Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Eerste Geskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Hoofstuk 62—Spiritisme

    Die bedrog van die geklop is aan my voorgestel, en ek het gesien dat die Satan mag het om gedaantes voor ons te laat verskyn wat voorgee dat hulle ons bloedverwante, of vriende is wat in Jesus ontslaap het. Dit sal lyk asof hierdie vriende werklik teenwoordig is; woorde wat hulle gespreek het terwyl hulle nog in die lewe was, en waarmee ons bekend is, sal gespreek word met die juiste stembuiging. Dit alles sal geskied om die wêreld te bedrieg en hulle te verlei om hierdie bedrog te glo.EG 265.1

    Ek het gesien dat die heiliges ‘n deeglike begrip moet hê van die teenwoordige waarheid, en dit sal hulle uit ‘n studie van die Skrifte moet verkry. Hulle moet die regte begrip hê van die staat van die dode, want die geeste van duiwels sal nog aan hulle verskyn; en voorgee dat hulle hul afgestorwe bloedverwante, of vriende is, en aan hulle onskriftuurlike leerstellings openbaar. Hulle sal al hulle kragte inspan om simpatie te verkry, en hulle sal wonders voor die mense doen om wat hulle sê, te staaf. Die volk van God moet voorberei wees om hierdie geeste met die Bybelse waarheid te bestry dat die dode niks weet nie, en dat die geeste wat so verskyn, die geeste van duiwels is.EG 265.2

    Ons moet die grondslag van ons geloof deeglik ondersoek, want ons sal daarvoor ‘n rede moet gee uit die Skrifte. Hierdie bedrog sal toeneem, en ons sal dit van aangesig tot aangesig moet bestry; en as ons nie voorberei is nie, sal ons verstrik en oorwin word. Maar as ons van ons kant doen wat ons kan om toegerus te wees vir die stryd wat ons voorlê, sal God Sy deel doen, en Sy almagtige arm sal ons beskerm. Voordat Hy sal toelaat dat die getroue siele verlei word deur die leuenagtige wonders van die Satan, sal Hy die laaste engel uit die hemel stuur om ‘n skans op te werp rondom hulle.EG 265.3

    Ek het die spoed gesien waarmee hierdie bedrog versprei het. Daar is ‘n trein met ‘n hele aantal waens aan my getoon, wat met die spoed van weerlig voortgesnel het. Die engel het my beveel om goed te kyk. Ek het my oë op die trein gevestig. Dit het vir my gelyk of die hele wêreld daar-op was. Toe het hy aan my die kondukteur gewys; hy was ‘n aanvallige, goedgeboude man: die passasiers het na hom opgesien en hom gerespekteer. Ek was verwonderd, en het aan die engel by my gevra wie hy is. Hy het geantwoord:“Dit is die Satan. Hy is die kondukteur in die gedaante van ‘n engel van lig. Hy het die wêreld gevange geneem. Hulle is oorgegee aan sy bedrieërye om die leun te glo sodat hulle verdoem kan word. Sy handlanger, die hoogste wese net onder hom, is die masjinis; en ander van sy handlangers gebruik hy in verskillende hoedanighede na gelang hy hulle nodig het; hulle gaan almal met die spoed van weerlig na die verderf.”EG 265.4

    Ek het die engel gevra of daar niemand oor was nie. Hy het my beveel om in die teenoorgestelde rigting te kyk, en toe het ek ‘n klein groepie gesien wat voortreis op die smal pad. Dit het geskyn of almal volkome verenig was deur die waarheid. Hierdie groepie het die tekens van kommer getoon, asof hulle ‘n groot beproewing en stryd deurgemaak het. Verder het dit gelyk of die son net uitgekom het agter ‘n wolk en op hulle aangesigte geskyn het, sodat hulle oorwinnend gelyk het asof hulle hul laaste stryd gestry het.EG 266.1

    Ek het gesien dat die Here die wêreld geleentheid gegee het om die strik te ontdek. As daar een ding is wat duidelik is vir die Christen, dan is dit dit: daar word geen verskil gemaak tussen die reine en die vuile nie. Thomas Paine, wie se liggaam in die graf tot stof vergaan het, en wat daaruit geroep sal word by die tweede opstanding aan die einde van die duisend jaar, om sy loon te ontvang en die tweede dood te sterf, word deur die Satan voorgestel as in die hemel waar hy ‘n verhewe posisie beklee. Die Satan het hom op die aarde gebruik solank as hy kon, en nou sit hy nog sy bedrog voort deur Thomas Paine voor te stel as so verhewe in die hemel; net soos hy hier op aarde sy leer verkondig het, sê die Satan, verkondig hy dit nou in die hemel. En sommige wat sy lewe en verdorwe leer met afsku bejeën het op die aarde, laat hulle nou deur hom leer een van die grofste sondaars, en ‘n man wat God en Sy wet verag het.EG 266.2

    Die vader van die leuen verblind en bedrieg die wêreld, deur sy engele uit te stuur om namens die apostels te spreek, en dit te laat skyn dat hulle weerspreek wat hulle onder ingewing van die Heilige Gees geskryf het toe hulle op die aarde was. Hierdie leuenagtige engele laat die apostels hulle eie leer weerspreek en sê dat dit vals is. Deur dit te doen, behaag dit die Satan om die naam Christene, en die hele wêreld, in onsekerheid te bring aangaande die Woord van God. Daardie heilige Boek staan in sy pad, en verydel sy planne; daarom lei hy die mense om te twyfel aan die goddelike oorsprong van die Bybel; en dan hou hy die ongelowigeThomas Paine aan ons voor as iemand wat reguit hemel toe is ná sy dood, en dat hy daar saam met die heilige apostels lewe wat hy hier op die aarde gehaat het, en dat hulle nou die wêreld onderrig.EG 266.3

    Die Satan gee aan elkeen van sy engele ‘n rol om te speel. Hy druk hulle almal op die hart om skelm; listig, en slinks te wees. Hy beveel sommige van hulle om die rol van die apostels te speel en namens hulle te spreek, en ander dat hulle hul moet voordoen as eertydse ongelowiges en booswigte wat sonder God gesterf het, maar nou baie godsdienstig is. Daar word geen verskil gemaak tussen die heilige apostels en die sondigste ongelowiges nie. Albei klasse word voorgestel asof hulle dieselfde dinge leer. Dit maak vir die Satan nie saak wie hy laat spreek nie, solank hy maar net sy doel bereik. Hy het Paine getrou bygestaan in sy werk op aarde, en dit is glad nie vir hom moeilik om te weet watter woorde Paine gebesig het, en hoe hierdie man wat hom so goed gedien het, se handskrif lyk nie. Die Satan was die ingewer van baie van Paine se geskrifte, en daarom sou dit nie vir hom moeilik wees om weer dieselfde gedagtes deur sy engele te laat weergee, en hulle voor te stel as komende van Thomas Paine self nie. Dit is die meester bedrog van die Satan. Al hierdie leer, voorgestel as komende van die apostels en heiliges, en bose mense wat ontslaap het, kom regstreeks van die Satan.EG 267.1

    Die feit dat die Satan beweer dat iemand wat hy so liefgehad het, en wat God so volkome gehaat het, nou saam met die heilige apostels in heerlikheid is, behoort genoeg te wees om die sluier weg te trek voor alle harte, en die duistere, verborge werke van die Satan te openbaar. Hy sê feitelik aan die wêreld en aan ongelowiges: “Dit maak nie saak hoe goddeloos julle is nie, en of julle God en die Bybel glo of nie glo nie; lewe maar soos julle wil, julle sal tog hemel toe gaan. Almal weet tog seker dat asThomas Paine in die hemel is en daar so ‘n hoë posisie beklee, hulle gewis ook daar sal kom.”Hierdie bedrog is so deursigtig dat almal wat wil dit sal sien. Die Satan doen nou, deur manne soos Thomas Paine, wat hy sedert sy val geprobeer doen het. Deur sy mag, en wonder van die leuen, is hy besig om die fondament van die Christen se hoop te ondergrawe, en die son uit te doof wat die smal pad na die hemel verlig. Hy maak die wêreld wys dat die Bybel nie geïnspireer is, en nie beter is as ‘n storieboek nie, terwyl hy iets anders in die plek daarvan aanbied, naamlik die spiritistiese openbarings.EG 267.2

    Hier het hy ‘n kanaal waardeur hy ongestoord kan werk, iets wat onder sy beheer is; en daardeur kan hy die wêreld laat glo wat hy wil. Die boek wat hom en sy volgelinge sal oordeel, plaas hy op die agtergrond, net waar hy dit wil hê. Die Verlosser van die wêreld stel hy voor as sommer ‘n gewone mens; en net soos die Romeinse wag wat die graf van Jesus bewaak het, die leuen versprei het wat die owerpriesters en ouderlinge hulle in die mond gelê het, so sal die arme, misleide gelowiges in hierdie geestesverskynsels dit wil laat voorkom dat daar niks bonatuurlik was in die geboorte, dood, en opstanding van ons Verlosser nie. Nadat hulle Jesus op die agtergrond gestel het, vestig hulle die aandag van die wêreld op hulleself en op hulle leuenagtige wonders wat, soos hulle beweer, die werke van Christus ver oortref. So word die wêreld in die strik gevang, en aan die slaap gesus; eers by die uitstorting van die sewe laaste plae ontdek hulle die vreeslike bedrog. Die Satan lag waar hy sien hoe goed sy plan slaag, en hoe die hele wêreld in sy strik gevang word.EG 268.1

    _______________

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents