Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Eerste Geskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Hoofstuk 71—Die Aarde Verwoes

    My aandag is weer op die aarde gevestig. Die goddelose was dood, en hulle dooie liggame. het op die grond rondgelê. Die aardbewoners het die slagoffers geword van die wraak van God in die sewe laaste plae, wat hulle hul tonge laat kou het van die pyn; en hulle God laat vervloek het. Veral die valse herders is getref deur Gods wraak. Terwyl hulle nog op hulle voete gestaan het; is hulle oë uit die oogholtes verteer, en hulle tonge uit hulle monde. Nadat die heiliges verlos is deur die stem van God, het die goddelose hulle woede op mekaar gewreek. Die aarde was gedrenk met bloed, en van die een end tot die ander daarvan het die dooie liggame gelê.EG 295.1

    Die aarde het soos ‘n verlate woestyn gelyk. Stede en dorpe, in puin gelê deur die aardbewing, het puinhope geword. Berge is uit hulle plekke versit sodat daar groot skeure gelaat is. Skerp rotse, uitgewerp deur die see, of uit die aarde self geskeur, het orals op die aardbodem rondgelê. Groot bome is ontwortel en rondgestrooi. Hier sa! die Satan en sy bose engele hulle vir‘n duisend jaar hulle tuiste vind. Hiersal hy opgesluit word om rond te wandel op die verskeurde oppervlakte van die aarde en die gevolge te sien van sy opstand teen Gods wet. Vir ‘n duisend jaar kan hy nou die vrugte geniet van die vloek wat hy op die aarde gebring het. Omdat hy tot hierdie aarde beperk sal wees, sal hy nie die voorreg hê om ander planete te besoek en diegene wat nie in die sonde geval het te versoek en lastig te val nie. Gedurende hierdie tyd sal die Satan bitter ly. Sedert sy val het hy altyd toegegee aan sy bose neigings. Maar nou sal sy krag aan hom ontneem word, en hy sal gelaat word om te peins oor die rol wat hy gespeel het sedert sy val, en met vrees en bewing sal hy dink aan die vreeslike toekoms wanneer hy sal moet boet vir al die boosheid wat hy bewerk het, en gestraf word vir die sondes wat op sy aandrang gepleeg is.EG 295.2

    Ek het oorwinningskrete soos die geluid van tienduisende musiekinstrumente van die engele en die verloste heiliges gehoor, omdat hulle nie langer lastig geval of versoek sou word deur die Satan nie, en omdat die bewoners van die ander wêrelde verlos is van sy teenwoordigheid en versoekings.EG 295.3

    Toe het ek trone gesien, en Jesus en die verloste heiliges het daarop gesit. En die heiliges het regeer soos konings en priesters van God. Christus, bygestaan deur Sy volk, het die goddelose dode geoordeel, en hulle dade vergelyk met die wetboek, die Woord van God, en elke saak is beslis volgens die dade in die liggaam gepleeg.Toe het hulle die vonnis uitgespreek wat elkeen van die goddelose verdien het volgens hulle werke; en dit is teenoor hulle name aangeteken in die boek van die dood. Die Satan, en ook sy engele, is geoordeel deur Jesus en die heiliges. Die Satan sal baie swaarder gestraf word as diegene wat hy verlei het. Sy straf sal soveel swaarder wees as hulle s‘n dat daar geen vergelyking gemaak sal kan word nie. Nadat almal wat hy verlei het, reeds vernietig is, sal die Satan nog baie langer voortlewe om te ly.EG 295.4

    Ná die oordeel van die goddelose dode afgehandel is, aan die einde van die duisend jaar, het Jesus die stad verlaat, en die heiliges en ‘n gevolg van die leërskare van engele, het saam met Hom gegaan. Jesus het neergedaal op ‘n groot berg, wat onder Hom, net toe Sy voete daaraan geraak, ‘n groot vlaktegeword het.Toe hetonsgekykenons hetdiegrooten pragtigestad gesien, met sy twaalf fondamente, en twaalf poorte-drie aan elke kant-en by elke poort ‘n engel. Ons het uitgeroep, “Die stad! die groot stad! dit daal neer van God uit die hemel!” Dit het neergedaal in sy skitterende heerlikheid en tot rus gekom op die groot vlakte wat Jesus daarvoor berei het.EG 296.1

    _______________

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents