Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Gelykenisse van Christus

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Gesondheid

    Gesondheid is n seen waarvan min die waarde besef; tog hang die bekwaamheid van ons verstandelike en liggaamlike kragte grootliks hiervan af. Ons drange en hartstogte setel in die liggaam, dit moet dus fisiek in die beste toestand gehou en onder die beste geestelike invloede gestel word sodat ons talente vir die hoogste doel gebruik kan word.DGC 247.3

    Enigiets wat die liggaamskrag verminder, verswak die verstand en maak dit minder bekwaam om tussen reg en verkeerd te onderskei. Ons word minder bekwaam om die goeie te kies en het minder wilskrag om te doen wat ons weet wat reg is.DGC 247.4

    Misbruik van ons liggaamlike kragte verkort die tydperk waarin ons lewens tot die eer van God gebruik kan word. En dit maak ons onbekwaam om die werk te verrig wat God aan ons gegee het. Deur onsself toe te laat om verkeerde gewoontes aan te leer, deur saans laat op te bly, deur die aptyt ten koste van die gesondheid te bevredig, lê ons die fondament vir swakheid. Deur liggaamsoefening te verwaarloos, deur verstand en liggaam te oorwerk, bring ons die senustelsel in ‘n ongebalanseerde toestand. Diegene wat hulle lewens op hierdie wyse verkort en hulle onbekwaam maak vir diens deur nie ag te slaan op die natuurwette nie, beroof God. En hulle beroof hulle medemense ook. Die geleentheid om andere tot seen te wees, die einste werk waarvoor God hulle in die wêreld gestuur het, is deur hulle eie gedrag ingekort. En hulle het hulleself onbekwaam gemaak om selfs dit te doen wat hulle in ‘n korter tydjie kon verrig het. Die Here beskou ons as skuldig wanneer ons die wêreld weens ons skadelike gewoontes goeie dinge ontsê.DGC 247.5

    Oortreding van die natuurwette is oortreding van Gods sedewet; want God is net soseer die maker van natuurwette as van die sedewet. Hy het Sy wet met Sy eie vinger op elke senuwee, elke spier en elke vermoë geskrywe wat aan die mens toe-vertrou is. En elke misbruik van enige deel van ons liggaam is ‘n skending van daardie wet.DGC 248.1

    Almal behoort ‘n intelligente kennis van die menslike gestel te hê sodat hulle hul liggame in die toestand kan hou wat nodig is om die werk van die Here te doen. Die fisieke lewe moet versigtig bewaar en ontwikkel word sodat die Goddelike natuur in al sy volheid deur die mens geopenbaar kan word. Die verhouding van die fisieke organisme tot die geestelike lewe is een van die belangrikste vertakkings van die onderwys. Dit behoort in die huis en in die skool noukeurige aandag te geniet. Almal het nodig om bekend te raak met hulle fisieke struktuur en met die wette wat die natuurlike lewe beheers. Hy wat willens en wetens onkundig bly aangaande die liggaamswette en hulle weens onkunde oortree, sondig teen God. Almal behoort die beste verhouding moontlik tussen hulle lewe en hulle gesondheid te bewaar. Ons gewoontes moet onder die beheersing gebring word van ‘n verstand wat self deur God beheers word.DGC 248.2

    “Of weet julle nie,” sê die apostel Paulus, “dat julle liggaam‘n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie? Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort.‘‘ 1 Kor. 6:19, 20.DGC 248.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents