Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Groot Stryd

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Hoofstuk 38—Die Finale Waarskuwing

    “NA hierdie dinge het ek ‘n engel sien neerdaal uit die hemel, met grote mag, en die aarde is verlig deur sy heerlikheid. En hy het met ‘n groot stem kragtig uitgeroep en gesê: Geval, geval het die groot Babilon, en dit het gevvord die woonplek van duiwels en die versamelplek van allerhande onreine geeste en die versamelplek van allerhande onreine en haatlike voëls. . . . En ek het ‘n ander stem uit die hemel hoor sê: Gaan uit haar uit, My volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie.” Openb. 18: 1, 2, 4.GS 681.1

    Hierdie skriftuur verwys na ‘n tyd wanneer die aankondiging dat Babilon geval het, soos gemaak deur die tweede engel van Openbaring 14, herhaal sal word, met die bykomstige verklaring van die verdorwenheid van die verskillende organisasies waaruit Babilon bestaan — dit wil sê na die tyd dat die boodskap die eerste maal verkondig is in die somer van 1844. Die ontsettende toestand van die godsdienstige wêreld word hier beskryf. Met elke verwerping van die waarheid word die verstand van die mense al meer verduister, hulle harte word harder, totdat hulle verskans is in ‘n ongelowige hardnekkigheid. In veragting van die waarskuwings wat God gegee het, sal hulle voortgaan om een van die gebooie te vertrap, totdat hulle daartoe gebring is om diegene te vervolg wat daardie gebod heilig. Christus word verag in die veragting van Sy woord en Sy volk. Namate die kerke die leerstellings van Spiritisme aanneem, word die bedwang op die geestelike hart verwyder, en die belydenis van godsdiens word ‘n dekmantel om die afskuwelikste sondes te bedek. ‘n Geloof in spiritistiese verskynsels maak die deur oop vir verleidende geeste en lerings van duiwels, en dus sal die invloed van bose engele in die kerke gevoel word.GS 681.2

    In die tyd waarop hierdie profesie van toepassing is, word daar van Babilon gesê, “Haar sondes reik tot aan die hemel. en God het haar ongeregtighede onthou.” Openb. 18: 5. Sy het die beker van haar ongeregtigheid volgemaak, en sy staan op die punt om verwoes te word. Maar God het nog mense in Babilon; en voordat Sy oordele haar tref, moet hierdie getroues uitgeroep word, sodat hulle nie in haar sondes sal deel nie en van haar plae ontvang nie. Die beweging word dus voorgestel deur die engel uit die hemel wat die aarde met sy heerlikheid verlig, en met ‘n groot stem die sondes van Babilon aankondig. In verband met sy boodskap word die roepstem gehoor, “Gaan uit haar uit, My volk.” Hierdie boodskap, saam met die derde engel se boodskap, is die finale waarskuwing wat aan die aardbewoners gegee sal word.GS 682.1

    Vreeslik is die beslissing waarvoor die wêreld te staan sal kom. Die aardse magte, in oorlog verenig teen die gebooie van God, sal bepaal dat “almal, die kleintjies en die grotes, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe” (Openb. 13: 16), moet meedoen aan die gebruike van die kerk deur die valse sabbat te vier. Almal wat weier om dit te doen, sal gestraf wTord deur die burgerlike howe, en eindelik sal daar verklaar word dat hulle die dood verdien. Aan die anderkant weer, eis die wet van God wat die viering van die Skepper se rusdag gebied, gehoorsaamheid, en dit bevat dreigemente van wraak teen almal wat die gebooie oortree.GS 682.2

    Met die saak so duidelik gestel, sal enigeen wat Gods wet vertrap en menslike gebooie gehoorsaam, die merk van die dier ontvang; hy neem die teken aan van trou aan die mag wat hy verkies om te gehoorsaam in stede van God. Die waarskuwing van die hemel lui as volg: “As iemand die dier en sy beeld aanbid en ‘n merk op sy voorhoof of op sy hand ontvang, sal hy self ook drink van die wyn van die grimmigheid van God wat ongemeng ingeskink word in die beker van Sy toorn.” Openb. 14: 9, 10.GS 683.1

    Maar die wraak van God sal niemand tref aleer die waarheid aan sy verstand en gewete tuisgebring is en hy dit verwerp het nie. Daar is vele wat nog nie ‘n geleentheid gehad het om die spesiale waarhede vir hierdie tyd te hoor nie. Die verpligting van die vierde gebod is nog nooit in die ware lig voor hulle gebring nie. Hy wat in elke hart kan sien en wat al die beweegredes ken, sal nie toelaat dat enigeen wat begeer om die waarheid te ken, bedrieg sal word ten opsigte van die dinge waaroor die stryd gaan nie. Die dekreet sal nie blindelings op die mense afgedwing word nie. Elkeen sal genoeg lig ontvang om op intelligente wyse sy eie keuse te maak.GS 683.2

    Die Sabbat sal die groot toets van getrouheid wees; want dit is die deel van die waarheid wat veral betwis word. Wanneer alle mense voor die finale toets te staan kom, dan sal die skeidslyn getrek word tussen diegene wat God dien en tussen diegene wat Hom nie dien nie. Terwyl die viering van die valse sabbat in gehoorsaamheid aan die staatswette en in botsing met die vierde gebod, ‘n betuiging van trou is aan ‘n mag wat in stryd is met God, sal die viering van die ware Sabbat in gehoorsaamheid aan Gods wet die bewys wees van getrouheid aan die Skepper. Terwyl die een klas, deur die aanvaarding van die teken van onderwerping aan aardse magte die merkteken van die dier ontvang, ontvang die ander klas, deur die teken van getrouheid aan goddelike gesag te verkies, die seël van God.GS 683.3

    Voor hierdie tyd is diegene wat die waarhede van die derde engel se boodskap verkondig het, dikwels beskou as blote alarmiste. Hulle voorspellings dat godsdienstige onverdraagsaamheid weer die oorhand sal kry in die Verenigde State, en dat kerk en staat sal verenig om diegene te vervolg wat die gebooie van God bewaar, is bestempel as belaglik en sonder enige grond. Daar is met die grootste vertroue verklaar dat hierdie land nooit iets anders kan word as wat dit in die verlede was nie — naamlik die beskermer van godsdiensvryheid. Maar namate die saak van verpligte Sondagsviering wyd en syd bespreek word, sal ons die gebeurtenis wat solank betwyfel is, sien nader, en die derde engel se boodskap sal ‘n uitwerking he wat dit nie voorheen kon gehad het nie.GS 683.4

    In elke geslag het God Sy diensknegte uitgestuur om die sonde te bestraf, beide in die wêreld en in die kerk. Maar die mense wil strelende dinge hoor, en die reine, naakte waarheid is nie aanneemlik nie. Baie hervormers, het in die aanvaarding van hulle werk, besluit om groot versigtigheid aan die dag te lê in hulle bestraffing van die sondes van die kerk en die volk. Hulle het gehoop om deur die voorbeeld van ‘n reine Christelike lewe die volk terug te lei na die leerstellings van die Bybel. Maar die Gees van God het op hulle gekom soos dit op Elia gekom het toe dit hom beweeg het om die sondes van die bose koning en die afvallige volk te bestraf; hulle kon nie help om die duidelike waarhede van die Bybel te verkondig nie — naamlik die leerstellings wat hulle huiwerig was om voor te stel. Hulle is beweeg om die waarheid ywerig te verkondig en op die gevaar van siele te wys. Die woorde wat die Here aan hulle gegee het, het hulle gespreek, sonder vrees vir die gevolge, en die volk is gedwing om te luister na hulle waarskuwing.GS 685.1

    So ook sal die boodskap van die derde engel verkondig word. Wanneer die tyd aanbreek om dit met die grootste krag te verkondig, sal die Here deur eenvoudige werktuie werk, en diegene wat hulle harte aan Hom toegewy het, sal Hy in Sy diens lei. Die werkers sal vir hulle werk berei word deur die salwing van Sy Gees, liewer as deur opleiding in inrigtings. Manne van geloof en gebed sal gedwing word om met heilige ywer uit te gaan en die woorde te verkondig wat God aan hulle gee. Die sondes van Babilon sal geopenbaar word. Die vreeslike gevolge wat daar sal wees wanneer die gebruike van die kerk deur die burgerlike gesag verpligtend gemaak word, die verwoesting van Spiritisme, die ongemerkte maar vinnige vooruitgang van die pouslike mag — alles sal aan die kaak gestel word. Deur hierdie ernstige waarskuwings sal die mense wakker gemaak word. Duisende en duisende wat nog nooit woorde soos hierdie gehoor het nie, sal luister. Met verbasing sal hulle aanhoor dat Babilon die kerk is wat geval het weens sy dwalings en sonde, omdat hy die waarheid verwerp het wat aan hom uit die hemel gestuur is. Wanneer die mense na hulle vorige leraars gaan en gretig vra, Is hierdie dinge so? sal die predikante fabels verkondig, en strelende dinge profeteer om hulle vrees weg te neem en hulle opgewekte gewetes stil te maak. Maar omdat baie nie tevrede sal wees met blote menslike gesag nie, en sal aandring op ‘n duidelike “So sê die Here,” sal die predikante, net soos die Fariseërs vanouds, en woedend omdat hulle gesag in twyfel getrek is, die boodskap uitskel as die boodskap van Satan, en hulle sal die massas wat die sonde liefhet aanhits om diegene wat die boodskap verkondig te belaster en te vervolg.GS 685.2

    Namate die stryd uitbrei tot nuwe velde, en die aandag van die mense gevestig word op Gods vertrede wet, word Satan baie bedrywig. Die krag waarmee die verkondiging van die boodskap gepaard gaan, sal diegene wat dit weerstaan, woedend maak. Die geestelikes sal byna bomenslike pogings aanwend om die lig uit te sluit sodat dit nie op hulle gemeentes skyn nie. Deur alle middels tot hulle beskikking sal hulle trag om die bespreking van hierdie allerbelangrikste vraagstukke te onderdruk. Die kerk sal hom beroep op die sterk arm van die burgerlike owerheid, en in hierdie werk sal Katolieke en Protestante verenig. Namate die beweging vir verpligte Sondagsviering stoutmoediger en beslister word, sal die wet ingeroep word teen die bewaarders van die gebooie. Hulle sal bedreig word met boete en tronkstraf; sommige sal verantwoordelike betrekkings aangebied word, en ander sal beloning en ander voordele ontvang om hulle te beweeg om hulle geloof te versaak. Maar hulle onverbiddelike antwoord is, “Oortuig ons van ons dwaling uit die woord van God”— dieselfde antwoord as wat Luther onder dergelike omstandighede gegee het. Diegene wat voor die hof gebring word, sal die waarheid sterk verdedig, en sommige wat hulle hoor, sal gelei word om ook uit te staan vir al die gebooie van God. Cp hierdie manier sal die lig aan duisende gebring word wat andersins niks van hierdie waarhede sou geweet het nie.GS 686.1

    Nougesette gehoorsaamheid aan Gods woord sal beskou word as rebellie. Verblind deur Satan, sal ouers kras en wreed optree teenoor hulle kinders; die huisheer of huisvrou sal hulle bediendes wat die gebooie bewaar, verdruk. Die liefde sal afkoel; kinders sal onterf en uit die huis gejaag word. Die volgende woorde van Paulus sal letterlik vervul word: “Almal wat Godvrugtig wil lewre in Christus Jesus, sal vervolg word.” 2 Tim. 3: 12. Sommige van die verdedigers van die waarheid wat weier om die Sondag-sabbat te vereer, sal in die tronk gestop word, sommige sal verban word, en ander sal as slawe behandel word. Vir ons lyk dit vandag alles onmoontlik; maar namate die Gees van God aan die mense onttrek word, en hulle deur Satan beheers word wat die goddelike gebooie haat, sal daar vreemde verwikkelings wees. Die menslike hart kan baie wreed wees wanneer vrees en liefde gewyk het.GS 687.1

    Namate die storm nader, sal ‘n groot aantal van diegene wat voorgegee het om in die derde engel se boodskap te glo, maar wat nie geheilig is deur gehoorsaamheid aan die waarheid nie, hulle geloof opgee en aansluit by die geledere van die teenstanders. Deur met die wêreld te verenig en met sy gees besiel te word, sal hulle sake beskou net soos die wêreldlinge; en wanneer die toets kom, sal hulle gereed wees om die maklike, populêre kant te kies. Talentvolle en innemende mense wat hulle eenmaal in die waarheid verbly het, sal hulle kragte gebruik om siele te bedrieg en te mislei. Hulle sal die bitterste vyande word van hulle gewese broeders. Wanneer Sabbathouers voor die howe gebring word oor hulle geloof, sal hierdie afvalliges die beste werktuie van Satan wees om hulle te beskuldig en vals voor te stel; en hulle sal deur vals rapporte en beskuldigings die owerheid teen hulle ophits.GS 687.2

    In hierdie tyd van vervolging sal die geloof van Gods diensknegte op die proef gestel word. Getrou het hulle die waarskuwing gegee en opgesien tot God en Sy woord alleen. Gods Gees wat in hulle harte gewerk het, het hulle gedwing om te spreek. Besiel met heilige ywer, en sterk onder goddelike invloed, het hulle hulle pligte aanvaar sonder om te dink aan die gevolge wat daar sou ontstaan as hulle tot die mense die woord spreek wat God aan hulle gegee het. Hulle het nie gedink aan hulle tydelike belange of gesoek om hulle reputasie en lewens te beveilig nie. En nogtans, wanneer die storm van teenstand teen hulle losbars, sal sommige, oorweldig deur vrees, gereed wees om uit te roep, “As ons vooraf die gevolge van ons woorde kon geweet het, sou ons stilgebly het.” Aan alle kante is hulle omring deur moeilikhede. Satan val hulle aan met heftige versoekings. Dit lyk vir hulle of die werk wat hulle gekies het te moeilik is. Hulle word bedreig met vernietiging. Die geesdrif wat hulle besiel het, is weg; maar hulle kan nie teruggaan nie. En dan, onder ‘n besef van hulle magteloosheid, neem hulle hulle toevlug tot die Almagtige om krag. Hulle onthou dat die woorde wat hulle gespreek het nie hulle s‘n was nie, maar die van Hom wat hulle gebied het om die waarskuwing te gee. God het die waar-heid in hulle harte geplaas, en hulle kon nie anders as om dit te verkondig nie.GS 687.3

    Ervare Godsmanne het in die verlede met dieselfde moeilikhede te kampe gehad. Wycliffe, Huss, Luther, Tyndale, Baxter, en Wesley — hulle almal het aangevoer dat alle leerstellings aan die Bybel getoets moet word, en hulle het verklaar dat hulle alles sou versaak wat deur die Bybel veroordeel word. Teen hierdie manne het vervolging heftig gewoed; maar hulle het nie opgehou om die waarheid te verkondig nie. Verskillende tydperke in die geskiedenis van die kerk is gekenmerk deur die openbaring van die een of ander spesiale waarheid volgens die behoeftes van Gods volk in daardie tyd. Elke nuwe waarheid het te kampe gehad met haat en teenstand; en diegene wat deur die lig daarvan geseën is, is versoek en beproef. In tye van nood gee God aan Sy volk spesiale waarhede. Wie durf weier om sulke waarhede te verkondig? Hy beveel Sy diensknegte om die laaste genadeboodskap aan die wêreld te verkondig. Hulle kan nie sonder gevaar vir hulle eie siele stilbly nie. Christus se gesante het niks te doen met die gevolge nie. Hulle moet hulle plig nakom en die gevolge aan God oorlaat.GS 688.1

    Namate die teenstand heftiger word, is die diensknegte van God weer verbyster; want dit skyn vir hulle asof hulle die krisis laat ontstaan het. Maar hulle gewete en die woord van God verseker hulle dat hulle die regte weg ingeslaan het; en ofskoon die beproewings voortduur, ontvang hulle krag om dit te verdra. Die stryd word swaarder en heftiger, maar hulle ontvang geloof en moed namate die nood hoër styg. Hulle getuig: “Ons durf nie die hand aan Gods woord slaan of Gods heilige wet verdeel deur een deel belangrik en die ander deel onbelangrik te noem om die guns van die wêreld te win nie. Die God wat ons dien is magtig om ons te verlos. Christus het die aardse magte oorwin, en sal ons bang wees vir ‘n wêreld wat reeds oorwin is?”GS 688.2

    Vervolging in sy verskillende vorms is die ontwikkeling van ‘n beginsel wat sal bly solank as Satan bestaan en die Christelike godsdiens lewenskrag het. Niemand kan God dien sonder die teenstand van dié leërskare van die duisternis te verwek nie. Bose engele sal hom aanval, omdat hulle bevrees is dat sy invloed hulle prooi uit hulle hande sal verlos. Bose mense, bestraf deur sy voorbeeld, sal saamwerk met die bose engele in hulle poging om hom van God af te skei deur hulle verloklike versoekings. As dit nie geluk nie, word daar tot geweld oorgegaan om die gewete te forseer.GS 689.1

    Maar solank as Jesus in die heiligdom daarbo optree as middelaar van die mens, sal die weerhoudende invloed van die Heilige Gees gevoel word deur regeerders en volk. In ‘n sekere mate beheers dit nog die wette van die land. As dit nie vir hierdie wette was nie, sou die toestand van die wêreld baie erger wees as wat dit tans is. Terwyl baie van ons regeerders aktiewe werktuie van Satan is, het God ook Sy werktuie onder die leiers van die volk. Die vyand beïnvloed sy diensknegte om maatreëls voor te stel wat Gods werk baie sal verhinder; maar godvresende staatsliede word deur heilige engele beïnvloed om sulke maatreëls te bestry met onweerlegbare argumente. Op hierdie manier sal ‘n paar manne die sterk stroom van onheil terughou. Die teenstand van die vyande van die waarheid sal bedwing word, sodat die derde engel se boodskap sy werk kan doen. Wanneer die finale waarskuwing gegee word, sal dit die aandag trek van hierdie vooraanstaande manne deur wie die Here tans werk, en sommige van hulle sal die boodskap aanneem en saam met Gods volk staan in die tyd van benoudheid.GS 690.1

    Die engel wat help met die verkondiging van die derde engel se boodskap, sal die hele wêreld verlig met sy heerlikheid. Hier word daar ‘n wêreldwye werk met ongekende krag voorspel. Die Adventboodskap van 1840-44 was ‘n heerlike openbaring van die krag van God; die eerste engel se boodskap het na elke sendingstasie in die wêreld gegaan, en in sommige lande is daar die grootste godsdienstige belangstelling opgewek wat nog ooit gesien is sedert die Hervorming van die sestiende eeu; maar dit sal oortref word deur die magtige beweging in verband met die finale waarskuwing van die derde engel.GS 690.2

    Die werk sal gelyk wees aan die wat op Pinksterdag gedoen is. Net soos die “vroeë reën” gegee is tydens die uitstorting van die Heilige Gees aan die begin van die evangelie om die kosbare saad te laat ontkiem, so sal die “laat ‘reën” gegee word aan die einde om die oes ryp te maak. “En laat ons ken — laat ons dit najaag om die Here te ken; Sy opgang is so seker soos die dagbreek, en Hy sal tot ons kom soos reën, soos die laat reëns wat die aarde besproei.” Hosea 6: 3. “En julle, kinders van Sion, juig en wees bly in die Here julle God, want Hy gee julle die leraar van geregtigheid en laat op julle neerdaal die reën, die vroeë reëns en die laat reëns.” Joël 2: 23. “En in die laaste dae, sê God, sal Ek van My Gees uitstort op alle vlees.” “En elkeen wat die naam van die Here aanroep, sal gered word.” Hand. 2: 17, 21.GS 690.3

    Die groot werk van die evangelie sal nie afgesluit word met ‘n geringer openbaring van die krag van God as by sy opening nie. Die profesieë wat vervul is in die uitstorting van die vroeë reën tydens die opening van die evangelie, sal weer vervul word in die laat reëns aan die einde. Hier het ons “die tye van verkwikking” waarna Petrus uitgesien het toe hy gesê het, “Kom dan tot inkeer en bekeer julle, sodat julle sondes uitgewis kan word en tye van verkwikking van die aangesig van die Here mag kom, en Hy Hom mag stuur wat vooraf aan julle verkondig is, naamlik Jesus Christus.” Hand. 3: 19, 20.GS 691.1

    Diensknegte van God, met hulle gesigte stralende van heilige toewyding, sal hulle van plek tot plek haas om die boodskap van die hemel te verkondig. Deur duisende stemme oor die aarde sal die boodskap gegee word. Wonderwerke sal verrig word, siekes sal genees word, en daar sal tekens en wonders wees. Satan sal ook werk met wonders van die leuen, en hy sal selfs vuur uit die hemel laat neerdaal voor die mense. (Openb. 13: 13.) Op hierdie manier sal die bewoners van die aarde bewceg word om uit te staan.GS 691.2

    Die boodskap sal verkondig word, nie soseer deur argumente nie, as deur ‘n diepe oortuiging van die Gees van God. Die argumente is reeds aangevoer. Die saad is gesaai, en nou sal dit opkom en vrugte afwerp. Die leesstof wat versprei is deur sendingwerkers, het sy invloed laat geld, maar baie wat onder die indruk daarvan gekom het, is belet om die waarheid ten voile te verstaan en te gehoorsaam. Nou sal die ligstrale orals deurdring, en die waarheid sal in sy helderheid gesien word en die opregte kinders van God sal die bande verbreek wat hulle vashou. Familiebetrekkinge en kerklike bande, is nou magteloos om hulle vas te hou. Die waarheid is vir hulle dierbaarder as alle ander dinge. En nieteenstaande die magte wat teen die waarheid verenig is nie, sal ‘n groot getal uitstaan aan die kant van die Here.GS 691.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents