Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Groot Stryd

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "undefined".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    AANHANGSEL

    Algemene Opmerkings

    Bladsy 57. Titels.— In ‘n paragraaf wat deel uitmaak van die Roomse kanonieke wet, verklaar Pous lnnocentius III dat die Roomse opperpriester “die onderkoning op die aarde, nie van ‘n gewone mens nie, maar van God Self” is; en in ‘n verklaring van die paragraaf word daar verduidelik dat dit so is omdat hy die onderkoning van Christus is, “waaragtig God en waaragtig mens.” (Sien Decretal. D. Gregor. Pap. IX. lib. 1. de translat. Episc. tit. 7. c. 3. Corp. Jur. Canon, ed. Parys, 1612; tom. II. Decretal, col. 205.)GS 763.1

    Vir die titel, “Here God die Pous,” sien ‘n uitleg van die “Extravagantes” van Pous Johannes XXII, titel 14, kap. 4, ,Declaramus” In ‘n Antwerpse uitgawe van die “Extravagantes,” gedateer 1584, staan die volgende woorde in kolom 153: ,Dominum Deum nostrum Paparn” (“Onse Here God die Pous”). In ‘n Paryse uitgawe, gedateer 1612, kom die woorde in kolom 140 voor. In verskillende uitgawes wat sedert 1612 verskyn het, word die woord “Deum” (“God”) weggelaat.GS 763.2

    Bladsy 58. Aanbidding van Beelde.—“Die aanbidding van beelde . . . was een van die vorms van bederf van die Christendom wat heimelik en byna ongemerk en onsigbaar die kerk binnegesluip het. Die bederf het nie, soos ander ketterye nie, plotseling ontwikkel nie; want in daardie geval sou dit besliste veroordeling en bestraffing uitgelok het; maar onder ‘n mooi dekmantel is die een gebruik na die ander so geleidelik in verband daarmee ingevoer, dat die kerk diep in werklike afgodediens gedompel was, en dit nie alleen sonder enige doeltreffende teenstand nie, maar byna sonder enige beswaar; en toe daar eindelik wel ‘n poging gemaak is om dit uit te roei, is daar gevind dat die kwaad te diep wortel geskied het om uit te roei ... die oorsprong daarvan moet gesoek word in die afgodiese neiging van die menslike hart en in sy geneigdheid om die skepsel meer te dien as die Skepper. . . .GS 763.3

    “Eers was daar beelde en skilderye in die kerk ingevoer, nie om aanbid te word nie, maar of in die plek van boeke om diegene wat nie kon lees nie te leer, of om die gees van toewyding by ander op te wek. Hoe ver hulle ooit aan hierdie doel beantwoord het, is twyfelagtig; maar selfs waar ons toegee dat dit vir ‘n tyd die geval was, het dit spoedig opgehou om die geval te wees, en daar is bevind dat die skilderye en beelde wat in die kerk gebring is, die verstand van die onkundiges eerder benewel as verlig het —dat dit die godsdiens van die aanbidder eerder verlaag as verhoog het. Hoeseer hierdie dinge ook bedoel was om die mens se hart op God te vestig, het hulle eindelik die mens weggelei van die aanbidding van God tot die aanbidding van geskape voorwerpe.”—J. Mendham, “The Seventh General Council, the Second of Nicaea,” Inleiding, bis. iii-vi.GS 763.4

    Vir ‘n verslag van die handelinge en besluite van die Tweede Konsilie van Nicea, 787 n.C. wat belê is om die aanbidding van beelde in te stel, sien BaroniuS, “Ecclesiastical Annals,” Deel IX, bls. 391-407 (1612 Antwerp ed.); J. Mendham, “The Seventh General Council, the Second of Nicaea,” Ed. Stillingfleet, “Defence of the Discourse Concerning the Idolatry Practised in the Church of Rome (Londen, 1686); “A Select Library of Nicene and Post-Nicene Fathers,” tweede serie, Deel XIV, bls. 521-587 (N. Y., 1900); C. J. Hefele, “History of the Councils of the Church, from the Original Documents,” boek 18, hoofstuk 1, afdeling 332, 333, hoofstuk 2, seksie 345-352 (T. & T. Clark ed., 1896, Deel V, bis. 260-304, 342-372).GS 764.1

    Bladsy 59. Edik van Constantyn.— Die wet wat deur Constantyn uitgevaardig is op 7 Maart 321 n.C., aangaande ‘n rusdag, lui as volg:GS 764.2

    “Laat alle regters, en al die stadbewoners, en alle handelaars, op die eerbiedwaardige dag van die son rus. Maar laat diegene wat op die platteland woon vry hulle aandag skenk aan die bewerking van hulle landerye; want dit gebeur dikwels dat geen ander dag so geskik is vir die saai van graan, of vir die plant van wingerde nie; daarom moet die gunstige tyd nie toegelaat word om verby te gaan sodat die voorsiening van die hemel nie verlore gaan nie.”—A. H. Lewis, “History oj the Sabbath and the Sunday,” bls. 123, 124 (2de hersiene ed. 1903).GS 764.3

    Die oorspronklike (in die “Codex of Justinian,” lib. 3., tit. 12, leg 3) word aangehaal deur Dr. J. A. Hessey in sy Bampton-lesings oor Sondag, lesing 3, par. 1, en deur Dr. Philip Schaff in sy “History of the Christian Church, ” Deel III, afdeling 75, par. 5, opm. 1. Sien ook Mosheim, “Ecclesiastical History,” eeu 4, deel 2, hoofstuk 4, afd. 5; Chamber se Ensiklopedie, art. Sabbat; Encyclopedia Britannica, negende uitgawe, art. Sondag; Peter Heylyn, “History of the Sabbath,” deel 2, hoofstuk 3, (tweede hers, uitgawe, Londen, 1636, bls. 66, 67).GS 764.4

    Bladsy 60. Profetiese Datums.— Sien aantekening vir bladsy 375.GS 764.5

    Bladsy 62. Vervalste Geskrifte.— Onder die stukke wat vandag algemeen as vervalsings erken is, is die “Donation of Constantine,” en die “Pseudo-Isidorian Decretals,” van die grootste belang.GS 764.6

    In sy gegewens van feite oor die vraag, “Wanneer en deur wie is die Donation oj Constantine vervals?” sê M. Gosselin, die Bestuurder van die seminarie van St. Sulpice (Parys) :GS 764.7

    “Hoewel hierdie dokument ongetwyfeld vals is, sou dit moeilik wees om die datum van die vervalsing presies vas te stel. M. de Marca, Muratori, en ander geleerde kritici is van mening dat dit in die agtiende eeu opgestel is, voor die regering van Karel die Grote. En wat meer is, meen Muratori dat dit waarskynlik is dat dit die koning en Pepyn beïnvloed het in hulle milddadigheid teenoor die Heilige Stoel.” Gosselin, “The Power of the Pope during the Middle Ages,” Deel I, bl. 321(vertaal deur Eerw. Matthew Kelly, St. Patrick se Kollege, Maynooth; Baltimore, J. Murphy & Co., 1853).GS 764.8

    Oor die datura van die “Pseudo-Isidorian Decretals,” sien Mosheim, ..Ecclesiastical History,” bk. 3, eeu 9, deel II, hoofstuk 2, afd. 8. Soos Dr. Murdock, die vertaler, in ‘n aantekening aantoon, sê die geleerde Katolieke Geskiedskrywer, M. L’Abbé Fleury, in sy ..Ecclesiastical History” (diss. 4, sek. 1), oor hierdie decretals, dat “hulle in die lig gekom het teen die einde van die agtste eeu.” Fleury, wat geskryf het teen die einde van die sewentiende eeu, sê verder dat hierdie “valse decretals as eg beskou is vir ‘n tydperk van agthonderd jaar; en dit was eers na groot moeite dat hulle in die laaste eeu opgegee is. Dit is waar dat daar tans byna niemand is wat maar die geringste begrip het van hierdie sake, wat nie erken dat hierdie decretals vals is nie.”— Fleury, “Ecclesiastical History,” bk. 44, par 54.(G. Adam se vertaling, Londen, 1732, Deel V, bl. 196). Sien ook Gibbon. ..Decline and Fall of the Roman Empire,” hoofstuk 49, par. 16.GS 765.1

    Bladsy 63. Diktate van Hildebrand (Gregorius VII).— Sien Baronius, ..Ecclesiastical Annals,” an. 1076 (Antwerp ed., 1608, Deel XI, bl. 479). ‘n Afskrif van hierdie ..Diktate,” in die oorspronklike, kan gesien word in Gieseler sc ..Ecclesiastical History,” tydperk 3, sek. 47, aantekening 4 (ed. 1836, vertaling deur F. Cunningham), ‘n Engelse vertaling word gegee in Mosheim se ..Ecclesiastical History,” bk. 3, eeu 11, Deel 2, hoofstuk 2, sek. 9, aantekening 8 (Soames se ed., vertaling deur Murdock).GS 765.2

    Bladsy 66. Die VAEUUR.— Dr. Joseph Faa Di Bruno definieer die vaevuur as volg: “Die vaevuur is ‘n toestand van lyding na hierdie lewe, waarin die siele vir ‘n tydlank gehou word, wat gesterf het nadat hulle dodelike sondes vergewe is wat betref die vlek van die sonde en die ewige straf wat hulle sou moes ondergaan, maar wat weens daardie sondes nog enige straf van ‘n tydelike aard moet ondergaan; en ook daardie siele wat hierdie wêrcld verlaat skuldig aan sonde wat nie dodelik is nie.”— “Catholic Belief,” bl. 196 (ed. 1884; imprimateur Aartsbiskop van New York).GS 765.3

    Sien ook K. R. Hagenbach, ..Compendium of the History of Doctrines,” Deel I, bls. 234-237, 405, 408; Deel II, bls. 135-150, 308, 309 (T. & T. Clark ed.); Chas. Elliott, ..Delineation of Roman Catholicism,” bk. 2. hoofstuk 12; ..Catholic Encyclopedia,” art. “Purgatory.”GS 765.4

    Bladsy 66. Aflate.— Vir ‘n breedvoerige beskrywing van die leerstelling van aflate, sien die ..Catholic Encyclopedia,” art. ..Indulgence” (Bygedra deur W. H. Kent, O. S. C., of Bayswater, Londen); Carl Ullmann, “Reformers Before the Reformation,” deel 1, bk. 2, afdeling 1, hoofstuk 2; M. Creighton, ..History of the Papacy,” Deel V, bis. 56-64, 71; L. von Ranke, ..History of the Reformation in Germany,” bk. 2, hoofstuk 1, para. 131, 132, 139-142, 153-155 (2de Londen ed., 1845, vertaal deur S. Austin, Deel I, bis. 331, 335-337, 343-346); Chas. Elliott, “Delinea tion of Roman Catholicism,” bk. 2, hoofstuk 13; H. C. Lea, “A History of Auricular Confession and Indulgences;” G. P. Fisher, “The Reformation,” hoofstuk 4, par. 7.GS 765.5

    Oor die praktiese uitwerking van die leer van die aflate gedurende die tydperk van die Hervorming, sien ‘n geskrif van die pen van Dr. H. C. Lea, getitel, “Indulgences in Spain,” uitgegee in “Papers of the American Society of Church History,” Deel I, bis. 129-171. Oor die waarde van hierdie historiese inligting sê Dr. Lea, in sy eerste paragraaf: “Ongehinderd deur die stryd wat gewoed het tussen Luther en Dr. Eck en Silvester Prierias, het Spanje rustig voortgegaan op die ou afgebakende pad, en hy verskaf aan ons die onweerlegbare offisiële dokumente wat dit vir ons moontlik maak om die saak in die suiwere lig van die geskiedenis te ondersoek.”GS 766.1

    Bladsy 66. DIE MIS.— Oor die leer van die mis sien Kardinaal Wiseman se werk, “The Real Presence of the Body and Blood of Our Lord Jesus Christ in the Blessed Eucharist”; ook “Catholic Encyclopedia, art. Eucharist (contributed by J. Pohle, S. T. D., Breslau); “Canons and Decrees of the Council of Trent,” sitting 13, hoofstuk 1-8 (Londen ed., 1851, vert, deur T. A. Buckley, bis. 70-79); K. R. Hagenbach, “Compendium of the History of Doctrines,” Deel I, bis. 214-223, 393-398, en Deel II, bis. 88-114; J. Calvin, “Institutes,” bk. 4, hoofstuk 17, 18; R. Hooker, “Ecclesiastical Polity,” bk. 5, hoofstuk 67; Chas. Elliott, “Delineation of Roman Catholicism,” bk. 2, hoofstuk 4, 5.GS 766.2

    Bladsy 73. Waldensiese VERTALINGS van die Bybel.— Oor vroeë Waldensiese vertalings van dele van die Bybel in die volkstaal, sien Townley, «Illustrations of Biblical Literature,” Deel I, hoofstuk 10, par. 1-13; E. Petavel, “The Bible in France,” hoofstuk 2, par. 3, 4, 8-10, 13, 21 (Parys ed., 1864); G. H. Putnam, “The Censorship of the Church of Rome,” Deel II, hoofstuk 2.GS 766.3

    Bladsy 86. Edik Teen die Waldense.—‘n Aansienlike gedeelte van die teks van die pouslike bul teen die Waldense in 1487, deur Innocentius VIII (die oorspronklike waarvan in die biblioteek van die Universiteit van Cambridge is) is gegee in die Engelse vertaling van Dowling se “History of Romanism,” bk. 6, hoofstuk 5, sek. 62. (ed. 1871).GS 766.4

    Bladsy 95. Aflate.— Sien aantekening vir bladsy 66.GS 766.5

    Bladsy 96.— Wycliffe.— Vir die oorspronklike teks van die pouslike bulle teen Wycliffe, met die Engelse vertaling, sien J. Foxe, “Acts and Monuments,” Deel III, bls. 4-13 (Pratt-Townsend ed., Londen, 1870); Sien ook J. Lewis se “Life of Wiclif,” bis. 49-51, 305-314 (ed. 1820); Lechler, “John Wycliffe, and His English Precursors,” hoofstuk 5, sec. 2 (bls. 162-164, Londense ed. 1844, vertaling deur Lorimer); A. Neander, “General History of the Christian Church,” tydperk 6, sek. 2, deel I, par. 8.GS 766.6

    Bladsy 97. Onfeilbaarheid.—Oor die leerstelling van onfeilbaarheid, sien “Catholic Encyclopedia,” art. “lnfallibility” (bygedra deur P. J. Turner, S. T. D.); Geo. Salmon, “The Infallibility of the Church”; Chas. Elliott, ..Delineation of Roman Catholicism,” bk. 1, hoofstuk 4; Kardinaal Gibbons, “The Faith of Our Fathers,” hoofstuk 7 (49ste ed. 1897).GS 766.7

    Bladsy 115. Aflate.— Sien aantekening vir bladsy 66.GS 767.1

    Bladsy 117. Konsllie van Konstans.— Oor die belegging van die Konsilie van Konstans deur Pous Johannes XXIII, op aandrang van Keiser Sigismund, sien Mosheim, “Ecclesiastical History,” bk. 3, eeu 15, deel 2, hoofstuk 2, sek. 3; J. G. Dowling, “History of Romanism,” bk. 6, hoofstuk 2, pa. 13; A. Bower, “History of the Popes,” deel 7, bis. 141-143 (Londen ed., 1766); Neander, “History of the Christian Religion and Church,” tydperk 6, sek. 1 (1854, 5-dele ed., vertaling deur Torrey, Deel V, bls. 94-101).GS 767.2

    Bladsy 147. Aflate.— Sien aantekening vir bladsy 66.GS 767.3

    Bladsy 267. Jesuïtisme.— Vir ‘n verklaring aangaande die oorsprong, die beginsels, en die doeleindes van die “Society of Jesus,” soos uiteengesit deur die lede van hierdie Orde, sien ‘n werk getitel, “Concerning Jesuits,” geredigeer deur Eerw. John Gerard, S. J., uitgegee in Londen in 1902, deur die “Catholic Truth Society.” In hierdie werk word daar gesê dat die “Hoofmotief van die hele organisasie van die genootskap ‘n gees van algehele gehoorsaamheid is: ,Laat elkeen,’ skryf St. Ignatius, .homself oortuig dat diegene wat onder gehoorsaamheid lewe hulleself moet toelaat om beweeg en gelei te word deur goddelike Voorsienigheid deur middel van hulle superieurs, asof hulle ‘n lewenlose liggaam was wat toelaat dat hy orals gedra word en op enige manier behandel word, of soos die staf van ‘n bejaarde, wat gebruik word deur die hand wat hom vashou net soos hy wil.’GS 767.4

    “Hierdie absolute oorgawe word veredel deur sy motief, en dit behoort te wees, so skryf die . . . stigter, ,stip, blymoedig, en volhardend; . . . Die gehoorsame vrome verrig blymoedig wat sy superieurs aan hom toevertrou het vir die algemene welsyn, met die versekering dat hy daardeur waarlik in ooreenstemming is met die goddelike wil.’ “— Die Comtesse R. Decourson, in “Concerning Jesuits,” bl. 6. GS 767.5

    Sien ook L. E. Dupin, “A Compendious History of the Church,” eeu 16, hoofstuk 33, (Londen ed., 1713, Deel IV, bis. 132-135); Mosheim “Ecclesiastical History,” eeu 16, sek. 3, afd. 1, hoofstuk 1, par. 10 (aantekening 5 en 6 inkluis); “Enclyclopedia Britannica” (negende ed.), art. “Jesuits”; C. Paroissien, “The Principles of the Jesuits, Developed in a Collection of Extracts from Their Own Authors,” (Londen, 1860—‘n vroeëre uitgawe het verskyn in 1839); W. C. Cartwright, “The Jesuits, Their Constitution and Teaching,” (Londen, 1876); E. L. Taunton, “The History of the Jesuits in England, 1580-1773” (Londen, 1901).GS 767.6

    Bladsy 268. Die Inkwisisie.— Sien “Catholic Encyclopedia,” art. “Inquisition” (bygedra deur J. Blotzer, S. J., Munich); H. C. Lea, “History of the Inquisition in the Middle Ages;” Limborch, “History of the Inquisition,” Deel 1, bk. 1, hoofstuk 25, 27-31 (Londen ed. 1731, vertaal deur S. Chandler, Deel 1, bis. 131-142, 144-161); L. von Ranke, “History of the Popes,” bk. 2, hoofstuk 6.GS 767.7

    Bladsy 304. Oorsake van die Franse Rewolusie.— Oor die verreikende gevolge van die verwerping van die Bybel, en die godsdiens van die Bybel, deur die Franse volk, sien H. von Sybel, “History of the French Revolution,” bk. S, hoofstuk 1, par. 3-7; H. T. Buckle, “History of Civilisation in England,” hoofstuk 8, 12 (N. Y. ed., 1895, Deel I, bis. 364-366, 369-371, 437, 550, 540, 541); Blackwood’s Magazine, Deel XXXIV, No. 215 (Nov. 1833, bl. 739); J G. Lorimer, “An Historical Sketch of the Protestant Church in France,” hoofstuk 8, par. 6, 7.GS 768.1

    Bladsy 305. Profetiese Datums.— Sien aantekening vir bladsy 375.GS 768.2

    Bladsy 305. Pogincs om die Bybel te Onderdruk en te Vernietig. — Verwysende na die langdurige pogings in Frankryk om die Bybel te onderdruk — vemaamlik vertalings daarvan in die volkstaal, sê Gaussen die volgende: “Die dekreet van Toulouse, 1229,” waardeur die “regbank van die Inkwisisie teen alle lesers van die Bybel in die volkstaal opgerig is, . . . was ‘n edik van vuur, bloedvergieting, en verwoesting. In die 3de, 4de, 5de, en 6de hoofstukke daarvan is die volkome verwoesting verordineer van die huise, die nederigste skuilplekke, en selfs die onderaardse verblyfplekke van mense wat veroordeel is weens die besit van die Skrifte; en dat hulle moes vervolg word tot in die bosse en grotte van die aarde; en dat selfs diegene wat aan hulle herberg verleen het streng gestraf moes word.” As gevolg hiervan is die Bybel “orals verbied; hy het, as ‘t ware, onder die grond verdwyn; hy het in die graf neergedaal.” Hierdie dekrete is vir “vyfhonderd jaar lank opgevolg deur tallose strawwe, waardeur die bloed van die heiliges soos water gevloei het.”-—L. Gaussen, “The Canon of the Holy Scriptures,” Deel II, hoofstuk 7, sek. 5, prop. 561; en hoofstuk 13, sek. 2, prop. 641, par. 2.GS 768.3

    Aangaande die spesiale pogings wat aangewend is om die Bybel te vernietig gedurende die Skrikbewind aan die einde van die jaar 1793, sê Dr. Lorimer: “Waar ‘n Bybel ookal gevind is, kan mens sê dat dit tot die dood toe vervolg is; so erg was dit, dat verskeie agtenswaardige Bybelverklaarders die doodmaak van die twee getuies in die elfde hoofstuk van Openbaring toegepas het op die algemene onderdrukking, nee die vemietiging van die Ou en die Nuwe Testamente in Frankryk in daardie tyd.” —J. G. Lorimer, “An Historical Sketch of the Protestant Church in France,” hoofstuk 8, par. 4, 5.GS 768.4

    Sien ook G. P. Fisher, “The Reformation,” hoofstuk 15, par. 16; E. Petavel, “The Bible in France,” hoofstuk 2, par. 3, 8-10, 13, 21 (Parys ed., 1864); G. H. Putnam, “The Censorship of the Church of Rome,“ Deel I, hoofstuk 4 (1906 ed., bis. 97, 99, 101, 102); Deel II, hoofstuk 2 (bis.15-19); S. Smiles, “The Huguenots: Their Settlements, Churche:. and Industries,” ens., hoofstuk 1, par. 32, 34; hoofstuk 2, par. 6; hoofstuk 3, par. 14; hoofstuk 18, par. 5 (met aantekening); S. Smiles, “The Huguenots in France After the Revocation,” hoofstuk 2, par. 8; hoofstuk 10, par. 30; hoofstuk 12, par. 2-4; J. A. Wylie, “History of Protestantism,” bk. 22, hoofstuk 6, par. 3.GS 768.5

    Bladsy 316. Die Skrikbewind.— Oor die verantwoordelikheid van misleide leiers, in beide die kerk en die staat, veral in die kerk, vir die tonele van die Franse Rewolusie, sien W. M. Sloane, “The French Revolution and Religious Reform,” voonvoord, en hoofstuk 2, par. 1, 2, 10-14 (1901 ed., bis. vii-ix, 19, 20, 26-31, 40); P. Schaff, in “Papers of the American Society of Church History,” Deel I, bls. 38, 44; S. Smiles, “The Huguenots After the Revocation,” hoofstuk 18, par. 4, 6, 9, 10, 12-16, 27; J. G. Lorimer, “An Historical Sketch of the Protestant Church of France,” hoofstuk 8, par. 6, 7; A. Galton, “Church and State in France, 1300-1907,” hoofstuk 3, sek. 2 (Londen ed., 1907); Sir J. Stephen, ..Lectures on the History of France,” lesing 16, par. 60.GS 769.1

    Bladsy 320. Die Volk en die Bevoorregte Klasse.— Aangaande die sosiale toestande wat in Frankryk geheers het voor die Rewolusie, sien H. von Holst, “Lowell Lectures on the French Revolution,” lesing 1; en ook Taine, .Ancient Regime,” en A. Young, “Travels in France.”GS 769.2

    Bladsy 324. Wedervergeldinc.— Oor verdere besonderhede aangaande die wedervergeldende aard van die Franse Rewolusie, sien Thos. H. Gill, “The Papal Drama,” bk. 10; E. de Pressensé, “The Church and the French Revolution,” bk. 3, hoofstuk 1.GS 769.3

    Bladsy 326. Die Gruwels van die Skrikbewind.— Sien M. A. Thiers, “History of the French Revolution,” Deel III, bis. 42-44, 62-74, 106 (N. Y. ed., 1890, vertaal deur F. Shoberl); F. A. Mignet, “History of the French Revolution,” hoofstuk 9, par. 1 (Bohn se ed., 1894); A. Alison, ..History of Europe,” 1789-1815, Deel I, hoofstuk 14, (N. Y. ed., 1872, Deel I, bls. 293-312.)GS 769.4

    Bladsy 329. Die Verspreidinc van die Skrifte.— Volgens Mr. William Canton, van die Britse en Buitelandse Bybelgenootskap, in 1804, is al die Bybels in die wêreld, in manuskrip of in druk, al die vertalings in alle lande bygereken, vasgestel op nie veel meer as vier miljoen nie. . . . Die verskillende tale waarin die vier miljoen geskryf is, met sulke tale bygereken soos die ou spreektaal bekend as die Moeso-Gothiese van Ulfilas en die Angel-Saksies van Bede, word vasgestel op sowat vyftig.”— “What is the Bible Societyt” bl. 23 (hers, ed., 1904.)GS 769.5

    ‘n Honderd jaar later, aan die einde van die eerste eeu van sy bestaan, was die Britse en Buitelandse Bybelgenootskap in staat om te rapporteer dat daar deur die genootskap altesame 186,680,101 Bybels, Testamente, of gedeeltes daarvan versprei is—‘n totaal wat in 1910 gestyg het tot 220,000,000 eksemplare in byna vier honderd verskillende tale.GS 769.6

    By hierdie totaal moet die miljoene eksemplare van die Skrifte, of gedeeltes daarvan, in baie tale, toegevoeg word, wat deur die ander Bybelgenootskappe en deur verskillende handelsagentskappe versprei is. Die Amerikaanse Bybelgenootskap — die grootste van die vertakkings van die oorspronklike Britse genootskap — het gedurende die eerste vier-en-negentig jaar van sy bestaan ‘n totale verspreiding van 87,296,182 eksemplare gerapporteer. (Sien “Bible Society Records,” Junie 1910.) Volgens matige berekening word daar jaarliks ongeveer ses miljoen eksemplare van die Bybel gedruk deur handelshuise, wat, as dit bygetel word by die van die Bybelgenootskappe, op ‘n jaarlikse verspreiding van meer as vyftien miljoen te staan sou kom.GS 770.1

    Die Skrifte in sy geheel, of in gedeeltes, word in meer as vyfhonderd verskillende tale gedruk. (Hierdie berekening is gemaak toe hierdie boek geskryf is. Vandag word die Bybel in byna agthonderd tale gedruk.)GS 770.2

    Bladsy 329. Die Buitelandse Sending.— Dr. G. P. Fisher, beskryf in ‘n hoofstuk oor “Die Christelike Sending” in sy “History of the Christian Church,” die begin van die sendingbeweging, wat “teen die einde van die agtiende eeu tot ‘n skitterende tydperk van sendingbedrywigheid gelei het, ‘n tydperk wat in die geskiedenis van die sending alleen oortref is deur die eerste eeue van die Christelike bedeling.” In 1792 “Is die Baptiste Genootskap gestig, met Carey as sy eerste sendeling. Carey het na Indie vertrek waar hy met behulp van ander lede van dieselfde genootskap die sending van Serampore gestig het.” In die jaar 1795 is die Londense Sendinggenootskap gestig; in die jaar 1799 is daar ‘n genoot skap gestig wat in 1812 bekend geword het as die “Church Missionary Society.” Kort daarna is die Wesleyaanse Sendinggenootskap gestig.GS 770.3

    “Terwyl die werksaamheid op sendinggebied in Groot-Brittanje toegeneem het, was die Christene van Amerika met ‘n gelyksoortige ywer besiel.” In 1812 is die ..American Board of Commissioners” vir die Buitelandse Sending gestig; in 1814 is die “American Baptist Missionary Union” gestig. Adoniram Judson, een van die eerste sendelinge van Amerika het in die jaar 1812 na Calcutta vertrek, en hy het op 20 Julie 1813 in Birma aangekom. In die jaar 1837 is die Presbyteriaanse Bestuur gevorm. (Sien Fisher, “History of the Christian Church,” tydperk 9, hoofstuk 7, par. 3-25).GS 770.4

    In ‘n artikel gepubliseer in die Missionary Review of the World, van Januarie 1910, sê Dr. A. T. Pierson: “‘n Half eeu gelede het China, Mantsjoerye, Japan, Korea, Turkye, Arabië, en selfs ook die ontsaglike vasteland van Afrika nog geslaap — kluisenaars-volke — toegesluit in die sel van lang afsondering en isolasie. Sentraal-Asië en ook Sentraal-Afrika was so-te-sê nog onbekend vir ontdekkingsreisigers. In baie lande was Satan se lang besetting onbestry en sy ryk het ongehinderd voortgeduur. Die pouslike lande was net so onverdraagsaam as die heidense; in Italië, en Spanje is mense in die tronk gestop omdat hulle ‘n Bybel verkoop of die evangelie verkondig het. Frankryk was so-te-sê heidens, en Duitsland was deurtrokke van rasionalisme; in ‘n groot gedeelte van die sendingveld was die deure gesluit deur ‘n min of meer algehele uitsluiting en ‘n kastestelsel. Nou is die verandering aan alle kante so merkwaardig en verreikend dat die wêreld, vir iemand wat skielik uit die helfte van die laaste eeu mag kom, onherkenbaar sal wees. Hy wat die sleutels van die dubbeldeurpoorte het, het hulle ontsluit, en alle lande vir die Boodskapper van die kruis oopgestel. Selfs in die “Ewige Stad” waar ‘n reisiger, ‘n half eeu gelede, sy Bybel buitekant die mure moes laat, is daar vandag talle Protestantse kapelle en ‘n vrye verspreiding van die Skrifte.”GS 770.5

    Bladsy 373. Profetiese Datums.— Sien aantekening vir bladsy 375.GS 771.1

    Bladsy 375. Profetiese Datums.— Die historiese en kronologiese feite in verband met die profetiese tydperke van Daniel 8 en 9, wat op onmiskenbare wyse verwys na die jaar 457 v.C. as die regte datum wat as aanvangspunt moet dien vir die berekening van hierdie tydperke, is duidelik beskryf deur baie ondersoekers van die profesie. Sien Stanley Leathes, “Old Testament Prophecy,” lesings 10, 11 (Warburton Lesings vir 1876-1880); W. Goode, “Fulfilled Prophecy,” preek 10, insluitende aantekening A (Waburton Lesings vir 1854-1858); A. Thom, “Chronology of Prophecy,” bis. 26-106 (Londen ed., 1848); Sir Isaac Newton, “Observations upon the Prophecies of Daniel, and the Apocalypse of St. John,” hoofstuk 10 (Londen ed., 1733, bis. 128-143); Uriah Smith, ..Thoughts on Daniel and the Revelation,” Deel I, hoofstuk 8, 9. Oor die datum van die kiesing sien Wm. Hales, ..Analysis of Chronology,” Deel I, bls. 94-101; Deel III, bls. 164-258 (2de Londen ed., 1830).GS 771.2

    Bladsy 385.— Die Ondercang van die Ottomaanse Ryk.— Om verdere besonderhede aangaande die voorspelde ondergang van die Ottomaanse Ryk gedurende Augustus 1840, sien J. Litch, “The Probability of the Second Coming of Christ About A.D. 1843” (uitgegee in Junie 1838); J. Litch, “An Address to the Clergy,” (uitgegee in die herfs van 1840; ‘n tweede uitgawe, met historiese gegewens ter stawing van die juistheid van vorige berekenings van die profetiese tydperk tot by die ondergang van die Ottomaanse Ryk, het verskyn in 1841); die Advent Shield and Review, Deel I (1844), No. 1, art. 2, bls. 56, 57, 59-61; J. N. Loughborough, “The Great Advent Movement,” bls. 129-132 (1905 ed.); J. Litch, artikel in die Signs of the Times, and Expositor of Prophecy, 1 Augustus 1840. Sien ook artikel in Signs of the Times, and Expositor of Prophecy, 1 Feb. 1841.GS 771.3

    Bladsy 390. Onthoudinc van die Bybel aan die Volk.— Oor die houding van die Rooms-Katolieke Kerk teenoor die verspreiding van die Heilige Skrifte in die volkstaal onder die volk, sien ..Catholic Encyclopedia,” art. ..Bible”; ook J. P. Fisher, “The Reformation,” hoofstuk 15, par 16 (ed. 1873, bis. 530-532); J. Cardinal Gibbons, “The Faith of Our Fathers,” hoofstuk 8 (49ste ed., 1897, bis. 98-117); J. Dowling, ..History of Romanism,” bk. 7, hoofstuk 2, sek. 14, en ook bk. 9, hoofstuk 3, sek. 24-27 (1871 ed. bls. 491-496, 621-625); L. F. Bungener, ..History of the Council of Trent,” bls. 101-110 (2de Edinburgse uitgawe 1853), vertaling deur D. D. Scott; J. H. Putnam, “Books and Their Makers During the Middle Ages,” Deel I, afd. 2, hoofstuk 2, par. 49, 54-56.GS 771.4

    Bladsy 426. He.melvaartsklere.— Die storie dat Adventiste klere gemaak het om op te vaar om die Here in die lug te ontmoet, is ‘n verdigsel van diegene wat smaad oor die saak wou bring. Dit is so ywerig versprei dat baie dit geglo het; maar noukeurige ondersoek het bewys dat dit vals is. Vir baie jare is daar beloning uitgeloof aan enigeen wat bewys kon lewer van ‘n enkele geval, maar nooit is daar bewys aangevoer nie. Niemand wat die verskyning van die Heiland liefgehad het, was so onkundig aangaande die leer van die Skrifte as om te verwag dat klere wat hulle kon maak nodig sou wees vir die koms van die Here nie. Die enigste kleed wat die heiliges sal nodig he om hulle Heiland te ontmoet, is die geregtigheid van Christus. Sien Openb. 19:8.GS 772.1

    Bladsy 427.—Die Tydrekeninc van Profesie.— Dr. Geo. Bush, professor van Hebreeuse en Oosterse Literatuur by die Universiteit van New York, het in ‘n brief aan Mnr. Miller, wat gepubliseer is in dieAdvent Review and Signs of the Times Reporter, Boston, 6 en 13 Maart 1844, belangrike punte erken in verband met sy berekening van die profetiese tye. Mnr. Bush het geskryf:GS 772.2

    “Ook kan daar nie, volgens my mening, enigiets teen u en u vriende ingebring word omdat u veel tyd en aandag bestee het aan die ondersoek van die tydrekening van die profesie, en veel moeite gedoen het om die aanvangsen sluitingsdatums van die groot tydperke vas te stel nie. As hierdie tydperke werklik deur die Heilige Gees in die profetiese boeke aangegee word, was dit ongetwyfeld met die bedoeling dat hulle ondersoek moes word, en waarskynlik aan die einde volkome verstaan sal word; en niemand wat eerbiedig trag om dit te doen, kan van aanmatigende dwaasheid beskuldig word nie. . . . Deur ‘n dag te neem as die profetiese simbool vir ‘n jaar, glo ek dat u gesteun word deur die gesondste eksegese, sowel as die groot name van Mede, Sir Sir Isaac Newton, Kirby, Scott, Keith, en baie ander wat lank reeds daartoe gekom het om u gevolgtrekkings op hierdie punt te bevestig. Hulle almal stem ooreen dat die vernaamste tydperke waarvan Daniel en Johannes melding maak, werklik ongeveer inhierdie eeu van die wêreldtot ‘n einde sou loop, en dit sou vreemde logika wees wat u van kettery wil beskuldig omdat u inderdaad dieselfde insigte het as wat so ‘n opvallende plek ingeneem het in die opmerkings van hierdie groot godgeleerdes.” “Wat u op hierdie gebied van ondersoek sê dat u ontdek het, skyn vir my nie so buitengewoon as om invloed uit te oefen op enige van die groot punte van belang wat waarheid en plig betref nie.” “U dwaling vrees ek, lê in ‘n ander rigting as dié van u tydrekening.” “U het uself heeltemal vergis aangaandedie aard van die gebeurtenisse,wat sou plaasvind wanneer hierdie tydperke vervul sal word. Dit is die begin en die einde van u verkeerde uitleg.”GS 772.3

    Bladsy 456. Profetiese Datums.—Sien aantekening vir bladsy 375. Bladsy 498.—‘n Drievoudige Boodskap.— Openbing 14: 6, 7 voorspel die verkondiging van die eerste engel se boodskap. Dan gaan die profeet voort: “En ‘n ander engel het gevolg en gesê: Geval, geval het Babilon die groot stad, . . . En ‘n derde engel het gevolg.” Die woord wat hier “gevolg” vertaal is beteken, soos in die sinsbou van hierdie teks, “mee te gaan, te vergesel.” Liddell en Scott verklaar die woord as volg: “ om een te volg, agter hom aan te gaan, oj saam met hom te gaan.” Robinson sê: “ Om te volg, saam te gaan, of iemand te vergesel.” Dit is dieselfde woord wat in Markus 5:24 gebruik word: “Hy het saam met hom gegaan. En ‘n groot menigte het Hom gevolg en Hom verdring.” Dit word ook gebruik in verband met die verloste honderd vier en veertig duisend waar daar gesê word, “Dit is hulle wat die Lam volg waar Hy ook heengaan.” Openb. 14:4. In hierdie skriftuurplase is dit duidelik dat hulle saamgegaan, Hom vergesel het. So is dit ook in 1 Kor. 10:4, waar ons van die kinders van Israel lees dat hulle “almal dieselfde geestelike drank gedrink het, want hulle het gedrink uit ‘n geestelike rots wat gevolg het;” die woord “gevolg” is vertaal van dieselfde Griekse woord, en in die kanttekening staan daar “saam met hulle gegaan.” Hieruit leer ons dat die idee in Openbaring 14:8, 9 nie is dit die tweede en die derde engel die eerste een gevolg het wat tyd betref het nie, maar dat hulle saam met hom gegaan het. Die drie boodskappe is dus maar een drievoudige boodskap. Hulle is drie net wat die orde van hulle opkoms betref maar nadat hulle opgekom het vlieg hulle saam, en hulle is onafskeidelik.GS 772.4

    Bladsy S09. Die Oppermag van die Biskoppe van Rome.— Sommige van die vemaamste omstandighede in verband met die aanmatiging van oppergesag deur die biskoppe van Rome, word beskryf in Mosheim se “Ecclesiastical History,” eeu 2, afd. 2, hoofstuk 4, sek. 9-11. Sien ook G. P. Fisher, ..History of the Christian Church,” tydperk 2, hoofstuk 2, par. 11-17 (1890 ed., bls. 56-58); Gieseler, “Ecclesiastical History,” tydperk 1, verdel. 3, hoofstuk 4, sek. 66, par. 3, insluitende aantekening 8 (N. Y. ed., 1836, vertaal deur F. Cunningham); J. N. Andrews, “History of the Sabbath,” bis. 276-279 (3de ed., hers.).GS 773.1

    Bladsy 648. Die Edik van Constantyn.— Sien aantekening vir bladsy 59.GS 773.2

    Bladsy 652. Die Abessynse Kerk.—Oor die viering van die Bybelse Sabbat in Abessinië, sien Dean A. P. Stanley, “Lectures on the History of the Eastern Church,” lesing 1, par. 15 (N. Y. ed., 1862, bis. 96, 97); Michael Geddes, “Church History of Ethiopia,” bis. 87, 88, 311, 312; Gibbon, ..Decline and Fall of the Roman Empire,” hoofstuk 47, par. 37-39; Samuel Gobat, .Journal of Three Years’ Residence in Abyssinia,” bis. 5558, 83, 93, 97, 98 (N. Y. ed., 1850); A. H. Lewis, “A Critical History of the Sabbath and the Sunday in the Christian Church,” bis. 208-215 (2de ed., hers.).GS 773.3

    Bladsy 655. Diktate van Hildebrand.— Sien aantekening vir bladsy 63.GS 773.4

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents