Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Gelykenisse van Christus

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Voorbereiding Van Die Grond

    Dwarsdeur die hele gelykenis van die saaier, wys Christus daarop dat dit afhang van die grond of die saad goed of sleg vaar. In elke geval is die saaier en die saad dieselfde. Hy leer ons dus dat dit ons eie skuld is as die Woord van God nie sy werk in ons harte en lewens verrig nie. Maar die gevolg is nie buite ons beheer nie. Dit is waar dat ons ons nie self kan verander nie, maar ons kan kies, en dis ons wat besluit wat ons sal word. Die pad-, die klipperige-grond-, die doringgrond-hoorders hoef nie so te bly nie. Die Gees van God probeer gedurig om die betowerende versotheid, wat die mens aan wêreldse dinge bind, te verbreek, en om ‘n verlange vir die onsterflike skat aan te wakker. Dit is omdat hy die Gees van God weerstaan dat die mens onoplettend word en die Woord van God verwaarloos. Hulle self is verantwoordelik vir die harde hart wat verhoed dat die goeie saad wortelskiet, en vir die slegte gewasse wat die ontwikkeling daarvan verhinder.DGC 26.1

    Die tuin van die hart moet bewerk word. Die grond moet deur diepe berou oor sonde gebraak word. Giftige, sataniese plante moet uitgeroei word. Grond wat eenmaal deur dorings ingeneem is, kan net deur naarstige arbeid herwin word. So kan die verkeerde neigings van die natuurlike hart net deur ywerige inspanning in die Naam en krag van Jesus oorwin word. Deur Sy profeet beveel die Here ons: “Braak vir julle ‘n braakland en saai nie onder die dorings nie.” “Saai vir julle volgens die eis van gereg- tigheid, maai in ooreenstemming met die liefde.” (Jer. 4:3, Hosea 10:12.) Hierdie werk wil Hy graag vir ons doen, en Hy vra dat ons met Hom moet saamwerk.DGC 26.2

    Daar is werk vir die saadsaaiers in die voorbereiding van harte om die evangelie te ontvang. In die verkondiging van die Woord word daar te veel gepreek en te min van hart tot hart gewerk. Verlore siele moet persoonlik bearbei word. Ons moet mense met Christelike meegevoel persoonlik nader om hulle belangstelling in die groot dinge van die ewige lewe aan te wakker. Hulle harte kan hard wees soos ‘n hardgetrapte grootpad, en dis miskien oënskynlik ‘n nuttelose poging om die Saligmaker aan hulle voor te stel, maar hoewel logiese redenasie hulle miskien nie beweeg nie, en argumente magteloos is om hulle te oortuig, kan die liefde van Christus soos in persoonlike werk geopenbaar die klipharde hart week maak, sodat die waarheidsaad wortel kan skiet.DGC 27.1

    Die saaiers moet dus iets doen om te verhoed dat die saad deur dorings verstik word of weens die vlak grond tot niet gaan. Elke Christen moet uit die staanspoor die grondbeginsels geleer word. Hy moet geleer word dat hy nie net deur Christus se dood gered sal word nie, maar dat sy lewe en sy karakter soos die van Christus moet wees.DGC 27.2

    Laat almal geleer word dat hulle laste moet dra en natuurlike neigings moet verloën. Leer hulle hoe salig dit is om vir Christus te werk, Hom in Sy selfverloëning te volg, en soos goeie krygsmanne verdrukking te ly. Leer hulle om op Sy liefde te vertrou en al hulle bekommernis op Hom te werp. Laat hulle die vreugde smaak om siele vir Hom te wen. In hulle liefde vir en belangstelling in verlorenes sal hulle die ek uit die oog verloor. Wêreldse plesier sal nie meer aantrekkingskrag hê nie en aardse laste nie meer ontmoedig nie. Die ploegskaar van die waarheid sal sy werk doen. Dit sal die braakland omploeg. Dit sal die dorings nie net afsny nie, maar hulle geheel en al uitroei.DGC 27.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents