Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Gelykenisse van Christus

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Hoofstuk 6—Ander Lesse uit die Saailand

    IN DIE saaiproses, die ontkieming van die saad en die groei van die plant is baie kosbare lesse vir die huisgesin en die skool. Leer die kinders en die jeug om die handewerk van God in die natuur te bespeur en hulle sal in staat wees om onsigbare bates deur die geloof aan te gryp. Namate hulle verstaan hoe wonderbaarlik God werk om in die behoeftes van Sy groot gesin te voorsien, en hoe ons met Hom moet saamwerk, sal hulle geloof in God toeneem, en Sy krag sal al meer in hulle eie daaglikse lewe werklikheid word.DGC 45.1

    God het die saad op dieselfde manier as die aarde geskep, naamlik deur Sy woord. Deur Sy woord het Hy dit die krag gegee om te groei en te vermenigvuldig. Hy het gesê:“Laat die aarde voortbring grasspruitjies, plante wat saad gee en bome wat, volgens hulle soorte, vrugte dra, waarin hulle saad is, op die aarde. En dit was so. ...Toe sien God dat dit goed was.” (Gen. 1:11, 12) Dit is nog altyd daardie woord wat die saad laat groei. Elke saad wat sy groen halm na die sonlig opstuur, verkondig die wonderwerkende krag van daardie woord van Hom wat “gespreek {het} en dit was;” wat “gebied {het}, en dit staan.” (Ps. 33:9)DGC 45.2

    Christus het Sy dissipels geleer om te bid “Gee ons vandag ons daaglikse brood.” Hy het na die blomme gewys en hulle die versekering gegee: “As God dan die gras van die veld ... so beklee, hoeveel te meer vir julle?” (Matt. 6:11, 30) Christus werk gedurig om hierdie gebed te beantwoord en om aan hierdie versekering te voldoen. Daar is voortdurend ‘n onsigbare dienende mag aan die werk wat die mens van voedsel en kleding voorsien. Die Here gebruik baie middele om van die saad wat oënskynlik net weggegooi word, ‘n lewende plant te maak. En Hy voorsien die regte hoeveelheid van alles wat nodig is om die oes tot volmaaktheid te bring. Luister na die lieflike woorde van die psalmdigter:DGC 45.3

    “U het die land besoek en oorvloed gegee U verryk dit grootliks;
    die stroom van God is vol water.
    U berei hulle koring; ja, so berei U die land.
    U maak sy vore nat, sy kluite gelyk;
    deur reënbuie maak U dit week;
    U seën sy uitspruitsel.
    U kroon die jaar van u goedheid,
    en u voetspore drup van vettigheid:’
    DGC 46.1

    Ps. 65: 10-12.

    __________

    Die stoflike wêreld is onder beheer van God. Die natuurwette word deur die natuur gehoorsaam. Alles spreek en doen die wil van die Skepper. Wolk en sonskyn, dou en reent, wind en storm, alles staan onder toesig van God, en gehoorsaam Sy bevel stiptelik. Gehoorsaam aan die wet van God bars die graanspruitjie deur die grond, “eers ‘n halm, dan ‘n aar, dan die voile koring in die aar.” (Markus 4:28) Die Here laat hierdie dinge elk in die regte seisoen ontwikkel, want hulle weerstaan Sy werkinge nie. Is dit dan net die mens wat in die ewebeeld van God geskape is en die vermoë het om te redeneer en te spreek, wat Sy gawes nie waardeer en Sy wil nie gehoorsaam nie? Sal net redelike wesens verwarring op ons aarde veroorsaak?DGC 46.2

    __________

    In alles wat help om die mens te onderhou, kan die samewerking van God en mens gesien word. Daar kan geen oes wees tensy die mensehand sy aandeel doen deur die saad te saai nie. Maar as God nie Sy aandeel doen deur sonskyn en reent, dou en wolke te gee nie, kan daar geen oes wees nie. Dit geld vir elke sake onderneming, vir alle navorsing en wetenskap. So is dit ook in geestelike dinge, in karaktervorming en alle Christelike werk. Ons het ‘n aandeel, maar die krag van God moet saam met ons werk, anders werk ons tevergeefs.DGC 46.3

    So dikwels as wat ‘n mens iets uitrig, of dit nou geestelik of tydelik is, moet hy onthou dat hy dit deur samewerking met sy Skepper doen. Dis uiters nodig dat ons ons afhanklikheid van God besef. Daar word te veel op die mens vertrou, te veel op menslike vernuf gesteun. Daar is te min vertroue in die krag wat God wil gee. “Ons is medewerkers van God.” 1 Kor. 3:9. Die mens se aandeel is onmeetlik minderwaardig, maar as hy met die Godheid van Christus verbind is, kan hy alles doen deur die krag wat Christus gee.DGC 46.4

    Die geleidelike ontwikkeling van die plant uit die saad is ‘n aanskouingsles in kinderopvoeding. Daar is “eers ‘n halm, dan ‘n aar, dan die voile koring in die aar.” Hy wat hierdie gelykenis gespreek het, het ook die klein saadjie geskep, daar lewe aan gegee, en die wette bepaal waarvolgens dit groei. En die waarhede wat deur die gelykenisse geleer word, het in Sy eie lewe ‘n lewende werklikheid geword. Liggaamlik en geestelik het Hy die Goddelike groeiorde van die plant gevolg soos Hy van alle jongmense verwag. Hoewel Hy die Majesteit van die hemele, die Koning van heerlikheid was, het Hy die kindjie van Betlehem geword en ‘n tyd lank die hulpelose kindjie in die moeder se sorg verteenwoordig. In Sy kinderjare het Hy die werke van ‘n gehoorsame kind gedoen. Hy het met die wysheid van‘n kind gespreek en gehandel, nie met die van ‘n man nie. Hy het Sy ouers geëer en hulle bevele uitgevoer, volgens die vermoë van ‘n kind. Maar in elke stadium van Sy ontwikkeling was Hy volmaak, met die eenvoudige, natuurlike bekoorlikheid van ‘n sondelose lewe. Die heilige Skrif sê van Sy kinderjare: “En die Kindjie het gegroei en sterk geword in die Gees en vol van wysheid. En die genade van God was op Hom.” En van Sy jongelingsjare het ons die volgende verslag: “En Jesus het toegeneem in wysheid en grootte en in genade by God en die mense.” Lukas 2:40, 52.DGC 47.1

    Die werk van ouers en onderwysers word hier aan die hand gedoen. Hulle moet hulle daarop toelê om die neigings van die jeug so te ontwikkel dat hulle in elke lewenstadium die natuurlike skoonheid aan die dag sal lê wat juis by daardie stadium pas, terwyl hulle natuurlik ontvou soos die plante in die tuin.DGC 47.2

    Natuurlike, ongekunstelde kinders is die aantreklikste: Dis nie verstandig om spesiale aandag aan hulle te gee en hulle oulike gesegdes voor hulle oor te vertel nie. Ydelheid moet nie aangemoedig word deur hulle uiterlike, hulle woorde of hulle handelwyse te prys nie. Hulle moet ook nie met duur, spoggerige klere geklee word nie. Dit bevorder hoogmoed in hulle en maak hulle maats afgunstig.DGC 47.3

    Die kleintjies moet in kinderlike eenvoud opgevoed word. Hulle moet leer om tevrede te wees met die klein werkies en die genietinge en ondervindings wat vir hulle ouderdom natuurlik is. Die kinderjare stem ooreen met die halm in die gelykenis, en die halm het ‘n skoonheid van sy eie. Die kinders moet nie vroegtydig tot volwassenheid gedwing word nie, maar moet so lank moontlik die varsheid en bekoorlikheid van hulle kinderjare behou.DGC 48.1

    Die klein kindertjies kan Christene wees en ‘n ondervinding hê wat by hulle ouderdom pas. Dit is al wat God van hulle verwag. Hulle moet geestelik opgevoed word, en ouers moet hulle in die geleentheid stel om karakters na die beeld van die karakter van Christus te vorm.DGC 48.2

    __________

    In die natuur werk Gods wette foutloos van oorsaak tot gevolg. Wat ons maai, sal getuig van wat gesaai is. Die agtelosige werker word deur sy werk veroordeel. Die oes getuig teen hom. So ook in geestelike dinge; die getrouheid van elke werker word aan die gevolge van sy werk gemeet. Die aard van sy werk, of dit met ywer of met traagheid gedoen word, blyk in die oes. So bepaal hy sy lotsbestemming vir die ewigheid.DGC 48.3

    Elke saad wat gesaai word, lewer‘n oes volgens sy soort. So ook in die menselewe. Ons moet almal die saad van barmhartigheid, medelyde en liefde saai, want wat ons saai sal ons maai. Alle selfsug, eieliefde, selfagting, elke genotsugtige daad, sal dieselfde soort oes voortbring. Hy wat vir homself lewe, saai in die vlees, en in die vlees sal hy bedorwenheid maai.DGC 48.4

    God verwoes geen mens nie. Elke mens wat vernietig word, word deur sy eie toedoen vernietig. Elkeen wat die fluisteringe van die gewete smoor, saai die saad van ongeloof, en dit sal ‘n gewisse oes voortbring. Deur die eerste waarskuwing van God te verag, het Farao van ouds die saad van hardnekkigheid gesaai; en hy het hardnekkigheid gemaai. God het hom nie gedwing om ongelowig te wees nie. Die saad van ongeloof wat hy gesaai het, het‘n oes volgens sy eie soort voortgebring. So het hy in sy weerstand volhard totdat hy die verwoeste land en die koue, dooie liggame van sy eersgeborene en die eersgeborenes van almal in sy huis en die gesinne van sy koninkryk aanskou het - totdat die waters van die see toegegaan het oor sy perde en sy strydwaens en sy krygsmanne. Sy geskiedenis is ‘n vreeslike bewys van die waarheid van die woorde:DGC 48.5

    “Net wat die mens saai, dit sal hy ook maai.” (Gal. 6:7) As die mens dit tog maar besef, sal hy versigtig wees watter saad hy saai.DGC 49.1

    Net soos die saad wat gesaai word ‘n oes voortbring, en dit weer op sy beurt gesaai word, so vermenigvuldig die oes. Hierdie wet geld in ons verhouding tot andere. Elke daad, elke woord, is ‘n saad wat vrugte sal voort-bring. Elke daad van bedagsame vriendelikheid, van gehoorsaamheid, of van selfverloëning, sal hom in andere voortplant, en deur hulle ook weer in andere. So is elke afgunstige, kwaadwillige, twissoekerige daad ‘n saad wat sal opskiet in ‘n “wortel van bitterheid.” (Heb. 12:15), waardeur baie besoedel sal word. En hoeveel groter sal die getal wees wat die “baie” sal vergiftig. So gaan die saaiwerk van goed en kwaad vir tyd en vir ewigheid voort.DGC 49.2

    __________

    Vrygewigheid met beide geestelike en tydelike dinge word dus in die les oor saad saai geleer. Die Here sê: “Welgeluksalig is julle wat by alle waters saai.” (Jes. 32:20) “Maar dink daaraan: Wie spaarsaamlik saai, sal ook spaarsaamlik maai; en wie volop saai sal ook volop maai.” (2 Kor. 9:6) Om langs alle waters te saai, beteken voortdurende meedeling van Gods gawes. Dit beteken om te gee waar die saak van God of mensebehoeftes dit vereis.DGC 49.3

    Dit sal nie tot armoede lei nie. “Wie volop saai, sal ook volop maai.” Die saaier vermenigvuldig die saad deurdat hy dit in die grond gooi. So gaan dit ook met diegene wat die gawes van God getrou uitdeel. Deur mededeelsaam te wees, vermenigvuldig hulle hul seëninge. God het hulle genoeg belowe sodat hulle kan voortgaan om te gee. “Gee, en aan julle sal gegee word. ‘n Goeie maat wat ingedruk en geskud en oorlopend is, sal hulle in jul skoot gee.” Lukas 6:38.DGC 49.4

    En nog meer as dit is verbonde aan die saaien maaigedagte. Waar ons Gods tydelike seëninge uitdeel, wek die bewyse van ons liefde en meegevoel by die ontvanger dankbaarheid en danksegging teenoor God. Die grond van die hart word voorberei om die saad van geestelike waarheid te ontvang. En Hy wat die saad aan die saaier bedien, sal die saad laat ont kiem en vrugte dra vir die ewige lewe.DGC 49.5

    __________

    Deur die saai van die saad in die grond, stel Christus Sy eie soendood vir ons verlossing voor. “As die koringkorrel nie in die grond val en sterf nie,” sê Hy, “bly dit alleen; maar as dit sterf, dra dit veel vrug.” (Joh. 12:24) So sal die dood van Christus vir die koninkryk van God vrugte voortbring. Volgens die wet van die plantewêreld, sal lewe die gevolg wees van Sy dood.DGC 50.1

    Almal wat as medewerkers saam met Christus vrugte wil voortbring, moet eers in die grond val en sterf. Die lewe moet in die voor van die wêreld se behoefte gewerp word. Eieliefde, eiebelang, moet sterf. Maar die wet van selfopoffering is die wet van selfbehoud. Die saad wat in die grond begrawe word, bring vrugte voort, en op sy beurt word dit weer geplant. So word die oes vermenigvuldig. Die landbouer behou sy graan deur dit weg te werp. So is dit ook in die menslike lewe, om te gee, is om te lewe. Die lewe wat behou sal bly, is die lewe wat vryelik in diens vir God en mens gegee word. Diegene wat hulle lewens om Christus se ontwil in hierdie wêreld opoffer, sal dit vir die ewige lewe behou.DGC 50.2

    __________

    Die saad sterf om in nuwe lewe te ontspring, en hierdeur word ons die les van die opstanding geleer. Almal wat God liefhet, sal weer in die Eden daarbo lewe. Aangaande die menslike liggaam wat in die graf neergelê word, het God gesê: “Daar word gesaai in verganklikheid, daar word opgewek in onverganklikheid; daar word gesaai in oneer, daar word opgewek in heerlikheid; daar word gesaai in swakheid, daar word opgewek in krag.” (1 Kor. 15:42,43)DGC 50.3

    __________

    So lui ‘n paar van die baie lesse wat geleer word uit die natuur se lewende gelykenis van die saaier en die saad. Ouers en onderwysers wat hulle kinders hierdie lesse probeer leer, behoort die werk prakties te maak. Laat die kinders self die grond berei en die saad saai. Onderwyl hulle werk, kan die ouer of onderwyser die tuin van die hart verduidelik, met die goeie of slegte saad wat daar gesaai word; en dat soos die tuin vir die natuurlike saad berei moet word, die hart ook vir die saad van die waarheid voorberei moet word. Wanneer die saad in die grond gegooi word, kan hulle die les van die dood van Christus leer; en wanneer die halm opkom, kan hulle die les van die opstandingswaarheid leer. Namate die plante groei, kan die ooreenkoms tussen die natuurlike en die geestelike saai werk voortgesit word.DGC 50.4

    Die jeug moet op dergelike wyse onderrig word. Hulle moet leer om die grond te bewerk. Dit sou goed wees as daar by elke skool landerye vir bewerking kon wees. Sulke landerye behoort as Gods eie kfaskamer beskou te word. Die dinge van die natuur moet as ‘n lesboek beskou word, wat Sy kinders moet bestudeer, en waaruit hulle kennis aangaande die veredeling van die siel kan put.DGC 51.1

    Daar is altyd lesse te leer waar die grond getem en bewerk word. Niemand sou dink om op‘n stuk rou grond intrek te neem met die verwagting dat dit dadelik ‘n oes sal oplewer nie. Erns, vlyt en volhardende arbeid moet aan die dag gelê word in die behandeling van die grond voordat die saad gesaai word. So is dit met die geestelike werk in die hart van die mens. Diegene wat die grond voordelig wil bewerk, moet met die woord van God in hulle harte uitgaan. Hulle sal vind dat die braakland van die hart deur die versagtende, onderwerpende invloed van die Heilige Gees gebreek word. Tensy harde werk in die grond gedoen word, sal dit geen oes oplewer nie. So is dit met die grond van die hart; die Gees van God moet daarop werk om dit te verfyn en te tem voordat dit vrugte tot verheerliking van God kan voortbring.DGC 51.2

    Die grond sal ook nie sy rykdom oplewer as daar impulsief gewerk word nie. Dit het daagliks noulettende aandag nodig. Dit moet dikwels en diep geploeg word met die oog daarop om ontslae te raak van die onkruid wat die goeie saad wat geplant is, sy voedsel ontneem. So help die ploeër en die saaier om ‘n goeie oes te verseker. Niemand hoef tussen verydelde verwagtinge op die landerye te staan nie.DGC 51.3

    Die seen van die Here sal op diegene rus wat die land so bewerk, terwyl hulle geestelike lesse uit die natuur leer. Die arbeider wat besig is om die grond te bewerk, weet nie watter skatte voor hom sal oopgaan nie. Hoewel hy die lesse wat hy van persone met ondervinding kan leer, en van inligting wat intelligente mense hom kan meedeel nie moet verag nie, behoort hy self lesse te leer. Dit is ‘n deel van sy opleiding. Verbouing van die grond sal vir die siel ‘n opvoeding wees.DGC 51.4

    Hy wat die saad laat opkom, wat dit dag en nag versorg, wat dit krag gee om te ontwikkel, is die Skepper van ons wese, die Koning van die hemel en Hy is selfs nog meer begaan oor Sy kinders. Terwyl die menslike landbouer die saad vir die behoud van ons aardse lewens saai, sal die Goddelike Landbouer in die siel die saad saai wat vrugte vir die ewige lewe sal voortbring.DGC 52.1

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents