Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Gelykenisse van Christus

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Voorwoord

    CHRISTUS, die groot Leermeester, het veel van Sy onderrigting gegee onderwyl Hy saam met Sy dissipels tussen die heuwels en valleie van Palestina gereis of langs ‘n meer of ‘n rivier gerus het. In Sy gelykenisse het Hy Goddelike waarheid met alledaagse voorwerpe en gebeurtenisse verbind soos uit die verhale van die herder, die bouer, die boer, die reisiger en die huisvrou blyk. Bekende voorwerpe is met mooi en ware gedagtes in verband gebring-gedagtes oor Gods liefdevolle belangstelling in ons, oor die dankbare hulde wat Hom toekom en oor die belangstelling wat ons die een vir die ander moet hê. So het Hy lesse oor Gods wysheid en praktiese waarhede indrukwekkend gestel.DGC .0

    In hierdie bundel word die gelykenisse volgens hulle onderwerpe ingedeel, en hulle lesse word ontplooi en opgehelder. Die boek is deurspek met waarheidsjuwele en vir talle lesers sal dit groter betekenis gee aan die alledaagse voorwerpe waarmee hulle omring is.DGC .0

    Die baie oplae van die verskeie uitgawes van Die Gelykenisse van Christus in Engels en in etlike van die ander vernaamste tale getuig van die gewildheid daarvan. Terwyl sy die boek nog geskryf het, het die skryfster besluit om die wins daarop ten bate van opvoedingswerk te bestee. Weens die samewerking van die skryfster, die uitgewers en lidmate van die Kerk is ‘n aansienlike bedrag ten behoewe van Christelike onderwys reeds beskikbaar gestel.DGC .0

    Om hierdie Afrikaanse uitgawe so kompak en hanteerbaar moontlik te maak, is alle illustrasies en titel blaaie weggelaat. Dit bring mee dat sommige bladsye kort sou wees en dat sekere bladsy nommers ontbreek, hoewel die hoofinhoud van die boek in sy geheel ongeskonde bly. Om die boek nog met die Index to the Writings of Ellen G. White te laat klop, word die bladsynommers van die oorspronklike boek aldus - 34 - aangedui waar die bladsy moet begin. Die Register van Skriftuurplase en die Algemene Bladwyser, wat met die Index klop, en die Inhoudsopgawe maak ook van hierdie nommers gebruik.DGC .0

    Dat hierdie boekie sy doel sal bereik deur aan die leser‘n beter begrip van die Heiland te gee en hom so nader aan sy Verlosser te bring, is die bede van die Uitgewers enDGC .0

    DIE TRUSTEES VAN DIE ELLEN G. WHITE PUBLICATIONS.

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents