Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Gelykenisse van Christus

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Ander Talente

    Die spesiale gawes van die Heilige Gees is nie die enigste talente wat in die gelykenis voorgestel word nie. Dit sluit al die gawes en begaafdhede in, of hulle oorspronklik of aangeleer, natuurlik of geestelik is. Almal moet in Christus se diens gebruik word. Deur Sy dissipels te word, gee ons onsself aan Hom oor met alles wat ons is en het. Hierdie gawes gee Hy aan ons terug, gereinig en veredel, om tot Sy eer tot seen van ons medemense gebruik te word.DGC 233.2

    God het aan elke mens “na sy vermoë” gegee. Die ta-lente word nie na willekeur uitgedeel nie. Hy wat die bekwaamhede het om vyf talente te gebruik, ontvang vyf. Hy wat net twee kan ontwikkel, ontvang twee. Hy wat net een met wysheid kan gebruik, ontvang een. Niemand hoef te kla dat hy nie groter gawes ontvang het nie, want Hy wat aan elke mens uitgedeel het, word ewe veel vereer deur die ontwikkeling van elke toevertroude talent, of dit nou groot of klein is. Die een aan wie vyf talente toevertrou is, moet die verbetering van vyf teruggee; hy wat net een het, die verbetering van een. God verwag wins “volgens wat iemand besit, nie volgens wat hy nie besit nie.” (2 Kor. 8:12)DGC 233.3

    In die gelykenis het” die een wat die vyf talente ontvang het, ... daarmee gaan werk en vyf ander talente gewin. Net so het die een wat die twee ontvang het, self ook twee ander verdien.”DGC 234.1

    Die talente, hoe min ook al, moet gebruik word. Ons belangrikste vraag is nie: “Hoeveel het ek ontvang nie?” maar: “Wat maak ek met wat ek het?” Die ontwikkeling van al ons kragte is die eerste plig wat ons teenoor God en ons medemens verskuldig is. Niemand wat nie daagliks in bekwaamheid en bruikbaarheid groei nie, verwesenlik die doel van die lewe nie. As ons’n belydenis van geloof in Christus doen, dan belowe ons om alles te word wat dit moontlik is vir ons om as werkers vir die Meester te wees, en ons moet elke aanleg tot by die hoogste graad van volmaaktheid kweek sodat ons die grootste hoeveelheid goed mag doen waartoe ons in staat is.DGC 234.2

    Die Here het ‘n groot werk wat gedoen moet word, en Hy sal in die toekomstige lewe die meeste aan diegene bemaak wat in die huidige lewe die getrouste gewillige diens doen. Die Here kies Sy eie verteenwoordigers, en elke dag toets Hy hulle onder verskillende omstandighede in Sy werksplan. In elke opregte poging om Sy plan te voltooi, kies Hy Sy werktuie, nie omdat hulle volmaak is nie, maar omdat hulle, deur met Hom verbind te wees, volmaaktheid kan bereik.DGC 234.3

    God neem net diegene aan wat vasberade is om hoog te mik. Hy lê op elke menslike werktuig die verpligting om sy uiterste bes te doen. Sedelike volmaaktheid word van almal vereis. Nooit mag ons die standaard van geregtigheid laat sak om sodoende oorgeërfde of aangeleerde neigings tot die kwaad toe te laat nie. Ons moet verstaan dat ‘n onvolmaakte karakter sonde is. Alle regverdige karaktereienskappe berus by God as’n volmaakte, saamhorige geheel, en elkeen wat Christus as ‘n persoonlike Saligmaker aanneem, is bevoorreg om hierdie eienskappe te besit.DGC 234.4

    En almal wat werkers saam met God wil wees, moet volmaaktheid van elke orgaan van die liggaam en van die gehalte van die verstand nastreef. Ware opvoeding is die voorbereiding van die liggaamlike, verstandelike en sedelike kragte vir die uitvoering van elke plig; dit is die opleiding van die liggaam, die verstand en die siel vir die diens van God. Dit is die opvoeding wat staande sal bly tot in die ewige lewe.DGC 234.5

    Van elke Christen verwag die Here toenemende bekwaamheid en vermoë in elke rigting. Christus het ons ons loon betaal, naamlik Sy eie bloed en lyding, om ons gewillige diens te verkry. Hy het na ons aarde gekom om ons ‘n voorbeeld te gee van hoe ons moet werk en watter gesindheid ons in ons arbeid moet inbring. Hy wil he ons moet na die beste manier soek om Sy werk te bevorder en Sy Naam in die wêreld te verheerlik, om die Vader sodoende met eer, met die grootste liefde en toewyding te kroon - die Vader wat die wêreld so liefgehad het “dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.” (Joh. 3:16)DGC 235.1

    Maar Christus het ons geen versekering gegee dat dit ‘n maklike saak is om volmaaktheid van karakter te bereik nie. ‘n Edele, afgeronde karakter word nie geërf nie. Ons verkry dit nie per toeval nie.‘n Edele karakter word verkry deur persoonlike inspanning deur die verdienste en genade van Christus. God gee die talente, die verstandelike krag; ons vorm die karakter. Dit word deur harde, ernstige stryd teen die self gevorm. Stryd na stryd moet gevoer word teen oorgeërfde neigings. Ons sal onsself skerp moet kritiseer, en nie toelaat dat een ongunstige karaktereienskap onverbeter bly nie.DGC 235.2

    Laat niemand sê: “Ek kan my karakterswakhede nie herstel nie.” As u so besluit, sal u sekerlik nie daarin slaag om die ewige lewe te verkry nie. Die onmoontlikheid lê by u eie wil. As u nie wil nie, kan u nie oorwin nie. Die eintlike moeilikheid kom uit die verdorwenheid van ‘n ongeheiligde hart, en onwilligheid om ons aan die beheersing van God te onderwerp.DGC 235.3

    Vele wat God in staat gestel het om uitmuntende werk te doen, verrig baie min omdat hulle min aandurf. Duisende gaan deur die lewe asof hulle geen besliste doel het om voor te lewe nie, geen standaard het om te bereik nie. Diesulkes sal in verhouding met hulle werk beloon word.DGC 235.4

    Onthou dat u nooit ‘n hoër standaard sal bereik as wat u vir uself stel nie. Stel dan u mikpunt hoog, en bestyg die voile hoogte van die vorderingsleer stap vir stap, al verg dit pynlike kraginspanning, selfverloëning en opoffering.DGC 235.5

    Laat niks u keer nie. Die noodlot het niemand nog ooit so vas in sy net gebind dat hy hulpeloos of onseker hoef te bly nie. Teenspoed behoort vasberadenheid te skep om hulle te oorwin. Die afbreek van een versperring sal groter bekwaamheid en moed verleen om voorwaarts te gaan. Druk vasberade in die regte rigting aan en omstandighede sal u help en nie hinder nie.DGC 236.1

    U moet ambisie hê om elke skone karaktereienskap tot eer van die Meester aan te kweek. In elke fase van u karakterbou moet u God behaag. U kan dit doen, want Henog het Hom behaag hoewel hy in ‘n afvallige eeu geleef het. En daar is Henogs in ons tyd.DGC 236.2

    Staan soos Daniël, die getroue staatsman, ‘n man wat deur geen versoeking verlei kon word nie. Moet Hom nie teleurstel wat u so liefgehad het dat Hy Sy eie lewe gegee het om u sondes uit te delg nie. Hy sê: “Sonder My kan julle niks doen nie.” (Joh. 15:5) Onthou dit. As u foute gemaak het, behaal u sekerlik ‘n oorwinning as u hierdie foute raaksien en hulle as waarskuwende bakens beskou. So verander u ‘n neerlaag in ‘n oorwinning, terwyl u die vyand teleurstel en u Saligmaker vereer.DGC 236.3

    ‘n Karakter wat na die Goddelike beeld gevorm is, is die enigste skat wat ons van hierdie wêreld na die volgende kan neem. Diegene wat in hierdie wêreld deur Christus onderrig word, sal elke Goddelike prestasie saam met hulle na die hemelse wonings neem. En in die hemel sal ons voortdurend verbeter. Hoe belangrik, dan, is die ontwikkeling van karakter in hierdie lewe.DGC 236.4

    Die hemelse wesens sal saam met die mens werk, wat met vasberade geloof daardie volmaaktheid van karakter nastreef wat volmaakte gedrag bereik. Aan elkeen wat hierdie werk doen, sê Christus: “Ek is aan jou regterhand om jou te help.”DGC 236.5

    Wanneer die wil van die mens met die wil van God saamwerk, word dit alvermoënd. Wat ook al op Sy bevel gedoen moet word, kan deur Sy krag vermag word. Al Sy bevele is instaatstellings.DGC 236.6

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents