Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Eerste Geskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Hoofstuk 53—Die Kerk En Die Wêreld Verenig

    Daarna het ek gesien dat die Satan met sy engele vergader het om te sien wat hulle gewin het. Dit is waar dat hulle wel deur dreigemente met die dood sommige vrees agtige siele teruggehou het om die waarheid aan te neem; maar vele, selfs onder die vreesagtiges, het die waarheid aangeneem en hulle vrees het hulle onmiddellik verlaat. Waar hierdie gelowiges die dood van hulle broeders gesien het, en hulle standvastigheid, en geduld, het hulle geweet dat God en Sy engele daardie manne gehelp het om die lyding te verhuur, en dit het hulle moedig en onverskrokke gemaak. Toe dit vir hulle nodig geword het om te sterf, het hulle hulle geloof bewaar met sulke geduld en standvastigheid dat dit selfs hulle moordenaars laat sidder het. Die Satan en sy engele het besluit dat daar ‘n beter manier was om siele te vernietig, ‘n plan wat uiteindelik meer suksesvol sou wees. Alhoewel die Christene moes ly, het hulle standvastigheid en die heerlike hoop wat hulle opgebeur het, die swakkes sterk gemaak sodat hulle die pynbank en die vlamme sonder weifeling getrotseer het. Hulle het getrag om hulle soos Christus te gedra toe Hy voor Sy moordenaars gestaan het, en deur hulle standvastigheid en die heerlikheid van God wat op hulle gerus het, het hulle baie ander oortuig van die waarheid.EG 223.1

    Toe het die Satan besluit om ‘n sagter manier van optrede te volg. Hy het reeds daarin geslaag om die leerstellings van die Bybel te vervals, en tradisies wat die ondergang van miljoene ten gevolge sou hê, het al diep wortelgeskiet. Hy het sy haat bedwing en besluit om sy onderdane te vra om nie voort te gaan met die bitter vervolging nie, maar die kerk daartoe te bring om hom te beywer vir die verskillende oorlewerings liewer as vir die geloof wat eenmaal aan die heiliges oorgelewer is. Namate hy die kerk oorreed het om gunste en eerbetuigings van die wêreld te ontvang, het hy in die onguns van God begin kom. En waar die kerk versuim het om die onomwonde waarheid te verkondig wat die genotsugtiges en vriende van die wêreld uitgesluit het, het hy geleidelik sy krag verloor.EG 223.2

    Die kerk bestaan nie vandag uit daardie afgeskeie en besondere lede wat daarin was toe die hete vuur van vervolging so kwaai teen hom gewoed het nie. Hoe het die goud verdof! Hoe het die fyn goud verander! Ek het gesien dat die kerk, as hy sy eie heilige karakter behou het, die krag van die Heilige Gees wat aan die dissipels gegee is, nog sou gehad het. Die siekes sou genees word, duiwels sou bestraf en uitgewerp word, en hy sou ‘n krag en verskrikking vir sy vyande gewees het.EG 223.3

    Ek het ‘n groot menigte gesien wat die Naam van Christus bely het, maar God het hulle nie erken as Syne nie. Hy het geen behae in hulle gehad nie. Dit het geskyn asof die Satan ‘n vroom karakter aangeneem het, en hy was heeltema! gewillig dat die mense sou dink dat hulle Christene is. Hy was selfs gretig dat hulle in Jesus moet glo, en in Sy kruisiging en Sy opstanding. Die Satan en sy engele glo dit self ten volle, en hulle sidder. Maar as hierdie geloof nie lei tot goeie werke nie, en diegene wat dit bely, beweeg om Jesus te volg in ‘n selfopofferende lewe nie, sou die Satan nie daaroor ontstel wees nie; want dit kom hierop neer: hulle neem net die naam Christen aan, maar hulle harte bly vleeslik, en die Satan kan hulle nou beter in sy diens gebruik as toe hulle niks bely het nie. Hulle bedek hulle gebreke met die benaming Christen, en hulle leef onbekeerd voort sonder dat hulle hul bose neigings versaak het. Dit gee aan ongelowiges die geleentheid om Christus te smaad vir hulle gebreke, en diegene wat wel ‘n reine godsdiens beoefen, word met veragting bejeën.EG 224.1

    Die predikante preek strelende dinge om die” vleeslike hart te bevredig. Hulle durf dit nie waag om Jesus, en die snydende waarhede van die Bybel te verkondig nie; want as hulle dit sou doen sou hierdie vleeslike belyers nie in die kerk bly nie. Maar aangesien baie van hulle ryk is, moet hulle behou word, alhoewel hulle net so ongeskik is om daar te wees as die duiwel en sy engele. Dit is presies soos die Satan dit graag wil hê. Die godsdiens van Jesus word as gewild voorgestel, en as iets eerliks in die oë van die wêreld. Die mense word vertel dat diegene wat godsdienstig is, meer deur die wêreld geëer sal word. Sulke leringe verskil hemelsbreed van die wat Christus geleer het. Sy leer en die wêreld kan nooit in vrede saamwoon nie. Diegene wat Hom gevolg het, moes die wêreld versaak. Hierdie strelende dinge het hulle oorsprong gehad by die duiwel en sy engele. Hulle het die planne beraam, en die naam-christene het dit uitgevoer. Strelende fabels is verkondig en geredelik aangeneem, en huigelaars en volslae sondaars het by die kerk aangesluit. As die waarheid in sy reinheid gepreek sou gewees het, sou dit baie gou daardie klas uitgesluit het. Maar daar is geen verskil gemaak tussen die naam-christene en die wêreldlinge nie. Ek het gesien dat as die vals mantel afgeskeur kon gewees het van die kerklede, sou daar sulke skreiende sondes, vuilheid, en verdorwenheid aan die lig gekom het, dat selfs die mees beskeie kind van die Here nie sou geskroom het om hierdie naam-christene by hulle regte naam te noem nie, naamlik dat hulle kinders is van hulle vader, die duiwel; want hulle het sy werke gedoen.EG 224.2

    Jesus, en al die hemelse engele het die toneel met verfoeiing aanskou; en tog het God ‘n boodskap vir die kerk gehad wat heilig en baie belangrik was. As hulle dit aangeneem het, sou dit ‘n volkome hervorming in die kerk teweeggebring het; dit sou die lewende getuienis laat herlewe het wat die huigelaars en sondaars sou uitwerp, en die kerk weer in die guns van God sou gebring hetEG 225.1

    _______________

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents