Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Eerste Geskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Hoofstuk 45—Die Dood Van Stefanus

    Die dissipels het grootliks vermenigvuldig in Jerusalem, en baie van die priesters was gehoorsaam aan die geloof. Stefanus, vol van geloof, het groot wonders gedoen onder die volk. Dit het die Joodse leiers opgewek tot groter woede toe hulle sien dat priesters die ou tradisies opgee, hulle afwend van die offers, en Jesus aanneem as die groot Soenoffer. Met krag van omhoog, het Stefanus die ongelowige priesters en ouderlinge bestraf, en Jesus voor hulle verhef. Hulle kon nie die krag en wysheid waarmee hy gepraat het, weerstaan nie, en toe hulle vind dat hulle niks teen hom kon uitrig nie, het hulle manne gehuur om vals te sweer dat hulle hom godslasterlike woorde hoor spreek het teen Moses en teen God. Hulle het die mense aangevuur, Stefanus gevange geneem, en deur valse getuies het hulle hom beskuldig dat hy teen die tempel en die wet gespreek het. Hulle het getuig dat hulle hom hoor sê het dat hierdie Jesus van Nasaret die gewoontes sou vernietig wat Moses aan hulle gegee het.EG 195.1

    Terwyl Stefanus voor sy regters gestaan het, het die lig van die heerlikheid van God sy aangesig verlig.”En terwyl almal wat in die Raad sit, hul oë stip op hom hou, sien hulle dat sy gesig was soos die gesig van ‘n engel.” Toe hy die aanklagte teen hom beantwoord het, het hy begin by Moses en die profete, en ‘n oorsig gegee van die geskiedenis van die kinders van Israel en Gods handelinge met hulle, en hy het aangetoon hoe die koms van Christus voorspel is in die profesieë. Hy het verwys na die geskiedenis van die tempel, en het verklaar dat God nie woon in tempels met mensehande gemaak nie. Die Jode het die tempel aanbid, en dit het hulle met groter verontwaardiging vervul wanneer daar teen daardie gebou gespreek is as wanneer daar teen God gespreek is.Toe Stefanus van Christus gepraat en na die tempel verwys het, het hy gesien dat die mense nie sy woorde aanneem nie; en hy het hulle sonder vrees bestraf: “Julle hardnekkiges en onbesnedenes van hart en ore, julle weerstaan altyd die Heilige Gees.” Terwyl hulle die uiterlike insettinge van hulle godsdiens nagekom het, was hulle harte verdorwe en vol boosheid. Hy het verwys na die wreedheid van hulle vaders wat die profete vervolg het, en hy het gesê dat hulle wat hy nou toegespreek het ‘n groter sonde begaan het omdat hulle Christus verwerp en gekruisig het. “Watter een van die profete het julle vaders nie vervolg nie? Ja, hulle het dié doodgemaak wat vooraf die koms verkondig het van die Regverdige, van wie julle nou verraaiers en moordenaars geword het.”EG 195.2

    Toe hierdie snydende waarhede geuiter is, was die: priesters en owerstes woedend, en hulle het op Stefanus afgestorm en op hulle tande gekners.”Maar hy was vol van die Heilige Gees en het die oë gehou na die hemel en die heerlikheid van God gesien en Jesus wat staan aan die regterhand van God; en hy het gesê: Daar sien ek die hemele geopend en die Seun van die mens aan die regterhand van God staan.” Die mense wou hom nie verder aanhoor nie. “Hulle het met ‘n groot stem geskreeu en hulle ore toegestop en soos een man op hom aangestorm. En hulle het hom buitekant die stad uitgewerp en hom gestenig.”Hy het op sy knieë neergeval en met ‘n groot stem uitgeroep:“Here, reken hulle hierdie sonde nie toe nie!”EG 196.1

    Ek het gesien dat Stefanus ‘n magtige Godsman was, spesiaal geroep om ‘n belangrike plek in die kerk te vul. Die Satan het hom verheug in sy dood; want hy het geweet dat die dissipels sy heengaan baie sou voel. Maar die Satan se oorwinning was kort van duur, want onder die aanwesiges daar, was iemand aan wie Jesus Homself sou openbaar. Saulus het nie deelgeneem aan die steniging nie, maar hy het die moord goedgekeur. Hy was ‘n ywerige vervolger van die kerk van God, en het jag gemaak op die dissipels, hulle in hulle huise gevange geneem en hulle oorgelewer aan diegene wat hulle sou doodmaak. Saulus was ‘n geleerde en bekwame man; die Jode het baie van hom gedink omrede sy geleerdheid en sy ywer; en baie van die dissipels van Christus het hom gevrees. Die Satan het goed gebruik gemaak van sy talente in die voortsetting van sy opstand teen die Seun van God en diegene wat in Hom geglo het. Maar God kan, die mag verbreek van die groot vyand, en diegene vrystel wat gevangenes van hom was. Christus het Saulus gekies as ‘n “uitverkore werktuig” om in Sy Naam te preek, om Sy dissipels te versterk in hulle werk, en om meer as die plek van Stefanus te vul.EG 196.2

    _______________

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents