Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Gelykenisse van Christus

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Geld

    God vertrou ook middele aan mense toe. Hy gee aan hulle die mag om rykdom te verwerf. Hy bevogtig die aarde met die dou van die hemel en met die verfrissende stortreëns. Hy gee die sonlig wat die aarde verwarm en wat die dinge van die natuur tot lewe wek en hulle laat groei en vrugte dra. Hy vra dat Sy eiendom aan Hom terugbesorg moet word.DGC 251.1

    Ons geld is nie aan ons gegee om onsself te vereer en te verheerlik nie. As getroue rentmeesters moet ons dit tot die eer en verheerliking van God gebruik. Sommige dink dat net ‘n gedeelte van hulle middele die Here s‘n is. Nadat hulle‘n gedeelte vir godsdienstige en liefdadigheidsdoeleindes opsygesit het, beskou hulle die res as hulle eie, om gebruik te word soos hulle goed dink. Maar hier begaan hulle ‘n fout. Alles wat ons besit, behoort aan die Here, en ons moet aan Hom rekenskap gee vir die gebruik wat ons daarvan maak. Die gebruik van elke sent dui aan of ons God bo alles liefhet en ons naaste soos onsself.DGC 251.2

    Geld het groot waarde want dit kan baie verrig. In die hande van Gods kinders beteken dit voedsel vir die hon-geriges, drank vir die dorstiges, kleding vir die naaktes. Dit is beskerming vir die verdruktes en ‘n hulpmiddel vir die siekes. Maar geld is niks meer as sand werd tensy dit aangewend word om lewensbehoeftes te voorsien, andere te seen en die saak van Christus te bevorder nie.DGC 251.3

    Opgegaarde rykdom is nie net nutteloos nie; maar dis ‘n vloek. In hierdie lewe is dit ‘n strik vir die siel wat die liefde van die hemelse skat af wegtrek. In die groot dag van God sal die getuienis van ongebruikte talente en verwaarloosde geleenthede die besitter daarvan veroordeel. Die Skrif sê: “Kom nou julle rykes, ween en huil oor die ellendes wat oor julle kom. Julle rykdom is bedorwe, en julle klere is deur die motte verniel. Julle goud en silwer is verroes, en hulle roes sal tot ‘n getuienis teen julle wees en sal soos ‘n vuur julle vlees verteer. Julle het skatte vergader in die laaste dae. “Kyk, die loon van die arbeiders wat julle lande afgeoes het, wat deur julle agter gehou is, roep uit; en die geroep van die maaiers het gekom tot in die ore van die Here van die leërskare.” Jak. 5:1-4.DGC 251.4

    Maar Christus keur verkwisting en spandabelrigheid nie goed nie. Sy les oor spaarsaamheid, “Maak die brokstukke bymekaar wat oorgeskiet het, sodat niks verlore gaan nie,” geld vir al Sy volgelinge (Joh. 6:12) Hy wat besef dat sy geld ‘n Godgegewe talent is, sal dit spaarsaam gebruik en sal voel dat dit ‘n plig is om te spaar sodat hy kan gee.DGC 252.1

    Hoe meer geld ons aan vertoon en selfbevrediging uitgee, hoe minder sal ons hê om die hongeriges mee te voed en die naaktes mee te klee. Elke sent wat onnodig verkwis word, beroof die een wat dit verkwis van ‘n kosbare geleentheid om goed te doen. Dit beroof God van die eer en die heerlikheid wat na Hom toe moet terugvloei deur die ontwikkeling van Sy toevertroude talente.DGC 252.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents