Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Gelykenisse van Christus

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Gevolge Van Verwaarlosing Van Die Skat

    Die Satan werk op mense en laat hulle dink dat daar wonderlike kennis buite God te vinde is. Deur drogredenasie het hy Adam en Eva aan Gods woord laat twyfel en dit met ‘n teorie vervang wat tot ongehoorsaamheid gelei het. En sy drogrede doen nou nog wat dit destyds in Eden gedoen het. Meesters wat die menings van ongelowige skrywers aan hulle leerlinge voorhou, plant vir die jeug gedagtes in wat net‘n wantroue in God en die oortreding van Sy wet sal voortbring. Hulle weet nie wat hulle doen nie. Hulle besef nie wat die gevolge van hulle werk sal wees nie.DGC 65.1

    ‘n Student kan deur al die standerds en grade van ons hedendaagse skole en kolleges gaan. Hy kan al sy kragte inspan om kennis op te doen. Maar tensy hy God ken, tensy hy die wette van sy wese gehoorsaam, sal hy homself vernietig. Deur verkeerde gewoontes verloor hy die vermoë om homself te waardeer. Hy verloor selfbeheersing. Hy kan nie helder oor sake redeneer wat hom die diepste raak nie. Hy behandel sy liggaam en sy verstand roekeloos en onredelik. Deur verkeerde gewoontes maak hy van homself‘n wrak. Gelukkig kan hy nie wees nie, want sy versuim om suiwer, gesonde beginsels aan te kweek, bring hom onder die beheer van gewoontes wat sy vrede bederf. Sy jare van veeleisende studie is verlore, want hy het homself vernietig. Hy het sy liggaamlike en verstandelike kragte misbruik, en die liggaamstempel lê in puin. Hy is nutteloos vir hierdie lewe en vir die lewe wat kom. Hy het gemeen hy sou ‘n skat kry deur aardse kennis op te doen, maar deur sy Bybel neer te lê, het hy ‘n skat opgeoffer wat alles werd was.DGC 65.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents