Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Eerste Geskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Hoofstuk 3—Die Verseëling

    Op 5 Januarie 1849, toe die Sabbat begin het, was ons by n biduur aan huis van Broeder Belden, Rocky Hill, Connecticut, en die Heilige Gees het op ons gekom. Ek is in ‘n gesig geneem na die allerheiligste plek waar ek Jesus gesien het, nog besig om in te tree vir Israel. Onderaan die soom van Sy kleed was ‘n klokkie en ‘n granaat. Ek het gesien dat Jesus nie die allerheiligste plek sal verlaat voordat elke saak beslis is nie, of vir die saligheid of vir uitdelging, en dat die wraak van God nie kan kom voordat Jesus Sy werk in die allerheiligste plek afgehandel, Sy priesterlike kleed uitgetrek, en die kleed van wraak aangetrek het nie. Dan sal Jesus uitstap tussen die Vader en die mense, en God sal nie langer stilbly nie, maar Sy wraak uitgiet op diegene wat Sy waarheid verwerp het. Ek het gesien dat die grimmigheid van die nasies, die wraak van God, en die tyd van oordeel vir die dode, afsonderlike en agtereenvolgende gebeurtenisse was, en ook dat Migael nog nie opgestaan het, en dat die tyd van benoudheid soos daar nog nooit was nie, nog nie begin het nie. Die nasies word nou toornig, maar wanneer ons Hoëpriester Sy werk in die heiligdom klaar het, sal Hy opstaan, die kleed van wraak aantrek, en dan sal die sewe laaste plae uitgegiet word.EG 25.1

    Ek het gesien dat die vier engele die vier winde sou vashou totdat Jesus se werk in die heiligdom klaar is, en dan sal die sewe laaste plae kom. Hierdie plae het die goddelose baie toornig gemaak op die regverdiges; hulle het gedink dat ons die oordele van God op hulle gebring het, en dat die plae sou ophou as hulle maar van ons kon ontslae raak. Daar het ‘n bevel uitgegaan om die regverdiges dood te maak, en dit het hulle dag en nag laat roep om verlossing. Dit was die tyd van Jakob se benoudheid.Toe het al die heiliges in angs geroep en is ons verlos deur die stem van God. Die 144,000 het oorwin. Hulle aangesigte is verlig met die heerlikheid van God. Toe is daar ‘n groep aan my getoon wat in foltering geskreeu het. Op hulle kleed het daar in groot letters gestaan, “Jy is in die weegskaal geweeg en te lig bevind.” Ek het gevra wie hierdie groep was. Die engel het geantwoord, “Dit is hulle wat eenkeer die Sabbat gehou het, maar dit opgegee het.” Ek het hulle hoor uitroep met ‘n luide stem, “Ons het geglo in U wederkoms en het dit met ywerverkondig.”Maarterwyl hulle gepraat het, het hulle oë geval op hulle kleed waar hulle die letters gesien het, en toe het hulle weer hard begin ween. Ek het gesien dat hulle uit diep waters gedrink het en die res met hulle voete besoedel het-hulle het die Sabbat onder die voete vertree-en dat dit om hierdie rede was dat hulle in die weegskaal geweeg en te lig bevind is.EG 25.2

    Die engel wat by my was, het weer my aandag gevestig op die stad; na die poorte daarvan het ek vier engele sien vlieg. Hulle was net besig om die goue kaartjie aan die engel by die poort te toon toe ek ‘n ander engel baie vinnig sien vlieg het uit die rigting van die oorweldigende heerlikheid, en hy het met ‘n groot stem geroep tot die ander engele, en hy het iets in sy hand op en neer beweeg. Ek het aan die engel wat by my was, gevra wat dit beteken. Hy het aan my gesê dat ek op daardie oomblik niks meer kon sien nie, en dat hy my eerlank sou toon wat die dinge beteken watekgesien het.EG 26.1

    Daardie Sabbat middag het een van ons groep siek geword, en hy het gevra dat ons vir hom moes bid. Ons het saam tot die groot Geneesheer gebid; terwyl daar geneeskrag gekom en die sieke gesond geword het, het die Gees op my gekom, en ek is weggevoer in ‘n gesig.EG 26.2

    Ek het vier engele gesien wat ‘n werk te doen gehad het op die aarde, en hulle was op weg om dit te doen. Jesus het Sy priesterlike kleed aangehad. Hy het in ontferming neergekyk op die oorblyfsel; toe het Hy Sy hande opgehef en met ‘n stem vol bejammering geroep, “My bloed, Vader, My bioed, My bloed, My bloed!”Toe het ek ‘n vreeslike helder lig sien kom van God wat op die groot wit troon gesit het, en dit het rondom Jesus geskyn. Toe het ek ‘n engel gesien met ‘n opdrag van Jesus, en hy het vinnig gevlieg na die vier engele wat ‘n werk gehad het om te doen op die aarde; hy het iets op en neer in sy hand beweeg en met ‘n luide stem geroep, “Hou! Hou! Hou! Hou! totdat die dienaars van God op hulle voorhoofde verseël is.”EG 26.3

    Ek het aan die engel die betekenis gevra van wat ek gehoor het, en wat daardie vier engele wou doen. Hy het aan my gesê dat dit God was wat die magte in bedwang hou, en dat Hy Sy engele aangestel het oor die dinge van die aarde; dat die vier engele krag van God ontvang het om die vier winde vas te hou, en dat hulle op die punt gestaan het om die winde te los; maar terwyl hulle hande verslap het en die vier winde wou begin waai, het die genadige oog van Jesus die oorblyfsel gesien wat nie verseël was nie, en Hy het Sy hande opgehef en die Vader gesmeek en gesê dat Hy Sy bloed vir hulle gestort het.Toe het ‘n ander engel opdrag gekry om vinnig te vlieg na die vier engele en hulle te beveel om vas te hou totdat die dienaars van God op hulle voorhoofde verseël is met die seël van die lewende God.EG 26.4

    _______________

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents