Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Gelykenisse van Christus

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Hoe Dit Verberg Is

    Daar word gesê dat die skatte van die evangelie verborge is. Diegene wat in hulle eie oë wys is, wat opgeblase is deur ydele wysbegeerte, sien die skoonheid en krag en die verborgenheid van die verlossingsplan nie raak nie. Baie het oë, maar hulle sien nie; hulle het ore, maar hulle hoor nie; hulle het verstand, maar hulle gewaar nie die verborge skat nie.DGC 62.2

    ‘n Mens kan dalk oor die plek loop waar‘n skat ver-borge lê. In sy groot armoede kan hy onder‘n boom sit en rus en tog nie weet wat aan die wortels van daardie boom verborge lê nie. So was dit ook met die Jode. Soos ‘n goue skat is waarheid aan die Hebreeuse volk toevertrou. Die Joodse bedeling met die handtekening van die hemel daarop is deur Christus self ingestel. Die groot waarhede van die verlossingsplan is met beelde en simbole omsluier. Tog het die Jode Christus, na wie al hierdie simbole verwys het, nie herken toe Hy gekom het nie. Hulle het die Woord van God in hulle hande gehad, maar die oorlewering wat van geslag tot geslag aan hulle oorgedra is, en die menslike uitleg van die Skrifte, het die waarheid soos dit in Jesus is vir hulle verberg. Die geestelike betekenis van die heilige Skrifte was verlore. Die skatkis van alle kennis was vir hulle oop, maar hulle het dit nie geweet nie.DGC 62.3

    God verberg Sy waarheid nie vir die mens nie. Deur hulle eie doen en late maak hulle dit vir hulleself duister. Christus het aan die Joodse volk oorvloedige bewyse gelewer dat Hy die Messias was, maar Sy leer het ‘n besliste verandering in hulle lewens vereis. Hulle het besef dat as hulle Christus sou aanneem, hulle hulle geliefkoosde stelreëls en oorleweringe, hulle selfsugtige, goddelose gewoontes sou moet prysgee. Dit verg opoffering om die onveranderlike, ewige waarheid te ontvang. Daarom wou hulle nie die oortuigendste bewyse erken wat God kon gee om geloof in Christus te vestig nie. Hulle het voorgegee dat hulle in die Ou-Testamentiese Skrifte glo, maar geweier om die getuienis daarin aangaande Christus se lewe en karakter aan te neem. Hulle was bang dat hulle oortuig sou word en tot bekering sou kom, en verplig sou wees om hulle vooropgestelde opinies prys te gee. Die skat van die evangelie, die Weg, die Waarheid, en die Lewe, was tussen hulle, maar hulle het die grootste gawe wat die hemel kon gee, verwerp.DGC 62.4

    “Maar tog het selfs baie van die owerstes in Hom geglo; “1ees ons,“maar ter wille van die Fariseërs het hulle dit nie bely nie, om nie uit die sinagoge geban te word nie” Joh. 12:42. Hulle was oortuig; hulle het geglo dat Jesus die Seun van God is; maar dit het nie by hulle ambisieuse verlangens gepas om Hom te bely nie. Hulle het nie die geloof gehad wat vir hulle die hemelse skatte sou verkry het nie. Hulle het na wêreldse skatte gesoek.DGC 63.1

    Deesdae soek mense ook met alle ywer na aardse skatte.DGC 63.2

    Hulle dink net selfsugtige, ambisieuse gedagtes. Om aardse rykdom, eer en mag te kry, stel hulle die stelreëls, oorleweringe en vereistes van mense bo die vereistes van God. Vir hulle is die skatte van Sy Woord verborge.DGC 63.3

    “Die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word.” 1 Kor. 2:14.DGC 63.4

    “Maar as ons evangelie dan nog bedek is, is dit bedek in die wat verlore gaan, naamlik die ongelowiges in wie die god van hierdie wêreld die sinne verblind het, sodat die verligting van die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie.” 2 Kor. 4:3, 4.DGC 63.5

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents