Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Groot Stryd

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Hoofstuk 35—Gewetensvryheid Bedreig

    ROMANISME (Katolisisme) word tans deur Protestante met groter guns bejeën as in vorige jare. In die lande waar Katolisme nie oorheersend is en waar pousgesindes die weg van versoening inslaan om invloed te verkry, is daar ‘n toenemende onverskilligheid teenoor die leerstellings wat die hervormde kerke skei van die pouslike hiërargie; die mening word algemener dat ons, na alles gesê is, tog nie so baie verskil, op belangrike punte as wat eers gemeen is nie, en dat ‘n bietjie toegewing aan ons kant ons tot ‘n beter verstandhouding sal bring met Rome. Daar was ‘n tyd toe Protestantisme die gewetensvryheid wat hulle so duur gekoop het, baie hoog waardeer het. Hulle het hulle kinders geleer om die Roomse godsdiens te verafsku en hulle was die mening toegedaan dat toenadering tot Rome ontrouheid aan God sou wees. Maar hoe verskillend is die menings nie wat vandag uitgedruk word!GS 637.1

    Die verdedigers van die pousdom verklaar dat die kerk belaster is; en die Protestantse wêreld is geneig om die verklaring aan te neem. Baie meen dat dit nie reg is om die kerk van vandag te oordeel na die gruweldade en afskuwelikhede wat sy regering gekenmerk het gedurende die eeue van onkunde en duisternis nie. Hulle wil die wreedheid van die Roomse Kerk verskoon as iets wat veroorsaak is deur die barbaarsheid van daardie tye, en hulle voer aan dat die invloed van die moderne beskawing die kerk verander het.GS 637.2

    Het hierdie mense dan die aanspraak op onfeilbaarheid vergeet wat vir agthonderd jaar deur hierdie trotse mag gemaak is? Verre daarvandaan om dit op te gee, word hierdie aanspraak in die twintigste eeu met groter beslistheid beklemtoon as ooit tevore. Waar Rome beweer dat die kerk “nooit gedwaal het, en volgens die Skrifte nooit kan dwaal nie” (Mosheim, “Eccl. Hist.” bk. Ill, eeu 11, Deel II, hoojstuk 2 para 9, opmerking 1), hoe kan hy dan die beginsels versaak wat hom in vergange eeue beheers het?GS 638.1

    Die pouslike kerk sal nooit sy aanspraak op onfeilbaarheid laat vaar nie. Alles wat hy gedoen het in sy vervolging van diegene wat sy leerstellings verwerp het, verdedig hy as reg; en sal hy nie weer net so handel as die geleentheid daar is nie? Laat die beperkings wat tans opgelê is deur die burgerlike regering verwyder word, en laat Rome tot sy vorige mag herstel word, en ons sal baie gou weer ‘n herlewing sien van sy tirannie en vervolging.GS 638.2

    ‘n Bekende skrywer sê die volgende van die standpunt van die pouslike hiërargie wat betref vryheid van gewete, en van die gevare wat veral die Verenigde State bedreig as Rome se beleid slaag:GS 638.3

    “Daar is baie wat geneig is om enige vrees vir Rooms-Katolisme in die Verenigde State toe te skryf aan bekrompenheid en kinderagtigheid. Sulke mense sien niks in die houding en karakter van Katolisme wat vyandig is teenoor vrye instellings, en hulle sien geen gevaar in die vinnige uitbreiding daarvan nie. Laat ons in die eerste plek sommige van die grondbeginsels van ons regering stel teenoor die van die Katolieke Kerk.GS 638.4

    “Die konstitusie van die Verenigde State waarborg vryheid van gewete. Niks is belangriker en dierbaarder nie. Pous Pius IX het in ‘n Ensikliek van 15 Augustus 1854 gesê: ,Die belaglike en verkeerde leerstellings en lawaai in verdediging van gewetensvryheid is ‘n verpestelike dwaling—‘n pes wat van alle peste die meeste gevrees moet word in ‘n staat.’ Hierdie selfde Pous het in sy Ensikliek van 8 Desember 1864 ,die banvloek uitgespreek oor diegene wat vryheid van gewete en van godsdiens voorstaan,’ asook oor ,almal wat beweer dat die kerk nie geweld kan gebruik nie.’GS 638.5

    “Die vreedsame stem van Rome in die Verenigde State veronderstel nie ‘n verandering van hart nie. Hy is verdraagsaam waar hy hulpeloos is. Biskop O’Connor sê: ,Godsdiensvryheid word slegs gedoog totdat die teenoorgestelde in werking gebring kan word sonder om die Katolieke wêreld in gevaar te stel.’ . . . Die aartsbiskop van St. Louis het eenkeer gesê ,Kettery en ongeloof is misdade; en in Christenlande, soos byvoorbeeld Italië en Spanje waar al die mense Katolieke is, en waar die Katolieke geloof ‘n belangrike deel uitmaak van die wet van die land, word hierdie dinge gestraf as misdade.’ . . .GS 639.1

    “Elke kardinaal, aartsbiskop, en biskop van die Katolieke Kerk lê ‘n eed van getrouheid af aan die Pous waarin die volgende woorde voorkom: ,Ek sal my uiterste doen om ketters, skeurders, en rebelle teen ons Here [die Pous] of sy voorgangers, te vervolg en te weerstaan.’”—Strong, Dr. Josiah, “Our Country,” hoojstuk 5, para. 1-3.GS 639.2

    Dit is waar, daar is opregte Christene in die Rooms-Katolieke Kerk. Duisende in daardie kerk dien God volgens die lig wat hulle het. Hulle het nie toegang tot Gods woord nie, en daarom sien hulle nie die waarheid nie. Hulle het nog nooit die teenstelling gesien tussen ‘n opregte diens van die hart en die blote vorms en seremonies nie. God bejeën hierdie siele met die grootste teerheid, wat opgelei is in ‘n geloof wat misleidend en onbevredigend is. Hy sal ligstrale laat deurdring tot die groot duisternis wat hulle omring. Hy sal die waarheid soos dit in Jesus is, openbaar. En baie sal uitstaan en by Sy volk aansluit.GS 639.3

    Maar die Roomse godsdiens is vandag net so min in ooreenstemming met die evangelie van Christus as in enige vorige tydperk van sy geskiedenis. Die Protestantse kerke verkeer in groot duisternis, of hulle sou die tekens van die tye bespeur. Die planne en metodes van die Roomse Kerk is verreikend. Rome maak gebruik van elke werktuig om sy invloed en mag uit te brei ter voorbereiding vir ‘n heftige en meedoënlose stryd om wêreldheerskappy te herwin, om weer vervolging in te stel, en om alles te vernietig wat Protestantisme gedoen het. Katolisisme win aan alle kante veld. Om dit te bewys hoef ons maar net te kyk na die steeds toenemende getal kerke en kapelle in Protestantse lande. Kyk maar hoe gewild sy kolleges en seminaries in Amerika is, wat so algemeen ondersteun word deur Protestante. Kyk na die uitbreiding van ritualisme in Engeland, en die toevloei tot die geledere van die Katolieke. Hierdie dinge behoort almal wat die reine beginsels van hierdie evangelie op prys stel, te verontrus.GS 639.4

    Protestante het Katolieke ondersteun; hulle het kompromisse aangegaan en toegewings gemaak wat selfs pousgesindes verbaas het, en wat hulle nie kon verstaan nie. Mense sluit hulle oë vir die ware karakter van Katolisisme, en die gevare wat daar te vrees is van sy opperheerskappy. Dit is tyd dat die volk wakkergeskud word om die toenaderings van hierdie uiters gevaarlike vyand van burgerlike en godsdiensvryheid te weerstaan.GS 640.1

    Baie Protestante is onder die indruk dat die Katolieke godsdiens onaantreklik is, en dat dit uit ‘n lewenlose en betekenlose reeks seremonies bestaan. Hier begaan hulle ‘n fout. Terwyl die Roomse godsdiens op bedrog gebaseer is, is dit nie ‘n growwe en lompe bedrog nie. Die seremonies in verband met die Roomse Kerk is baie indrukwekkend. Die grootse vertoon en plegtige rites betower die sintuie, en maak die stem van rede en die gewete stil. Die oog word gestreel. Pragtige kerkgeboue, indrukwekkende optogte, goue altare, versierde tempels, seldsame skilderye, en pragtige beeldhouwerk, werk op mens skoonheidsgevoel. Ook die oor word gestreel; die musiek is verloklik. Die betowerende klanke van die orrel wat saamsmelt met die melodie van baie stemme waar dit die hoë koepels en suilgalerye van die grootse katedrale vul, kan nie anders as die hart aangryp en dit met ‘n gevoel van ontsag en eerbied vervul nie.GS 640.2

    Hierdie uiterlike prag en praal en seremonies, wat slegs die spot dryf met die verlangens van vermoeide siele, is ‘n bewys van inwendige verderf. Die godsdiens van Christus het nie behoefte aan sulke aantreklikhede om dit aan te beveel nie. In die lig wat van die kruis skyn, is die ware godsdiens so rein en aantreklik dat daar nie uiterlike versierings nodig is om sy waarde groter te maak nie. Dit is die sieraad van heiligheid, ‘n sagmoedige en stille gees, wat in Gods oog van waarde is.GS 640.3

    ‘n Skitterende styl is nie noodwendig ‘n teken van hoë, reine gedagtes nie. ‘n Hoë begrip van kuns, ‘n fyn smaak, word dikwels aangetref by mense wat aards en sinlik is. Hierdie dinge word dikwels deur Satan gebruik om die mens die behoeftes van die siel te laat vergeet, om nie te dink aan die toekoms en die ewige lewe nie, en om hom weg te voer van sy ewige Helper, sodat hy vir hierdie wêreld alleen lewe.GS 641.1

    ‘n Godsdiens wat uit uiterlike dinge bestaan, is aantreklik vir die onwedergebore hart. Die prag en die seremonies van die Katolieke erediens het ‘n verleidelike, betowerende krag, waardeur baie bedrieg word; hulle beskou die Katolieke Kerk as die poort van die hemel. Alleen diegene wat pal staan op die fondament van waarheid, en wie se harte hernuwe is deur die Gees van God, is bestand teen sy invloed. Duisende wat nie ‘n proefondervindelike kennis van Christus het nie sal daartoe gebring word om die vorms van godsaligheid aan te neem sonder die krag. So ‘n godsdiens is net wat die massas begeer.GS 641.2

    Die aanspraak van die kerk om sonde te vergewe, skep ‘n gevoel by die Katoliek dat hy maar kan sondig; en die biegstoel waarsonder sy vergifnis nie verkry kan word nie, het ook ‘n neiging tot onbeperkte sonde. Die persoon wat voor ‘n gevalle mens neerkniel en die geheime van sy hart ontbloot in belydenis, verlaag sy manlikheid, asook elke edele instink van sy wese. Waar hy sy sondes aan ‘n priester bely — aan ‘n dwalende, sondige sterfling, en een wat maar te dikwels besoedel is met wyn en losbandigheid — verlaag hy sy eie karakter, en as gevolg daarvan word hy self besoedel. Sy begrip van God word verlaag tot die ewebeeld van ‘n gevalle mens; want die priesters staan as verteenwoordigers van God. Hierdie verlagende belydenis van ‘n mens aan ‘n mens is die geheime bron waaruit so baie van die boosheid vloei wat die wêreld besoedel en dit berei vir uiteindelike verwoesting. Maar vir hom wat selfbevrediging liefhet, is dit aanneemliker om aan ‘n medesterfling te bely as om sy hart voor God te ontbloot. Dit is aanneemliker vir die menslike natuur om belydenis te doen as om sonde te versaak; dit is makliker om die vlees te dood deur sakke en brandnekels en pynlike kettings, as om die vleeslike luste te kruisig. Swaar is die juk wat die vleeslike hart gewillig is om te dra liewer as om die juk van Christus op te neem.GS 641.3

    Daar is ‘n treffende ooreenkoms tussen die Roomse Kerk, en die Joodse Kerk tydens Christus se eerste koms. Terwyl die Jode in die geheim elke beginsel van die wet van God vertrap het, was hulle uiterlik baie nougeset in die nakoming van die gebooie wat hulle belas het met vereistes en tradisies wat gehoorsaamheid pynlik en swaar gemaak het. Net soos die Jode voorgegee het om die wet te eerbiedig, so ook maak die Katolieke daarop aanspraak dat hulle die kruis eerbiedig. Hulle verhef die simbool van Christus se lyding, terwyl hulle in hulle lewens Hom loën wat deur die kruis voorgestel word. Die Katolieke het kruise aan hulle kerke, aan hulle altare, en aan hulle klere. Orals kan daar kruise gesien word. Orals word dit uiterlik vereer en verhef. Maar die leer van Christus is bedolwe onder ‘n massa van betekenlose tradisies, valse verklarings, en harde vereistes. Die Heiland se woorde aangaande die dweepsugtige Jode, is met groter krag van toepassing op die leiers van die Rooms-Katolieke Kerk: “Hulle bind pakke saam wat swaar en moeilik is om te dra, en sit dit op die skouers van die mense, maar self wil hulle dit met hulle vinger nie verroer nie.” Matt. 23: 4. Bekommerde siele word in gedurige vrees gehou van die wraak van ‘n beledigde God, terwyl vele van die waardigheidsbekleërs van die kerk in weelde en singenot lewe.GS 642.1

    Die aanbidding van beelde en relikwieë, die aanroeping van heiliges, en die verheffing van die Pous, is almal planne van Satan om die aandag van die mense af te trek van God en van Sy Seun. Om hulle ondergang te bewerk, trag hy om hulle aandag af te trek van Hom deur wie hulle alleen die verlossing kan verkry. Hy sal hulle op enige voorwerp wys wat hulle in die plek kan stel van die Een wat gesê het, “Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.” Matt. 11: 28.GS 642.2

    Satan is gedurig daarop uit om Gods karakter verkeerd voor te stel, asook die aard van die sonde en die dinge wat op die spel is in die groot stryd. Sy drogredes verminder die vereistes van die goddelike wet, en gee toestemming aan die mens om te sondig. Terselfdertyd lei hy hulle daartoe om valse begrippe van God te koester, sodat hulle Hom beskou met vrees en haat, liewer as met liefde. Die wreedheid van sy eie natuur skryf hy aan die Skepper toe; dit word in die godsdienstige stelsels opgeneem en dit vind uitdrukking in die metodes van aanbidding. Op hierdie manier word die verstand van mense verblind, en verkry Satan hulle as werktuie in sy oorlog teen God. Deur verdraaide begrippe van die goddelike eienskappe, is heidense volke daartoe gebring om menslike offerandes te offer om die guns van die godheid te win; en vreeslike wreedhede is gepleeg onder die verskillende vorms van afgodediens.GS 642.3

    Die Rooms-Katolieke Kerk, die vorms van Paganisme met die Christelike godsdiens verbindende, en soos Paganisme die karakter van God vals voorstellende, het hom begeef tot praktyke nie minder wreed en weersinwekkend nie. In die dae van Rome se oppergesag is daar martelinstrumente gebruik om mense te dwing om sy leerstellings aan te neem. Die brandstapel was daar vir diegene wat nie wou toegee aan sy eise nie. Daar was bloedbaddens op ‘n skaal wat nooit geken sal word tot eers in die oordeel nie. Waardigheidsbekleërs van die kerk het onder Satan, hulle meester, geleer om werktuie vir die wreedste foltering te gebruik, maar so dat die lewe van die slagoffer nogtans behoue bly. In baie gevalle is die helse proses herhaal tot die uiterste van menslike uithouvermoë, en totdat die natuur die stryd opgee, en die Iyer die dood verwelkom het as ‘n heerlike bevryding.GS 643.1

    Dit was die lot van Rome se teenstanders. Vir sy eie gelowiges het hy die dissipline van die gesél, honger, en die foltering van alle bedinklike soorte liggaamlike straf gehad. Om die guns van die hemel te win, het boetvaardiges die wet van God oortree deur die wette van die natuur te oortree. Hulle is geleer om die bande te verbreek wat Hy geskep het om die mens se verblyf op die aarde te seen en te veraangenaam. Die kerkhowe bevat miljoene slagoffers wat hulle lewens bestee het aan vergeefse pogings om hulle natuurlike liefde en elke gedagte en gevoel van medelyde met hulle medemens te onderdruk, omdat dit, soos hulle gemeen het, aanstootlik is vir God.GS 643.2

    As ons die vasberade wreedheid van Satan wil verstaan wat hy vir honderde jare reeds geopenbaar het, nie onder diegene wat nog nooit van God gehoor het nie, maar in die hart van die Christendom, hoef ons net te kyk na die geskiedenis van die Katolieke Kerk. Deur hierdie reusestelsel van bedrog bereik die vors van die bose sy doel om oneer aan God en ellende aan die mens te bring. En waar ons sien hoedat hy daarin slaag om homself te vermom en sy doel te bereik deur die leiers van die kerk, sal ons beter verstaan waarom hy so teen die Bybel gekant is. As daardie Boek gelees sou word, sou die genade en liefde van God geopenbaar word; en daar sou ontdek word dat Hy geeneen van die swaar laste op die mense lê nie. Al wat Hy vra, is ‘n gebroke en boetvaardige hart, ‘n nederige, gehoorsame gees.GS 643.3

    Christus het geen voorbeeld in sy lewe aan manne en vroue gegee om hulleself in kloosters op te sluit om hulle geskik vir die hemel te maak nie. Hy het nooit geleer dat liefde en medelyde onderdruk moet word nie. Die Heiland se hart het oorgeloop van liefde. Hoe nader die mens tot sedelike volmaaktheid kom, hoe skerper word sy sintuie; hoe sterker sy waarnemingsvermoëns om die sonde te sien, hoe groter sy medelyde met die lydendes. Die Pous maak daarop aanspraak dat hy die plaasvervanger van Christus is; maar hoe steek sy karakter af by die karakter van ons Heiland? Het Christus ooit mense na die gevangenis of die pynbank gestuur omdat hulle nie aan Hom hulde betoon het as die Koning van die hemel nie? Het Hy ooit diegene tot die dood veroordeel wat Hom nie wou aanneem nie? Toe Hy deur die mense van ‘n Samaritaanse dorpie beledig is, het die apostel Johannes verontwaardigend gevra: “Here, wil U hê ons moet sê dat vuur van die hemel afdaal en hulle verteer, soos Elia ook gedoen het?” Lukas 9: 54. Jesus het Sy dissipel met ontferming aangekyk, en sy harde gees veroordeel deur te sê, “Die Seun van die mens het nie gekom om die mense se siele te verderf nie, maar te red.” Lukas 9: 56. Hoe anders is die gees wat deur Christus geopenbaar is as die van Sy sogenaamde plaasvervangers.GS 644.1

    Die Roomse Kerk toon nou sy mooi kant aan die wêreld, en sy verskriklike wreedhede van die verlede word met verskonings bedek. Hy het Christelike klere aangetrek; maar hy is nog dieselfde. Elke beginsel van die pousdom wat in die verlede bestaan het, bestaan vandag nog. Die leerstellings wat in die Middeeue uitgedink is, word nog gehandhaaf. Laat niemand homself bedrieg nie. Die pousdom wat die Protestante so gereed is om te vereer, is nog dieselfde as die wat die wêreld regeer het in die tyd van die Hervorming toe manne van God opgestaan en in lewensgevaar sy sondes aan die kaak gestel het. Hy besit vandag nog dieselfde hoogmoed en aanmatiging waardeur hy baasgespeel het oor konings en vorste, en die prerogatiewe van God vir hom toegeëien het. Sy gees is nie minder wreed en despoties vandag as wat dit was toe hy menslike vryheid vernietig en die heiliges van die Allerhoogste gedood het nie.GS 644.2

    Die pousdom is presies wat die profesie verklaar het dat dit sou wees, naamlik die afvallige mag van die laaste dae. (2 Thess. 2: 3, 4.) Dit maak deel uit van sy beleid om die karakter aan te neem waardeur hy sy doel die beste kan bereik; maar onder die gedurige verandering soos ‘n verkleurmannetjie bedek hy die gif van die slang. “Daar moet geen gemeenskap gehou word met ketters of persone wat van kettery verdink word nie,” verklaar hy.(Lenfant, “History of the Council of Constance,” Deel 1, bl. 516, ed. 1728.)Sal hierdie mag, wie se geskiedenis vir ‘n duisend jaar in die bloed van die heiliges geskryf is, nou erken word as deeluitmakende van die Christelike kerk?GS 645.1

    Dit is nie sonder rede dat daar vandag in Protestantse lande bewcer word dat Katolisisme nou minder verskil van Protestantisme as in vorige tye. Daar het ‘n verandering plaasgevind; maar nie ‘n verandering in die pousdom nie. Katolisisme lyk vandag gewis baie op die hedendaagse Protestantisme; maar dit is omdat Protestantisme so ontaard het sedert die dae van die Hervormers.GS 645.2

    Namate die Protestante die guns van die wêreld gesoek het, het ‘n valse goedwilligheid hulle oë verblind. Hulle sien nie in dat dit nie reg is om goed van kwaad te dink nie; en die onvermydelike gevolg sal wees dat hulle uiteindelik kwaad sal dink van alles wat goed is. In stede om die geloof wat eenmaal aan die heiliges oorgelewer is, te verdedig, maak hulle vandag as ‘t ware verskoning aan Rome vir die onchristelike opinies wat hulle teen hom gekoester het, en hulle vra vergifnis vir hulle bekrompenheid.GS 645.3

    ‘n Aansienlike klas, selfs van diegene wat nie gunstig gesind is teenoor Rome nie, het min besef van die gevaar van sy mag en invloed. Vele voer aan dat die verstandelike en sedelike duisternis wat gedurende die Middeleeue geheers het, die verspreiding aangehelp het van sy dogmas, bygeloof, en verdrukking, en dat die vermeerderde intelligensie van moderne tye, die al-gemene verspreiding van kennis, en die toenemende liberaliteit wat die godsdiens betref, ‘n herlewing van die onverdraagsaamheid en tirannie van Rome sal belet. Selfs die gedagte daaraan dat so ‘n toestand van sake in hierdie verligte eeu kan ontstaan, word as belaglik beskou. Dit is waar dat baie lig op intellektuele, morele, en godsdienstige gebied vandag op hierdie geslag skyn. Deur Gods heilige woord het daar lig uit die hemel op die wêreld geskyn. Maar daar moet onthou word dat hoe groter die lig, hoe groter die duisternis van diegene wat dit misbruik of verwerp.GS 646.1

    ‘n Biddende ondersoek van die Bybel sal die ware karakter van die pousdom aan Protestante toon, en dit sal hulle daartoe bring om dit te vermy en te verafsku; maar vele is so wys in hulle eie vermetelheid dat hulle geen behoefte voel om God nederig te vra om hulle in die waarheid te lei nie. Ofskoon hulle trots is op hulle verligting, is hulle onkundig beide wat die Skrifte en die krag van God betref. Hulle moet die een of ander middel hê om hulle gewetens te sus; en hulle soek die middel wat die minste vernederend en geestelik is. Wat hulle begeer is ‘n metode waardeur hulle God kan vergeet terwyl hulle dit voordoen as ‘n metode waardeur hulle Hom onthou. Die pousdom is wel daarop bereken om in die behoeftes van sulkes te voorsien. Dit is berei vir twee klasse van mense wat byna die ganse wêreld insluit — naamlik diegene wat deur hulle eie verdienste gered wil word, en diegene wat in hulle sondes gered wil word. Hierin lê die mag van die pousdom.GS 646.2

    Daar is bewys dat tye van groot verstandelike duisternis gunstig is vir die sukses van die pousdom. Maar daar sal nog bewys word dat ‘n tyd van groot verstandelike verligting net so gunstig is vir sy sukses. In die verlede, toe mense sonder Gods woord en sonder ’n kennis van die waarheid was, was hulle oë verblind en duisende is verstrik omdat hulle nie die net gesien het wat vir hulle gespan was nie. In hierdie geslag is daar vele wie se oë verblind is deur die skerpe glans van menslike spekulasies—“valslik sogenaamde kennis”; hulle sien nie die strik nie, en stap daarin asof hulle geblinddoek is. Dit was Gods plan dat die mens se intellektuele kragte beskou moes word as ’n gawe van sy Skepper, en dat dit gebruik moes word in die diens van waarheid en geregtigheid; maar wanneer hoogmoed en ambisie gekoester word, en die mens sy teorieë verhef bokant die woord van God, dan kan intelligensic meer kwaad doen as onkunde. So sal die valse wetenskap van vandag, wat geloof in die Bybel ondermyn, net so suksesvol wees om die weg te berei vir die pousdom, met al sy strelende vorms, as wat die onthouding van kennis was in die opening van die weg vir sy verheerliking in die Middeleeue.GS 646.3

    Deur die beweging wat tans in die Verenigde State aan die gang is om staatsondersteuning te verkry vir die instellings en gebruike van die kerk, is Protestante besig om in die voetstappe van Katolieke te wandel. Nee, nog meer, hulle is besig om die deur oop te maak vir die pousdom om die oppergesag in Protestantse Amerika te verkry wat hy in die Ou Wêreld verloor het. En wat groter betekenis gee aan hierdie beweging is die feit dat die hoofdoel daarvan verpligtende Sondagviering is — ’n gebruik wat sy oorsprong in die Rooms-Katolieke Kerk het, en wat daardie kerk aanvoer as die teken van sy gesag. Dit is die gees van die pousdom — naamlik die gees van gelykvormigheid aan wêreldse gebruike, die verering van menslike tradisies bokant die van God — waarvan die Protestantse kerke deurtrokke is en wat hulle lei om Sondag op dieselfde manier te verhef soos die pousdom voor hulle gedoen het.GS 647.1

    As die leser die werktuie wil verstaan wat in die aanstaande stryd gebruik sal word, hoef hy maar net die middels na te gaan wat in die verlede deur Rome gebruik is om dieselfde doel te bereik. As hy wil weet hoedat verenigde Katolieke en Protestante sal handel met diegene wat hulle leer verwerp, laat hom dan maar let op die gees wat Rome geopenbaar het teenoor die Sabbat en sy verdedigers.GS 647.2

    Koninklike edikte, algemene konsilies, kerklike instellings toegepas deur die burgerlike mag — dit was die stappe waardeur die heidense feesdag sy posisie van eer verkry het in die Christelike wêreld. Die eerste openbare maatreël waardeur Sondagviering verpligtend gemaak is, was die wet wat Constantyn uitgevaardig het. (321 n.C., sien Aanhangsel.) Hierdie edik het bepaal dat die dorpsbewoners op die “eerbiedwaardige dag van die son,” moes rus; maar dit het die plattelandse bewoners nie belet om hulle plaaswerk voort te sit nie. Hoewel dit feitlik ‘n heidense wet was, was dit nogtans deur die keiser toegepas na sy sogenaamde aanname van die Christelike geloof.GS 648.1

    Omdat hierdie keiserlike mandaat nie ‘n genoegsame plaasvervanger van die goddelike gesag was nie, het Eusebius, ‘n biskop wat die guns van die vorste gesoek het, en wat ‘n spesiale vriend en bewonderaar van Constantyn was, beweer dat Christus die Sabbat oorgeplaas het op Sondag. Nie ‘n enkele teks kan aangevoer word om hierdie nuwe leerstelling te staaf nie. Onwetend het Eusebius self die valsheid van die verandering erken, en hy wys ons op die ware bewerkers van die verandering. “Alle dinge,” het hy geskryf, “wat dit ons plig was om op die Sabbat te doen, dit het ons oorgeplaas op die dag van die Here.”—Cox, R., “Sabbath Laws and Sabbath Duties,” bl. 538 (ed. 1853). Maar die Sondagsargument, ongegrond soos dit was, het die mense aanleiding gegee om die Sabbat van die Here te vertrap. Almal wat na die eer van die wêreld gesoek het, het hierdie gewilde feesdag aangeneem.GS 648.2

    Namate die pousdom bevestig is, het die verheffmg van Sondag voortgegaan. Vir ‘n tyd het die mense aangegaan met hulle landbouwerk wanneer hulle nie die kerkdienste bygewoon het nie, en die sewende dag was nog beskou as die Sabbat. Maar langsamerhand het die verandering gekom. Diegene wat ‘n heilige amp beklee het, is verbied om enige burgerlike geskil op Sondag te verhoor. Kort daarna is alle mense, van watter rang ookal, beveel om hulle van gewone werk te onthou op straf van ‘n boete vir vrymense, en slae in die geval van slawe. Later is daar bepaal dat ryk mense gestraf moes word met die verlies van die helfte van hulle goed; en eindelik, as hulle volhard in hulle ongehoorsaamheid, sou hulle slawe word. Die laer klasse sou vir altyd verban word.GS 649.1

    Ook is daar gebruik gemaak van wonderwerke om te help. Onder ander is daar vertel hoedat ‘n landbouer sy grond op Sondag wou ploeg, en sy ploeg met ‘n stuk yster wou skoonmaak. Die stuk yster het aan sy hand vasgesit, en hy moes dit so in sy hand dra vir twee jaar, “in verskriklike pyn en tot groot skande.”West, Francis, “Historical and Practical Discourse on the Lord’s Day,” bl. 174.GS 649.2

    Later het die Pous beveel dat die wykspriester diegene wat Sondag verontheilig het, moes bestraf en dat hy hulle moes gebied om kerk-toe te gaan en hulle gebede op te sê om ‘n groot ramp op hulleself of hulle bure te verhoed. ‘n Kerklike konsilie het die argument aangevoer, ‘n argument wat later ook deur Protestante gebruik is, dat persone deur weerlig getref is terwyl hulle op Sondag gewerk het, en dat Sondag dus die Sabbat moes wees. “Dit is duidelik,” het die prelate gesê, “hoe verskriklik dit God mishaag as hulle hierdie dag veronagsaam.” Daar is toe ‘n beroep gedoen op priesters en predikante, konings en vorste, en op alle gelowiges, “om alle pogings te maak en sorg te dra dat die dag herstel sal word tot sy posisie van eer, en dat dit, vir die welsyn van die Christendom, van tyd tot tyd nougesetter gevier moes word.”—Morer, Tho., “Discourse in Six Dialogues on the Name, Notion, and Observation of the Lord’s Day,” bl. 271 (ed. 1701).GS 649.3

    Omdat die dekrete van konsilies nie genoeg was nie, is die burgerlike outoriteite gevra om ‘n edik uit te vaardig wat vrees by die mense sou aanjaag en wat hulle sou dwing om hulle van werk te onthou op Sondag. Op ‘n sinode wat in Rome gehou is, is alle vorige besluite met groter krag en plegtigheid herbeklemtoon. En hulle is opgeneem in die kerklike wet, en deur die burgerlike owerhede verpligtend gemaak deur byna die hele Christendom.(Sien Heylyn, “History oj the Sabbath,” Deel 11, hoofstuk 5, ajdeling 7.) GS 650.1

    Maar steeds het die gemis aan skriftuurlike gesag vir Sondagviering groot verleentheid veroorsaak. Die mense wou weet waar hulle leraars die reg gekry het om die positiewe verklaring van Jehova, “Die sewende dag is die Sabbat van die Here jou God,” tersyde te stel ten einde die dag van die son te vereer. Weens die gebrek aan Bybelse bewys moes hulle hulle toevlug neem tot ander dinge. ‘n Ywerige voorstander van Sondag, wat teen die einde van die twaalfde eeu die kerke van Engeland besoek het, is deur getroue getuies vir die waarheid weerstaan, en so vrugteloos was sy pogings dat hy die land vir ‘n tyd verlaat het om middels te soek om sy leerstellings te bekragtig. Toe hy weer terug was, het hy die middels gehad en hy het met groter sukses gewerk. Hy het met hom ‘n rol saamgebring waarvan beweer is dat dit van God Self afkomstig was, en dat dit die nodige bevel vir Sondagviering bevat het, asook vreeslike dreigemente om die ongehoorsames bang te maak. Hierdie kostelike dokument — net so vals as die instelling wat dit wou bewys —sou kastig uit die hemel geval het, en dit is beweer dat dit in Jerusalem, op die altaar van St. Simeon op Golgota gevind is. Maar die feit is, dat die pouslike paleis in Rome die plek is waar dit vandaan gekom het. Bedrog en vervalsings om die mag en voorspoed van die kerk te bevorder, is middels wat in alle eeue deur die pouslike hiërargie gebruik is as wettig.GS 650.2

    Volgens hierdie rol is werk verbied van die negende uur, naamlik van drie-uur op Saterdagmiddag tot sonop Maandag; en daar is beweer dat die gesag van hierdie dokument deur baie wonderwerke bevestig is. Daar is beweer dat mense wat op die verbode tyd gewerk het, met beroerte geslaan is. ‘n Meulenaar wat sy koring gemaal het, sou pleks van meel ‘n stortvloed van bloed sien uitkom, en die wiel van die meule wou nie beweeg ten spyte van die sterk stroom water nie. ‘n Vrou wat haar deeg in die oond sou geplaas het, moes dit weer rou uithaal hoewel die oond baie warm was. ‘n Ander een, wat die deeg gereed gehad het net toe die negende uur aanbreek, maar wat besluit het om dit te laat oorstaan tot Maandag, sou die volgende dag ontdek het dat die deeg in brode opgemaak en klaargebak was deur goddelike krag. ‘n Man wat brood gebak het na die negende uur op Saterdag, het die volgende more ontdek dat daar bloed uit die brood gestroom het. Deur sulke belaglike en bygelowige fabrikasies het die voorstanders daarvan probeer om die heiligheid van die dag te bewys.(Sien Roger de Hoveden, “Annais,” Deel II, bls. 528-530; ed. Bohn.)GS 650.3

    In Skotland, sowel as in Engeland, is daar groter agting vir Sondag verkry deur ‘n deel van die outydse Sabbat daaraan te verbind. Maar die tyd wat geheilig moes word, het gedurig verskil. In ‘n edik uitgevaardig deur die koning van Skotland is daar bepaal dat “Saterdag van twaalfuur af heilig beskou moes word,” en dat niemand van daardie tyd af tot Maandagmore enige wêreldlike sake moes doen nie.(Morer, “Dialogues on the Lord’s Day,” bls. 290, 291.)GS 651.1

    Maar nieteenstaande al die pogings om die heiligheid van Sondag te bevestig nie, het pousgesindes self die goddelike gesag vir die Sabbat bely en die menslike oorsprong van die instelling wat dit vervang het, erken. In die sestiende eeu het ‘n pouslike konsilie duidelik verklaar: “Laat alle Christene onthou dat die sewende dag deur God geheilig is, en dat dit ontvang en gevier is, nie alleen deur die Jode nie, maar deur alle ander mense wat voorgegee het om God te dien; alhoewel ons as Christene hulle Sabbat verander het in die dag van die Here.”-—Id., bls. 281, 282. Diegene wat hulle hande geslaan het aan die goddelike wet het die karakter van hulle werk besef. Hulle het hulleself openlik bokant God gestel.GS 651.2

    In die langdurige en bloedige vervolging van die Waldense, het ons ‘n treffende voorbeeld van Rome se beleid teenoor diegene wat van hom verskil. Sommige van die Waldense het die Sabbat gevier. Ook ander is op dergelike wyse vervolg weens hulle getrouheid aan die vierde gebod. Die geskiedenis van die kerke in Etiopië en Abessinië lewer treffende voorbeelde hiervan. In die duisternis van die Middeleeue is die Christene van Sentraal-Afrika vergeet deur die wêreld, en vir baie eeue het hulle vryheid van hulle geloof geniet. Maar uiteindelik het Rome van hulle verneem, en die keiser van Abessinië is gou oorgehaal om die Pous te erken as die plaasvervanger van Christus. Daar is ook ander toegewings gemaak. Daar is ‘n edik uitgevaardig wat die viering van die Sabbat op die kwaaiste straf verbied het.(Sien “Church History of Ethiopia,” bls. 311, 312.)Maar die pouslike tirannie het eerlank so ondraaglik geword dat die Abessiniërs besluit het om die juk af te werp. Na ‘n heftige stryd, is die Katolieke uit die land verban, en die outydse geloof is weer herstel. Die kerke het hulle verbly in hulle vryheid, en hulle het nooit die les vergeet wat hulle geleer het van die bedrog en fanatisme, en die despotiese mag van Rome nie. Hulle was tevrede om in hulle eensame land te woon, onbekend aan die res van die Christendom.GS 651.3

    Die kerke van Afrika het die Sabbat gevier soos dit deur die pouslike kerk gevier is voor sy totale afvalligheid. Terwyl hulle die sewende dag gehou het in gehoorsaamheid aan die gebod van God, het hulle hulle van werk onthou op Sondag ooreenkomstig die gebruik van die kerk. Met die verkryging van oppergesag, het Rome die Sabbat van God vertrap om sy eie Sabbat te verhef; maar die kerke van Afrika, vir byna ‘n duisend jaar in onbekendheid, het nie in hierdie afvalligheid gedeel nie. Toe hulle onder die mag van Rome gebring is, is hulle gedwing om die ware Sabbat te versaak en die valse te verhef; maar sodra hulle hulle onafhanklikheid herwin het, het hulle weer die vierde gebod gehoorsaam. (Sien Aanhangsel.)GS 652.1

    Hierdie oorkondes van die verlede openbaar duidelik die vyandigheid van Rome teenoor die ware Sabbat en sy verdedigers, asook die middels wat hy gebruik het om sy instelling te vereer. Die woord van God leer ons dat hierdie tonele herhaal sal word wanneer Rooms-Katolieke en Protestante verenig in die verheffing van Sondag.GS 652.2

    Die profesie van Openbaring 13 verklaar dat die mag wat voorgestel is deur die dier met die lams-horings sal “maak dat die aarde en die wat daarop woon” die pousdom aanbid — naamlik die mag wat voorgestel is deur die dier wat lyk “soos ‘n luiperd.” Ook sal die dier met die twee horings sê “vir die bewoners van die aarde dat hulle ‘n beeld moet maak vir die dier;” en wat meer is, sal “hy maak dat aan almal die kleintjies en die grotes, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe ‘n merk . . . gegee is,” naamlik die merk van die dier. (Openb. 13: 11-16.) Daar is aangetoon dat die Verenigde State die mag is wat voorgestel is deur die dier met die lamshorings en dat hierdie profesie vervul sal word wanneer die Verenigde State Sondagviering verpligtend maak, naamlik die dag wat volgens Rome die merkteken van sy gesig is. Maar in hierdie huldebetoning aan die pousdom sal die Verenigde State nie alleen staan nie. Die invloed van Rome in die lande wat voorheen sy heerskappy erken het is nog glad nie dood nie. Die profesie voorspel ‘n herstelling van daardie mag. “Ek het een van sy koppe gesien net of dit dodelik gewond was, en sy dodelike wond is genees. En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aangegaan.” Openb. 13: 3. Hierdie dodelike wond is toegedien tydens die val van die pousdom in 1798. Verder sê die profeet, “Sy dodelike wond is genees en die hele wêreld het verwonderd agter die dier aangegaan.” Paulus het duidelik verklaar dat “die mens van die sonde” sou bestaan tot die tweede koms van Christus. (2 Thess. 2: 3-8.) Tot die einde toe sal hy sy werk van bedrog voortsit. En, verwysende na die pousdom, verklaar Johannes ook, “Al die bewoners van die aarde sal hom aanbid, wie se name van die grondlegging van die wêreld af nie in die boek van die lewe . . . geskrywe is nie.” Openb. 13: 8. In beide die Ou en die Nuwe Wêreld sal daar hulde betoon word aan die pousdom deur die verering van Sondag. naamlik die instelling wat uitsluitlik berus op die gesag van die Roomse Kerk.GS 652.3

    Vir meer as ‘n halfeeu reeds is ondersoekers van die profesieë in die Verenigde State besig om hierdie getuienis aan die wêreld te verkondig. In die gebeurtenisse wat tans plaasvind bereik ons vinnig die tyd vir die vervulling van hierdie voorspelling. Protestantse leraars kan net so min goddelike gesag en skriftuurlike bewys vir Sondagviering aanvoer as die pouslike leiers wat met verdigte wonderwerke voor die dag moes kom om die plek van ‘n goddelike bevel in te neem. Die bewering dat die oordele van God mense sal tref vir die ontheiliging van die Sondag-sabbat, sal herhaal word; dit word reeds gedoen. En die beweging om Sondagviering verpligtend te maak, win vinnig veld.GS 653.1

    Die Roomse Kerk is baie slim en listig. Hy kan vooruit sien wat sal gebeur. Hy wag sy tyd af, en hy sien dat die Protestantse kerke hulde aan hom betoon deur hulle aanname van die valse Sabbat en dat hulle reëlings tref om dit verpligtend te maak deur dieselfde middels as wat hy in die verlede gebruik het. Diegene wat die lig van die waarheid verwerp, sal nog gaan hulp soek by hierdie beweerde onfeilbare mag om ‘n instelling te verhef van daardie selfde mag. Hoe gewillig Rome sal wees om Protestante in hierdie werk te help, is nie moeilik om te sien nie. Wie verstaan beter as die pouslike leiers hoe om te handel met diegene wat die kerk ongehoorsaam is?GS 654.1

    Die Rooms-Katolieke Kerk, met sy baie vertakkings in die wêreld, is ‘n magtige organisasie onder die beheer en in die belang van die pouslike stoel. Sy miljoene lidmate in alle lande van die wêreld word geleer dat hulle trou verskuldig is aan die Pous. Wat ook al hulle nasionaliteit of regering, moet hulle die gesag van die kerk beskou as die hoogste gesag. Hoewel hulle trou mag sweer aan ‘n staat, is hulle eed van gehoorsaamheid aan Rome sterker, en dit stel hulle vry van enige belofte wat bots met sy belange.GS 654.2

    In die geskiedenis kan ons lees van sy slim, en volhardende pogings om in te meng in die sake van volke; en hoedat hy, nadat hy daarin geslaag het, vir sy eie doeleindes werk selfs tot ondergang van die vorste en die volk. In die jaar 1204 het Pous Innocentius III die volgende buitengewone eed afgedwing aan Petrus II, koning van Arragon: “Ek, Petrus, koning van die Arragoniërs, bely en belowe om steeds getrou en gehoorsaam te wees aan my heer, Pous Innocentius, sy Katolieke opvolgers, en die Roomse Kerk; en om getrou my koninkryk gehoorsaam aan hom te hou, om die Katolieke geloof te verdedig, en om ketterse laaghede te vervolg.”— Dowling, J., “History oj Romanism,” boek V, hoofstuk 6, ajdeling 55.Dit stem ooreen met die aansprake aangaande die Roomse opperpriester, dat dit “vir hom wettig is om keisers te onttroon, en dat hy onderdane kan onthef van hulle eed van trou aan onregverdige heersers.”— Mosheim, “Ecclesiastical History,” boek III, eeu elj, deel II, hoojstuk 2, ajdeling 9, opmerking 8 (vertaling deur Murdock). Sien Aanhangsel.GS 654.3

    En onthou, Rome spog daarmee dat hy nooit verander nie. Die beginsels wat neergelê is deur Gregorius VII en Innocentius III is nog die beginsels van die Rooms-Katolieke Kerk. En as hy maar net die mag gehad het, sou hy daardie beginsels handhaaf met net soveel ywer as in vervloë eeue. Protestante besef nie wat hulle doen nie wanneer hulle aan die hand doen om die hulp van Rome te aanvaar in die verheffing van Sondag. Terwyl hulle in beslag geneem word met die uitvoering van hulle doel, mik Rome na die herstel van sy mag en die herstel van sy verlore opperheerskappy. As die beginsel eers eenmaal bevestig is in die Verenigde State dat die kerk staatshulp mag inroep of beheers, dat godsdienstige instellings deur burgerlike wette verpligtend gemaak kan word; kortliks, om die gesag van kerk en staat te gebruik om die gewete te dwing, dan is die oorwinning van Rome in hierdie land verseker.GS 655.1

    Gods woord het ons gewaarsku van die dreigende gevaar; laat dit veronagsaam word, en die Protestantse wêreld sal gou weet wat die doelwit van Rome wel is, maar wanneer dit te laat is om te ontsnap uit die strik. Ongemerk neem hy in mag toe. Sy leerstellings oefen invloed uit in volksrade, die kerke, en in die harte van mense. Hy bou steeds sy grootse, massiewe geboue, in die geheime bêreplekke waarvan hy sy vorige vervolgings sal herhaal. Stil, en onverdag, versterk hy sy magte om sy eie doel te bereik wanneer die tyd vir hom aanbreek om op te tree. Al wat hy nog begeer is vatkans, en dit is alreeds aan hom gegee. Eerlank sal ons sien en ook voel wat die doel van die Roomse Kerk is. Wie ookal die woord van God aanneem en gehoorsaam, sal daardeur verwyt en vervolging op die hals haal.GS 655.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents