Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Gelykenisse van Christus

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Invloed

    Die lewe van Christus was ‘n steeds groeiende invloed, soos ‘n see sonder kuslyn, ‘n invloed wat hom aan God en aan die mensdom gebind het. Deur Christus het God die mens met‘n invloed beklee wat dit vir hom onmoontlik maak om vir homself te leef. Ons is persoonlik aan ons medemense verbonde, ‘n deel van Gods groot geheel, en ons staan onder wedersydse verpligtinge. Geen mens kan onafhanklik van sy medemens wees nie, want die welsyn van elkeen raak andere. Dit is Gods groot doel dat elkeen moet voel dat hy nodig is vir ander se welsyn, en moet streef om hulle geluk te bevorder. Elke siel word deur‘n eie atmosfeer omgeef-dit kan ‘n atmosfeer wees wat belaai is met die lewegewende krag van geloof, moed en hoop, en soet met die geur van liefde. Of dit kan swaar en kil wees met die somberheid van ontevredenheid en selfsug, of giftig met die dodelike smet van gekoesterde sonde. Deur die atmosfeer wat ons omgeef, word elke persoon met wie ons in aanraking kom, bewustelik of onbewustelik beinvloed.DGC 241.4

    Dit is’n verantwoordelikheid waarvan ons ons nie kan losmaak nie. Ons woorde, ons dade, ons klere, ons gedrag, selfs die uitdrukking op die gelaat, het‘n invloed. Op die indruk wat op hierdie wyse gemaak word, volg onmeetlike gevolge ten goede of ten kwade. Elke prikkeling van hierdie aard wat oorgedra word, is’n saadjie wat sy oes sal voortbring. Dit is’n skakel in die lang ketting van menslike gebeure wat uitstrek - ons weet nie waarheen nie. As ons andere deur ons voorbeeld help om goeie beginsels aan te kweek, gee ons aan hulle die krag om goed te doen. Hulle het weer‘n invloed op andere en hulle op nog andere. So kan duisende deur ons onbewuste invloed geseën word.DGC 242.1

    Gooi ‘n klippie in die meer en daar ontstaan ‘n golf, en nog een, en nog een; en namate hulle meer word, word die kring al wyer totdat dit selfs die oewer bereik. So is dit met ons invloed. Buite ons kennis of beheer, raak dit die lewens van andere met ‘n seën of‘n vloek.DGC 242.2

    Karakter is krag. Die stille getuienis van ‘n egte, onselfsugtige, godvresende lewe het ‘n byna onweerstaanbare invloed. Deur die karakter van Christus in ons eie lewens te openbaar, werk ons saam met Hom tot redding van siele. Dit is alleenlik deur Sy karakter in ons lewens te openbaar dat ons met Hom kan saamwerk. En hoe wyer die sfeer van ons invloed, hoe meer goed kan ons doen. Wanneer diegene wat bely dat hulle God dien, Christus se voorbeeld volg, terwyl hulle die beginsels van die wet in hulle daaglikse lewe beoefen; wanneer elke daad getuig dat hulle God bo alles liefhet en hulle naaste soos hulleself, dan sal die kerk krag hê om die wêreld te beweeg.DGC 242.3

    Maar ons moet nooit vergeet dat invloed ook‘n krag ten kwade is nie. Vir ‘n mens om jou eie siel te verloor, is’n vreeslike ding, maar om die oorsaak te wees van die verlies van ander siele is nog vreesliker. Dat ons invloed ‘n reuk van die dood tot die dood kan wees, is ‘n vreeslike gedagte; tog is dit moontlik. Vele wat voorgee dat hulle saam met Christus bymekaar bring, is besig om van Hom af weg te verstrooi. Dit is waarom die kerk so swak is. Vele is baie kontant met hulle kritiek en beskuldiging. Deur agterdog, jaloesie en ontevredenheid uit te spreek, gee hulle hulle oor om werktuie van die Satan te wees. Voordat hulle besef wat hulle doen, het die teenstander sy doel deur hulle bereik. Die indruk van kwaad is reeds geskep, die skaduwee is gewerp, die pyle van die Satan het hulle doel getref. Wantroue, ongeloof en volslae ontrou het van diegene besit geneem wat Christus andersins sou aangeneem het. Intussen aanskou die werkers van die Satan selfvoldaan diegene wat hulle tot skeptisisme gedryf het, en wat nou verhard is teen teregwysing of smeking. Hulle vlei hulle dat hulle in vergelyking met hierdie siele deugsaam en regverdig is. Hulle besef nie dat hierdie treurige karakterwrakke die werk van hulle eie ongetemde tonge en hulle opstandige harte is nie. Dit is deur hulle invloed dat hierdie versoektes tot ‘n val gekom het.DGC 243.1

    So keer die ligsinnigheid, selfsugtige bevrediging en onverskillige traak-my-nie-agtigheid van die belydende Christene baie siele van die lewensweg af. Daar is baie wat sal vrees om die gevolge van hulle invloed by die regterstoel van God te ontmoet.DGC 243.2

    Dit is net deur die genade van God dat ons die regte gebruik van hierdie gawe kan maak. Daar is niks in ons, uit onsself, waarmee ons andere ten goede kan beïnvloed nie. As ons ons hulpeloosheid en ons behoefte aan Goddelike krag besef, sal ons nie op onsself vertrou nie. Ons weet nie watter gevolge ‘n dag, ‘n uur of‘n oomblik kan bepaal nie, en nooit moet ons die dag begin sonder om ons weë aan ons hemelse Vader oor te gee nie. Sy engele is aangestel om oor ons te waak en as ons onsself onder hulle beskerming plaas, sal hulle in elke tyd van gevaar aan ons regterhand wees. As ons onbewus in gevaar is om ‘n verkeerde invloed uit te oefen, sal die engele aan ons sy weesDGC 243.3

    om ons aan te spoor om beter op te tree om ons woorde vir ons te kies en om ons gedrag te beïnvloed. So sal ons invloed ‘n stille, onbewuste, maar geweldige krag wees om ander na Christus en die hemel te trek.DGC 244.1

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents