Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Eerste Geskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Hoofstuk 48—Paulus Besoek Jerusalem

    Ná Paulus se bekering het hy Jerusalem besoek, en daar het hy Jesus en die wonders van Sy genade verkondig. Hy het vertel van sy wonderbare bekering, en dit het die priesters en owerstes so kwaad gemaak dat hulle besluit het om hom dood te maak. Maar om sy lewe te red, het Jesus weer aan hom in ‘n gesig verskyn terwyl hy gebid het, en aan hom gesê, “Maak gou en gaan haastig uit Jerusalem uit, want hulle sal jou getuienis aangaande My nie aanneem nie.” Paulus het geantwoord, “Here, hulle weet self dat ek besig was om die wat in U glo, in die gevangenis te werp en in al die sinagoges te slaan; en toe die bloed van Stefanus, U getuie, vergiet is, het ek ook self daarby gestaan en sy moord goedgekeur en die klere opgepas van die wat hom doodgemaak het,” Paulus het gemeen dat die Jode in Jerusalem nie sy getuienis sou kon weerstaan nie; dat hulle sou aanneem dat die groot verandering in hom alleen deur die krag van God kon geskied het. Maar die bevel was nog dringender as die vorige: “Gaan heen, want Ek sal jou ver wegstuur na die heidene.”EG 203.1

    Gedurende Paulus se afwesigheid van Jerusalem, het hy baie briewe na verskillende plekke geskryf, waarin hy van sy ervarings vertel en kragtige getuienis gegee het. Maar sommige het hulle daarop toegelê om die invloed van daardie briewe te vernietig. Hulle was gedwonge om te erken dat sy briewe kragtig was, maar hulle het beweer dat hy persoonlik swak was en sy spraak veragtelik.EG 203.2

    Die feite in die saak is dat Paulus ‘n man van groot geleerdheid was, en sy wysheid en maniere het sy toehoorders bekoor. Hy het van die geleerde mense behaag met sy kennis, en baie van hulle het in Jesus geglo. Waar hy verskyn het voor konings, en groot vergaderings, was hy so welsprekend dat almal tot hom aangetrokke gevoel het. Dit het die priesters en ouderlinge baie kwaad gemaak. Paulus kon hom maklik begeef in diep redenasies, en hy het die mense saam met hom gevoer in verhewe gedagtes waarin hy die groot rykdom van Gods genade en die weergalose liefde van Christus voor hulle geskilder het. En dan kon hy in die grootste eenvoud afdaal tot die peil van die gewone mense en op kragtige wyse vertel van sy bekering, en dit het by hulle die begeerte geskep om ook dissipels van Christus te word.EG 203.3

    Weer eens het die Here aan Paulus verskyn en aan hom geopenbaar dat hy na Jerusalem moes gaan, en dat hy daar vasgebind sou word en vir Sy Naam sou ly. Alhoewel hy vir ‘n lang tyd ‘n gevangene was, het die Here nogtans ‘n spesiale werk deur hom gedoen. Sy bande sou juis die middel wees om die kennis van Christus te versprei en God te verheerlik. Waar hy van stad tot stad gestuur is in verband met sy verhoor, het hy voor konings en goewerneurs getuig van Jesus en die gebeurtenisse in verband met sy eie bekering, sodat hulle sonder verskoning sou wees ten opsigte van hulle verhouding tot Jesus. Duisende het in Hom geglo en hulle verbly in Sy Naam. Ek het gesien dat die spesiale doel van God volvoer is in die reis van Paulus oor die see; dit was Sy doel dat die bemanning van die skip die krag van God sou sien deur Paulus, en dat die heidene ook die Naam van Jesus sou hoor, en dat vele tot bekering sou kom deur die prediking van Paulus en deur die wonders wat hy sou doen. Konings en goewerneurs is bekoor deur sy redenasies, en waar hy met ywer en in die krag van die Heilige Gees Jesus verkondig het, en van sy eie ervarings vertel het, is die mense oortuig dat Jesus die Seun van God is.Terwyl sommige met verbasing vervul is waar hulle na Paulus geluister het, het een uitgeroep,“Jy beweeg my amper om ‘n Christen te word.”Tog het die meeste van diegene wat hom gehoor het, gedink dat hulle later daaroor sou peins. Die Satan het van hierdie versuim gebruik gemaak, en omdat hulle die geleentheid laat verbygaan het toe hulle harte sag was, het hulle die kans vir ewig laat verlore gaan. Hulle harte is verhard.EG 204.1

    Aan my is die werk van die Satan getoon hoe hy eers die oë van die Jode verblind het sodat hulle Jesus nie sou aanneem as hulle verlosser nie; en hoe hy hulle so met haat en afguns vervul het oor Sy magtige werke, dat hulle Sy lewe geneem het. Die Satan het in een van Christus se eie volgelinge ingevaar en hom beweeg om Hom te verraai in die hande van Sy vyande, sodat hulle dieVors van die lewe en heerlikheid gekruisig het.EG 204.2

    Nadat Jesus uit die dode opgestaan het, het die Jode hulle sondes opgehoop in hulle poging om die feit dat Hy opgestaan het, te verberg deur die Romeinse wag om te koop om ‘n leuen te versprei. Maar die opstanding van Jesus is dubbeld bevestig deur die opstanding van die menigte getuies in daardie selfde tyd. Ná Sy opstanding, het Jesus aan Sy dissipelsEG 204.3

    verskyn, en op een tyd ook aan meer as vyfhonderd; en diegene wat Hy saam met Hom uit die dode opgewek het, het aan baie verskyn en verklaar dat Jesusopgestaan het.EG 205.1

    Die Satan het die Jode gelei om teen God te rebelleer deur te weier om Sy Seun aan te neem, en deur hulle hande te bevlek met Sy kosbare bloed. Ondanks die kragtige bewyse wat hulle nou gehad het dat Jesus die Seun van God was en die Verlosser van die wêreld, het hulle Hom vermoor, en hulle wou geen getuienis in Sy guns aanneem nie. Hulle enigste hoop en vertroosting, net soos die van die Satan ná sy val, was om te probeer om die oorhand te kry teen die Seun van God. Hulle het dus volgehou met hulle rebellie deur die dissipels van Christus te vervolg en hulle om die lewe te bring. Niks was vir hulle so verfoeilik as om die Naam van Jesus te hoor wat hulle gekruisig het nie; en hulle was vasbeslote om na geen getuienis in Sy guns te luister nie. Byvoorbeeld, toe die Heilige Gees deur Stefanus so kragtig getuig het dat Jesus die Seun van God was, het hulle hul ore toegestop sodat hulle nie miskien oortuig word nie. Die Satan het die moordenaars van Jesus vas gehad in sy greep. Deur bose werke het hulle hulleself sy gewillige onderdane gemaak, en deur hulle het hy gewerk om die gelowiges in Christus te plaag en lastig te val. Hy het deur die Jode gewerk om die heidene teen Christus en Sy volgelinge op te wek. Maar God het Sy engele gestuur om die dissipels te versterk vir hulle werk, sodat hulle kon getuig van die dinge wat hulle gesien en gehoor het, en om eindelik deur hulle standvastigheid hulle getuienis met hulle bloed te verseël.EG 205.2

    Die Satan het hom daarin verbly dat die Jode veilig in sy strikke was. Hulle het nog voortgegaan met hulle nuttelose vormdiens, hulle offers en hulle insettinge. Toe Jesus aan die kruis uitgeroep het, “Dit is volbring,” is die voorhangsel van die tempel van bo tot onder in twee geskeur as bewys dat God nie langer die priesters in die tempel sou ontmoet om hulle offers en diens aan te neem nie, en ook om te wys dat die skeidsmuur tussen Jode en heidene afgebreek was. Jesus het Homself geoffer vir albei, en as hulle ooit gered sou word, moes beide Jode en heidene in Hom glo as die enigste soenoffer vir die sonde, en Redder van die wêreld.EG 205.3

    Toe die soldaat die sy van Jesus deursteek het daar aan die kruis, het daar twee verskillende strome uitgevloei, een van bloed, en die ander van water. Die bloed sou die sondes afwas van diegene wat glo in Sy Naam, en die water was ‘n voorstelling van die lewende water wat Jesus gee om lewe aan die gelowige te gee.EG 205.4

    _______________

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents