Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Gelykenisse van Christus

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Verstandelike Vermoëns

    God eis die ontwikkeling van die verstandelike vermoëns. Hy wil hê dat Sy diensknegte meer intelligensie en ‘n duideliker onderskeidingsvermoë as die wêreldling moet besit, en Hy is ontevrede met diegene wat te onverskillig of te lui is om bekwame, goed ingeligte werkers te word. Die Here sê dat ons Hom met die hele hart, en uit die hele siel, en uit die hele krag, en uit die hele verstand moet liefhê. Dit lê op ons die verpligting om die verstand tot sy uiterste toe te ontwikkel, sodat ons, ons Skepper met die hele verstand kan ken en liefhê.DGC 236.7

    As die verstand aan die beheersing van die Heilige Gees oorgegee word, sal dit, hoe deegliker dit ontwikkel word, des te beter in die diens van God gebruik kan word. Die man wat nie opleiding gehad het nie, maar wat toegewyd is en wat verlang om andere tot seën te wees, kan deur die Here in Sy diens gebruik word, en word ook gebruik. Maar diegene wat dieselfde gesindheid van toewyding het, en wat die voordeel van deeglike opvoeding gehad het, kan veel meer werk vir Christus doen. Hulle het ‘n voorsprong.DGC 237.1

    Die Here verlang dat ons al die opleiding moontlik moet kry, met die doel om ons kennis aan andere te kan oordra. Niemand weet waar of hoe hy geroep kan word om vir God te arbei of te spreek nie. Net ons hemelse Vader kan sien wat Hy van die mens kan maak. Voor ons lê moontlikhede wat ons swak geloof nie raaksien nie. Ons verstande moet in so ‘n mate opgelei word dat ons die waarhede van Sy Woord, indien nodig, op so ‘n wyse aan die hoogste aardse instansies kan verduidelik dat Sy Naam verheerlik sal word. Ons moet selfs nie een geleentheid deur ons vingers laat glip om onsself verstandelik te bekwaam om vir God te werk nie.DGC 237.2

    Laat die jongmense wat opvoeding nodig het, met vasberadenheid aan die werk spring om dit te verkry. Moenie vir‘n opening wag nie, maak self een. Maak van die geringste geleentheid gebruik. Wees spaarsaam. Moenie u geld uitgee om u aptyt te bevredig of vir plesier nie. Wees vasberade om so nuttig en bekwaam te word as wat God van u verlang. Wees deeglik en getrou in alles wat u onderneem. Soek elke geleentheid binne u bereik om die verstand op te bou. Studeer uit boeke en werk met die hande, en verkry deur getroue strewe, waaksaamheid en gebed die wysheid wat van omhoog is. Dit sal u ‘n breë opvoeding gee. So sal u u karakter opbou, en oor ander mense‘n invloed verkry wat u in staat sal stel om hulle langs die weg van opregtheid en heiligheid te lei.DGC 237.3

    Veel meer kan gedoen word in die werk van selfopvoeding as ons wakker is om ons eie geleenthede en voordele raak te sien. Ware opvoeding beteken meer as wat die kolleges kan aanbied. Hoewel die bestudering van die wetenskappe nie verwaarloos moet word nie, is daar‘n hoër onderwys wat deur‘n lewende verbinding met God verkry moet word. Laat elke student sy Bybel neem en homself met die groot Leermeester in verbinding bring. Laat die verstand opgelei en gedissiplineer word om met moeilike probleme in die soektog na Goddelike waarheid te worstel.DGC 237.4

    Diegene wat na kennis dors sodat hulle hul medemense kan seën, sal self van God ‘n seën ontvang. Deur die bestudering van Sy Woord sal hulle verstandelike vermoëns tot ernstige bedrywigheid geprikkel word. Die vermoëns sal breër en sterker word en die verstand sal krag en bekwaamheid verkry.DGC 238.1

    Elkeen wat ‘n werker vir God wil wees, moet selfdissipline beoefen. Dit sal meer uitrig as welsprekendheid of die briljantste talente. ‘n Gewone verstand wat goed gedissiplineer word, sal meer verhewe en beter werk verrig as die geleerdste verstand en die grootste talente sonder selfbeheersing.DGC 238.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents