Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Gelykenisse van Christus

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    In Die Goeie Grond

    Die saaier sal nie altyd teleurstelling ken nie. Aangaande die saad wat in die goeie grond geval het, het die Heiland gesê: “Dit is hy wat die woord hoor en verstaan, wat dan ook vrug dra en oplewer: die een honderd-, die ander sestig-, die ander dertigvoudig. “En wat in die goeie grond val - dit is die wat, nadat hulle gehoor het, die woord in ‘n edele en goeie hart hou en met volharding vrug dra.”DGC 27.4

    Die “edele en goeie” hart waarvan die gelykenis spreek, is nie ‘n sondelose hart nie, want die evangelie moet aan die verlorenes verkondig word. Christus het gesê, “Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering.” (Markus 2:17) Hy wat hom oorgee aan die oortuiging van die Heilige Gees is hy wat eerlik van hart is. Hy bely sy skuld en voel sy behoefte aan die genade en liefde van God. Hy het‘n opregte verlange om die waarheid te ken, sodat hy dit kan gehoorsaam. Die goeie hart is ‘n gelowige hart wat in die Woord van God glo. Sonder geloof is dit onmoontlik om die woord te ontvang. “Want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en ‘n beloner is van die wat Hom soek.” Heb. 11:6. “Dit is hy wat die woord hoor en dit verstaan.” Die Fariseërs van Christus se tyd het hulle oë gesluit uit vrees dat hulle sou sien, en hulle ore sodat hulle nie sou hoor nie; daarom kon die waarheid hulle harte nie bereik nie. Hulle sou hulle vergelding ontvang vir hulle opsetlike onkunde en hulle selfopgelegde blindheid. Maar Christus het Sy dissipels geleer dat hulle hul verstand moes oopstel vir onderrig en bereid moes wees om te glo. Hy het ‘n seen oor hulle uitgespreek omdat hulle gesien en gehoor het met oë en ore wat glo.DGC 28.1

    Die goeie-grond-hoorder ontvang die woord “nie as die woord van mense nie, maar soos dit waarlik is, as die woord van God.” (1 Thess. 2:13) Net hy wat die Skrifte ontvang as die stem van God wat tot hom persoonlik spreek, is ‘n ware leerling. Hy bewe vir die woord, want vir hom is dit ‘n lewende werklikheid. Hy open sy verstand en sy hart om dit te ontvang. Cornelius en sy vriende was net sulke hoorders; hulle wat aan Petrus gesê het:“Ons is dan nou almal voor die aangesig van God aanwesig om alles te hoor wat deur God aan u opgedra is.” (Hand. 10:33)DGC 28.2

    Kennis van die waarheid hang nie soseer af van die krag van die intellek, as van die suiwere doel, die eenvoud van ‘n ernstige, afhanklike geloof nie. Engele van God sal nader kom aan diegene wat met nederigheid van hart na leiding soek. Die Heilige Gees is gegee om vir hulle die ryk skatte van die waarheid te ontsluit.DGC 28.3

    Die goeie-grond-hoorders hou die woord nadat hulle dit gehoor het. Die Satan met al sy onheilsmagte is nie in staat om dit weg te gryp nie.DGC 29.1

    Dis nie genoeg om die woord net te hoor of te lees nie. Hy wat verlang om by die Skrifte te baat, moet die waarheid bepeins wat aan hom voorgehou word. Deur ernstige aandag en biddende deurdenking moet hy die betekenis van die waarheidswaarde leer en hy moet diep teue van die gees van die godspraak indrink.DGC 29.2

    God sê dat ons die verstand met groot, rein gedagtes moet vul. Hy verlang dat ons oor Sy liefde en genade moet peins en dat ons Sy wonderlike werk in die groot verlossingsplan moet bestudeer. Dan sal ons begrip van waarheid al duideliker en ons verlange na ‘n rein hart en helder gedagtes hoër en heiliger word. Die siel wat in die suiwere atmosfeer van heilige gedagtes vertoef, sal verander word deurdat dit in die bestudering van die Skrifte, met God gemeenskap hou.DGC 29.3

    “Wat dan ook vrug dra.” Hulle wat die woord gehoor het en dit gehoorsaam, sal vrugte dra. As die woord van God in die siel ontvang word, sal dit in goeie werke blyk. Die gevolge sal in ‘n Christelike karakter en lewe gesien word. Christus het van Homself gesê: “Ek het lus, o my God, om u welbehae te doen, en u wet is binne-in my ingewande.” (Ps. 40:9) “Omdat Ek nie my wil soek nie, maar die wil van die Vader wat My gestuur het.” (Joh. 5:30) En die Skrifte sê: “Hy wat sê dat hy in Hom bly, behoort self ook so te wandel soos Hy gewandel het.” 1 Joh. 2:6.DGC 29.4

    Die woord van God bots dikwels met die oorerflike en aangeleerde karaktereienskape van die mens, en met sy lewensgewoontes. Maar die goeie-grond-luisteraar, wat die woord ontvang, aanvaar ook al die voorwaardes en vereistes daarvan. Hy onderwerp sy gewoontes, gebruike en dade aan Gods woord. Wat hom betref, is die gebooie van sterflike, gebrekkige mense nietig in vergelyking met die woord van die ewige God. Met die hele hart, met net een doel voor oë, soek hy die ewige lewe, en al beteken dit verlies, vervolging of selfs die dood, hy sal die waarheid gehoorsaam.DGC 29.5

    En hy dra “met volharding” vrugte. Geeneen wat die woord van God ontvang, word van moeilikhede en beproewings bevry nie, maar wanneer beproewings kom, word die ware Christen nie rusteloos, wantrouig of moedeloos nie. Hoewel ons nie die uiteinde van sake kan sien of die doel van Gods voorsienigheid kan begyp nie, moet ons nie ons vrymoedigheid wegwerp nie. Ons moet die tere genadebewyse van die Here onthou, ons bekommernis op Hom werp, en met lydsaamheid op Sy verlossing wag.DGC 29.6

    Deur stryd word die geestelike lewe versterk. As ons beproewings dapper verduur, sal standvastige karakters en kosbare geestelike bevallighede ontwikkel. Die volmaakte vrug van die geloof, sagmoedigheid en liefde, kom dikwels te midde van onweerswolke en duisternis die beste tot voile wasdom.DGC 30.1

    “Die landbouer wag op die kostelike vrug van die aarde en het geduld daarmee totdat dit die vroeë en die laat reën ontvang het.” Jak.5:7. So moet die Christen geduldig wag totdat die woord van God in sy lewe vrugte dra. Dikwels wanneer ons om die bevallighede van die Gees bid, werk God om ons gebede te beantwoord, deur ons in omstandighede te plaas wat hierdie vrugte laat ontwikkel; maar ons verstaan nie Sy doel nie, en ons wonder en is ontstel. Tog kan niemand hierdie bevallighede op‘n ander manier as deur groei en vrugte dra, aankweek nie. Ons aandeel is om Gods Woord te ontvang en daaraan vas te hou terwyl ons ons geheel en al daaraan onderwerp. Dan sal Sy doel in ons verwesenlik word.DGC 30.2

    “As iemand My liefhet” het Christus gesê, “sal hy my woord bewaar, en my Vader sal hom liefhê, en ons sal na hom toe kom en by hom woning maak.” (Joh. 14:23) Die onsigbare, geheime werking van ‘n magtiger, ja, ‘n volmaakte wese sal oor ons wees, want ons het ‘n lewende verbinding met die bron van onfeilbare krag. In ons geestelike lewe word ons gevangenes van Jesus Christus. Ons sal nie meer die alledaagse selfsugtige lewe lei nie, maar Christus sal in ons leef. Sy karakter sal in ons weerspieël word. So sal ons die vrugte van die Heilige Gees dra” een dertig-, en een sestig-, en een honderdvoudig.”DGC 30.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents