogtans in alle opsigte juis. In die verkondiging van die boodskap het hulle Gods doel vervul, en hulle werk in die Here was nie tevergeefs nie. Met die wedergeboorte tot ‘n lewende hoop, het hulle hulle verheug met ‘n onuitspreeklike vreugde.GS 483.1

    Beide die profesie van Daniel 8: 14, “Twee duisend drie honderd aande en mores, dan sal die heiligdom in sy regte staat herstel word,” en die eerste engel se boodskap, “Vrees God en gee Hom heerlikheid, want die uur van Sy oordeel het gekom,” het gewys op Christus se bediening in die Allerheiligste plek, naamlik die ondersoekende oordeel, en nie op die koms van Christus vir die verlossing van Sy volk en die vernietiging van die goddelose nie. Die fout is begaan, nie in die berekening van die profetiese tydperke nie, maar in verband met die gebeurtenis wat moes plaasvind aan die einde van die 2,300 dae. As gevolg van hierdie fout het die gelowiges teleurstelling ondervind, maar tog is alles wat deur die profesie voorspel is en alles wat hulle volgens die Skrifte verwag het, vervul. Op daardie seltde tyd toe hulle die mislukking van hulle hoop betreur het, het die gebeurtenis plaasgevind wat deur die boodskap voorspel is, en wat moes vervul word voordat die Here kon kom om Sy diensknegte te beloon.GS 484.1

    Christus het gekom, nie na die aarde soos hulle verwag het nie, maar soos deur die sinnebeeld voorafgeskadu is, na die Allerheiligste plek van die tempel van God in die hemel. Daniel stel Hom voor as komende tot die Oue van Dae: “Ek het gesien in die naggesigte, en kyk, met die wolke van die hemel het Een gekom, soos die Seun van ‘n Mens, en Hy het gekom [nie na die aarde toe nie, maar] tot by die Oue van dae, en hulle het Hom nader gebring voor Hom.” Dan. 7: 13.GS 484.2

    Hierdie koms is voorspel deur die profeet Maleagi: “Dan sal skielik na Sy tempel kom die Here na wie julle soek, naamik. die Engel van die verbond, na wie julle ‘n begeerte het. Kyk, Hy kom, sê die Here van die leërskare.” Mai. 3: 1. Die koms van die Here na Sy tempel was skielik en onverwags vir Sy volk. Hulle het Hom nie daar gesoek nie. Hulle het verwag dat Hy na die aarde toe sou kom, “In vuur en vlam, wanneer Hy wraak uitoefen op die wat God nie ken nie en op die wat aan die evangelie van onse Here Jesus nie gehoorsaam is nie.” 2 Thess. 1: 8.GS 484.3

    Maar die mense was nie gereed om hulle Here te ontmoet nie. Daar moes nog ‘n voorbereidingswerk vir hulle gedoen word. Daar moes lig gegee word, wat hulle aandag sou vestig op die tempel van God in die hemel; en namate hulle deur geloof hulle Hoëpriester in Sy bediening daar gevolg het, sou nuwe pligte aan hulle geopenbaar word, ‘n Ander boodskap van waarskuwing en onderrig moes aan die kerk gegee word. Die profeet sê: “Maar wie kan die dag van Sy koms verdra? En wie sal stand hou as Hy verskyn? Want Hy sal wees soos die vuur van die smelter en soos die seep van die wassers. En Hy sal sit: ‘n smelter en reiniger van silwer, en Hy sal die seuns van Levi reinig en hulle louter soos goud en silwer, sodat hulle aan die Here in geregtigheid ‘n offer sal bring.” Mal. 3: 2, 3. Diegene wat op die aarde lewe wanneer Christus nie meer as voorspraak optree in die hemelse heiligdom daarbo nie, sal voor ‘n heilige God moet staan sonder ‘n middelaar. Hulle klere moet vlekkeloos wees, en hulle karakters gereinig van sonde deur die besprinkeling van die bloed. Deur die genade van God en deur hulle eie ywerige pogings, moet hulle oorwinnaars wees in die stryd teen die sonde. Terwyl die ondersoekende oordeel in die hemel aan die gang is, terwyl die sondes van boetvaardige ge-lowiges uit die heiligdom verwyder word, moet daar onder Gods volk ‘n spesiale werk van reiniging wees en ‘n versaking van die sonde. Hierdie werk word duideliker voorgestel in die boodskappe van Openbaring 14.GS 485.1

    Wanneer hierdie werk afgedaan is, sal die navolgers van Christus gereed wees vir Sy koms. “Dan sal die offer van Juda en Jerusalem vir die Here net so aangenaam wees soos in die ou dae en in die jare van die voortyd.” Mai. 3: 4. Die kerk wat die Here sal aanneem as Hy kom sal ‘n kerk wees, “Verheerlik, sonder vlek of rimpel of iets dergeliks.” Efe. S: 27. Dan sal die kerk wees, “Soos die rooidag, mooi soos die maan, rein soos die son, verskriklik soos slagordes met vaandels.” Hooglied 6: 10.GS 485.2

    Behalwe die beskrywing van die Here se koms na Sy tempel, voorspel Maleagi ook Sy wederkoms, Sy koms om oordeel te vel, in hierdie woorde: “En Ek sal na julle aankom om strafgerig te hou, en ek sal ‘n haastige getuie wees teen die towenaars. en die egbrekers en die meinediges en die wat die dagloner in sy loon, en die weduwee en die wees verdruk; en teen die wat die vreemdeling wegstoot en My nie vrees nie, sê die Here van die leërskare.” Mai. 3: 5. Judas beskryf dieselfde toneel as volg: “Kyk, die Here het gekom met Sy heilige tienduisendtalle, om gerig te hou oor almal en al die goddelose onder hulle te straf oor hulle goddelose werke wat hulle goddelooslik gedoen het. Judas 14, 15. Hierdie koms, en die koms van die Here na Sy tempel, is twee heeltemal afsonderlike gebeurtenisse.GS 486.1

    Die koms van Christus as ons Hoëpriester na die Allerheiligste plek vir die reiniging van die heiligdom, soos in Daniel 8: 14 verklaar; die koms van die Seun van die mens na die Oue van dae, soos in Daniel 7: 13 geopenbaar; en die koms van die Here na Sy tempel, soos voorspel deur Maleagi, is beskrywings van dieselfde gebeurtenis; en dit is ook voorgestel deur die koms van die bruidegom soos deur Christus beskryf in die gelykenis van die tien jongmeisies in Mattheus 25.GS 486.2

    In die somer en herfs van 1844, is die aankondiging gemaak, “Daar kom die bruidegom.” Die klasse wat voorgestel is deur die verstandige en onverstandige meisies het toe ontstaan — die een klas het met vreugde uitgesien na die Here se koms, en hulle het ywerig klaargemaak om Hom te ontmoet; die ander klas, uit vrees, en handelende op die aandrif van die oomblik. is tevrede gestel met ‘n teorie van die waarheid, maar dit het hulle ontbreek aan die genade van God. Ons lees, “En die wat gereed was, het saam met Hom ingegaan na die bruilof.” Die koms van die bruidegom waarvan hier sprake is, vind plaas voor die bruilof. Die bruilof stel Christus se ontvangs van Sy koninkryk oor. Die heilige stad, die Nuwe Jerusalem, wat die hoofstad is van die koninkryk, word genoem die bruid, die vrou van die Lam. Die engel het aan Johannes gesê, “Kom hierheen, ek sal ou die bruid toon, die vrou van die Lam.” “En hy het my reggevoer in die gees,” sê Johannes, “en my die groot stad geoon, die heilige Jerusalem wat uit die hemel van God neerdaal.” Openb. 21: 9, 10. Dit is dus duidelik dat die bruid die heilige itad voorstel, en die jong meisies wat uitgaan om die bruidegom se ontmoet, is ‘n beeld van die kerk. In Openbaring word die volk van God voorgestel as gaste by die bruilofsmaal. (Openb. 19: 9.) As hulle gaste is, kan hulle nie ook voorgestel word as die bruid nie. Christus, soos deur die profeet Daniel verklaar, sal van die Oue van dae in die hemel “Heerskappy en eer en koningskap” ontvang; Hy sal die nuwe Jerusalem, die hoofstad van Sy koninkryk, ontvang “toeberei soos ‘n bruid wat vir haar man versier is.” Dan. 7: 14; Openb. 21: 2. Nadat Hy die koninkryk ontvang het, sal Hy na die aarde toe terugkom in Sy heerlikheid, as Koning van die konings, en Here van die here, om Sy volk te verlos wat “Saam met Abraham en Isak en Jakob sal aansit in die koninkryk van die hemele” by die bruilofsmaal van die Lam. Matt. 8: 11.GS 486.3

    Die geroep, “Daar kom die Bruidegom,“ wat in die somer van 1844 gehoor is, het duisende daartoe gebring om die onmiddellike wederkoms van die Here te verwag. Op die bestemde tyd het die Bruidegom gekom, nie na die aarde toe soos die mense verwag het nie, maar na die Oue van dae in die hemel, na die bruilof, die ontvangs van Sy koninkryk. “En die wat gereed was, het saam met Hom ingegaan na die bruilof en die deur is gesluit.” Hulle sou nie in eie persoon by die bruilof teenwoordig wees nie; want die bruilof vind plaas in die hemel, “terwyl hulle op die aarde is. Die navolgers van Christus moet wees soos die “Wat hulle heer verwag wanneer Hy van die bruilof terugkom.” Lukas 12:36. Maar hulle moet Sy werk verstaan, en hulle moet Hom in die geloof volg waar Hy ingaan voor God. Dit is in hierdie sin dat dit gesê word dat hulle ingaan na die bruilof.GS 487.1

    In die gelykenis lees ons dat dit diegene was wat olie in hulle kanne gehad het met hulle lampe wat na die bruilof inge:aan het. Diegene wat ‘n kennis van die waarheid gehad het volgens die Skrifte, asook die Gees en die genade van God, en sat, in die nag van hulle bitter beproewing, geduldig gewag het, in. die Bybel ondersoek het om meer lig — hulle het die waarheid iangaande die heiligdom in die hemel en die verandering in die Heiland se bediening gesien, en deur geloof het hulle Hom gevolg in die werk in die heiligdom daarbo. En almal wat deur die getuienis van die Skrifte hierdie selfde waarhede aanneem, en Christus deur geloof volg waar Hy voor God ingaan om Sy laaste middelaarswerk te doen, aan die einde waarvan Hy Sy koninkryk ontvang — hulle almal word voorgestel as ingaande na die bruilof.GS 487.2

    In die gelykenis van Mattheus 22, word dieselfde beeld van n bruilof gebruik, en daar word die ondersoekende oordeel voorgestel as ‘n werk wat plaasvind voor die bruilof. Net voor die bruilof kom die koning die gaste ondersoek (Matt. 22: 11), om te sien of almal die bruilofskleed aan het, naamlik die vlekkelose kleed van karakter, gewas en witgemaak in die bloed van die Lam. (Openb. 7: 14.) Die een wat sonder die bruilofskleed aangetref is, is uitgewerp, maar almal wat die bruilofskleed aangehad het, is deur God aangeneem, en waardig geag om ‘n deel in Sy koninkryk te hê en om op Sy troon te sit. Hierdie werk van die ondersoek van die karakter, of die vasstelling wie almal gereed is vir die koninkryk van God, stel die ondersoekende oordeel voor, die slotwerk in die heiligdom daarbo.GS 489.1

    Wanneer die ondersoekingswerk klaar is, wanneer die lewens van almal wat deur die eeue heen bely het dat hulle navolgers van Christus was, ondersoek is, dan, en nie voor daardie tyd nie, sal die genadetyd sluit en die genadedeur toegaan. In daardie een kort sinnetjie, “En die wat gereed was, het saam met Hom ingegaan na die bruilof, en die deur is gesluit,” word ons gebring tot die einde van die Heiland se laaste bediening en tot die tyd wanneer die werk vir die verlossing van die mense voleindig is.GS 489.2

    In die bediening van die aardse heiligdom, wat soos ons gesien het, ‘n sinnebeeld was van die bediening in die hemelse, toe die hoëpriester op die versoendag die Allerheiligste plek binnegegaan het, het die bediening in die eerste afdeling geëindig. Die bevel van God was, “En niemand mag in die tent van samekoms wees as hy ingaan om in die heiligdom versoening te doen voordat hy uitkom nie.” Lev. 16: 17. Toe Christus die Allerheiligste plek binnegegaan het om die laaste deel van Sy versoeningswerk te doen, het Sy bediening in die eerste afdeling opgehou. Maar toe Sy bediening in die eerste afdeling opgehou het, het Sy bediening in die tweede afdeling begin. Toe die hoëpriester in die sinnebeeldige diens die Heilige plek op die versoendag verlaat het, het hy voor God ingegaan met die bloed van die sondoffer ten behoewe van al die Israeliete wat waarlik hulle sondes bely het. Christus het dus maar een deel van Sy werk as middelaar volbring, om ‘n aanvang te neem met die ander deel van Sy werk, en Hy pleit nog Sy bloed voor die Vader ten behoewe van sondaars.GS 489.3

    Hierdie werk is nie in 1844 deur die Adventiste verstaan nie. Na verloop van die tyd waarop hulle die Heiland verwag het, het hulle nog geglo dat Sy koms naby was; hulle het gemeen dat hulle ‘n belangrike krisis bereik het en dat Christus se werk as die mens se middelaar voor God geëindig het. Hulle het gemeen dat die Bybel geleer het dat die mens se genadetyd sou sluit ‘n kort tydjie voor die werklike koms van Christus op die wolke van die hemel. Dit het vir hulle duidelik geblyk uit daardie skrifgedeeltes wat gewys het op ‘n tyd wanneer mense sal soek, klop, en voor die genadedeur staan en roep, maar die deur sal nie oopgemaak word nie. En die vraag waarvoor hulle nou gestaan het, was of die datum waarop hulle die koms van die Here verwag het, nie miskien die begin van hierdie tydperk was wat Sy koms onmiddellik sou voorafgaan nie. Daar hulle die waarskuwing gegee het dat die oordeelsuur naby was, het hulle gevoel dat hulle werk vir die wêreld afgedaan was en hulle het hulle ywer vir die redding van sondaars verloor, terwyl die godslasterende gespot van die goddelose vir hulle slegs verdere bewys was dat die Gees van God onttrek was van diegene wat Sy genade verwerp het. Al hierdie dinge het hulle geloof bevestig dat die genadetyd gesluit het, of soos hulle dit uitgedruk het, dat “die genadedeur gesluit was.”GS 490.1

    Maar met die ondersoek van die onderwerp van die heiligdom het hulle meer lig ontvang. Hulle het nou gesien dat hulle gelyk gehad het om te glo dat die einde van die 2,300 dae in 1844 ‘n belangrike krisis aangedui het. Hoewel dit waar was dat die deur van hoop en genade wat vir agtienhonderd jaar aan die mense toegang tot God verleen het, gesluit was, is daar ‘n ander deur geopen, en vergifnis van sonde kon verkry word deur die middelaarswerk van Christus in die Allerheiligste plek. Die een deel van Sy bediening is afgesluit, sodat ‘n ander deel begin kon word. Daar was nog ‘n “oop deur” in die hemelse heiligdom, waar Christus ten behoewe van die sondaar gedien het.GS 491.1

    Nou is die betekenis besef van die woorde van Christus in Openbaring, wat aan die kerk gerig is juis op hierdie tyd: “Dit sê die Heilige, die Waaragtige, wat die sleutel van Dawid het, wat oopmaak en niemand sluit nie, en Hy sluit en niemand maak oop nie.” Openb. 3: 7, 8.GS 491.2

    Dit is diegene wat Jesus in geloof volg in die groot werk van versoening, wat die seëninge ondervind van Sy middelaarswerk vir hulle; terwyl diegene wat die lig verwerp wat hierdie bedieningswerk openbaar, geen seen ontvang nie. Die Jode wat die lig verwerp het wat gegee is tydens Christus se eerste koms, en wat geweier het om Hom aan te neem as Verlosser van die wêreld, kon geen vergifnis deur Hom ontvang nie. Toe Jesus by Sy hemelvaart deur Sy eie bloed die hemelse heiligdom binnegegaan het om die seëninge van Sy middelaarskap op Sy dissipels uit te stort, is die Jode in algehele duisternis gelaat om voort te gaan met hulle nuttelose offerandes. Die bediening van tipes en skaduwees het geëindig. Die deur waardeur die mense voorheen toegang tot God gehad het, was nou nie meer oop nie. Die Jode het geweier om Hom te soek op die enigste manier waardeur Hy gevind kon word, naamlik deur die bediening in die hemelse heiligdom. Daarom het hulle geen gemeenskap met God gehad nie. Vir hulle was die deur gesluit. Hulle het Christus nie geken as die ware offerande en die enigste middelaar voor God nie; daarom kon hulle nie in die seëninge van Sy middelaarswerk deel nie.GS 492.1

    Die toestand van die ongelowige Jode was ‘n voorstelling van die toestand van die onverskilliges en ongelowiges onder die belydende Christene, wat moedswillig onkundig is aangaande die werk van ons genadige Hoëpriester. In die sinnebeeldige diens, toe die hoëpriester die Allerheiligste plek binnegegaan het, moes die ganse Israel buitekant rondom die heiligdom vergader, en hulle moes hulle siele verootmoedig voor God sodat hulle vergifnis kon ontvang en nie uitgeroei word uit die vergadering nie. Hoe absoluut nodig is dit nie dat ons vandag — die teenbeeld van die versoendag — die werk van ons Hoëpriester sal verstaan en bekend sal wees met wat van ons verwag word.GS 492.2

    Die mens kan nie sonder straf die waarskuwings verwerp wat God in genade stuur nie. In die dae van Noag is daar ‘n boodskap van die hemel gestuur, en die saligheid van die mense het afgehang van die wyse waarop hulle die boodskap aangeneem het. Omdat hulle die waarskuwing verwerp het, is die Gees van God aan die sondige geslag onttrek en hulle het in die sondvloed omgekom. In die tyd van Abraham het genade gepleit net die sondige inwoners van Sodom, en almal behalwe Lot en sy vrou en twee dogters is verdelg deur die vuur wat uit die hemel neergedaal het. So sal dit ook wees in die dae van Christus. Aan die Jode van daardie tyd het die Seun van God gesê, ,Julle huis word vir julle woes gelaat!” Matt. 23: 38. Van diegene wat in die laaste dae lewe, naamlik hulle “Wat die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie,” sê die Here, “Daarom sal God hulle die krag van dwaling stuur, om die leuen te glo, sodat almal geoordeel kan word wat die waarheid nie geglo het nie maar behae gehad in die ongeregtigheid.” 2 Thess. 2: 10-12. Namate hulle die leer van Gods woord verwerp, onttrek God Sy Gees en laat Hy hulle oor aan die dwalings wat hulle liefhet.GS 492.3

    Maar Christus tree nog in ten behoewe van die mens, en lig sal gegee word aan diegene wat daarna soek. Hoewel dit aan die begin nie deur die Adventiste verstaan is nie, het dit later duidelik geword namate die Skrifte wat hulle ware posisie ver-duidelik het voor hulle begin open het.GS 493.1

    Die verbygaan van die tyd in 1844 is gevolg deur ‘n tydperk van groot beproewing vir diegene wat nog vasgehou het aan die Adventgeloof. Die enigste verligting wat hulle ondervind het sover as hulle hulle ware posisie kon vasstel, was die lig wat hulle aandag gevestig het op die heiligdom daarbo. Sommige het hulle geloof opgegee in hulle eertydse berekening van die profetiese tydperke, en hulle het die invloed van die Heilige Gees toegeskryf aan Sataniese werktuie in die Adventbeweging. ‘n Ander klas het steeds volgehou dat die Here hulle gelei het in die verlede; en namate hulle gewag en gebid het om die wil van God te leer, het hulle gesien dat hulle groot Hoëpriester ‘n ander deel van Sy bediening begin het, en Hom navolgende in geloof, is hulle ook daartoe gebring om die slotwerk van die kerk te sien. Hulle het ‘n duidelike begrip gekry van die eerste en die tweede engel se boodskappe, en hulle was gereed om die ernstige waarskuwing van Openbaring 14, aan te neem en dit aan die wêreld te verkondig.GS 493.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents