Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Gelykenisse van Christus

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Grond-Langs Die Pad

    Die gelykenis van die saaier handel hoofsaaklik oor die uitwerking van die grond waarin dit val, op die groei van die saad. Deur middel van hierdie gelykenis het Christus eintlik aan Sy toehoorders gesê: “Dit is nie vir julle veilig om My werk te kritiseer, of om teleurgesteld te wees omdat dit nie aan julle sienswyse voldoen nie. Die belangrikste vraag vir julle is: Hoe beskou julle My boodskap? Julle ewige lotsbestemming hang daarvan af of julle dit aanneem of verwerp.”DGC 16.4

    Ter verduideliking van die saad wat langs die pad geval het, sê Hy: “As iemand die woord van die koninkryk hoor en nie verstaan nie, kom die Bose en roof wat in sy hart gesaai is - dit is hy by wie langs die pad gesaai is.”DGC 17.1

    Die saad wat langs die pad gesaai is, stel die Woord van God voor waar dit op die hart van die onoplettende hoorder val. Soos die harde pad, wat deur mens en dier vasgetrap word, is die hart wat ‘n hoofweg word vir wêreldse verkeer, plesier en sonde. Die siel wat behep is met selfsugtige planne en toegewing aan sonde, word “deur die verleiding van die sonde verhard.” (Heb. 3: 13) Die geestelike bekwaamhede word verlam. Mense hoor die woord, maar verstaan dit nie. Hulle besef nie dat dit op hulle van toepassing is nie. Hulle besef nie hulle behoefte of hulle gevaar nie. Hulle merk nie die liefde van Christus op nie, en hulle sien die boodskap van Sy genade oor die hoof asof dit hulle nie aangaan nie.DGC 17.2

    Net soos die voëls gereed is om die saad van die pad af op te pik, so is die Satan gereed om die saad van Goddelike waarheid van die siel af te neem. Hy vrees dat die woord van God die onverskilliges sal opwek en die verharde hart sal aanroer. Die Satan en sy engele is teenwoordig op byeenkomste waar die evangelie verkondig word. Terwyl hemelse engele probeer om met die woord van God ‘n indruk op harte te maak, staan die vyand gereed om die woord kragteloos te maak. Met erns gelyk aan sy kwaadwilligheid, probeer hy die werk van die Gees van God dwarsboom. Terwyl Christus die siel met Sy liefde nader trek, probeer die Satan die aandag van die een aftrek wat beweeg word om die Saligmaker te soek. Hy hou die gedagtes met aardse planne besig. Hy wek kritiek op of hy werk twyfel en ongeloof in. Die spreker se taalkeuse of sy voordrag is nie vir die toehoorders aanneemlik nie, en hulle hou hulle gedagtes met hierdie gebreke besig. So maak die waarheid wat hulle nodig het en wat God hulle so genadiglik gestuur het, geen blywende indruk nie.DGC 17.3

    Die Satan het baie helpers. Baie wat voorgee om Christene te wees help die versoeker om die waarheidsaad van ander harte weg te gryp. Vele wat na die prediking van die Woord van God luister, kritiseer dit tuis. Hulle oordeel die preek soos hulle die woorde van ‘n lektor of politieke redenaar sou oordeel. Die boodskap wat as die Woord van God tot hulle beskou moet word, word nou minagtend of sarkasties bespreek. Die leraar se karakter, sy motiewe en dade, en die gedrag van medegelowiges, word vryelik bespreek. Krasse oordeel word uitgespreek, skinderpraatjies en lasterlike woorde geuiter, en dit nogal ten aanhore van onbekeerdes. Dikwels spreek ouers hierdie dinge uit ten aanhore van hulle eie kinders. So word agting vir Gods boodskappers en eerbied vir hulle boodskap vernietig. En baie word geleer om Gods Woord self gering te skat.DGC 18.1

    So word baie jongmense dan in die huise van belydende Christene opgevoed om ongelowiges te wees. En ouers vra waarom hulle kinders so min belangstelling in die evangelie toon en so geredelik die waarheid van die Bybel betwyfel. Hulle is verbaas dat dit so moeilik is om hulle met sedelike en godsdienstige invloede te bereik. Hulle besef nie dat hulle eie voorbeeld die harte van hulle kinders verhard het nie. Die goeie saad vind geen plek om wortel te skiet nie en die Satan gryp dit weg.DGC 18.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents