Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Eerste Geskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Voorwoordtot Eerste Uitgawe Van “Experience and Views”

    Ons weet almal dat baie opregte soekers na die waarheid en Bybelse heiligheid bevooroordeel is teen gesigte. Hierdie vooroordeel het twee groot oorsake. Die eerste is die fanatisme waarmee valse gesigte min of meer altyd gepaard gaan; dit het eerlike mense met agterdog vervul teen sulke verskynsels. Die tweede is die verskynsel van mesmerisme, en wat algemeen bekend is as”diegeheimsinnigegeklop’-dinge wat bereken is om mense te bedrieg en hulle ongelowig te maak in die gawes en werkinge van die Gees van God.EG .0

    God verander nooit. Sy werk deur Moses voor Farao, was eg, ondanks die feit dat Jannes en Jambres toegelaat is om wonders deur die mag van die Satan te doen wonders wat gelyk het soos die van Moses. Ook in die tyd van die apostels was daar sulke namaaksels, maar dit het nie verhinder dat die gawes van die Gees deur die navolgers van Christus geopenbaar word nie. Dit is nie die doel van God om Sy kinders in hierdie tyd, wanneer daar soveel bedrog gesien word, sonder die gawes en die openbarings van Sy Gees te laat nie.EG .0

    Die doel met vervalsings is om egte dinge so goed moontlik na te maak. Dit is om hierdie rede dat die openbarings van die gees van bedrog die bewys is dat God Hom aan Sy kinders openbaar deur die krag van die Heilige Gees, en dat Hy Sy Woord op heerlike wyse gestand doen.EG .0

    “En in die laaste dae, sê God, sal Ek van my Gees uitstort op alle vlees, en julleseunsen julle dogters sal profeteer, en julle jongelinge sal gesigte sien, en julle ou mense sal drome droom.” Hand. 2:17. (Vergelyk met Joël 2:28.)EG .0

    Ons het nog altyd mesmerisme as gevaarlik beskou, en het niks daarmee te doen gehad nie. Ons het nog nooit iemand daardeur aan die slaap gemaak nie, en dus het ons geen proefondervindelike kennis van die kuns nie.EG .0

    Ons gee hierdie werkie uit in die hoop dat dit die heiliges sal vertroos. Saratoga Springs, N.Y., Augustus 1851.EG .0

    James White.

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents