Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Eerste Geskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Hoofstuk 16—Voorbereiding Vir Die Einde

    Te Oswego, New York, op 7 September 1850, het die Here aan my getoon dat daar ‘n groot werk gedoen moet word vir Sy kinders voordat hulle sal kan staan in die slag van die dag van die Here. My aandag is gevestig op diegene wat voorgee dat hulle adventiste is, maar wat die teenwoordige waarheid verwerp, en ek het gesien dat hulle verbrokkel en dat die hand van die Here op hulle was om hulle nou in hierdie tyd van versameling te verdeel en te verstrooi, sodat die kosbare juwele onder hulle, wat eers bedrieg was, se oë kan oopgaan om hulle ware toestand te sien. En nou, wanneer die waarheid aan hulle voorgestel word deur die Here se boodskappers, is hulle gereed om te luister, om die lieflikheid en harmonie daarvan te sien, om hulleself los te maak van hulle ou geloofsgenote en dwalings, en om die kosbare waarheid aan te neem en op grond te staan wat hulle kan verdedig.EG 65.1

    Ek het gesien dat diegene wat die Sabbat van die Here weerstaan, nie die Bybel kan neem en bewys dat hulle standpunt reg is nie; daarom sal hulle diegene belaster wat die waarheid aanneem en leer, en hulle sal hulle karakters aanval. Baie van die-gene wat eers gewetensgetrou was, en God en Sy Woord liefgehad het, is so verhard omdat hulle die lig van die waarheid verwerp het, dat hulle nie sal skroom om diegene wat die heilige Sabbat liefhet, te belaster en vals te beskuldig as hulle maar daardeur die invloed kan ondermyn van diegene wat die waarheid sonder vrees verkondig nie. Maar hierdie dinge sal nie die werk van God belet nie. Om die waarheid te sê sal hierdie handelwyse van diegene wat die waarheid haat, juis die middel wees wat die oë van sommige sal oopmaak. Elke juweel sal gesoek en versamel word, want die Here het Sy hand uitgesteek om die oorblyfsel van Sy volk te vergader, en Hy sal die werk heerlik volbring.EG 65.2

    Ons wat die waarheid glo, moet versigtig wees dat daar nie kwaad gepraat word van ons goeie werk nie. Ons moet seker wees dat elke stap wat ons neem in ooreenstemming is met die Bybel, want diegene wat die gebooie van God haat, sal hulle verheug oor ons foute, soos die goddelose gedoen het in 1843.EG 65.3

    Op 14 Mei 1851, het ek die skoonheid en lieflikheid van Jesus gesien. Toe ek Sy heerlikheid sien, het ek nie gedink dat ek ooit weer van Sy heerlikheid geskei sou word nie. Ek het ‘n lig sien kom van die heerlikheid wat die Vader omhul het, en toe dit naby my kom( het my liggaam begin bewe en skud soos ‘n blaar. Ek het gedink dat as dit te naby kom, sou dit my verdelg, maar die lig het by my verbygegaan. Toe kon ek enigsins ‘n idee kry van die groot en vreeslike God met wie ons te doen het. Toe eers het ek besef watter flou begrip sommige het van die heiligheid van God, en hoe dikwels hulle Sy heilige Naam ydellik gebruik sonder om te besef dat dit God is, die grote en gedugte God van wie hulle spreek. Terwyl hulle bid( maak vele hulle skuldig aan oneerbiedige uitdrukkings wat die tere Gees van die Here grief en ten gevolg het dat hulle gebede nie die hemel bereik nie.EG 65.4

    Ek het ook gesien dat vele nie besef wat hulle moet wees om te kan lewe in die teenwoordigheid van die Here nie, sonder ‘n hoëpriester in die heiligdom gedurende die tyd van benoudheid. Diegene wat die seël van die lewende God ontvang en beskerm word in die tyd van benoudheid, moet die beeld van Jesus ten volle weerkaats.EG 66.1

    Ek het gesien dat vele daardie voorbereiding verwaarloos wat so nodig is, en dat hulle uitgesien het na die tyd van “verkwikking” en na die “laat reëns”wat hulle sal versterk om te kan staan in die dag van die Here, en te lewe in Sy teenwoordigheid. 0, hoeveel het ek gesien in die tyd van benoudheid sonder ‘n beskutting. Hulle het in gebreke gebly om die nodige voorbereiding te maak; daarom kon hulle nie die verkwikking verkry wat almal moet hê om hulle geskik te maak om te lewe in die teenwoordigheid van ‘n heilige God nie. Diegene wat weier om hulle te laat reg kap deur die profete, en wat in gebreke bly om hulle siele te reinig deur gehoorsaamheid aan die volle waarheid, en wat aanneem dat hulle toestand baie beter is as wat dit werklik is, sal kom tot die tyd wanneer die sewe laaste plae val, om dan eers te ontdek dat hulle reg gekap moes gewees het vir die gebou. Maar dan sal daar nie tyd wees om dit te laat doen nie, en daar sal geen Middelaar wees om hulle saak te bepleit voor die Vader nie. Vóór hierdie tyd sal daardie vreeslike dekreet reeds uitgevaardig wees, “Wie onreg doen, laat hom nog meer onreg doen; en wie vuil is, laat hom nog vuiler word; en laat die regverdige nog regverdiger word, en laat die heilige nog meer heilig word.” Ek het gesien dat niemand kan deel in die “verkwikking” tensy hy die oorwinning behaal oor elke swakheid, hoogmoed, selfsug, liefde vir die wêreld, en oor elke verkeerde woord en daad nie. Ons behoort dus steeds nader en nader te kom aan die Here, en ernstig te streef om daardie voorbereiding te maak wat ons in staat sal stel om te kan staan in die slag van die dag van die Here. Laat almal onthou dat God heilig is, en dat alleen heilige wesens ooit in Sy teenwoordigheid sal kan lewe.EG 66.2

    _______________

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents