Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Gelykenisse van Christus

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Vriendelikheid En Liefdebetoon

    Vriendelike liefdebetoon, neigings tot vrygewigheid en‘n wakker begrip van geestelike sake is kosbare talente en hulle lê‘n groot verantwoordelikheid op diegene wat hulle besit. Almal moet in die diens van God gebruik word. Maar in hierdie opsig begaan baie ‘n fout. Hulle is tevrede omdat hulle hierdie hoedanighede besit en hulle gebruik hulle nie in die daadwerklike diens van andere nie. Hulle vlei hulle dat hulle‘n groot en goeie werk sou doen as die geleentheid daar was, as omstandighede gunstig was. Maar hulle wag nog op die geleentheid. Hulle verag die bekrompenheid van die arme gierigaard wat nie eens’n bietjie aan die behoeftige wil afstaan nie. Hulle sien dat hy vir homself lewe en dat hy verantwoordelik is vir sy misbruikte talente. Met‘n groot mate van selfvoldoening vergelyk hulle hulself met sulke bekrompenes en voel dat hulle eie toestand gunstiger is as die van hulle suinige bure. Maar hulle bedrieg hulleself. Net die blote besit van ongebruikte hoedanighede verhoog hulle verantwoordelikheid. Diegene wat met groot liefde bedeel is, staan onder verpligting teenoor God om dit te bewys, nie net aan hulle vriende nie, maar aan almal wat hulle hulp nodig het. Om goed met ander te kan verkeer, is ‘n talent en dit moet tot voordeel van almal binne bereik van ons invloedsfeer gebruik word. Die soort liefde wat net aan ‘n paar vriendelikheid betoon, is nie liefde nie, maar selfsug. Dit sal geensins tot voordeel van siele of tot verheerliking van God strek nie. Diegene wat hulle Meester se talente so in onbruik laat, is selfs skuldiger as diegene teenoor wie hulle so‘n gevoel van veragting het. Aan hulle sal gesê word: Julle het julle Meester se wil geken, maar dit nie gedoen nie.DGC 252.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents